Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Geskenk vir Katryn (Not)
Re: Geskenk vir Katryn (Not) [boodskap #2310] |
Wo., 27 Augustus 2003 21:25  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda" wrote:
> Katryn, ek sien vandag die volgende in die Guardian:
>
> "President Bush is now unarguably a model president. That is to say, a
> 12-inch model of the president dressed as a fighter pilot is on the market".
Sheeesh....
Is dit 'n bubblehead....skuus, ek het bedoel om te vra of dit 'n
bobblehead poppie is?
:-))
> Dink jy die kindertjies in die VSA gaan almal een vir Kersfees wil hê?:-))
Sheesh....
> Lorinda (wat nou darem weet wat Katryn nie vir Kersfees wil hê nie).
LOL! Jy is baie perseptief (Wat is perceptive nou weer in Afr?)
|
|
|
|
|
|
|
Re: Geskenk vir Katryn (Not) [boodskap #2319 is 'n antwoord op boodskap #2310] |
Wo., 27 Augustus 2003 22:35   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda" wrote:
> Die storie sal egter in Alabama pas, hulle sal dalk dink jy het dit gedoen
> om 'n statement te maak vir of teen hulle hulle huidige griewe...:-))
LOL. Ja, jy het natuurlik 'n goeie punt daar beet.
BTW die graniet blok met die 10 gebooie is toe gisteraand verwyder,
en die ouens protesteer nogsteeds. Nou kom mense blykbaar al van oral
oor die land om te help prosteteer. Can you believe it?
> Waarom was dit die goorste jaar van jou lewe, of was dit so goor dat jy
> liewer nie daaroor wil praat nie? As dit so is sal ek heeltemaal verstaan.
> Okay, jy kan dan maar enige speelgoedwinkel verwoes, dit hoef nie in Alabama
> te wees nie...:-)
Nee, ek praat mos oor enigiets! :-) Auburn is ook 'n
studentedorp soos Athens, maar dit is 'n baie kleiner kampus en
ONGELOOFLIK konserwatief en agter die klip. Lorinda, jy sal dit nie
glo as ek jou vertel hoe konserwatief die mense daar leef nie. En vir
'n studentedorp is dit werklik iets. Daarby is daar ook "klieks" nes
in die ou SA. Die swart mense woon nog meestal buite die dorp en daar
is geweldig baie rassisme. Op Sondae kan jy afslag kry by sekere
restaurante wat dalk oop is - maar jy moet kan bewys dat jy kerk toe
was. Jy moet jou kerk brosjure kan uithaal en wys. Die "bloukop
tannies" op die dorp ken almal en alles. As jy nie aan 'n kerk behoort
nie, dan laat hulle jou so skuldig voel, en word mens soveel gepla met
mense wat dalk goed bedoel, maar hene .
Eeeeeeugh - waar begin ek en waar stop ek? :-)))
Ek dink jy kry die idee? Dit is eintlik 'n baie mooi tipiese Norman
Rockwell tipe dorpie, maar jy sal nie glo hoe opgewonde ek was om weer
'n "normale" groep mense te sien toe ons hier na Athens gekom het nie.
Ek het amper die perskop punk seuns omhels van vreugde!! :-)))
|
|
|
|
|
|
Re: Geskenk vir Katryn (Not) [boodskap #2324 is 'n antwoord op boodskap #2317] |
Wo., 27 Augustus 2003 22:46   |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 27 Aug 2003 18:20:30 -0400, Katryn wrote:
> Davie Davis wrote:
>
>> Dit is verseker, Katryn.
>> Oplettend is sy beslis:-)
>
> Oplettend!! Ai, wat sal ons sonder jou hier doen? :-) Dankie, DD.
>
> Terloops, dink jy nie dis dalk nou tyd dat jy aan Lorinda verduidelik
> waarom jy so kort epos adres het? Ek glo nie sy ken die agtergrond
> nie.
> ;->
>
Dit is die verwysing na oplettendheid wat Katryn aan my kort e-pos
adres laat dink het, Lorinda. Want sy, is ook oplettend. Oplettend
genoeg, om te weet dat 'n kort e-pos adres kort is omdat lengte
op 'n ander kommunikasieplek van toepassing is.
DD
d@d.d
|
|
|
Re: Geskenk vir Katryn (Not) [boodskap #2326 is 'n antwoord op boodskap #2310] |
Wo., 27 Augustus 2003 22:55   |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 27 Aug 2003 23:56:37 -0700, "Lorinda" wrote:
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:cscqkvgkng3jpmk02ia8gppu8cnpejefs4@4ax.com...
>>
>> Dit is die verwysing na oplettendheid wat Katryn aan my kort e-pos
>> adres laat dink het, Lorinda. Want sy, is ook oplettend. Oplettend
>> genoeg, om te weet dat 'n kort e-pos adres kort is omdat lengte
>> op 'n ander kommunikasieplek van toepassing is.
>>
>> DD
>> d@d.d
>>
>
> LOL. Ek begin lig sien! Het dit iets te doen met hoe langer die e-pos adres
> ens, ens, ens,? Maar hoe het jy besluit om die boodskap so oor te dra?:-)
>
> Lorinda
>
uh uh, dit was nie met opset oorgedra nie.
Oplettendheid, sê ons mos:-)
DD
d@d.d
|
|
|
|
|
Re: Geskenk vir Katryn (Not) [boodskap #2330 is 'n antwoord op boodskap #2310] |
Wo., 27 Augustus 2003 23:09   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda" wrote:
> O ja, ek moet bysê dat ek nie die stories glo nie, maar stories word net oor
> interessante mense versprei.....:-)
LOL! :-)))
Weet jy wat kry ek vandag in die winkels? Kan jy Marie Biscuits
onthou in SA? Ek was altyd vreeslik lief vir Marie Biscuits en tee.
En mens moes dit vinnig doop (as ma nie kyk nie), anders val die hele
ding in jou tee, en dis 'n gemors. En dit was ook lekker met marmite.
:-)
Elkgeval, vandag was ek weer in die Meksikaanse afdeling, en hulle het
toe iets wat "Maria Cookies" genoem is. Dit lyk PRESIES nes 'n Marie
beskuitjie. Presies dieselfde patroon om die rand van die koekie, en
dan die woord "MARIA" in die middel, en die gaatjies ens.
Ek was heel opgewonde daaroor. Dit proe ongelukkig nie soos ek
Baker's se Marie Beskuitjies onthou nie, maar dis nie sleg nie, en
die pakkie is al so halfpad. :-)
|
|
|
|
Re: Geskenk vir Katryn (Not) [boodskap #2336 is 'n antwoord op boodskap #2314] |
Do., 28 Augustus 2003 06:24   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:glaqkv40qtee8f14u9de1lkidg74svv1fo@4ax.com...
> "Lorinda" wrote:
>
>> Ja, ek dink dit is...:-) Bly maar weg uit speelgoedwnkels in die vervolg,
>> dit sal nie goed vir bloedruk wees nie. Dan kan ek 'n ander artikel in die
>> Gaurdian lees "No stone left standing as woman goes on rampage in Alabama
>> toyshop".:-)
>
> Hehehehe...goeie raad. :-) Maar dit sal nie ek wees daai nie, want jy
> sal my nie maklik in Alabama kry nie. :-) Ons het vir 'n jaar in
> Auburn, AL gewoon, en dit was die allergoorste jaar in my hele lewe.
Die storie sal egter in Alabama pas, hulle sal dalk dink jy het dit gedoen
om 'n statement te maak vir of teen hulle hulle huidige griewe...:-))
Waarom was dit die goorste jaar van jou lewe, of was dit so goor dat jy
liewer nie daaroor wil praat nie? As dit so is sal ek heeltemaal verstaan.
Okay, jy kan dan maar enige speelgoedwinkel verwoes, dit hoef nie in Alabama
te wees nie...:-)
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Geskenk vir Katryn (Not) [boodskap #2346 is 'n antwoord op boodskap #2330] |
Do., 28 Augustus 2003 07:22   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:r8eqkv8ssj5lts63m3icsbh7pj8eb1f9qq@4ax.com...
> "Lorinda" wrote:
> Weet jy wat kry ek vandag in die winkels? Kan jy Marie Biscuits
> onthou in SA? Ek was altyd vreeslik lief vir Marie Biscuits en tee.
> En mens moes dit vinnig doop (as ma nie kyk nie), anders val die hele
> ding in jou tee, en dis 'n gemors. En dit was ook lekker met marmite.
> :-)
> Elkgeval, vandag was ek weer in die Meksikaanse afdeling, en hulle het
> toe iets wat "Maria Cookies" genoem is. Dit lyk PRESIES nes 'n Marie
> beskuitjie. Presies dieselfde patroon om die rand van die koekie, en
> dan die woord "MARIA" in die middel, en die gaatjies ens.
> Ek was heel opgewonde daaroor. Dit proe ongelukkig nie soos ek
> Baker's se Marie Beskuitjies onthou nie, maar dis nie sleg nie, en
> die pakkie is al so halfpad. :-)
Dit is nou regtig 'n vonds! Ek onthou Marie biscuits goed, en hulle word
hier in party winkels verkoop wat in Suid-Afrikaanse produkte spesialiseer.
Ek is net so lief daarvoor om koekies in tee te doop, en Marie biscuits is
een van die lekkerste vir die doel...:-) Interessant dat die Meksikane iets
soortgelyks het, met so 'n naam.
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
Marie beskuitjies [boodskap #2464 is 'n antwoord op boodskap #2368] |
Wo., 03 September 2003 22:41   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Katryn
>>
>> Ek wonder waar dit oorspronklik vandaan kom, en wat Marie beskuitjies
>> se geskiedenis is? Dit moes dalk saam met die Katolieke geswerf het?
>> Ek dink dit is dalk hoe dit ook in Mexiko beland het.
>
> Ek het op die internet gesoek, en dit lyk asof die spoor deurentyd na
> Nederland terugloop....
Destyds het ek sommer so half aangeneem dat dit van Engeland sou kom,
maar duidelik was ek baie verkeerd. Nie een van my Engelse
vriend(inne) en kennisse van Engeland ken dit nie. Dus is jy
heelwaarskynlik weer reg. (What's new?) :-))
> Waarskynlik is dit populer onder die Katolieke
> weens die naam.. Maar dis nog steeds 'n groot sprong van Nederland tot
> Meksiko:-)
Dalk was dit vernoem na Marie Antoinette - dit was mos sy wat gesê
het: "let them eat cake".
(Gie gie...toemaar, ek weet darem wat eintlik bedoel was met daardie
sin, en nee, ek weet nie wat dit te doen het met Marie se
teenwoordigheid in Meksiko nie.). :-)))
>> Ironies genoeg het ek nooit omgegee as my kinders dit sou wou doen nie
>> (om goeters te doop), maar hulle wou nooit, en altwee gril vreeslik as
>> iemand anders iets in tee of koffie wil doop. Hoe weird is dit? :-)
>
> Wel, jy moes hulle geslaan het tot hulle doen wat jy sê, onthou jy nie
> Suidwester se raad oor kinders grootmaak so 'n ruk gelede nie?:-))).
> Daardie gesprek was beslis een van die classics op SCSAA....
LOL!!! Ek het amper vergeet daarvan!!
Ai, daardie arme siel is eenvoudig verby, Nie baie gekunsteld
nie....om dit saggies te stel. :-) Maar sy taalgebruik, en wat mens
daaruit kan aflei van sy sieninge/kultuur/sosiale agtergrond, is
nogal "interessant". Want nie net is dit baie "outyds" en
naief/oningelig nie, maar mens kan nogal soms agterkom dat sy familie
of hyself in 'n omgewing moes woon waarby Duitse sendelinge dalk
betrokke moes wees op een of ander stadium van sy "opvoeding" en
taalvaslegging.
|
|
|
|
Re: Marie beskuitjies [boodskap #2473 is 'n antwoord op boodskap #2464] |
Do., 04 September 2003 20:30  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:reqclvoaq8fpa0sgnt7krgq14gb4crgrp7@4ax.com...
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>> Wel, jy moes hulle geslaan het tot hulle doen wat jy sê, onthou jy nie
>> Suidwester se raad oor kinders grootmaak so 'n ruk gelede nie?:-))).
>> Daardie gesprek was beslis een van die classics op SCSAA....
>
> LOL!!! Ek het amper vergeet daarvan!!
> Ai, daardie arme siel is eenvoudig verby, Nie baie gekunsteld
> nie....om dit saggies te stel. :-) Maar sy taalgebruik, en wat mens
> daaruit kan aflei van sy sieninge/kultuur/sosiale agtergrond, is
> nogal "interessant". Want nie net is dit baie "outyds" en
> naief/oningelig nie, maar mens kan nogal soms agterkom dat sy familie
> of hyself in 'n omgewing moes woon waarby Duitse sendelinge dalk
> betrokke moes wees op een of ander stadium van sy "opvoeding" en
> taalvaslegging.
So jy sien die hand van Luther....... :-)) Ek weet wat jy bedoel, maar het
nog nooit daaraan gedink nie. Dis 'n baie interessante afleiding, en dit sou
heelwat verduidelik (sonder die vloekwoorde:-)).
Solank jy net ook onthou hy kan waneer in 'n hoek gedryf die opinies van 'n
professor doktor aanhaal oor akademiese standaarde.:-) En ek dink jy is
heeltemaal reg om "opvoeding" in aanhalingstekens te sit in hierdie geval...
Lorinda
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 10:28:32 UTC 2025
|