Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Die Stemmery vanuit buiteland ..
Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23068] |
Wed, 19 May 1999 00:00  |
Etienne de Bruin
Boodskappe: 4 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Groetings!
Ek is jammer as hierdie punt nou al holrug gery is hier, maar die feit
dat ek nie kan stem nie pla my vreeslik. Ek bly in Duitsland en is nog
nie een jaar uit die land uit nie. Ek het ook nie gewaai oor politiese
redes nie. Ek is bloot hier om bietjie "Oorsese Ervaring" op my CV te
kry.
Ek kan net nie verstaan hoekom ons nie mag stem nie? Wat is nou eintlik
die redes wat aangevoer is hieroor?
Lekker om by julle te wees :)
eT
--
Etienne de Bruin; e...@post.com
visit eT on the web: http://listen.to/eT (last update: 12 Mar 1999)
"the promise of love is hard to ignore" - crowded house, private universe.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23160 is 'n antwoord op boodskap #23068] |
Sat, 22 May 1999 00:00  |
Jacoba Viljoen
Boodskappe: 2 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek is bereid om te betaal om my stem uit te bring, en dit is dalk net wat
die ANC wil hoor. Almal weet hoe hulle voel oor GELD en MAG.
JHV
Gideon wrote in message ...
> In article ,
> "Inga van Meerbergen-Verreet"
> wrote:
>> Jammer om julle te pla maar ek wil tog kortliks 'n paar opmerkings skryf:
>> -Belge in die buiteland mag stem maar hulle moet 7000 belgiese frank betaal
>> vir administratiewe- en vertalingsonkoste. Van die ongeveer 56000 Belge in
>> die buiteland is daar net 18 wat die moeite gedoen het om te kan stem!
>> -Daar is Suid-Afrikaners wat in die buiteland kan stem, dit hang net af vir
>> watter rede en hoelank jy al in die buiteland bly. By die ambassade in
>> Brussel is die stemming op 26 Mei. Ek dink jy moet jou ambassade kontak.
>
> Die situasie in SA is wal veel anders as in Belgie wat politiek
> aanbetref. In Belgie soos in Nederlands, vind mense nie meer politiek
> interessant nie. Kyk maar na die stemsyfers in die lande.
> In SA is dinge wel heel anders. Daar is 'n paar faktore wat die stem van
> Suid Afrikaners in die buiteland krities maak. Soos reeds opgemerk is
> die meerderheid van Suid Afirkaners in die buiteland blank. Sommige
> reken dat so veel as 20% van alle stemgeregtigde blanke Suid Afrikaners
> hulself buite SA bevind op die oomblik. Vir die rekord - Blankes maak
> meer as 10% uit van die SA bevolking. Dit beteken dat so veel as 4% van
> stemgeregtigdes opeens hul stem ontneem word. Die stem wat ontneem is is
> ook die stem van die wie op die moment wel 'n politieke oposisie in SA
> bied. Soos jy kan dink, verhoog die uitsluiting van kiesers wat in 'n
> grote meerderheid nie die ANC Alliansie sou ondersteun nie, 'n groter
> kans om hul 2/3 meerderheid te bereik.
>
> Die fiet dat so weinig mense buite Belgie nie sal stem nie het volgens
> my te doen met die Belge se gebrek aan belangstelling in politiek, en
> die geld wat betaal moet word (so R 1000 vir die SAners). Daar is ook
> 'n relatief kleiner persentasie Belge in die buiteland as Suid
> Afrikaners. Dit in kombinasie met hoe bepalend die verlore stemme vir
> die SA poolitiek en samelewing kan wees, so my laat se dat daar in feite
> weinig ooreenkoms bestaan tussen die Belgiese en Suid Afrikaanse
> situasie.
>
> Groeten
>
> -Gideon-
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:51:46 UTC 2025
|