Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » MAC Rides again
MAC Rides again [boodskap #2217] |
Do., 21 Augustus 2003 22:06  |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Tobie" wrote:
> Waar het jy in RSA gebly en wanneer is jy
> landuit?
> Groete vir eers.
> ---
> Kandas die Macaw sê: "hallo-hallo-hallo"
> Sammy die Sun Conure sê: "Shutup!"
> ---
Dankie vir die foto! Wat is sy/haar naam?
Ek het in Natal gebly (Pietermaritzburg en Durban). Ek is iets soos 15
(amper 16) jaar gelede weg. Ek moet altyd daaroor dink, want die tyd
vlieg. Ek wil altyd iets sê soos 10 jaar, en dan moet ek eers mooi
dink. Dis asof die tyd op 10 vasgesteek het:-)
Lorinda
|
|
|
|
|
Re: MAC Rides again [boodskap #2283 is 'n antwoord op boodskap #2258] |
So., 24 Augustus 2003 14:15   |
Tobie
Boodskappe: 581 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda"
: Vertel bietjie van Sammy, hoe lank het jy
hom al? Byt hy?
---
Sammy was nou 3 jaar oud en het nie 'n voël
ma en pa gehad om hom groot te maak nie.
Sammy is so 12" of 30cm van neus tot
stertpunt. Om dat hy reg groot gemaak en
(socialising) geleer is byt hy nie sy familie
of familie vriende nie. Hy is ma se seun en
hy is haar oppasser. Geen koppiespeldgrote
spinnekoppie of miggie sal in die kombuis
wees sonder dat Sammy nie daarvan weet nie.
Hy laat weet jou op 'n baie unieke manier
deur 'n spesiale geluid wat hy maak. Nadat
die tuit van jou ore weg is en jy weer kan
hoor sal hy jou wys deur sy kop te draai na
die indringer. Wanneer jy jou 'bifocals' wat
nog skeef gesit het reg op die neus sit, sal
jy na so 'n paar minute sien waar die
'gevaarlike' vyand is. Hy sal nog vir so paar
minute laat weet die 'vyand' is nog steeds
daar deur sulke sugte te uiter. Sou daar 'n
vreemde man die kombuis instap terwyl Elna
aleen daar is, sal hy die plek van die hoof
van die swerm inneem en die 'indringer'
bevlieg en met naels en bek in die gesig
probeer bykom, dit is wat ek die Jack Russel
'moves' noem. As ek egter teenwoordig is sal
hy alles beaam terwyl ek met die man praat,
hy sal sy kop so op en af skud terwyl ek
praat. As Elna nie tuis is nie, is ek #1 in
sy lewe en sal by my wil wees die hele dag.
As Elna se voordeur sleutel in die slot
gesteek word sal Sammy almal in die buurt
laat weet sy ma is terug en terwyl ek dronk -
dronk 'n sitplek soek, vlug hy na die nok van
sy dak en wag daar met uitroepe totdat ma
inkom en Sammy met soene en 'wat het pa nou
weer aan jou gedoen' vir hom in haar arms
neem en hy sulke gelukkige snork - snork
geluidjies maak. As sy 'n baadjie of so iets
aan het, sal hy inkruip en daar sit soos 'n
apie wat vasklou aan sy ma.
Baie mense gebruik Sun Conures as waghonde,
of in hokke op die erf, of naby 'n venster
wat voor uitkyk na die hekkie of paadjie.
Hulle is nie eintlik praters nie, maar dan
gee ek nie om nie want hulle 'tricks' wat
hulle uithaal wanneer jy wasgoed op hang is
verbysternd. Hy sal op die wasgoed lyn loop
tot hy dan onderstebo hang, hy sal aan een
been hang en so in die ronte draai, homself
ophys en spring tot binne my Jockeys, en dan
peek - a - boo speel. By die volgende
kledingstuk sal hy binne die 38c cup spring,
teen die strap op hardloop tot bo - op die
draad en dan spring na 'n t-shirt en dan
'bollie los en so 'n oulike groen / rooi
(hang af waaruit sy oggendete bestaan het)
streep los vir ma om dit weer te gaan
uitspoel.
In die oggend sê hy 'Môre Pa', of net 'môre'
wanneer hy hoor ek is op. As ons so tydjie
uit die huis was en ons kom terug en sy
welkom krete is verby, sal hy soos Kandas die
Macaw sê: "hello - hello - hello" Wanneer ek
my loopstewels in die kombuis aantrek sal hy
"bye - bye" tot vervelens toe sê totdat jy
weg is. As jy na sy sin te lank vat om te
bye - bye, sal die bye - bye, BYE - BYE word,
totdat jy weg is en hy amper hees is. As ek
iets onwettig, vir gaaie, eet, sal hy vinnig
vlieg en op my skouer kom sit met 'n sagte
"hallo pa", hy sal sy "chops" aflek soos 'n
hond, en sulke tongklap of proe geluide maak.
Ag nou ja, die stukkie 'onwettig' kos wat hy
dan kry is so klein, maar vir omtrent 5
minute hoor jy hoe tevrede hy is met die
stukkie kos. Die sagte 'hallo pa' is
natuurlik die sleutel tot pa se hart. Ek
beter ophou daar is ander mense op die groep
wat ook iets wil sê :-)
---
: Jammer oor die ISP ding. In die somer is ek
gewoonlik naweke in
: Brighton waar ek 'n ander internet bediener
het, en uit Google op
: hierdie ng pos.
---
No problem my dear, ek het maar net gewonder
wat aangaan ...... Fucia is my kleur vir my
'spesiale mense' op die ng's. Blou vir die
mense wat my koud laat, rooi, vir die wat jy
met handskoene moet aanpak, wit vir die wat
jy nie eintlik wil van weet nie. Groen vir
die van wie ek hou, hulle word gewoonlik
later ge - "upgrade" na fucia ..... hehehehe
:-)
DD jy's terug na groen oor die valse
uitlating op scsaa :-)
---
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: MAC Rides again [boodskap #2356 is 'n antwoord op boodskap #2349] |
Vr., 29 Augustus 2003 19:49  |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> DD jy't blybaar vergeet dat jy het dit alreeds gestuur so 'n tydjie gelede. DD
> jy sal regtig MOET werk aan jou .... aan jou ........ aan jou ....... hmmmmm
> .... o ja ek wou sê 'geheue'
Van fotos en geheue gepraat... Baie baie dankie vir die fotos (Sammy
wat so op die skinkbord sit is baie oulik, bedel hy vir kos of drink
hy tee?), maar jy het nog nie vertel van hoe jy klein voeltjies
grootmaak nie. Ek het altyd gedink dit is omtrent onmoontlik om wees
baba voeltjies aan die lewe te hou...
Lorinda
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 10:28:39 UTC 2025
|