Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ek wil huis toe (vir biltong)
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #22937] |
Sat, 15 May 1999 00:00  |
Tobie de Villiers
Boodskappe: 50 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Leon, biltong is wat die Amerikaners jerky noem, of seker maar 'driedmeat'
dit is seker 'n bietjie droër as die haring wat julle rou eet:-)
groete
Tobie
---------------------------------------------
Leon Mol wrote in message ...
> Vraagje uit Nederland / Holland.
>
> Wat is tocht Biltong ??
> Ik lees vrij regelmatig deze nieuwsgroep en iedereen heeft het hier druk
> over. Maar ik weet niet wat ik me hierbij voor moet stellen ??
>
> Sorry, ik kan geen Afrikaans, hopelijk kunnen jullie het nederlands lezen.
>
> Leon
>
> Haat gedigte wrote in message
> news:01be9a7e$45c55670$7c92cbc1@brio...
>> 7 jaar nou al rits ek rond. Gelukkig het ek my kop gebruik en myself deur
>> universiteit gesit terwyl ek hier oor die waters woon.
>>
>> Nou wil die hart terugkeer daar na die land van sonskyn en boerewors en
>> biltong en Rooibos en droeewors en Castle Lager en groot oop ruimte en . .
>> .en . . .en . . .die kop se: "Nee, mannetjie, jy gaan daar vasval en nooit
>> weer uitkom nie, die Rand is te swak, salarisse te laag, rentekoerse te
>> hoog, inflasie te hoog, geweld te veel en . . . .en . . "
>>
>> n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong nie,
>> drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
>> kinders.
>>
>> Die regering belet my om vir my eie land te stem want volgens hulle woon ek
>> te lank al oorsee (en ek dra nie eens 'n tweede paspoort nie)
>>
>> Is dit 'n wyse besluit om terug te keer na die Vaderland?
>>
>> Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
>> biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar RESPEK
>> sommer iets heeltemal anders beteken.
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23027 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Tue, 18 May 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Simon van der Schans" writes:
>
> Vergeef my, Shannon, maar ek kan nou nie help om uit te bars van
> die lag nie! Jy probeer nou hier om vir 'n Hollander te
> verduidelik dat 'n bil 'n boud is! Eerstens hoef jy nie vir 'n
> Hollander te verduidelik wat 'n "bil" is nie. Die woord is 'n
> "common" Hollandse woord en in alledaagse gebruik daar. (Is
> "bil" trouens 'n Afrikaanse woord? Was dit ooit 'n Afrikaanse
> woord gewees?) Tweedens glo ek nie dat meeste Hollanders sal
> weet wat die Afrikaanse woord "boud" beteken nie. Jy probeer dus
> hier om 'n woord wat geen verduideliking nodig het nie, te
> verduidelik met 'n woord wat self verduideliking nodig het.
>
> Swart Simon
Dit lyk asof die woord “biltong” ‘n
Hollandse maaksel is. Hier is uittreksels
uit die literatuur in die Dictionary of South-
African English:
1884 Narrative - Buck Adams
“The old lady told us that her present
husband was a Dutchman - I had
guessed that the moment I saw the
Bel Tong, as this kind of meat is
seldom found in the houses of
Englishmen.”
1980 - Farmer’s Weekly
“These two muscles are part of the
silverside - the round muscle is
known as the ‘ronde’ or ‘predikants-
biltong’ and the rectangular... as the
‘regtebiltong.”
Eastern Province Herald 1982:
“Shark biltong is made from the vaalhaai
and ratelhaai sharks.... Shark biltong is
R3.90 a kg.... the general reaction ‘ Haai,
maar dis lekker’ “
Wat vir my baie snaaks is, is hoekom die woord
‘bil’ in die woord ‘biltong’ nie wyer gebruik is nie.
Hoekom het dit totaal verdwyn sodat dit nie as ‘n
Afrikaanse woord beskou kan word nie. Hoekom
is dit in Afrikaans verplaas deur ‘boud’ - wat ook
Germaans is en familie is van die Engelse woord
‘buttock.” Ek het altyd gedink ‘boud’ bestaan
ook in Nederlands, maar toe ek dit naslaan, sien ek
dat ‘boud’ in Engels vertaal word met ‘bold.’
Dus nog ‘n plek waar ons ‘n Nederlandse woord
verloor het of nooit gehad het nie. As jy die Engels
‘bold’ in Afrikaans vertaal, vertaal jy dit op verskeie
maniere : dapper, moedig, voor op die wa, vermetel,
skerp of duidelik.
Ek wonder: is die ‘boud’ in die naam ‘Boudewijn”
dus so te verklaar - the bold one?
Gloudina
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23028 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Tue, 18 May 1999 00:00   |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven...
> Wat vir my baie snaaks is, is hoekom die woord
> "bil" in die woord "biltong" nie wyer gebruik is nie.
> Hoekom het dit totaal verdwyn sodat dit nie as 'n
> Afrikaanse woord beskou kan word nie. Hoekom
> is dit in Afrikaans verplaas deur "boud" - wat ook
> Germaans is en familie is van die Engelse woord
> "buttock." Ek het altyd gedink "boud" bestaan
> ook in Nederlands, maar toe ek dit naslaan, sien ek
> dat "boud" in Engels vertaal word met "bold."
> Dus nog 'n plek waar ons 'n Nederlandse woord
> verloor het of nooit gehad het nie. As jy die Engels
> "bold" in Afrikaans vertaal, vertaal jy dit op verskeie
> maniere : dapper, moedig, voor op die wa, vermetel,
> skerp of duidelik.
"Boud" wordt in het Nederlands in de betekenis van dapper/moedig niet zo
heel vaak meer gebruikt. Zoals Hilda al schreef kennen we wel bouten in de
betekenis van botten (van dieren), maar ook als die dingen waar je een moer
op kunt schroeven (een stuk schroefdraad met een kop) of als een bargoense
term voor politieagent.
Ik ken wel het werkwoord "bouten" (dit woord aub niet gebruiken indien je in
beschaafd gezelschap verkeert!). Dat doe je in het kleinste kamertje ;-) Ik
weet niet of dit een algemeen bekend woord is in het Nederlands (mijn 26e
druk van Wolters woordenboek kent het niet). Misschien is dit nog een
laatste band met het Afrikaanse woord "boud" :-)
Groeten,
Arthur
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23075 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Wed, 19 May 1999 00:00   |
Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , wrote:
> w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan Markerink) writes:
>
>
>> "Tobie" wrote:
>>> Leon, biltong is wat die Amerikaners jerky noem,
> of seker maar 'driedmeat'
>
>> Weet iemand ook de (etymologische) oorsprong van het woord 'biltong'?
>>
>>
>> Willem-Jan Markerink
>
>
> Biltong is nie presies wat die
> Noord-Amerikaners "jerky" noem
> nie. Ek dink beef jerky word
> gemaak deur die vleis eers in
> soutwater te laat sit, en dit
> dan droog te maak, somtyds deur
> dit te rook.
>
> Die etimologie van biltong, volgens
> ons Dictionary of South African
> English:
> "Air-dried salted strips of
> boneless meat, cut usually
> from the haunch.... probably
> from Dutch "bil" (buttock) +
> tong (tongue)....
Yep, dat had ik ook al bedacht....:-))
Maar geen van beide helften klinkt logisch....samen al helemaal
niet....8-))
(ik kan me overigens nog wel vaag een soort vlees-bereiding herinneren,
waarbij het vlees onder het zadel werd bewaard....culinair/hygienisch lijkt
het me niks, maar wie weet is dat de oorsprong)
--
Bye,
Willem-Jan Markerink
The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand
[note: 'a-one' & 'en-el'!]
|
|
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23138 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Fri, 21 May 1999 00:00   |
Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , wrote:
> "Simon van der Schans" writes:
>>
>> Vergeef my, Shannon, maar ek kan nou nie help om uit te bars van
>> die lag nie! Jy probeer nou hier om vir 'n Hollander te
>> verduidelik dat 'n bil 'n boud is! Eerstens hoef jy nie vir 'n
>> Hollander te verduidelik wat 'n "bil" is nie. Die woord is 'n
>> "common" Hollandse woord en in alledaagse gebruik daar. (Is
>> "bil" trouens 'n Afrikaanse woord? Was dit ooit 'n Afrikaanse
>> woord gewees?) Tweedens glo ek nie dat meeste Hollanders sal
>> weet wat die Afrikaanse woord "boud" beteken nie. Jy probeer dus
>> hier om 'n woord wat geen verduideliking nodig het nie, te
>> verduidelik met 'n woord wat self verduideliking nodig het.
>>
>> Swart Simon
>
>
>
> Dit lyk asof die woord "biltong" 'n
> Hollandse maaksel is. Hier is uittreksels
> uit die literatuur in die Dictionary of South-
> African English:
>
> 1884 Narrative - Buck Adams
> "The old lady told us that her present
> husband was a Dutchman - I had
> guessed that the moment I saw the
> Bel Tong, as this kind of meat is
> seldom found in the houses of
> Englishmen."
>
> 1980 - Farmer's Weekly
> "These two muscles are part of the
> silverside - the round muscle is
> known as the "ronde" or "predikants-
> biltong" and the rectangular... as the
> "regtebiltong."
>
> Eastern Province Herald 1982:
> "Shark biltong is made from the vaalhaai
> and ratelhaai sharks.... Shark biltong is
> R3.90 a kg.... the general reaction 'Haai,
> maar dis lekker' "
>
> Wat vir my baie snaaks is, is hoekom die woord
> "bil" in die woord "biltong" nie wyer gebruik is nie.
> Hoekom het dit totaal verdwyn sodat dit nie as 'n
> Afrikaanse woord beskou kan word nie. Hoekom
> is dit in Afrikaans verplaas deur "boud" - wat ook
> Germaans is en familie is van die Engelse woord
> "buttock." Ek het altyd gedink "boud" bestaan
> ook in Nederlands, maar toe ek dit naslaan, sien ek
> dat "boud" in Engels vertaal word met "bold."
Bout bestaat in het Nederlands wel, zoals lamsbout, reebout etc.
> Dus nog 'n plek waar ons 'n Nederlandse woord
> verloor het of nooit gehad het nie. As jy die Engels
> "bold" in Afrikaans vertaal, vertaal jy dit op verskeie
> maniere : dapper, moedig, voor op die wa, vermetel,
> skerp of duidelik.
> Ek wonder: is die "boud" in die naam "Boudewijn"
> dus so te verklaar - the bold one?
Klinkt redelijk.
En zoals Arthur al schreef, het werkwoord 'bouten' is niet erg
fatsoenlijk, maar absoluut afkomstig van 'bout' in de betekenis van 'bil'.
--
Bye,
Willem-Jan Markerink
The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand
[note: 'a-one' & 'en-el'!]
|
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23141 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Fri, 21 May 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Shannon" writes: >
> ProPacem wrote in message ...
>>> soc...@hotmail.com (SocketZero)
>>
>>> Ek
>>> weet nie van alle Boere nie, maar dis sekerlik 'n vlak van higiëne wat
>>> my eie voorsate nie maklik sou aanvaar nie!
>
> Leswin, hy het op ligte trant gespot!
>
>
> Die res van jou opmerking was onvanpas.
O so, sommige van ons kan op "'n ligte
trant" spot, maar ander kan nie die
werklikheid onder die lig van die
geskiedkundige feite sien nie. Dis tyd
dat die sg Afrikaners hulle pose van
die afstammelinge van stoere boere te
wees opgee. Gaan lees die literatuur.
Die grensboere was grensboere, en van
hulle het in die uiterste armoede en
somtyds agterafgeit gelewe. Net soos
sommige van die huidige Afrikaners ook
die afstammelinge is van die "armblankes"
wat in die dertigerjare in die uiterste
ellende gelewe het, en in nie baie
higieniese omstandighede nie. Wie lees
nog vir "Ampie."
Een van die meer verfrissendste opinies
wat ek nog gehoor het van Afrikaner-
voorsate, was toe een van die afstammelinge
van Retief, na ek gloeiende bewondering
vir Piet Retief uitgespreek het, vir my
vertel dat hulle Piet Retief in sy familie
beskou as maar nog net 'n ander grensboer
wat gevlug het omdat hy nie sy skuld wou
betaal nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23161 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Sat, 22 May 1999 00:00   |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Shannon" writes: >
>
>> ProPacem wrote in message
...
>>>> soc...@hotmail.com (SocketZero)
>>>
>>>> Ek
>>>> weet nie van alle Boere nie, maar dis sekerlik 'n vlak van higiëne wat
>>>> my eie voorsate nie maklik sou aanvaar nie!
>>
>> Leswin, hy het op ligte trant gespot!
>>
>>
>> Die res van jou opmerking was onvanpas.
>
>
> O so, sommige van ons kan op "'n ligte
> trant" spot,
Ek is bevrees ons 'ver-Kanadeesde eks-Afrikaner' bewys weereens dat sy
voeling met Afrikaans verloor het. SocketZero het defnitief nie na al sy
voorsate verwys, tot so vér terug, as net voor Jan van Riebeeck die
beskawing na SA gebring het nie. (ek hoor alreeds hoe skree Gloudina op die
laaste opmeking van Jan v R en die beskawing! :-) )
maar ander kan nie die
> werklikheid onder die lig van die
> geskiedkundige feite sien nie.
Die feite ontken sekerlik geeneen nie. Net so sal mens kan dieselfde
'agterafgeit' in boeke kan vind oor elke nasie en selfs van die stywe lip
Engelse. Kan ook nie dink dat die Kanadese dit sal vry spring nie.
> Een van die meer verfrissendste opinies
> wat ek nog gehoor het van Afrikaner-
> voorsate, was toe een van die afstammelinge
> van Retief, na ek gloeiende bewondering
> vir Piet Retief uitgespreek het, vir my
> vertel dat hulle Piet Retief in sy familie
> beskou as maar nog net 'n ander grensboer
> wat gevlug het omdat hy nie sy skuld wou
> betaal nie.
Praat van Voortrekkers, my wederhelf het ook al 'n keer opgemerk dat die
spul defnitief nie elke dag gebad het en skoon was nie!
Groete
Shannon
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23162 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Sat, 22 May 1999 00:00   |
Jacoba Viljoen
Boodskappe: 2 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
En so word beskawing gestig, ons staan op uit die as en werk hard om die
armoede agter te laat.
Ek is trots op my voorvaders en hulle gesukkel, want sonder hulle sou die
ANC nou niks gehad het om af te breuk nie.
JHV
@igs.net wrote in message ...
> "Shannon" writes: >
>
>> ProPacem wrote in message
...
>>>> soc...@hotmail.com (SocketZero)
>>>
>>>> Ek
>>>> weet nie van alle Boere nie, maar dis sekerlik 'n vlak van higiëne wat
>>>> my eie voorsate nie maklik sou aanvaar nie!
>>
>> Leswin, hy het op ligte trant gespot!
>>
>>
>> Die res van jou opmerking was onvanpas.
>
>
> O so, sommige van ons kan op "'n ligte
> trant" spot, maar ander kan nie die
> werklikheid onder die lig van die
> geskiedkundige feite sien nie. Dis tyd
> dat die sg Afrikaners hulle pose van
> die afstammelinge van stoere boere te
> wees opgee. Gaan lees die literatuur.
> Die grensboere was grensboere, en van
> hulle het in die uiterste armoede en
> somtyds agterafgeit gelewe. Net soos
> sommige van die huidige Afrikaners ook
> die afstammelinge is van die "armblankes"
> wat in die dertigerjare in die uiterste
> ellende gelewe het, en in nie baie
> higieniese omstandighede nie. Wie lees
> nog vir "Ampie."
>
> Een van die meer verfrissendste opinies
> wat ek nog gehoor het van Afrikaner-
> voorsate, was toe een van die afstammelinge
> van Retief, na ek gloeiende bewondering
> vir Piet Retief uitgespreek het, vir my
> vertel dat hulle Piet Retief in sy familie
> beskou as maar nog net 'n ander grensboer
> wat gevlug het omdat hy nie sy skuld wou
> betaal nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23507 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Mon, 31 May 1999 00:00   |
Pijotter
Boodskappe: 107 Geregistreer: May 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hey Lou,
Dis eintlik 'n bietjie moeilik om vryheid sommer so te definieer. Maar ek
sal nogtans probeer. Dit is natuurlik dan maar ook maar net my siening.
Vryheid is die reg wat elke persoon het om sy eie keuses te maak sonder dat
die hoeveelheid keuses verminder word deur onderdrukking van ander mense.
Vryheid is 'n gevoel van veiligheid wat verskaf word deur die illussie dat
jy vry is om alles te doen. Soos wat ek hier my gedagtes van vryheid
neerskryf kom ek eintlik agter dat die begrip vryheid maar net 'n illussie
is. Ek dink ek het 'n groot fout gemaak as ek se hulle het vryheid gesteel,
want daar is nie so iets soos vryheid nie. Die keuses wat die lewe beheer
is gewoonlik 'n resultaat van ander keuses en omstandighede; m.a.w wat ek
probeer se is dat alles is gewoonlik afhanklik van iets anders en kan dus
nie as vryheid bestempel word nie, dus as 'n mens nie eens vryheid het om
keuses te maak nie, dan is vryheid maar net 'n ilussie.
Sorry maar ek dink ek het die konteks van die "thread" heeltemal mis gesit.
Wat ek wel kan se is dat apartheid definitief nie vryheid was nie, en dis
wat ek probeer se het met dat vryheid gesteel is. Want deur 'n ander
kultuur of mensgroep te onderdruk, breek die ilussie van vryheid af.
groetjes
Pijotter
lou wrote in message ...
> Pijotter wrote:
>>
>> lou wrote in message ...
>>> Ferdi Greyling wrote:
>>>>
>>>> On Sat, 22 May 1999 07:59:07 -0400, "Jacoba Viljoen"
>>>> wrote:
>>>>
>
>>>> >Ek is trots op my voorvaders en hulle gesukkel, want sonder hulle sou die
>>>> >ANC nou niks gehad het om af te breuk nie.>>
>>>>
>>>> En sonder die swartmense sou jou voorvaders niks gehad het om te steel
>>>> nie, of wat?
>>>
>>>
>>> Wat het hulle nou weer gesteel, Ferdi?
>>>
>> Soory ek is nie Ferdi nie, maar volgens my het hulle gewoon vryheid
>> gesteel...
>
>
> Nou hoe doen jy dit? Definieer vryheid :)
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23508 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Mon, 31 May 1999 00:00   |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Pijotter wrote:
>
> Hey Lou,
>
> Dis eintlik 'n bietjie moeilik om vryheid sommer so te definieer. Maar ek
> sal nogtans probeer. Dit is natuurlik dan maar ook maar net my siening.
>
> Vryheid is die reg wat elke persoon het om sy eie keuses te maak sonder dat
> die hoeveelheid keuses verminder word deur onderdrukking van ander mense.
> Vryheid is 'n gevoel van veiligheid wat verskaf word deur die illussie dat
> jy vry is om alles te doen. Soos wat ek hier my gedagtes van vryheid
> neerskryf kom ek eintlik agter dat die begrip vryheid maar net 'n illussie
> is. Ek dink ek het 'n groot fout gemaak as ek se hulle het vryheid gesteel,
> want daar is nie so iets soos vryheid nie. Die keuses wat die lewe beheer
> is gewoonlik 'n resultaat van ander keuses en omstandighede; m.a.w wat ek
> probeer se is dat alles is gewoonlik afhanklik van iets anders en kan dus
> nie as vryheid bestempel word nie, dus as 'n mens nie eens vryheid het om
> keuses te maak nie, dan is vryheid maar net 'n ilussie.
>
> Sorry maar ek dink ek het die konteks van die "thread" heeltemal mis gesit.
>
> Wat ek wel kan se is dat apartheid definitief nie vryheid was nie, en dis
> wat ek probeer se het met dat vryheid gesteel is. Want deur 'n ander
> kultuur of mensgroep te onderdruk, breek die ilussie van vryheid af.
>
> groetjes
> Pijotter
>
Heavy swaer - nie gedink ek vra so 'n diep vraag nie.
Interesant dat mense dikwels vergeet dat 'vryheid' en
verantwoordelikheid nogal nou saam gaan. Soos in die nuwe SA - dis nie
te sê oor almal nou 'vry' is kan ons skielik maak en breek nie. Mense
bly maar soos kinders - daar moet altyd 'n ou met 'n kierie wees wat
hulle dophou wat hulle liggies oor die harspan kan kielie as hulle nou
te 'vry' gaan staan en word.
'n Ander ding is hoe ons self ons 'vryheid' inperk soos ons ouer word jy
bou net meer en meer dinge op wat jou keer om werklik net te wees -
besittings, belegings, verwantskappe met familie, vriende, kollegas, die
groepe waaraan jy behoort - elkeen skryf op sy eie manier aan jou voor
hoe jy moet optree, wat jy kan en nie kan nie. Sjees - ek is besig om
myself hier in 'n depressie of 'n voortydige midlife krisis in te praat.
Ek dink al keer wat jy rerig vry is as jy die dag met jou handjies
gekruis op die bors lê - geen worries oor kos, klere, huis, vrou of
kinders nie. As ek nou agnosties was sou ek kon sê dan is dit seker wat
die hemel is - as jy rerig vry is van al die aardse goed - en net kan
ronddryf. En die hel - seker as jy nie kan laat los nie :)
Cheers
Lou
>>>>
>>> Soory ek is nie Ferdi nie, maar volgens my het hulle gewoon vryheid
>>> gesteel...
>>
>>
>> Nou hoe doen jy dit? Definieer vryheid :)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23546 is 'n antwoord op boodskap #22937] |
Tue, 01 June 1999 00:00   |
PAT
Boodskappe: 141 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, ek is ook n leunstoel PI, maar ek moet met jou verskil. Die
pijotter se ID file sê nl . Johan sin sê citicom of so iets, so dit kan
nie een en dieselfde wees nie. En die jotter vent gebruik kras woorde, iets
wat Johan nie gebruik nie.
So gee Johan en sy kalkoenmaatjies n break.
Pat Pimlico in Platberg se Provinsie
@igs.net wrote in article ...
> e...@dot.com (Johan ) writes:
>
>
>> Please specify which Johan you are talking to - I see there are quite
>> a few of us on the newsgroup currently - and guess what, I suspect we
>> are all different people!
>
> Ek praat van pijotter-Johan wat, soos
> kalkoene in die agterplaas, hierdie
> nuusgroep bevuil met sy onbenullige
> aliasse, wat niemand ernstig opneem
> nie. (Behalwe stupid ek)
>
> Ek neem kennis van die feit dat jy
> nou Engels op die nuusgroep praat.
> Een-en-'n-half jaar uit jou
> Afrikaanse omgewing , en jy pro-
> beer nou saaitse aansit. Geen wonder
> dat jou skoonma Zantac by die ton
> moes koop nie. Wat doen jy met al
> die Afrikaanse boeke wat jy Noord-
> Amerika toe gebring het?
>
> Minnehaha (een setlaar, een kalkoen)
>
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 10 11:20:52 UTC 2025
|