Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie mag Afrikaner genoem word?
Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #22838] Ma, 10 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek kry die volgende informasie uit 'n brief geskryf
aan De Kat (Junie 1997) geskryf deur W.W. Odendaal
van Lyttelton:

" 'n Ruk gelede het ek gekyk na die oorsprong van
die term "Afrikaner." Dis vir die eerste keer opge-
teken in die amptelike stukke van die Kaap deur
landdros Starrenburg van Stellenbosch na aanlei-
ding van 'n gebeurtenis op Sondag 6 Maart 1707.
Op daardie dag het vier mans uitbundig opgetree
in die ou meule van Stellenbosch. Starrenburg het
daarop afgekom en... Hendrik Bibouw.. met sy
rottang gestreep, waarop Hendrik Bibouw uitgeroep
het: "Ik ben een Africaander" om daarmee aan te dui
dat hy nie die gesag van die landdros erken nie...Die
landdros was van die Nederlande en hy was van
Afrika....
Hendrik was die oudste seun van Diedloff Biebouw,
afkomstig uit Meckelenburg, wat in 1699 getroud is
met Willemyntjies Adriaanse de Wit van Rotterdam.
Diedloff se oudste kind, Susanna, was egter die dogter
van die slavin Diana, afkomstig uit Madagaskar. Sy
het wel deel van die familie gebly as oudste dogter.
In hierdie gesin is daar baie oor nasionale gevoelens
gepraat. Hulle het gevoel dat hulle nie van Nederland
was nie, maar van Afrika. Die woord "Africaander"
was 'n huishoudelike term...
Wat baie interessant is, is dat Susanna in vandag se
terme 'n Kleurling was en Hendrik 'n blanke. En hoewel
dit die blanke Hendrik was wie se uitroep dat hy 'n Afri-
kaner is die eerste in die geskiedenis geboekstaaf is, was
dit die Kleurling Susanna wat agter die woord self was.
Dis histories verkeerd om die term "Afrikaner" aan
kleur te koppel... Die kleurlinge en blankes het..aanspraak
op die term "Afrikaner," maar die kleurling het 'n klein
voorsprong."

Gloudina Bouwer
Re: Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #22860 is 'n antwoord op boodskap #22838] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 10 May 1999 18:15:39 GMT, <@igs.net> wrote:
<<Die kleurlinge en blankes het..aanspraak
> op die term “Afrikaner,” maar die kleurling het ‘n klein
> voorsprong.”>>


Ongelukkig het dekades se apartheid veroorsaak dat "kleurlinge" nie
wil raak aan die term Afrikaner om hulle te beskryf nie - al is hulle
Afrikaanssprekend.
Re: Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #22866 is 'n antwoord op boodskap #22838] Wo, 12 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On 10 May 1999 18:15:39 GMT, wrote:
>
> op die term �Afrikaner,� maar die kleurling het 'n klein
>> voorsprong.�>>
>
> Ongelukkig het dekades se apartheid veroorsaak dat "kleurlinge" nie
> wil raak aan die term Afrikaner om hulle te beskryf nie - al is hulle
> Afrikaanssprekend.
>
>
Hmmm... ja - dit is nogal so. Iets wat ook gebeur, is dat vele blanke
Afrikaanssprekendes ook geen gevoel van identifikasie met die term
het nie as gevolg van van die politieke en sosiale klad wat aan die term
kleef. Die interessante is dat daar nou 'n groepering van mense in
Suid-Afrika (en verspreid oor die kontinente) is wat besig is om 'n tipe
van "eendersheid" te ervaar baseer op die feit dat hul
Afrikaanssprekendes is eerder as dat hul assosieer met die mites (en
vergrype) van Afrikanerdom.

Ek het myself nou begin vereenselwig met die feit dat Afrikanerdom nooit
losgemaak sal kan word van sy politieke konnotasie nie. Ek het miskien
gehoop dat die wig wat tussen mense ingedryf is (nie alleen in
rassegroepe nie, maar ook in families en gemeenskappe) verwyder sou word
deur 'n uiteindelike besef dat die Afrikaner uiteindelik maar net 'n
pion was in politici se speletjie. Ongelukkig het 'n groot gros
Afrikaners se onophoudelike hunkering terug na die dae toe hulle in
teorie in beheer was tot 'n groot mate my hoop vernietig.

My hoop is dat daar uit die groep van mense wat nou die nuwe "eenheid"
in Afrikaanssprekendheid ervaar sal uitbrei met tyd en 'n nuwe behouds-
en onwikkelingsbasis vir die taal kan ontwikkel.

-Gideon-

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #22867 is 'n antwoord op boodskap #22838] Wo, 12 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Thanks, Gideon, ek hoop dit sal PAT se vraag beantwoord. (Die vraag
was: Hoe kan 'n persoon Afrikaanssprekend wees, maar nie 'n Afrikaner
wees nie?)

Gideon skryf in boodskap news:7hbab1$if5$1@nnrp1.deja.com...
.......................................Iets wat ook gebeur, is
dat vele blanke
> Afrikaanssprekendes ook geen gevoel van identifikasie met die term
> het nie as gevolg van van die politieke en sosiale klad wat aan die term
> kleef. Die interessante is dat daar nou 'n groepering van mense in
> Suid-Afrika (en verspreid oor die kontinente) is wat besig is om 'n tipe
> van "eendersheid" te ervaar baseer op die feit dat hul
> Afrikaanssprekendes is eerder as dat hul assosieer met die mites (en
> vergrype) van Afrikanerdom.
>
> Ek het myself nou begin vereenselwig met die feit dat Afrikanerdom nooit
> losgemaak sal kan word van sy politieke konnotasie nie. Ek het miskien
> gehoop dat die wig wat tussen mense ingedryf is (nie alleen in
> rassegroepe nie, maar ook in families en gemeenskappe) verwyder sou word
> deur 'n uiteindelike besef dat die Afrikaner uiteindelik maar net 'n
> pion was in politici se speletjie. Ongelukkig het 'n groot gros
> Afrikaners se onophoudelike hunkering terug na die dae toe hulle in
> teorie in beheer was tot 'n groot mate my hoop vernietig.
>
> My hoop is dat daar uit die groep van mense wat nou die nuwe "eenheid"
> in Afrikaanssprekendheid ervaar sal uitbrei met tyd en 'n nuwe behouds-
> en onwikkelingsbasis vir die taal kan ontwikkel.
>
>
>
> -Gideon-
>
Re: Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #22875 is 'n antwoord op boodskap #22838] Do, 13 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Goed gestel Gideon.

My waarneming van sekere Afrikaners wat agteroor buig om nou
ontsaglik PC te wees laat my aan die Engelse terme " overkill" dink. Ook
aan die Engelse terme " a dollar short and a day late" Ons moes miskien
eerder die waarheid gesien het, en ons nie so blindelings laat lei het deur
ons respek vir ons leiers nie.:

In n mate is ons almal so, en het ons elkeen met sy hopie
skuldgevoelens op ons skouers rondgeloop. Meeste het dit afgeskud en kan
nou die kaf van die koring onderskei, maar, soos jy. voel ek benoud oor die
paar baie negatiewe eienskappe wat ons almal as Afrikaners IMHO deel, nl.
die geweldige stubborn trekke, die dwarstrekkerye en oorbeklemtoonde trots,
en die onvermoee om kritiiek positief te verwerk. En ek maak my dubbeld
baie skuldig aan baie van die eienskappe.

Dan aan die ander kant is daar die goeie eienskappe wat mens weer eens en
keer op keer trots laat voel op ons herkoms. Ons eerbaarheid (ek praat nou
nie van politici nie hoor!), met eerbaarheid bedoel ek ons inherente sin
van reg en verkeerd. Ons arbeidsaamheid, ons liefde vir ons mooi taal en
literatuur, en seker die grootste eenheidsfaktor is ons geweldige liefde
vir ons mooi land.
PAT

Gideon wrote in article ...
> In article ,
> ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
>> On 10 May 1999 18:15:39 GMT, wrote:
>>
>> > op die term �Afrikaner,� maar die kleurling het 'n klein
>>> voorsprong.�>>
>>
>> Ongelukkig het dekades se apartheid veroorsaak dat "kleurlinge" nie
>> wil raak aan die term Afrikaner om hulle te beskryf nie - al is hulle
>> Afrikaanssprekend.
>>
>>
> Hmmm... ja - dit is nogal so. Iets wat ook gebeur, is dat vele blanke
> Afrikaanssprekendes ook geen gevoel van identifikasie met die term
> het nie as gevolg van van die politieke en sosiale klad wat aan die term
> kleef. Die interessante is dat daar nou 'n groepering van mense in
> Suid-Afrika (en verspreid oor die kontinente) is wat besig is om 'n tipe
> van "eendersheid" te ervaar baseer op die feit dat hul
> Afrikaanssprekendes is eerder as dat hul assosieer met die mites (en
> vergrype) van Afrikanerdom.
>
> Ek het myself nou begin vereenselwig met die feit dat Afrikanerdom nooit
> losgemaak sal kan word van sy politieke konnotasie nie. Ek het miskien
> gehoop dat die wig wat tussen mense ingedryf is (nie alleen in
> rassegroepe nie, maar ook in families en gemeenskappe) verwyder sou word
> deur 'n uiteindelike besef dat die Afrikaner uiteindelik maar net 'n
> pion was in politici se speletjie. Ongelukkig het 'n groot gros
> Afrikaners se onophoudelike hunkering terug na die dae toe hulle in
> teorie in beheer was tot 'n groot mate my hoop vernietig.
>
> My hoop is dat daar uit die groep van mense wat nou die nuwe "eenheid"
> in Afrikaanssprekendheid ervaar sal uitbrei met tyd en 'n nuwe behouds-
> en onwikkelingsbasis vir die taal kan ontwikkel.
>
>
>
> -Gideon-
>
>
> --== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
> ---Share what you know. Learn what you don't.---
>
Re: Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #22876 is 'n antwoord op boodskap #22838] Do, 13 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
PAT wrote:
>
> Goed gestel Gideon.
>
> My waarneming van sekere Afrikaners wat agteroor buig om nou
> ontsaglik PC te wees laat my aan die Engelse terme " overkill" dink. Ook
> aan die Engelse terme " a dollar short and a day late" Ons moes miskien
> eerder die waarheid gesien het, en ons nie so blindelings laat lei het deur
> ons respek vir ons leiers nie.:
>
> In n mate is ons almal so, en het ons elkeen met sy hopie
> skuldgevoelens op ons skouers rondgeloop. Meeste het dit afgeskud en kan
> nou die kaf van die koring onderskei, maar, soos jy. voel ek benoud oor die
> paar baie negatiewe eienskappe wat ons almal as Afrikaners IMHO deel, nl.
> die geweldige stubborn trekke, die dwarstrekkerye en oorbeklemtoonde trots,
> en die onvermoee om kritiiek positief te verwerk. En ek maak my dubbeld
> baie skuldig aan baie van die eienskappe.

Waar is ons nou kwansuis so dwarstrekkerig - wys my enige ander
sogenaamde volk wat saamtrek. Kyk maar die Israelis - hulle het baie
meer rede om te moet saamwerk maar doen hulle dit? No ways! Die duitsers
het dit onder Hitler gedoen en hy het hulle byna oor die afgrond gelei.
Wat mense aanhou vergeet is dat Afrikaans sprekendes die hele samelewing
behels - vanaf die boemelaar op die Durban strand tot by die Derick
Hanekoms, Breyten Beytenbachs tot by die verkrampte NG Predikante en ou
Jaap Marais - die hel epolitieke en ekonomiese spektrum. Hoe sal die ou
spul ooit saamwerk? En hoekom moet ons in elk geval saamwerk. Ek dink
dat buiten vir die Afrikaans ons maar net soos ander volke is - net
maar soos ander mense wat te besig is met ons daaglikse bestaan om ons
te veel aan politieke bullshit te stuur. (Meestal is die onbetrokkenheid
tot ons eie nadeel).

Aangaande die PC - dit hang af wat jou agenda is hier op die nuusgroep!
>
Re: Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #22877 is 'n antwoord op boodskap #22838] Do, 13 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Die duitsers
> het dit onder Hitler gedoen en hy het hulle byna oor die afgrond gelei.

Jy's heeltemal reg. Die feit dat iemand aan een of ander groep "toebehoort"
is bloot toeval, net soos jou godsdiens. Jy word êrens gebore en dit beslis
oor al die res (vir sommige mense, in iedergeval). En sien wat dan partykeer
gebeur, soos in Joegoslawië.
Ek sien myself liewers as 'n lid van die hele "mensestam" en ek het al in
baie verskillende lande gebly, ook by die Moslims in Irak en in Saudi
Arabië - en ek het orals gawe en interessante mense gekry en mense wat
kortsigtig was, sowel in Afrika, Asië as Europa. Ons is meer gelyk as wat
ons dink. :-)

Groete - Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #23019 is 'n antwoord op boodskap #22838] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On 10 May 1999 18:15:39 GMT, wrote:
>
> op die term �Afrikaner,� maar die kleurling het 'n klein
>> voorsprong.�>>
>
> Ongelukkig het dekades se apartheid veroorsaak dat "kleurlinge" nie
> wil raak aan die term Afrikaner om hulle te beskryf nie - al is hulle
> Afrikaanssprekend.

Weet jy van enige "kleurlinge" wat wou raak aan die term Afrikaner om hulle
te beskryf _voordat_ "dekades se apartheid" aangebreek het?
Re: Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #23020 is 'n antwoord op boodskap #22838] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gideon wrote in message ...

> Ek het myself nou begin vereenselwig met die feit dat Afrikanerdom nooit
> losgemaak sal kan word van sy politieke konnotasie nie. Ek het miskien
> gehoop dat die wig wat tussen mense ingedryf is (nie alleen in
> rassegroepe nie, maar ook in families en gemeenskappe) verwyder sou word
> deur 'n uiteindelike besef dat die Afrikaner uiteindelik maar net 'n
> pion was in politici se speletjie. Ongelukkig het 'n groot gros
> Afrikaners se onophoudelike hunkering terug na die dae toe hulle in
> teorie in beheer was tot 'n groot mate my hoop vernietig.

Moenie te veel worry oor "�n groot gros Afrikaners se onophoudelike
hunkering terug na die dae toe hulle in teorie in beheer was" nie.

Daardie ou sous is almal besig om te emigreer - of het reeds.

Die paar wat oor is het Siener van Rensburg iewers tussen Jesaja en Jeremia
ingebind. En hulle is ook besig om naby die see te hervestig (Oos- en
Suid-Kaap). Waar hulle kwyl van genot oor die vigsstatistiek.

Daar is 'n veel groter getal Afrikaners wat iets probeer doen vir
(byvoorbeeld) die stygende getal vigswese (reeds 20 000 per jaar) wat in
staatsbarrakke sal moet grootword as daar nie ander oplossings gevind word
nie.

En weet jy wat? Daardie ouens het nie probleme met hul "identiteit" of "'n
klad" wat aan hulle sou "kleef" nie. Hulle worry ook nie oor wat hulle
kinders van hul voorsate sal dink nie.
Re: Wie mag Afrikaner genoem word? [boodskap #23168 is 'n antwoord op boodskap #22838] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 May 1999 12:34:03 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

te beskryf _voordat_ "dekades se apartheid" aangebreek het?>>[/color]

Onregverdige vraag omdat "Afrikaners" en apartheid so half saam-saam
tot stand gekom het.

My punt is dat as daar nie apartheid was nie, was mense wat Afrikaans
as huistaal gehad het, heer waarskynlik lank reeds saamgebind in een
etniese groep met verskeie variasies.

Was die eerste Afrikaanse geskrifte nie die Koran in die Kaap nie?
Lyk pretty bruin en pretty Afrikaans vir my....
Vorige onderwerp: Bobbejaan Abattoir
Volgende onderwerp: Welkom terug, Leendert!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 22:35:33 MGT 2024