| Dear Squirrel [boodskap #22785] |
Do., 06 Mei 1999 00:00  |
roy...
Boodskappe: 68 Geregistreer: April 1999
|
Volle Lid |
|
|
In article ,
squi...@echelon.alias.net (Squirrel) wrote:
> Australia of course only accepts, well qualified individuals of
> sound character.
Ek moet dus deur hierdie stelling aanneem dat jy in die "refugee" kategorie
ingekruip het...
So af en toe het ek sin gesien in sommige van die stellings wat jy gemaak het
- ek gee almal maar die voordeel van die twyfel so af en toe - maar soms moet
ek terugstaan, soos Pat, en wonder waar jy nou eintlik vandaan kom met wat jy
se. Almal het natuurlik die reg op 'n opinie, maar sensitiwiteit is 'n baie
belangrike karaktertrek, en mens moet altyd probeer om ander se gevoelens in
ag te neem voordat jy die sleutelbord nadertrek en wildweg begin tik.
Probeer om volgende keer logies te dink voordat jy stellings maak in onkunde
- anders gee jy mense die verkeerde indruk van ons "true Aussies".
Een baie belangrike idee wat jy in gedagte kan hou, is die volgende: As jy
nie 'n positiewe bydrae kan lewer nie, bly maar liewer stil en laat mense dink
jy is 'n idioot, eerder as om jou mond oop te maak en die gedagte by almal te
bevestig.
Dis nooit te laat om 'n nuwe blaai om te slaan nie.
Groete uit die Paradys (wat ek met liefde met andere deel)
Royleen
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Dear Squirrel [boodskap #22868 is 'n antwoord op boodskap #22785] |
Wo., 12 Mei 1999 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
"Kobus Pietersen" writes:
> vir squirrel. Jy sal dan sommer sien hoe spring die vloek rond. Nes 'n
> spinnekop
> op 'n warm plaat.
>
>> Hoe kry hy dit reg om sy adres so te verbloem.
> Hy gebruik duur sagteware uit Kalifornie om homself anoniem te maak en pos
> deur 'n elektroniese tonnel in Duitsland wat sorg dat jy nie 'n boodskap kan
> terug trace na hom nie.
Wel, julle probeer nou vir hom elektronies
"verstaan." Ek analiseer hom sielkundig.
Hy was eers op die Engelse nuusgroep, en
was toe taamlik ver-regs in sy opinies,
net soos jy-weet-wie wat in 'n staat bly
wat met M begin. Later het hy na die
Afrikaanse nuusgroep ge-emigreer. Wat
baie duidelik was, was dat hy in die
laaste ruk my aandag wou trek deur sy
opmerkings. My vroulike intuisie sê
vir my dis 'n ou wat baie toegang in sy
werk het tot rekenaars, wat te veel tyd
op sy hande het, en in 'n staat in die
VSA bly wat met 'n M begin. Waar daar
meer voels as mense is, meer mere as
mense is, meer kalkoene as mense is,
Piggy Sherlock-Holmes
|
|
|
|