Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oop voordeur
Oop voordeur [boodskap #22804] Vr, 07 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ons - dis nou Vrou en ek en die twee dogters wat nog in die huis is - sit
vanaand in die gesinskamer en reminiseer oor die "goeie ou dae". Dis 'n
heerlike en 'n gesellige aand. Hulle - die dogters - wil hulle dood lag oor
Ma en Pa wat in die sestigerjare studente was, en oor al ons wedervarings.
Skielik stap die bure se kat by ons voete verby. Ek kyk op die horlosie.
Sommer net. Nie hieroor of daaroor nie. Dis byna nege-uur in die aand.
Lekker donker al. Vrou is heel verbaas: waar kom die kat dan vandaan? (Ons
is almal allergies vir katte.) Toe onthou sy skielik: o ja, die voordeur
staan oop omdat die pan effe aangebrand het op die stoof. Maar dis al 'n
paar ure gelede! En die voordeur staan nog steeds oop. En al wat ingestap
het van die straat af is die kat. Ons voordeur maak so te sê direk op die
straat oop.

Daar is nie 'n muur of 'n hek tussen ons en die straat nie.

Ons woon nou in Pennsylvania.

Ons woon nie meer in Pretoria nie.

In Pretoria was daar 'n muur van meer as ses voet en 'n ysterhek met 'n slot
aan tussen ons en die straat. En 'n diefalarm met bewegingsensors en 'n
direkte radioverbinding na 'n gewapende reaksie-eenheid. Want daar is twee
keer by ons huis ingebreek. Daar is by drie ander geleenthede by ons motors
ingebreek. Ons wasgoed is 'n paar keer van die draad af gesteel. Een aand,
terwyl Vrou staan en stryk het in die kombuis, het iemand die agterdeur
probeer oopmaak. Een nag het iemand by my kamervenster probeer inklim. Een
dag omtrent eenuur die middag het iemand vir Vrou van haar motor probeer
beroof in ons inrit.

Toe omsingel ons naderhand ons huis met staal en elektronika.

Skielik onthou ek dat ons oudste (getroude) dogter nog in Pretoria woon. En
my hart ruk. Vir 'n oomblik is ek uitasem van die skrik.

Toe ek elf jaar oud was, het my suster en ek alleen in Johannesburg met die
bus van Linden af stad toe gery en gaan fliek. Ben Hur, The Ten
Commandments, Spartacus. Niemand het omgegee nie.

In Pretoria wou my vrou nie dat ek alleen na die kafee op die hoek stap om
te gaan sjokolade koop na donker nie. Een van ons gemeentelede is in sy
inrit van sy motor beroof een Sondagoggend na die erediens. Sy klein
kindertjies was nog in die motor.

Dis drie jaar gelede, toe ons nog in Pretoria gewoon het. In 'n "goeie" en
"veilige" woonbuurt.

Nou woon ons in Pennsylvania.

Maar ek wil in Pretoria wees. Ek wil nie in Pennsylvania wees nie.
Re: Oop voordeur [boodskap #22816 is 'n antwoord op boodskap #22804] Sa, 08 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dag Kwarentyn,

En hier sit ek in Perth en jy in Amerika.....als net oor slotte en
heinings!!

......en ek wil ook net terug wees in Pretoria. Dit vat aan 'n man.

Boeregroete,

Jan van Perth.
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471

> Nou woon ons in Pennsylvania.
>
> Maar ek wil in Pretoria wees. Ek wil nie in Pennsylvania wees nie.
Re: Oop voordeur [boodskap #22817 is 'n antwoord op boodskap #22804] Sa, 08 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Rood  is tans af-lyn  Hans Rood
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Ons woon nou in Pennsylvania.
>
> Ons woon nie meer in Pretoria nie.

Welkom in die regte nuusgroep - hier tussen al die verlangendes...

--
Stefan Harms ha...@mbnet.mb.ca

LAMDI - Linux Anesthesia Modular Devices Interface
http://gasnet.med.yale.edu/lamdi/
Re: Oop voordeur [boodskap #22818 is 'n antwoord op boodskap #22804] Sa, 08 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 May 1999 21:47:54 -0400, "Kwarantyn" wrote:

>

Jou probleem.

Ek woon tussen Jeppe en Bez Valley.

Die voordeur staan soms oop. Ons onthou gewoonlik om dit te sluit,
maar soms vergeet ons.
Die agterdeur staan altyd oop. Tot laat in die nag wanneer ons gaan
slaap.

Ons het diefwering voor die meeste vensters en die voor- en agterdeur.
Met oop bedoel ek diefwering is ook oop.

Ons het n heining wat groei en n rooi hekkie van hout wat ek met n dun
ketting en n klein slot sluit want dit hou die bedelaars op die
sypaadjie. Dis soos mens afstand van hulle kry. As hulle eers op jou
stope staan, is dit moeilik om hulle weg te jaag sonder om iets te
gee.
Re: Oop voordeur [boodskap #22819 is 'n antwoord op boodskap #22804] Sa, 08 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Goeiedag meneer Kwarantyn,

Dat was een ontroerende bijdrage. Dat laatste zinnetje geeft een
steek.

Ik was in 1988 5 weken in Pretoria. Toen was het nog niet zo.
Bij het huisgezin waar ik logeerde, hadden ze gewoon een laag hek
(fence) naar de straat. Ik kon er zo overheen springen.

Ze wonen aan de Louis Trichard. Ik geloof dat dat in Wonderboom-Suid
is. Zijn er nu dan veiligheidshekken (security fences) in heel Pretoria?

Afijn, vriendelijke groet uit het veilige (nogwel) Nederland.

Robbert Zijlstra
Re: Oop voordeur [boodskap #22820 is 'n antwoord op boodskap #22804] Sa, 08 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Julle en ons.... (MY opninie) Suid-Afrika en Amerika

Julle het die beste weer in die wêreld, behalwe miskien Kaapstad.:-)) Hier
is die somers lank en warrrrrmmm, en die winters te koud en te lank.

Julle het veiligheidsprobleme, - ons voordeure het nie eers n sleutel
nie, en vensters en deure staan altyd oop.

Julle vrugte is van die beste in die wêreld. Ons vrugte is groot, blink en
smaak na niks. Nog nooit n geelperske in een van die vele supermarkte
gesien nie, nog nooit hanepoot druiwe gesien nie, appelkose is vrekduur, so
ook grenadellas. Van koejawels het niemand nog gehoor nie, want as n vrug
n pit in het, wil die Amerikaners hom nie eet nie. Tamaties sal hulle nog
duld.

Ons suiwelprodukte is superieur. Ons yogurt, melk, roomys en kaas is van
die beste. Julle vrugtesappe is die beste.

Ons paaie is goed, julle sin ook, maar julle het meer padvarke, ons meer
verkeersknope.

Julle skole is goed, ons universiteite is goed. Julle kinders is hoflik en
beleefd, ons kinders is brats. Julle het redelik goedkoop huishulp, ons
dienste is goed. (telefoon, elektrisiteit ens. as hier byvoorbeeld n
hewige donderstorm uitbreek en die krag gaan uit, is daar n spesiale
hotline wat sê presies waneer hulle dink die krag sal weer aangaan, en
hulle is gewoonlik reg).

Julle brood is o so lekker, ons brood is so n pap gedoente wat jy in een
golfballetjie kan oprol.

Wie van julle in ander lande kan nog bylas van voor en nadele van die
verskillende lande...

Pat

NS wat is daardie liedjie, " my voete loop Paarl toe, maar my hart hy loop
na Wellington" ? Of so iets.

Met oop bedoel ek diefwering is ook oop.
>
> Ons het n heining wat groei en n rooi hekkie van hout wat ek met n dun
> ketting en n klein slot sluit want dit hou die bedelaars op die
> sypaadjie. Dis soos mens afstand van hulle kry. As hulle eers op jou
> stope staan, is dit moeilik om hulle weg te jaag sonder om iets te
> gee.
>
Re: Oop voordeur [boodskap #22829 is 'n antwoord op boodskap #22804] So, 09 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kwarantyn" writes:

En die voordeur staan nog steeds oop. En al wat ingestap
> het van die straat af is die kat. Ons voordeur maak so te sê direk op die
> straat oop.

Soos julle klomp klink, staan alles oop
in Noord-Amerika.
Is daar nie muskiete by julle nie? Veral
nou in die lente? Dis een van die dinge
wat die swaarste is vir my in Kanada.
Al die swerms insekte. Geen venster of
deur is sonder muskietwering nie. Waar
is die dae wat ek buite geslaap het
in die Noordkaap, selfs in Natal.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Voorspel" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: Boodskap aan Bees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 02:13:33 MGT 2024