Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Julle is sat
Julle is sat [boodskap #22385] So, 11 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dit pis my tot in die afgrond toe in om na 'n maand of twee se afweesigheid
hier in te kom en te sien die mense wat "reply" is meer gepla oop die
skrywer se spelling as sy boodskap.

aan al die "taalkundiges" op die NG, net die volgende
sinsnede.............GAAN KAK. As julle in 'n sosiale NG wil gesels, besef
asb dat sekere mense hier is om te GESELS........nie om te konsentreer op
hulle spelling die hele tyd nie.................en as jy enigsins die vermoë
het om saam te gesels doen dan so, anders hou jou bek.
Re: Julle is sat [boodskap #22386 is 'n antwoord op boodskap #22385] So, 11 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
subie  is tans af-lyn  subie
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Riaan se pos is beslis welkom en nie jy nie pat(man of vrou?)
Re: Julle is sat [boodskap #22401 is 'n antwoord op boodskap #22385] Ma, 12 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Swak taalgebruik

"Taalkenners" en "kunskenners" is amper een en dieselfde spesie. Kyk maar na
die geval toe 'n klomp "kunskenners" 'n paar skilderye onder oë gehad het en
dit met lof besing het.........net of later uit te vind 'n bobejaan het die
goed geverf.

Net so met die taal............As ou Bryten Brytenbach sy gediggies vol
vloek is dit maar reg so........en as gloudina gedigte van die dye trek die
dye aan hier pos met die voortreflike stukkie EN EK HAAL AAN "ek wens iemand
hier het piel" dan is dit ook maar reg.

Maar wee die persoon soos ek wat hier 'n klein ou kras woordjie uitdeel, dan
word hy gestenig.

Nuus vir julle klomp...............Ek is hier en sal hier bly en julle lewe
vergal vir so lank ek daagliks in julle klomp snert moet vaskyk

OH SHIT het ek dalk 'n spelfout of twee gemaak ?
Re: Julle is sat [boodskap #22402 is 'n antwoord op boodskap #22385] Ma, 12 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sas Kloppers  is tans af-lyn  Sas Kloppers
Boodskappe: 29
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Riaan wrote in article
...
> Dit pis my tot in die afgrond toe in om na 'n maand of twee se afweesigheid
> hier in te kom en te sien die mense wat "reply" is meer gepla oop die
> skrywer se spelling as sy boodskap.
>
>
> aan al die "taalkundiges" op die NG, net die volgende
> sinsnede.............GAAN KAK. As julle in 'n sosiale NG wil gesels, besef
> asb dat sekere mense hier is om te GESELS........nie om te konsentreer op
> hulle spelling die hele tyd nie.................en as jy enigsins die vermoë
> het om saam te gesels doen dan so, anders hou jou bek.

Okay. Ek het gaan kak. Wat nou?
Re: Julle is sat [boodskap #22403 is 'n antwoord op boodskap #22385] Ma, 12 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Right Click on soc.culture.south-africa.afrikaans. Left Click on Unsubscribe
from this Newsgroup en al jou probleme is binne 'n breuk van 'n sekonde
opgelos.

Terloops, jou voorvaders het hul arms stompies baklei om vir jou 'n eie taal
te skep om sinvol in te kommunikeer. Sodra 'n volk nie meer trots op sy taal
en kultuur is nie, kan sosiale agteruitgang seker nie ver agterweë wees nie.
Te oordeel na jou swak taalgebruik in 'n NG waar dames teenwoordig is, ly jy
alreeds aan gevorderde sosiale agteruitgang. Ongelukkig blyk dit dat die
diagnose 'n bietjie laat gedoen is en dit is hoogs onwaarskynlik dat die
toestand omgedraai kan word........

Sterkte in die volgende NG, jy gaan dit nodig hê!

Riaan wrote in message ...
> afweesigheid
> meer gepla oop die
> skrywer se spelling as sy boodskap.
>
>
> aan al die "taalkundiges" op die NG, net die volgende
> sinsnede.............GAAN KAK. As julle in 'n sosiale NG wil gesels, besef
Re: Julle is sat [boodskap #22423 is 'n antwoord op boodskap #22385] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nou gaaf, praat met 'n persoon aangaande die onderwerp onder bespreking en
geniet dit

> Okay. Ek het gaan kak. Wat nou?
Re: Julle is sat [boodskap #22424 is 'n antwoord op boodskap #22385] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Shannon"

> Nee, Daniel. Hy sê nie dames vloek nie

Dit mag waar wees, maar ek stem saam met daniel dat die skrywe seksisties en
paternalisties was in die implikasie dat dit "meer" aanvaarbaar is om
kragwoorde te gebruik wanneer "dames" nie teenwoordig is nie, en hulle te
"beskerm" van sodanige woorde.

>Verder, 'n man met respek vir dames, 'n man met opvoeding en goeie maniere,
> sal nie weens 'n gebrek aan byvoeglike naamwoorde/werkwoorde, hom met
> voorbedagte rade wend na die gebruik van vloekwoorde nie.

Ek sou veel eerder dat jy my (as man) in die voorafgaande insluit sodat 'n
persoon met respek vir mense, mans OF dames, twee keer dink alvorens
vloekwoorde gebruik word. Indien nie, Shannon, is die voorafgaande maar net
nog 'n variasie op johann se seksistiese riel.

leswin
Re: Julle is sat [boodskap #22425 is 'n antwoord op boodskap #22385] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Daniel wrote in message ...
>
> Johann de Jager wrote in message
> news:7etpfo$mmv$1@hermes.is.co.za...
>
>
>
>> Te oordeel na jou swak taalgebruik in 'n NG waar dames teenwoordig is,
> .....
>
>
> Wil jy nou vir my sê dat dames nie vloek nie? Bietjie
> seksisties/paternalisties, dink jy nie?
>
> Daniel
>
>
Nee, Daniel. Hy sê nie dames vloek nie. Mans het wel die neiging om meer
en vryliker as dames te vloek.

Verder, 'n man met respek vir dames, 'n man met opvoeding en goeie maniere,
sal nie weens 'n gebrek aan byvoeglike naamwoorde/werkwoorde, hom met
voorbedagte rade wend na die gebruik van vloekwoorde nie.

Ek voel daar is wel plek vir die gebruik van kragwoorde (bv. vervlaks en
deksels) en soms die insinuasie (bv @$&) van iets sterkers, op die
nuusgroep. Van die Afrikaanse 3 letterwoorde wat Riaan so graag gebruik,
wat te doen het met 'liggaamlike funksies' voel ek dui op 'n gebrek aan
opvoeding.

Riaan, kyk of jy lus het om deel te neem aan die gesprek(die 'guts' het)
sónder die gebruik van jou algemene woordeskat. Wed jou jy sal nie eens een
sin kan saamstel nie!

Groete!

Shannon
Re: Julle is sat [boodskap #22426 is 'n antwoord op boodskap #22385] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ag ou PAT die enigste ding wat ek "pat" as ek by die huis kom is my hond

Sê my asb ou PAT waar de hel was jy en jou kommentaar toe Gloudina haar "die
dye trek die dye aan" gedigte hier geplaas het.

Wil jy nie maar jou naam na die skim toe verander nie, want julle ouens
spring so uit die bloute uit op die oomblik as daar so bietjie op vingers
getik word maar verder sien en hoor mens nooit van julle nie

Ek sal maar vir my 'n AFRIKAANSE spelcheck in die hande kry hoor.....sal dit
jou gelukkig maak. Goed gaaf..............kom ons kyk of jy my gelukkig kan
maak en vir 'n slag SINVOL op 'n persoon se pos te "reply" sonder om na
sy/haar spelling te verwys
Re: Julle is sat [boodskap #22427 is 'n antwoord op boodskap #22385] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[2]  is tans af-lyn  daniel[2]
Boodskappe: 31
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johann de Jager skryf in boodskap news:7etpfo$mmv$1@hermes.is.co.za...

> Te oordeel na jou swak taalgebruik in 'n NG waar dames teenwoordig is,
.....

Wil jy nou vir my sê dat dames nie vloek nie? Bietjie
seksisties/paternalisties, dink jy nie?

Daniel
Re: Julle is sat [boodskap #22436 is 'n antwoord op boodskap #22385] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Dankie Shannon, Jy sê soveel meer as wat ek wou sê. Ek het geensins
geimpliseer dat dames nie vloek nie. Swak taalgebruik, soos aangehaal deur
Daniel, dui nie noodwendig op vloekwoorde nie. Ons almal vertel maar 'n ou
stout grappie om 'n braaivleisvuur. Inteendeel, toe ek in SWA (Nou Namibia)
woonagtig was, het ek 'n NG predikant geken wat heel lekker en gesellig om
'n vuur kon gesels!

Riaan se gewraakte "bydrae" tot die nuusgroep dui egter op arrogansie en
onopgevoedheid. Hy sou 'n baie meer simpatieke gehoor gehad het as hy sy
punt op 'n ordentlike wyse gestel het, sonder die gebruik van liggaamlike
funksies, soos Shannon dit so mooi stel.

Wat my betref is die saak afgehandel.

Shannon wrote in message
...
>
> Daniel wrote in message ...
>>
>> Johann de Jager wrote in message
>> news:7etpfo$mmv$1@hermes.is.co.za...
>>
>
> Verder, 'n man met respek vir dames, 'n man met opvoeding en goeie maniere,
> sal nie weens 'n gebrek aan byvoeglike naamwoorde/werkwoorde, hom met
> voorbedagte rade wend na die gebruik van vloekwoorde nie.
>
> Ek voel daar is wel plek vir die gebruik van kragwoorde (bv. vervlaks en
> deksels) en soms die insinuasie (bv @$&) van iets sterkers, op die
> nuusgroep. Van die Afrikaanse 3 letterwoorde wat Riaan so graag gebruik,
> wat te doen het met 'liggaamlike funksies' voel ek dui op 'n gebrek aan
> opvoeding.
>
> Riaan, kyk of jy lus het om deel te neem aan die gesprek(die 'guts' het)
> sênder die gebruik van jou algemene woordeskat. Wed jou jy sal nie eens een
> sin kan saamstel nie!
>
> Groete!
>
> Shannon
>
Re: Julle is sat [boodskap #22437 is 'n antwoord op boodskap #22385] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message ...
>> "Shannon"
>
>> Nee, Daniel. Hy sê nie dames vloek nie
>
> Dit mag waar wees, maar ek stem saam met daniel dat die skrywe seksisties en
> paternalisties was in die implikasie dat dit "meer" aanvaarbaar is om
> kragwoorde te gebruik wanneer "dames" nie teenwoordig is nie, en hulle te
> "beskerm" van sodanige woorde.
>

>> Verder, 'n man met respek vir dames, 'n man met opvoeding en goeie maniere,
>> sal nie weens 'n gebrek aan byvoeglike naamwoorde/werkwoorde, hom met
>> voorbedagte rade wend na die gebruik van vloekwoorde nie.

My opmerking is ook van toepassing op dames, met die wysiging dat 'n dame
met selfrespek sal nie weens 'n gebrek.....

>
> Ek sou veel eerder dat jy my (as man) in die voorafgaande insluit sodat 'n
> persoon met respek vir mense, mans OF dames, twee keer dink alvorens
> vloekwoorde gebruik word. Indien nie, Shannon, is die voorafgaande maar net
> nog 'n variasie op johann se seksistiese riel.

>
> leswin
Re: Julle is sat [boodskap #22438 is 'n antwoord op boodskap #22385] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message ...
>> "Shannon"
>
>> Nee, Daniel. Hy sê nie dames vloek nie
>
> Dit mag waar wees, maar ek stem saam met daniel dat die skrywe seksisties en
> paternalisties was in die implikasie dat dit "meer" aanvaarbaar is om
> kragwoorde te gebruik wanneer "dames" nie teenwoordig is nie, en hulle te
> "beskerm" van sodanige woorde.

>
> Ek sou veel eerder dat jy my (as man) in die voorafgaande insluit sodat 'n
> persoon met respek vir mense, mans OF dames, twee keer dink alvorens
> vloekwoorde gebruik word. Indien nie, Shannon, is die voorafgaande maar net
> nog 'n variasie op johann se seksistiese riel.
>

Ek dink nie die skrywe is noodwendig daarop gemik om seksisties en
paternisties te wees nie. "dames wat teenwoordig is ..." is maar net 'n
algemene uitdrukking wat soms gebruik word.

> leswin
Re: Julle is sat [boodskap #22454 is 'n antwoord op boodskap #22385] Do, 15 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Shannon skryf in boodskap news:924118759.528222@news.netactive.co.za...
>
> ProPacem wrote in message Ek dink nie die skrywe is noodwendig daarop gemik om seksisties en
> paternisties te wees nie. "dames wat teenwoordig is ..." is maar net 'n
> algemene uitdrukking wat soms gebruik word.



Wys jou net hoe diep ingegryn is seksisme en paternalisme in die Afrikaner -
selfs volksidioom reflekteer dit.



Daniel
Re: Julle is sat [boodskap #22502 is 'n antwoord op boodskap #22385] Ma, 19 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Riaan wrote in message ...
> Ek sal maar vir my 'n AFRIKAANSE spelcheck in die hande kry hoor
> kom ons kyk of jy my gelukkig kan
> maak en vir 'n slag SINVOL op 'n persoon se pos te "reply" sonder om na
> sy/haar spelling te verwys

Ja-nee Rehaan, 'n speltjekker is maer die beste oplossing.
Kyk biekie hieronder wat my Engelse een vermag het - geen spelvoute meer
nie.
Waar kry mens hun Afrikaanse een? Seker by Checkers om die hoek?

Eye halve a spelling chequer
It came with my pea sea
It plainly marques four my revue
Miss steaks eye kin knot sea.
Eye strikes a key and type a word
And weight four it two say
Weather eye am wrong oar write
It shows me strait a weigh.
As soon as a mist ache is maid
It nose bee fore two long
And eye can put the error rite
Its rare lea ever wrong.
Eye have run this poem threw it
I am shore your pleased two no
Its letter perfect awl the weigh
My chequer tolled me sew.
Vorige onderwerp: Hardekoolvuur
Volgende onderwerp: Is dit Spam?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 10:47:55 MGT 2024