Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Moet ons regtig akkommoderend wees?
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #21901] Do, 18 Maart 1999 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Mar 1999 20:45:21 +0200, "Theunis Bekker" wrote:
|Hoe sou SA vandag gewees het indien die Franse Hugenote, die Britse
|Settelaars en die Voortrekkers meer akkommoderend was? Het 'n gebrek aan
|akkommodasie (nou praat ek nie in die RDP huise rigting nie!) nie juis vir
|'vordering' gesorg nie?
|
Ek weet nie of ek jou rede reg verstaan nie - ek neem aan jy vra of 'n land
makliker immigrante moet toelaat? En meer voorsiening maak vir diversiteit in
die gemeenskap.

Ek het verstaan dat ou Paul Kruger nie baie van Ingelse immigrante gehou het nie
en hulle nie eers wou laat stem of onbeperk toelaat nie. Ek dink dit was
verkeerd vir die situasie waarin SA destyds was.

Vandag is dit 'n heel ander storie - demografie van verskillende lande lyk
anders en 'n redenasie wat vir een land geld, geld nie vir 'n ander nie.
Beheerde wettige immigrasie sou seker die grootste mate van selfbeveiliging
verskaf. (Engelse Amerikaners is bang dele van die VSA gaan Spaanssprekend word
en die Hollanders is bang die koningin van hulle sal dalk Molluks moet aanleer.)

Is die onbeheerde toestroom oor SA se grense nog so groot probleem soos twee
jaar terug? Ek het in Julie 1997 met 'n Zulu vrou gepraat wat vir 'n dag Jhb se
middestad toe is en sy het beweer dat sy in die hele Commisionerstraat nie een
bekende Suid Afrikaanse swart taal kon hoor nie.

Ek gaan nou nie hier lang slim redenasies sit en uitdink nie, maar gutfeeling sê
vir my gheel en al geslote grense gaan nie gesond wees nie - 'n sekere mate van
immigrasie moet aangemoedig word.

Akkommoderend? Ek dink nie dis in die aard van die politieke dier om sommer
akkommoderend te wees nie. Dalk nie eers in die man op straat se "make-up"
wanneer dit kom by groot kultuurverskille nie. Die Amerikaners sal byvoorbeeld
glad nie 'n man akkommodeer wat langs die pad sommer so oop en bloot staan en
pie nie. En in SA dink niemand dis snaaks nie. Hoe maklik sal SA byvoorbeeld
'n Spaanse minderheid aanvaar wat daarop aandring om in hulle eie taal gehelp te
word? Die skeidslyn wat akkommodasie omring is baie vaag en baie "volatile"!

Bees, Gideon, Alwyn, Johan LR, Henri, wat sê julle manne hieroor? (twee punte
dink ek: immigrasie en akkommodasie).
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #21902 is 'n antwoord op boodskap #21901] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> wanneer dit kom by groot kultuurverskille nie. Die Amerikaners sal byvoorbeeld
> glad nie 'n man akkommodeer wat langs die pad sommer so oop en bloot staan en
> pie nie.

Wys net watter nuutjie jy in Noord-
Amerika is, en hoe min jy nog met
oop o"e gekyk het. Hulle is baie meer
onbeskaamd hier as wat ek gewoond was
in SA. Een van die grootste kultuur-
skokke toe ek in Noord-Amerika aangekom
het, was hoe geredelik mans op die straat
spoeg.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Die Verkragter" deur ERNST VAN HEERDEN
Volgende onderwerp: Karel Schoeman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:49:34 MGT 2024