Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir oom kaspaas
briefie vir oom kaspaas [boodskap #19416] Sa, 28 November 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
hallo oom kaspaas,

die iksamen is verby, en weet oom wat. ek is deer. slaag met lof sê
my report. ek dink my pa gaan kwaat wees, want loffe is goed van art
appels wat op die komp os hoop gegooi word. dit kan nie goed wees nie.

laf rassie het dit nie gemaak nie, oom. ma' hy sê sy pa was nie kwaad nie.
hy sê sy pa het net een keer sy report gekyk en gesê 'dis nou mooi, dis
nou effin mooi' toe het hy aan die syp gegaan. hy kan nie glo lat sy pa
fees fier oor hy geplik het nie. ek ok nie.

gister moes my pa gaan rug gistreer lat sy stem gehoor kan word. ek
verstaan dit nie want ons hoor sy stem goed genoeg as ek en laf rassie
in die koejawel boom sit.

hy sê rug gistrasie is 'n gemors. die goewer ment het gesê die onner wysers
moet help. hille wyer want hille word nie petaal nie. my pa sê hyt geweet
hille sal straaik nog voor hille gewol en teer het. die ooms van kosatoe wat
altyd die straaiks reel is baie kwaat oorlat die onner wysers gestraaik het
voor hille aangesê is om te straaik. toe sê hille die ooms van die aamie moet
help. die paar wat nie in lesoetoe oorlog maak om vrede te maak nie. my pa was
ok in die aamie. hy sê hille mag nie straaik nie maar hy weet nie vir hoe lank
nie.

toe vra die oom van die aamie my pa se aai die. toe my pa sy boekie gee sê
die oom 'sorrie sa djoe nied wan wif a baa koud'. toe vra my pa vir wat. toe
sê die oom lat hille kan weet hys 'n sittesin. toe vra my pa wat dink die oom
waar kom die tjaps van twee reffirendims en 'n vir kiesing in sy aai die
vandaan. seker nie van saoedie arabie af nie. toe sê die oom hille is bang
die aai die is gefortsj. toe vra my pa vir hom wat van daai antie in neeu see
land wat laas so baie op die tie wie was wat gekleim het sy is oom nelson man
lê da se niggie. toe kom dit yt lat sy gelieg het en van simbabwie is. wiet
gekyk of sy 'n baa koud het wil my pa weet.

toe sê die oom 'sorrie sa iets de lê'. toe sê my pa 'de lê ies en aas'. toe
vra hy die oom se polloot en trek toe self strepies in sy aai die. toe sê die
oom 'dets not en offieshil baa koud djoe aar wystieng maai taaim sa'. toe sê
my pa dit smaak hom die oom soek 'n krou baa.

nou is hy nie gerug gistreer nie, oom. hy sê die gawwer mint het gemaak lat hy
'n houd kapper en water draer in sy ye lant is, oom. ma' yntlik is hy 'n boog
skitter. ek weet nie hoekom sy pa hom nie gerug gistreer het toe hy gebore is
nie dan het hy nie nou die moeilikheid gehad nie. hy sê net die kont se stie
sionele hof sal maak lat hy sy stem trig kry. miskien moet hy met lou sout
water gorrel.

koebaai oom kaspaas, kry oom se baa koud dan sal ons oom se stem weer kan
hoor.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #19417 is 'n antwoord op boodskap #19416] Sa, 28 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> toe sê die oom 'sorrie sa iets de lê'. toe sê my pa 'de lê ies en aas'. toe
> vra hy die oom se polloot en trek toe self strepies in sy aai die. toe sê die
> oom 'dets not en offieshil baa koud djoe aar wystieng maai taaim sa'. toe sê
> my pa dit smaak hom die oom soek 'n krou baa.

Hennerietjie, ek kan nie verstaan
wat "en aas" is nie.

Hennerietjie, jy moet vir jou pa
ook waarsku dat hy nie so kontant
met die mense in die goewerment se
diens moet wees nie. Hier in Kanada
is ons in ons pasoppens. Hulle
strip-search jou sommer vinnig, selfs
as jy 'n toeris is of 'n belangrike
besoeker aan Kanada. (As jy nie weet
wat 'n strip search is nie, vra vir
Laf Rassie se suster.) En as jy hier
in Kanada net bietjie objekteer oor
wat die regering doen, dan sprei hulle
vir jou met peper. En as jy dan objekteer,
dan verklaar die eerste minister: wat
verkies jy, pepper spray or baseball bats?
Ja, Hennerietjie, ons eerste minister is
een tough cookie. Hy stoot sommer die
agiteerders uit sy pad uit. En hy lei
aan 'n learning disability, wat hom nog
Engels nog Frans baie goed kan laat praat.
Dis een van die dinge wat hom 'n sukses
as politikus maak: niemand kan hom verstaan
nie. Vertel dit tog vir Thaba Mbeki. Hy praat
glad te duidelik.

Piggy op die Rideau
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #19435 is 'n antwoord op boodskap #19416] So, 29 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:


> my pa sê hy skrik hille nie, antie. vir al nie as dit 'n sol daat is wat
> gedwing is om te wol en teer nie. hy sê in lê soentoe het hy gesien hoe hope
> loos 'n sol daat kan wees.

Hennerietjie, was jou pa in Lesotho?
Of staan hy maar en maak droog van die
sidelines af? S^e vir jou pa die beste
stuurman staan aan wal.

>> Piggy op die Rideau
>
> werk antie vir die rydio soos antie esmei wat destyds vir my pa hille vir
> soeke yt gesaai het toe hille op die grens was. speel asse blief vir my 'n pa
> plaat wat sy sening wees sal kal meer na gister se rakbie.
>
> koebaai antie
>
> hennerietjie

Nee, Hennerietjie, tannie werk nie by die
Radio nie. Tannie bly ook nie langs die
Rideau nie, wat 'n rivier is. (Ek bly langs
die Ottawa-rivier.) Tannie se naam is nie
eens Piggy nie. Tannie word sommer so genoem
omdat daar 'n oom van Oostrum in Pretoria is
wat tannie so baie vir 'n vark uitskel. En
ek maak asof ek op die Rideau bly, want daar
is 'n oom Gerber in Edmonton wat alles wat
Ontario en federale regering is, haat, en
vir hom is die Rideau 'n skelwoord. En hy
dink tannie is kop in een mus met die
mense wat Kanada se wette maak. (Die Houses
of Parliament van Kanada is nie ver van die
Rideau-Kanaal nie. Die Rideau kanaal is
tussen die Ottawa-rivier en die Rideau-rivier,
en is gebou rondom 1812 om die Ottawa-rivier
met Lake Ontario te verbind. In die oorlog
van 1812 het die Kanadese en die Amerikaners
met mekaar geveg.)
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #19436 is 'n antwoord op boodskap #19416] So, 29 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
antie pieghie skryf:

> Hennerietjie, ek kan nie verstaan
> wat "en aas" is nie.

hallou antie,

dit verbaas my nie want antie is van oorsee. dis 'n ingelse donkie, antie.
maar jille het mos grend karre en donkies laaik nie van sneeu nie. my pa sê
die lê is soos 'n donkie. hy weet wat hy weet ma' verstaan nie rede nie.

> Hennerietjie, jy moet vir jou pa
> ook waarsku dat hy nie so kontant
> met die mense in die goewerment se
> diens moet wees nie.

my pa sê hy skrik hille nie, antie. vir al nie as dit 'n sol daat is wat
gedwing is om te wol en teer nie. hy sê in lê soentoe het hy gesien hoe hope
loos 'n sol daat kan wees.

> Hier in Kanada
> is ons in ons pasoppens. Hulle
> strip-search jou sommer vinnig, selfs
> as jy 'n toeris is of 'n belangrike
> besoeker aan Kanada. (As jy nie weet
> wat 'n strip search is nie, vra vir
> Laf Rassie se suster.) En as jy hier
> in Kanada net bietjie objekteer oor
> wat die regering doen, dan sprei hulle
> vir jou met peper. En as jy dan objekteer,
> dan verklaar die eerste minister: wat
> verkies jy, pepper spray or baseball bats?
> Ja, Hennerietjie, ons eerste minister is
> een tough cookie.

laf rassie se sissie is 'n taf koekie, antie. vra my.

> Hy stoot sommer die
> agiteerders uit sy pad uit. En hy lei
> aan 'n learning disability, wat hom nog
> Engels nog Frans baie goed kan laat praat.
> Dis een van die dinge wat hom 'n sukses
> as politikus maak: niemand kan hom verstaan
> nie. Vertel dit tog vir Thaba Mbeki. Hy praat
> glad te duidelik.

lyk my antie het ma' nog min van oom tabo en bedjie gesien. ek dink hy praat
ok frans, ma' my pa sê pety maal klink dit soos hol langs. 'n anner oom in
die koerant sê hy is 'n byk spreker. as daai oom van jille slegter as hy
praat is hy seker doof stom. dan moet jille hom na daai skool op woester
stier.

> Piggy op die Rideau

werk antie vir die rydio soos antie esmei wat destyds vir my pa hille vir
soeke yt gesaai het toe hille op die grens was. speel asse blief vir my 'n pa
plaat wat sy sening wees sal kal meer na gister se rakbie.

koebaai antie

hennerietjie

>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #19447 is 'n antwoord op boodskap #19416] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
antie pieghie van die rydio skryf:

> Hennerietjie, was jou pa in Lesotho?
> Of staan hy maar en maak droog van die
> sidelines af?

my pa sê 'n mens kan sien antie weet niks van sport af nie. hy sê as 'n mens
op die saaid laains staan kan jy sien lat dit die skyds regter is wat droog
maak. ek mag nie sê wat nie. vir al as dit 'n ongelowige walvis tomas is nie.

my pa vra wat yhy in lê soentoe moet loop maak as die rakbie in ingeland is.
ek sê miskien meen antie hy sal tot in ingeland kan sien van daai hogere berg
af.

> S^e vir jou pa die beste
> stuurman staan aan wal.

hy stem saam. hy sê dis beter. vir al as die skip die taai têniek is. hy sê
die jille lê soentoe is 'n ys berg en die taai têniek het by daai niewe dam
waar die dok tir dood is in hom vas gery.

> Die Rideau kanaal is
> tussen die Ottawa-rivier en die Rideau-rivier,
> en is gebou rondom 1812 om die Ottawa-rivier
> met Lake Ontario te verbind.

so antie hille was ok bang lat moses hille daar sou kom plak. ek dink hoeka al
lat 'n man wat veer tag jaar in die woes tyn vir dwaal was later in kan 'n da
sou op yndig.

koebaai antie, en oppas vir manne met balle in die hanne op die saaid laains.
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #19448 is 'n antwoord op boodskap #19416] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:


> koebaai antie, en oppas vir manne met balle in die hanne
op die saaid laains.

Hennerietjie, ek pas vir hulle op,
al is hulle nie op die kantlyn nie.

Piggy
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #19508 is 'n antwoord op boodskap #19416] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

> Beste Hennerietjie,

> Hierdie oom wil jou vandag waarsku teen party anties wat party dinge praat
> met jong seuns op die internet. Veral anties wat wil tips uitruil oor wiebra
> torre en so aan. En vra maar jou ma oor anties wat altyd die huis in die
> winter wil warmgestook hou sodat hulle nie warm sokkies en ordentlike warm
> frokkies hoef aan te trek nie.

Hennerietjie, laat ek jou nou ook waarsku
teen ooms wat aan jong seuntjies skryf. En
hierdie oom is spesiaal gevaarlik. Hy rook.
(Maar net buitekant.)

En as jy na hierdie oom begin luister, sal
hy jou vertel dat jy nie na die skool toe
moet gaan nie (dink net wat gaan jy mis -
geen meisies om te terg nie, geen Rassie om
vir jou voorligting en inligting te verskaf
nie.) En hierdie oom sal vir jou pa se om
die TV te verkoop. Miskien moet jy daardie
klein wit en swart enetjie in die slaapkamer
wegsteek teen daardie tyd dat Oom Leendert
se senuwees so aangetas het dat hy wel die
groot TV verkoop en permanent sit en suip.
Hoe is sy senuwees deesdae? Voor die groot
wedstryd op Twickenham? Jy weet,Hennerietjie,
selfs ons koerantmense hier in Kanada praat
van die wedstryd - hoe as die Springbokke
dit wen, hulle 'n rekord gaan opstel. Dit
lyk vir my deesdae, noudat Oom Mandela so
agter die Springbokke staan, nou doen hulle
beter as ooit vantevore. Dis ook nie meer
as reg nie. Wie wil nou teen all blacks
speel.

Tannie Piggy, langs die Ottawa-rivier, wat
seker nooit hierdie jaar gaan vries nie.
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #19509 is 'n antwoord op boodskap #19416] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Beste Hennerietjie,

Hierdie oom wil jou vandag waarsku teen party anties wat party dinge praat
met jong seuns op die internet. Veral anties wat wil tips uitruil oor wiebra
torre en so aan. En vra maar jou ma oor anties wat altyd die huis in die
winter wil warmgestook hou sodat hulle nie warm sokkies en ordentlike warm
frokkies hoef aan te trek nie.

Jou ma sal weet van sulke anties, en sy sal seker vir jou wil sê dis omdat
hulle tydig en ontydig hulle longe wil laat uithang.

Maar jy weet, Hennerietjie, jy kan jou pa ook maar vra. Die gevaarlikste is
die anties wat so met die jong seuns ghaai oor harighede wat mens deur
sleutelgate sien en oor die dinge van kannibale. Veral as daardie selfde
anties 'n groot lawaai opskop as ander anties dieselfde dinge skryf as wat
die jong latte oor ghaai. Jy sal nie weet nie, maar dis voor jou tyd - dis
soos die stories wat Rapport altyd op sy agterblad gehad het oor dominies
wat 'n ander se vrou begeer en pligte lê op die jongedogters van die
gemeente. In daardie dae was die ministers op die voorblad. Maar noudat dit
nie meer ons ministers is nie, nou is die dominies op die voorblad en die
ministers op bladsy vier.

In elk geval, dis die soort anties waarteen jou ma jou sal waarsku as sy van
hulle weet. Jou pa weet sekerlik van hulle, maar die bybie sitter wat mens
by microsoft kry weet nog nie dat hierdie soort anties deesdae ook Afrikaans
praat nie, en buitendien verstaan die bybie sitter nie Afrikaans nie.

Miskien weet jou pa ook nie dat party ou anties op die internet deesdae die
dinge in Afrikaans aanvang met jong seuns nie.

Maar wees maar versigtig vir enigeen wat suinig omgaan met die waarheid -
veral as hulle ou anties met vuil bekke is.

Kyk nou bietjie hierdie ou antie (en dis dieselfde een wat vir antie Griet
van die vlaktes so rof gerol het omdat antie Griet dan bietjie onder die
belt gepraat het):

@igs.net wrote in message ...
> hen...@my-dejanews.com writes:
>
>> werk antie vir die rydio soos antie esmei wat destyds vir my pa hille vir
>> soeke yt gesaai het toe hille op die grens was. speel asse blief vir my 'n pa
>> plaat wat sy sening wees sal kal meer na gister se rakbie.
>>
>> koebaai antie
>>
>> hennerietjie
>
>
> Nee, Hennerietjie, tannie werk nie by die
> Radio nie. Tannie bly ook nie langs die
> Rideau nie, wat 'n rivier is. (Ek bly langs
> die Ottawa-rivier.) Tannie se naam is nie
> eens Piggy nie. Tannie word sommer so genoem
> omdat daar 'n oom van Oostrum in Pretoria is
> wat tannie so baie vir 'n vark uitskel.

Jy sien Hennerietjie, dis hoekom die regters en die landroste altyd seker
maak dat mense op die Bybel sweer dat hulle "die waarheid, die volle
waarheid, en niks anders as die waarheid" praat.

Want hulle weet dis baie maklik om die waarheid te praat sonder om die volle
waarheid te praat. Of om die waarheid te praat en nog 'n klompie ander dinge
daarby.

Wat hierdie Antie Vark hier vir jou vertel is waar - maar dis nie die volle
waarheid nie. Wat sy nie vir jou sê nie, is dat sy, wat Antie Vark is,
aanmekaar vir die arme oom Van Oostrum uitskel vir 'n "apartheidsvark".

Soos die Skrif sê, 'n jongeleing moet sy pad suiwer hou, en wegbly van
slegte vrouens wat by die poorte sit en leuens verkondig met 'n heuningtong.

> En
> ek maak asof ek op die Rideau bly, want daar
> is 'n oom Gerber in Edmonton wat alles wat
> Ontario en federale regering is, haat, en
> vir hom is die Rideau 'n skelwoord. En hy
> dink tannie is kop in een mus met die
> mense wat Kanada se wette maak. (Die Houses
> of Parliament van Kanada is nie ver van die
> Rideau-Kanaal nie. Die Rideau kanaal is
> tussen die Ottawa-rivier en die Rideau-rivier,
> en is gebou rondom 1812 om die Ottawa-rivier
> met Lake Ontario te verbind. In die oorlog
> van 1812 het die Kanadese en die Amerikaners
> met mekaar geveg.)

Hier sien jy dit weer, ou seun: Antie Vark erken self sy "maak" of sy aan
die Rideu woon, om dié arme oom Gerber te vermaak. So sy lieg maar so.

Maar sy dink almal wat nie kultivarke wil wees nie is dom. Want sy behoort
eintlik te weet dat oom Gerber praat van 'n landskap van die gees as hy
praat van die landskap langs die Rideau. Soos ek hom verstaan is dit 'n
redelik onderdrukkende gees van "Big Government" - vra bietjie jou pa van
"Big Government" en die idee dat party mense beter weet wat goed is vir
ander mense as die ander mense self. As dit is wat oom Gerber bedoel dan
stem ek 100% met hom saam dat Anti Vark goed gevestig is in daardie
landskap.

Nou Hennerietjie, dis seker lankal slaaptyd daar by jou, so ek sê maar net
weer, oppas vir slegte vrouens, veral op jou ouderdom. Sê vir jou pa ek sê
ek dink dis tyd dat hy jou vertel van slegte vrouens - veral die oues.

Jou oom Njeefie.
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #19561 is 'n antwoord op boodskap #19416] Sa, 05 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
>
> En as jy na hierdie oom begin luister, sal
> hy jou vertel dat jy nie na die skool toe
> moet gaan nie (dink net wat gaan jy mis -
> geen meisies om te terg nie, geen Rassie om
> vir jou voorligting en inligting te verskaf
> nie.)

Ag nee wat, Henneriekie, hierdie oom dink elke pa en ma weet wat die beste
vir hulle eie kinders is.

Sy probleem is eerder ander mense wat dink hulle weet wat die beste vir sy
kinders is, en dan moet hy aanmekaar verduidelik en verantwoord.

Dis nou veral mense soos Antie Vark uit die Rideau waar die mense oortuig is
dat hulle beter weet wat die beste is vir ander mense as die ander mense
self. (Ek weet nou hoekom hulle hulle huise so warm gestook hou. Dis nie net
vir die longe se uithang nie. Daardie aanhaling van Oom Hans oor die klimaat
in Kanada het die geheim verklap - hulle probeer keer dat hulle harsings
vries.)

Nou's hulle op hitte met sulke koorsige verbeeldings. En hulle kan om die
dood nie koel bly nie - baie sleg vir die redenasivermoë.

Maar dis hoekom hulle dink meisies en Lafrassies kom net in skole voor (vra
maar vir die meisies en vir Lafras - hulle sal jou sê hulle kom nie net in
die skool voor nie). Party sê hulle kom eintlik meer voor as hulle nie in
die skool is nie.

> En hierdie oom sal vir jou pa se om
> die TV te verkoop.

Nonsens! As jou pa nie dan en wan 'n een en ander vertel wat hy op TV sien
nie sal die oom nooit weet wat daar aangaan nie.

En die oom wil altyd weet wat aangaan.

> Miskien moet jy daardie
> klein wit en swart enetjie in die slaapkamer
> wegsteek teen daardie tyd dat Oom Leendert
> se senuwees so aangetas het dat hy wel die
> groot TV verkoop en permanent sit en suip.

Nah! Jy sal nie weet nie, Henneriekie, want die tyd toe ons nog nie TV gehad
het nie was voor jou tyd. Maar mense wat TV kyk suip meer as mense wat nie
TV kyk nie.

Kyk maar op 'n Saterdag. Die ouens wat die rugby op die draadloos luister
was sommer die kar terselfdertyd of trek die hondebossies uit uit die
randakkertjie.

En dan is daar nog die wat ook nie op die draadloos die rugby luister nie,
soos jou oom Njeefie. Hulle saai mos die telling uit op die aandnuus, en dis
in Rapport die volgende dag, vir wat moet mens 'n uur lank luister of kyk.

> Hoe is sy senuwees deesdae? Voor die groot
> wedstryd op Twickenham? Jy weet,Hennerietjie,
> selfs ons koerantmense hier in Kanada praat
> van die wedstryd - hoe as die Springbokke
> dit wen, hulle 'n rekord gaan opstel. Dit
> lyk vir my deesdae, noudat Oom Mandela so
> agter die Springbokke staan, nou doen hulle
> beter as ooit vantevore. Dis ook nie meer
> as reg nie. Wie wil nou teen all blacks
> speel.

Nou sien jy, Henneriekie, hiers nou weer die koorsige verbeelding - dat Oom
Mandela kwansuis so agter die Springbokke staan.

Vra liewer jou pa waar Mandela met die Springbokke staan. Hy sal jou sê dis
in die hof maar glo liewer jou pa as Oom Mandela want Oom Mandela staan glo
en lieg in die hof - of so sê die hof. En sy groot maat Oom Allan staan ook
in die hof (maar hy's al so lank daar hy moet nou sit) want mense sê hy't
gelieg oor die boesakke vol geld vir die struggle toe sê hy nee maar in die
struggle moes mens lieg, want dis wat die struggle was.

Nou lyk dit my die struggle was eintlik 'n groot lieg. En erg koorsige
verbeeldings.

Maar eendag sal die olie en die aardgas in Kanada te duur word of heeltemal
opraak, en dan sal die varke by die Rideau weer koel word en kan dink. en
dan sal hulle soos oom Esterhuyse agterkom dinge is nie altyd soos dit lyk
nie, of het nie altyd vir almal gelyk soos dit gelyk het asof dit lyk nie,
en dan is hulle stom verbaas om transformasies en revolusies om hulle te
sien. Maar dis nou maar van voorkomstes - vra vir Lafrassie en die meisies.

Die oom Esterhuyse laat my so dink aan jou groot niggie Douwlina - onthou
jy, die een wat altyd so beterweterig was. Nee jy sal nie weet nie dis
bietjie voor jou tyd en sy's eintlik 'n kleinniggie van jou. Dis sy wat gesê
het toe sy 21 geword het dat dis so snaaks hoe vinnig haar pa en ma
grootgeword het in die tyd vandat sy 18 was. Nou die oom Esterhuyse is nou
'n groot filosoof op die akker daar in die skelmbos maar hy sê dinge wat wys
dat Douwlina net so 'n groot filosoof is.

Ek is bly die skelmbos het ook nou 'n groot filosoof wat 21 geword het.

Groete vir jou pale en male.

Jou oom Njeefie.
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #19972 is 'n antwoord op boodskap #19416] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com wrote in message

> my pa sê hy wil ons 'n krismis fielieng gee
> dis hoekom hy by plekke soos vrede en betlehem vir by ry.

Die poskantoor het 'n posadres vir die jaarlikse Kersvaderpos geskep: Posbus
2512 Bethlehem.

Groete, Leendert
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #20115 is 'n antwoord op boodskap #19416] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doedie Nel  is tans af-lyn  Doedie Nel
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote:

> hen...@my-dejanews.com wrote in message
>
>> my pa sê hy wil ons 'n krismis fielieng gee
>> dis hoekom hy by plekke soos vrede en betlehem vir by ry.
>
> Die poskantoor het 'n posadres vir die jaarlikse Kersvaderpos geskep: Posbus
> 2512 Bethlehem.
>
> Groete, Leendert

Ek hoor Betlehem is in Israel want hulle kon nie drie wyse manne in die Vrystaat
kry nie. Is dit waar?

Liefies

Doedie
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #20217 is 'n antwoord op boodskap #19416] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> hen...@my-dejanews.com writes:

Ek kan nie verstaan wat 'n "kriepie
> krollie" is nie. Hier by ons is hulle
> goggas. In Kwazulu het ons hulle
> tsongalolos of soiets genoem. Maar dit
> klink nie of jou kriepie krollie 'n
> gogga is nie. Verduidelik tog.
>
> Piggy

Oom Kaspaas kan jou seker beter inlig as wat ek kan maar 'n creepy
crawly is 'n gedoente wat die swembad bewegend skoon filtreer. Die
beweging gee dus die naam van iets wat kruip.

Billy.
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #20218 is 'n antwoord op boodskap #19416] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> hallo oom kaspaas

> van al die reens het ons kriepie krollie vir syp toe ons by die see was.
> my pa moes die oom van rousies lat kom om asem in die kriepie se pype te
> blaas.

Hennerietjie, ek is so bly jy is terug
van die see. Ek het gedink jou pa het
besluit om jou daar agter te laat.
Ek kan nie verstaan wat 'n "kriepie
krollie" is nie. Hier by ons is hulle
goggas. In Kwazulu het ons hulle
tsongalolos of soiets genoem. Maar dit
klink nie of jou kriepie krollie 'n
gogga is nie. Verduidelik tog.

Piggy
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #21194 is 'n antwoord op boodskap #19416] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes:

> Sê jou pa moenie kla nie. Dis nie veel ergter as tevore nie.

Baie dankie, Leendert, vir die stories oor
jou ma. Kan jy nog vertel? En moedig jy jou
ma aan om 'n boek oor haar lewe te skryf?
Miskien moet sy dit in Engels skryf, vir 'n
groter leserskring.

"n Familielid in SA het vriende wat NZ toe
getrek het. Hulle sê mediese onkostes is so
duur in NZ, dat die vrou nog gedurig SA toe
kom vir operasies en dies meer -( hulle het
aangehou om hulle premiums in SA by hulle
mediese fonds te betaal.) Trek liewer Kanada
toe as jy wil trek.

Gloudina
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #21195 is 'n antwoord op boodskap #19416] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
oom Leen Dit van Oost Rum skryf:

> En as jy swart was, en daar's net 'n wit ambulas, moes jy ook maar
> vrek.

Oom al die ambulanse wat ek nog gesien het is wit met 'n bietjie rooi. Ek
dink 'n swart ambulans was seker 'n lyks wa en dan was jy seker klaar vrek
gewees. Ma' dis ok nie te sê nie oom. Die ander aand roep hille my pa
hospitaal toe. Toe hy daar kom staan daar 'n lyks wa voor die deur. Toe hy
kyk is dit 'n antie van oor die 100 jaar wat hille by die hys gaan oplaai het
vir dood. Ma' sy was nie dood nie oom. My pa sê dis miskien oor lat dit
makliker is om 'n lyks wa van tsanien af te bestel as 'n ambulans van Pieters
Burg af.

> Maar sê vir jou pa, waar's sy pioniersbloed! Pleks van loop lekker leef met
> ambulanse vir brekfis, lunch en dinner, het hy kans om 'n pioeniersdokter te
> word. Hy moet my ma vra - sy's nou amper tagtig, maar sy het in die vyftigs
> gepraktiseer daar bietjie Suid van tsanien. Daar was nie elektrisiteit in haar
> "spreekkamer" nie, so ek het vroeg geleer hoe kook mens instrumente op 'n
> koolstoof, en hoe steek mens spiritlampies aan. Daar was nie Xtrale nie, maar
> my pa het altyd gesê my ma kyk deur 'n mens.

My pa sê oom moet vir haar vra of sy daai tyd R7000 moes betaal vir mediekel
proutekshin, en of sy ooit vir 'n miljoen rand gedag vaar is oor lat sy nie
met haar kaal oge kon sien 'n kind het 'n gekraakte arm nie. Hy wil ook weet
of daar daai tyd al 'n ienterrim mediekel en dentil kounsil was.

> Gelukkig ook maar vir die roomtjekkie waarvoor die Jerseys gesorg het en die
> eiergeld van die Swart Austrolops. Dit het gemaak dat sy kon bekostig om te
> praktiseer.

My pa sê oom moet vir haar vra hoe hou 'n mens 'n jirsie koei op 'n dysend
vierkante meter erf aan lat sy nie jou ma se rose en dalias opvreet nie. Oom
moet ook vir haar vra hoe kom 'n mens met die ostrolops by die loukil
transiesenil kounsil verby vir al as die haan drie ier in die môre begint
kraai. Het hille daai tyd iffirmitif shoppers gehad oom.

> My ma sê ook jy moet vir jou pa sê James Herriott se boeke is die beste
> handboek vir 'n jong dokter in Afrika.

My pa sê hy weet nie of oom Jiemie se diere rate vir mense sal werk nie, maar
hy sal by die plaaslike koebaanse doktir gaan ytvind.

En my pa sê ek moet vir oom sê as oom so hoog op gee oor piejoeniers moet oom
aankomende naweek saam met hille olifants toe gaan. Die rivier is in vloed so
'n mens sal nie hoef te warrie oor krok jou dille as jy gaan swem nie.

Koebaai oom Leen Dit, is West Rum daai goed wat die verloor krieket spelers
drink?
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #21196 is 'n antwoord op boodskap #19416] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
hen...@my-dejanews.com wrote:
> liewe oom kaspaas
>
> Alles het begin toe iemand vir my pa 'n faks wou stier by sy werk twee weke
> trug. Toe antwoord 'n ander antie die foun en sê dis haar niewe foun nommer
> wat sy net daai oggend gekry het na maande se gewag. Ma' dis my pa se faks
> nommer wat telkom gesteel en vir die antie gegee het oom! Na 'n week se gekla
> kom kyk telkom se mense toe. Hille sê die probleem is lat die kabels is nat
> van al die reent. Toe sê my pa die oom moenie nat strooi staan en praat nie
> hille het die nommer vir iemand anders gegee en haar kabel is nie nat nie.
> Toe daai oom sien my pa is kwater as die keer toe die aamie oom die strepies
> in sy aaidie wou sien, toe is daai kabel skielik droog.
>
> Eer gister is ons foun by die hys weer dood. Toe is my pa nog woerender en hy
> bel die groot baas van telkom. Hy sê hy sal onder laat soek. Gelukkig kom kyk
> daai ooms voor my pa by die hys kom. Hille sê vir my ma die kabels is nat toe
> loop hille. Oom moes my pa gesien het toe hy die storie hoor. Ek dink hy sou
> daai ooms met nat kabels gewirg het lat 'n mens nat strooi in alle rigtings
> sien spat het. My ma vrees wat vandag gaan gebeer. Sy dink Syd Afrika se moord
> syfer gaan verdibbel.

Sê vir jou pa dit gebeur nie net in tsanien nie. Dit gebeur in Pretoria ook.
Een van my fone (foon A) was vir amper twee maande dood. Toe ek weier om die
rekening te betaal, toe dreig hulle om die foon af te sny. Toe kom hulle
agter dis hulle fout, toe kry ek skielik weer die foon. Vir 'n week, toe's hy
weer dood. Teen hierdie tyd praat ek regstreeks met die streekbestuurder as
die foon doodgaan. Na 'n week werk hy weer. Vir 'n week. Dit was eers toe my
ander foon (foon B) op 'n stadium doodgaan op presies dieselfde tyd as wat
foon A begin werk, dat ek agterkom wat aangaan - ek gesels toe met die bure.
Om die beurt was hulle fone dood vir 'n week of tien dae. Vir maande lank het
die tegnici bloot een lyn gesteel om 'n ander te voorsien. Sodra daar klagtes
kom, steel hulle weer "my" lyn terug!

>
> Ma' dis nie al nie oom. Met die lat die foun stikkend is val antie Dilsie van
> die kwekery en breek haar been. Hille het vir meer as 'n ier gesikkel om my
> pa in die hande te kry. Toe moet antie Dilsie Pieters Burg toe na 'n
> spessilis toe. Voor die hospitaal staan 4 ambulanse ma' my pa moet Pieters
> Burg toe bel om toe stemming te kry om haar te vat. Die oom daar sê hy sal
> iemand op Tsanien vra om te kom kyk of dit nood is. Toe my pa vra of die
> ambulans man beter as 'n doktir sal weet toe raak daai oom kwaad. Hy sê my pa
> probeer prosedures saaid step. Toe sê my pa die oom moet sy ambulans in drik
> waar nat strooi vandaan kom. Toe reel hy 'n privaat ambulans om antie Dilsie
> te kom haal. My pa sê die ergste is lat ons provinsie nie geld het nie en as
> hille die kans kry om geld te vir dien hendikep hille hille self met
> prosedures.

Sê jou pa moenie kla nie. Dis nie veel ergter as tevore nie. Tevore moes mens
'n wit ambulans kry as jy wit is, en 'n swart ambulans as jy swart is. En as
jy wit is en daar was net 'n swart ambulas, moes jy maar vrek - dit het
gebeur. En as jy swart was, en daar's net 'n wit ambulas, moes jy ook maar
vrek. Dit het ook gebeur.

Al verskil is, nou vrek ons almal ewe gesellig saam terwyl ons in die gang van
Ongevalle op die vloer lê, want selfs al is daar 'n ambulans tot by die
hospitaal, is daar gewoonlik nie genoeg personeel nie. (Vra maar vir dokter
Zoema, sy weet - sy het nou die dag die dokter se glutus maximus gaan skop oor
haar epileptiese boetie in die gang moes lê en wurg aan sy tong want daar was
net een dokter in die ganse Adington. Toe skop die pers altwee haar gluta
plusqua maxima. Dis die dat sy nou tweede op die ANC se nasionale lys is vir
die verkiesing.)

>
> Soos oom kan vir staan is my pa nou woerend vir by. Hy sê hy wonder of hille
> in Neeu Seeland 'n mens se faks lyn sal steel, en of jy Sidnie toe moet bel
> as jy 'n ambulans in Pirth soek. Hy sê ook die mense in Kannada moet baie
> swaar hê met nat kabels van die baie sneeu. Ma' hy sê ook hy wonner of oom en
> oom Frikkie sal dink hys 'n lands verraaier as hy wil gaan yt vind.

Sê vir jou pa dit is glo nie so grênd in Auckland nie. Hulle tekenaars teken
glo nog op tekenborde, hoor ek. Maar daar is darem ambulanse.

Maar sê vir jou pa, waar's sy pioniersbloed! Pleks van loop lekker leef met
ambulanse vir brekfis, lunch en dinner, het hy kans om 'n pioeniersdokter te
word. Hy moet my ma vra - sy's nou amper tagtig, maar sy het in die vyftigs
gepraktiseer daar bietjie Suid van tsanien. Daar was nie elektrisiteit in haar
"spreekkamer" nie, so ek het vroeg geleer hoe kook mens instrumente op 'n
koolstoof, en hoe steek mens spiritlampies aan. Daar was nie Xtrale nie, maar
my pa het altyd gesê my ma kyk deur 'n mens.

Daardie dae was daar net een teerpad Oos van Nelspruit, en geen ambulanse nie
- veral nie swart ambulanse nie. Toe koop sy 'n groot Opel en as die drawwers
uit Swaziland uit kom met die nuus, oor die berge by Shya-lo-Ngubu verby, dan
gaan haal sy die pasiënt. Met kettings aan die wiele in die modderseisoen.
Sy't 'n handlanger gehad - so 'n klein Machope uit Blantyre. Hy kon Engels
skryf met die mooiste sendingskool-copperplate en hy het slange ge-eet as hy
hulle kon kry (amper daagliks). Hy moes die hekke oopmaak en die pasiënt
vashou as die kar deur die dippe gaan.

Gelukkig ook maar vir die roomtjekkie waarvoor die Jerseys gesorg het en die
eiergeld van die Swart Austrolops. Dit het gemaak dat sy kon bekostig om te
praktiseer.

My ma sê dit herinner haar vandag so baie aan die goeie ou dae, sy voel sy
het iets gemis - sy kan nie vertel van die goeie ou dae nie. Maar sy sê sy
weet nie vir wat die regering nou vir almal elektrisiteit gee nie. Dit help
nie mens het elektrisiteit om Xtrale en Egoli te kyk en al die dokters sit in
Auckland nie.

My ma sê ook jy moet vir jou pa sê James Herriott se boeke is die beste
handboek vir 'n jong dokter in Afrika. Dit stimuleer die pioniersbloed en dit
droog die trane op. En dit vertel nog van die ou medisynes wat mens weer gaan
nodig kry as al die kieme weerstand ontwikkel het teen al die antibiotika.
Want sy sê vandag se nurste (sy het 'n suster geword voor sy 'n dokter geword
het) weet nie meer hoe om 'n plek te skrop nie, nou spuit die dokters maar
antibiotika pleks dat hulle die matrone se glutus maximus skop. Sy sê dis net
soos om in 'n koeistal te werk en dis nog 'n rede hoekom Herriot goeie
leesstof is en mense is meesal of skape of ape.

Groete tuis,

Jou oom Njeefie.
Re: Briefie vir Oom Kaspaas [boodskap #21665 is 'n antwoord op boodskap #19416] Do, 11 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
> Die tannie met die pothoul waar haar
> hart moet wees.
>

Ahem!
Re: Briefie vir Oom Kaspaas [boodskap #21666 is 'n antwoord op boodskap #19416] Do, 11 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ongelukkig is julle oom nou saam met oom Nelson in Nederland -
sal maar later moet groetnis stuur.
Re: Briefie vir Oom Kaspaas [boodskap #21667 is 'n antwoord op boodskap #19416] Do, 11 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> Nou die aand toe my pa en oom Jon sit en rakbie kyk vra my pa of oom Jon
> gehoor het van die ouens wat in die ou Syd Afrika in die selle by die hof
> sit. Die een ou vra vir die ander een waarvoor hy in is. Gewapende roof sê
> hy, en hy het 5 jaar gekry. Hy sê die landdros sê hy moet bly wees lat hy 'n
> speelgoed rewolwer gebruik het anders sou hy 15 jaar gekry het. Die ander ou
> sê hy is in vir ryp en het 10 jaar gekry, ma' die landdros sê hy kan bly wees
> lat die meisie oor 21 was anders sou hy 20 jaar gekry het. Oorkant hille sit
> 'n swart man in sy eie sel en hille vra hom waarvoor hy in is. Vir ry met 'n
> baaisiekel sonder 'n lig sê hy. Hy sê hy het 15 jaar gekry ma' die landdros
> sê hy kan bly wees lat dit nie in die nag was nie.
>
> koebaai oom kaspaas, oppas vir pothouls en baaisiekels sonder ligte

Ja, Hennerietjie, uit die mond van die
suigeling word die waarheid gehoor oor
die Ou Suid-Afrika.

Hier in Kanada is ons trots op ons pot-
houls. Hulle neem die pothouls af en sit
die foto's in die koerante. Die pothouls
word veroorsaak deurdat die ys en die koue
die teeroppervlakte van die paaie laat
swel en bars. Die hele somer werk hulle
dan op die paaie om die pothouls te
verwyder. So ons het maar erg gelapte
paaie.

Die tannie met die pothoul waar haar
hart moet wees.
Re: Briefie vir Oom Kaspaas [boodskap #21668 is 'n antwoord op boodskap #19416] Do, 11 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> @igs.net wrote in message ...
>>
>> Die tannie met die pothoul waar haar
>> hart moet wees.
>>
>
>
> Ahem!
>
>
>
Leendert

vat maar ook die 'gap' as jy hom sien, né! Of sou mens in die geval dit 'n
'pothoul' noem?! ;-)
Re: Briefie vir Oom Kaspaas [boodskap #21688 is 'n antwoord op boodskap #19416] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Riaan wrote in message ...
> Die tannie met die pothoul waar haar
> hart moet wees.
>
>
> Moenie vergeet van die bol @#$ waar daar 'n brein moet wees nie
>
>

Julle sê 'n killfile filter sal die ding doen né. Net jammer die slag wat
Riaan iets ordentlik,ongekruid van aard sê, sal ek dit mis!
Re: Briefie vir Oom Kaspaas [boodskap #21689 is 'n antwoord op boodskap #19416] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Alwyn Van Rooyen" writes:
> Ek moet lag. Goed gepraat. Sorry Gloudina.
>
> Riaan wrote in message ...
>> Die tannie met die pothoul waar haar
>> hart moet wees.
>>
>>
>> Moenie vergeet van die bol kak waar daar 'n brein moet wees nie

Jy ken natuurlik die uitdrukking: Small
things amuse small minds. In hierdie
geval amuseer die substans, waarvan jy
en Riaan beide aanmekaargesit is,
jou blykbaar. En dan gaan jy verder
en speel miskruier. Ek merk op dat jy
vreeslik vol van jouself is, jy fancy
jou kwinkslae, jy crosspost om groter
aandag te trek. Gaan sien 'n shrink.
Re: Briefie vir Oom Kaspaas [boodskap #21690 is 'n antwoord op boodskap #19416] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek moet lag. Goed gepraat. Sorry Gloudina.

Riaan wrote in message ...
> Die tannie met die pothoul waar haar
> hart moet wees.
>
>
> Moenie vergeet van die bol kak waar daar 'n brein moet wees nie
>
Re: Briefie vir Oom Kaspaas [boodskap #21691 is 'n antwoord op boodskap #19416] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die tannie met die pothoul waar haar
hart moet wees.

Moenie vergeet van die bol kak waar daar 'n brein moet wees nie
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #21795 is 'n antwoord op boodskap #19416] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink jou kinderagtige verbositeit en onvolwasse skryfstyl raak nou
afgesaag. Probeer liewer volwasse klink al is jy dit nie.
'n Besoek aan 'n kinderleidingskliniek mag jou ook baat.

hen...@my-dejanews.com wrote in message ...
> liewe oom kaspaas
>
> ek het amper van my stoel af geval toe oom darrim vir 'n slag gereageer het.
> hoe gaan dit in holland op tsanien hou ons nog yt. ek hoop nie oom moet met 'n
> vinger in 'n dam wal staan om te keer lat die hollanders vir syp nie.
>
> oom onthou seker toe oom leen dit laas gesê het ek moet vir my pa sê hy moet
> 'n piejoenier wees oorlat hy gemoun het oor die nat kabels. my pa sê as oom
> weer vir oom leen dit sien moet oom sê hy moet lees wat in gister se koerant
> geskryf is. oom ken seker die bosveld hotel annerkant ol dys. daai een waar
> hille lank trig die storie vir die tiewie gemaak het. van daai tyd af wil al
> die mense van jansberg gaan vakansie hou by die bosveld hotel. tot laas jaar
> toe die mense van telkom vir die hele ol dys kom kabels lê het. smaak my daai
> kabels was van die begin af nat want toe is ol dys se founs dood. daai oom sê
> hy gaan die hotel toe maak want die mense van jansberg dink nou hy is klaar
> toe oorlat niemand die foun antwoord as hille wil bespreek nie.
>
> 'n anner oom van ol dys is 'n prô fessionele jagter. laas jaar is hy jamerika
> toe en het jag togte gereel vir jamerikaners wat wou kom leeus en oolfante
> skiet. hille sou meer as honderd dysend dollers op ol dys spandeer. nie eers
> die bank bestierder op ol dys weet hoeveel geld dit is nie. toe kan hille ook
> nie deerkom met die foun nie toe gaan jag hille op 'n anner plek. daai oom
> was woerend toe skryf hy vir telkom. toe stier hille vir hom 'n tjek van ag
> rand om op te maak vir sy verlies. seker beter as niks.
>
> ma' wat ek nie vir staan nie is hoe kabels op ol dys kan nat raak nie. daai
> plek is nie soos tsanien nie. met die sonvloed het hille net mistige weer
> gehad.
>
> die anner naweek toe my pa hille van die olifants rivier af kom toe hou die
> spietkops 'n roud blok by grevelot. oom weet mos hoe oorrag is spietkops op
> 'n sondag. toe kom daar 'n oom van jansberg vir by. hy is 'n jakler wat 'n
> shou op palaborwa gaan hou. toe sien die spietkops hy het 'n klomp messe en
> swaarde in sy kar en dog hy is dalk iemand van paggad wat moeilikheid wil
> gaan maak. hy sê nee hy gebruik die goed vir sy jakkel ekt. die spietkops sê
> hy moet wys toe staan hy da' langs die pad en jakkel met die messe en
> swaarde. dis net toe my pa hille da' vir by kom lekker gesyp van die naweek
> se kyer. toe hille vir by is toe sê my pa vir oom jon hys dêm bly die
> spietkops het hom nie gestop nie want hy sou daai toets nooit gepaas het nie.
>
> koebaai oom kaspaas, sê vir oom leen dit dis swaar om 'n piejoenier te wees as
> 'n mens moet jakkel met telkom se kabels
>
> hennerietjie
>
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #21852 is 'n antwoord op boodskap #19416] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
hen...@my-dejanews.com wrote:
>
> oom onthou seker toe oom leen dit laas gesê het ek moet vir my pa sê hy moet
> 'n piejoenier wees oorlat hy gemoun het oor die nat kabels. my pa sê as oom
> weer vir oom leen dit sien moet oom sê hy moet lees wat in gister se koerant
> geskryf is. oom ken seker die bosveld hotel annerkant ol dys. daai een waar
> hille lank trig die storie vir die tiewie gemaak het. van daai tyd af wil al
> die mense van jansberg gaan vakansie hou by die bosveld hotel. tot laas jaar
> toe die mense van telkom vir die hele ol dys kom kabels lê het. smaak my daai
> kabels was van die begin af nat want toe is ol dys se founs dood. daai oom sê
> hy gaan die hotel toe maak want die mense van jansberg dink nou hy is klaar
> toe oorlat niemand die foun antwoord as hille wil bespreek nie.
>
> 'n anner oom van ol dys is 'n prô fessionele jagter. laas jaar is hy jamerika
> toe en het jag togte gereel vir jamerikaners wat wou kom leeus en oolfante
> skiet. hille sou meer as honderd dysend dollers op ol dys spandeer. nie eers
> die bank bestierder op ol dys weet hoeveel geld dit is nie. toe kan hille ook
> nie deerkom met die foun nie toe gaan jag hille op 'n anner plek. daai oom
> was woerend toe skryf hy vir telkom. toe stier hille vir hom 'n tjek van ag
> rand om op te maak vir sy verlies. seker beter as niks.

Haai Hennerietjie,

Lyk my jou pa lees dieselfde koerant as ek - goeie koerant, want hy lek nie
heeldag die regering nie.

Ek sien die jagter en die hotelman kla selfone werk ook nie by Alldays nie.

Maar as die jagter so professioneel was, sou hy geweet het kortgolfradios werk
baie goed daar. Mens moet net weet om te sê: "brug oor". Ek weet, want toe ek
so oud soos jy was moes ons partykeer my pa op die radio bel. Hy was ook 'n
jagter, maar hy het terrs gejag.

En 'n ou amateurstelletjie soos die een wat my dominie elke jaar saamvat as
die span gaan sendingwerk doen in die Okavango kos nie eers die kleingeld wat
die jagter verloor het op sy Amerikaanse kontrak nie, en die Amerikaners hou
van praat met plekke waar mens moet sê "over and out". Hulle saai my dominie
se preek sommer van die Okavango af in ons kerk uit. En selfs daar in die
Okanvango kan mens hom op sy amateurkortgolfie bel op die lyn van Telkom wat
daardie dag in my huis werk. Mens moet net sê "brug oor".

En die ou met sy hotel: Jy moet sien hoe die Johannesburgers die plek sal
toesak as hulle kan naweek hou by 'n plek waar mens moet sê "brug oor" as jy
jou bespreking bevestig terwyl jou makelaar jou kan hoor.

Nee, wat, Hennerietjie. Sê vir jou pa die ouens se probleem is hulle is nie
professionele pioniers nie. As ou Sammy Marx 'n eeu later geleef het sou hy
miljoene gemaak het uit Telkom se lyne wat nie werk nie. Maar Sammy Marx was
nooit in die skool nie.

Groete van die tante ook

Jou oom Njeefie
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #21853 is 'n antwoord op boodskap #19416] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Oom Kaspaas wrote in message ...
> Ek dink jou kinderagtige verbositeit en onvolwasse skryfstyl raak nou
> afgesaag. Probeer liewer volwasse klink al is jy dit nie.
> 'n Besoek aan 'n kinderleidingskliniek mag jou ook baat.

Aggenee, my Oom,

Gee die kind tog maar respekte?

Onthou, uit die mond van die suigeling......

Uwe liefhewwende neef, Njeeefie
Re: briefie vir oom kaspaas [boodskap #21854 is 'n antwoord op boodskap #19416] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Oom Kaspaas skryf:

> Ek dink jou kinderagtige verbositeit en onvolwasse skryfstyl raak nou
> afgesaag.

my liewe oom kaspaas,

dit sallie help oom raas met my nie oom moet met my pa raas. hy het my
opgesteek om vir oom briefies te skryf. oom onthou seker nog lat oom hom laas
jaar ou seun genoem het. hy sê oom het nie 'n kloe hoe oud hy is nie toe dog
hy oom praat met my.

hy sê ek moet vir oom sê 'n mens moet oppie bed slaap wat jy gemaak het. my ma
sê as dit te warm word innie kombuis moet 'n mens yt.

koebaai oom kaspaas, moenie deermekaar raak en oppie stoof slaap nie.

hennerietjie
Vorige onderwerp: Die Burger en die WVF
Volgende onderwerp: Oor Hegemonie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 12:36:44 MGT 2024