Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat maak wie
Wat maak wie [boodskap #21778] Ma, 15 Maart 1999 00:00
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
*Wat maak wie*

Maak die klere die man
Dan sou die man sy klere maak
Ken iemand aan sy vriende
Dan sou sy vriendskap goedkoop raak

Sou iemand met net een uitspraak
Sy identiteit onthul
Dan sou sy lewe en sy wese
Relegeer tot byna nul

Meet iemand aan 'n daad
Sou een sotheid
In 'n oomblik van swakheid
Die goeie kanselleer

Ceasar van Rome
Hitler van Berlyn
Albei in een sinsdeel
Aan een dimensie vasgelym

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Amerika
Volgende onderwerp: Stiefkind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 02:20:05 MGT 2024