Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Morele fondasie van Afrikaner Nasionalisme - was: DIE LANDSVERLATERS : DIE VER-REGSE BESKOUIING
Morele fondasie van Afrikaner Nasionalisme - was: DIE LANDSVERLATERS : DIE VER-REGSE BESKOUIING [boodskap #21021] Vr, 12 Februarie 1999 00:00
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
> Dankie vir die uiteensetting, Gideon.
>
> Maar die feit bly steeds - jy het eers die pad gevat toe die instrumente van
> die boosheid en diskriminasie in die hande van swartmense gekom het.
>
> Jy moet aanvaar dat mense moeilik sal glo wat jy daaroor sê.
>

Of mense my glo of nie is nie van belang nie, Leendert. Wat miskien meer van
belang is en at ek onder andere probeer uitlig, is die swakheid in die
argument: "iets wat positiewe resultate vir sommige lewer, verander
noodwendig die oorsprong van verandering in iets positief".

Miskien kan ons 'n begin maak en oor een ding probeer saamstem - die ingeboude
hebsug en selfsug wat sentraal gestaan het in Nazisme en nog steeds sentraal
staan in Afrikaner Nasionalisme kan nie regverdig word deur sommige positiewe
resultate wat deur beide die lewensbeskoue bereik is nie...

Jou reaksie asseblief

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Morele fondasie van Afrikaner Nasionalisme - was: DIE LANDSVERLATERS : DIE VER-REGSE BESKOUIING [boodskap #21023 is 'n antwoord op boodskap #21021] Vr, 12 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...
> In article ,
> "Leendert van Oostrum" wrote:
>> Dankie vir die uiteensetting, Gideon.
>>
>> Maar die feit bly steeds - jy het eers die pad gevat toe die instrumente van
>> die boosheid en diskriminasie in die hande van swartmense gekom het.
>>
>> Jy moet aanvaar dat mense moeilik sal glo wat jy daaroor sê.
>>
>
> Of mense my glo of nie is nie van belang nie, Leendert. Wat miskien meer van
> belang is en at ek onder andere probeer uitlig, is die swakheid in die
> argument: "iets wat positiewe resultate vir sommige lewer, verander
> noodwendig die oorsprong van verandering in iets positief".

Bedoel jy nou die argument van "die doel heilig die middele"?

Of sê jy dit is nie waar nie dat motiewe goed is, as goeie gevolge daaruit
spruit nie?

>
> Miskien kan ons 'n begin maak en oor een ding probeer saamstem - die ingeboude
> hebsug en selfsug wat sentraal gestaan het in Nazisme en nog steeds sentraal
> staan in Afrikaner Nasionalisme kan nie regverdig word deur sommige positiewe
> resultate wat deur beide die lewensbeskoue bereik is nie...
>
> Jou reaksie asseblief

OK, ek sal probeer:

Ek stem saam dat "ingeboude hebsug en selfsug" nie geregverdig kan word nie,
self al sou dit sommige positiewe resultate mag bereik.

Ek sou ook saamstem dat "ingeboude hebsug en selfsug" sentraal staan aan
Nazisme, soos geartikuleer deur sy mees bekende voorstanders (Hitler,
ens....)

Ek sou egter 'n probleem hê daarmee as jy sou wou beweer dat alle
ondersteuners van die Nazi-bewind noodwendig deur "ingeboude hebsug en
selfsug" gemotiveer is. Dit sou uiters simplisties wees. Om een voorbeeld te
gee: Tydens die Vrede van Versailles het verskeie waarnemers (o.a. Jan
Smuts) voorspel dat die wraaksugtige bepalings van die verdrag (veral deur
die Franse ingevoer) sal lei tot die volgende oorlog. Heelwat historici
verklaar nou dat daardie mense reg was - die "hebsug en selfsug" in Nazisme
het, ten minste ten dele, geteer op 'n legitieme oorlewingsnood, grotendeels
veroorsaak deur die bepalings van Versailles. Die hele na-oorlogse beleid
van die VSA en NAVO (insluitende die Marshallplan) was daarop gemik om te
verhoed dat die fout van Versailles herhaal word.

Ek sou verder saamstem dat sommige voorstanders van "Afrikaner
Nasionalisme"(s) (Meervoud, wat daar is baie variasies) gemotiveer word deur
"ingeboude hebsug en selfsug".

Ek verwerp egter enige stelling dat alle manifestasies wat gekoppel word aan
"Afrikaner Nasionalisme" gemotiveer word deur "ingeboude hebsug en selfsug".
As jy my sou vra hoeveel van "Afrikaners Nasionalisme(s)" wel deur hebsug en
selfsug gemotiveer word/is, sou ek moet sê, ek dink baie min daarvan - veel
minder as tien persent.

Ek sou dus nie met jou saamstem dat "ingeboude hebsug en selfsug" _sentraal_
staan aan "Afrikaner Nasionalisme" nie. Ek dink nie dit was ooit meer as 'n
perifere motivering nie.

Ek dink, byvoorbeeld, dat "ingeboude hebsug en selfsug" 'n veel groter
element was in, sê maar, Britse, Spaanse en Hollandse imperialsisme as in
Afrikaner Nasionalisme(s).

Ek dink dit staan vandag nog sterker in die buitelandse beleid van die VSA
en die Europese Unie as wat dit ooit in Afrikaner Nasionalime(s) gestaan
het. (Miskien kan Clinton se jongste aanvalle op Irak, om die aandag af te
lei van sy gulpprobleem, dien as voorbeeld hiervan.)

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Profiel van 'n Afrikaner Agtergeblewene
Volgende onderwerp: Rekenaarprogrammering/speletjies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 02:47:18 MGT 2024