Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » O Roodepoort laat my staan...
O Roodepoort laat my staan... [boodskap #2064 is 'n antwoord op boodskap #2068] |
Wo., 20 Augustus 2003 01:48  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DD jy was weereens knaend in Roodepoort (ek kan die plek glad nie onthou
nie, nie eers of ek al ooit daar was nie... dalk kan jy dit beskryf?:-)),
maar Andries moet mos nou al beter voel na al die naweek se oordryf (Al het
hy gesê hy het niks gedrink nie) so waar is almal?
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: O Roodepoort laat my staan... [boodskap #2097 is 'n antwoord op boodskap #2094] |
Di., 19 Augustus 2003 21:26   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 19 Aug 2003 17:16:03 -0400, Katryn wrote:
> DD wrote:
>
>> Surprise... volgende keer as jy weer saamgaan
>> gaan jy uitvind waarom 'Kawa' een van my
>> byname is:-)))
>
> Ek neem aan dit het niks met jou baie arms en baie oë wat rondswaaiend
> die pad afstap en ander mense se vuil voete was, te doen nie?
> :-))))
> Skuus, maar ek giggel nog die heeltyd oor daardie stuk wat sy altyd
> oor jou skryf van die voete wassery. Ek wonder of dit okay sal wees
> as jy op jou Kawa deur die strate ry, en net so hier en daar 'n veeg
> na die voete se kant toe gee?
>
> Okay, dalk moet ek nie spot hieroor nie, maar vandag klink dit net
> baie BAIE snaaks vir my.
>
> Het een van julle al die beelde van die "godin" Kwan Shi Yin, gesien?
> Sy het mos ook so vreeslik baie oë en arms omdat sy kompassie
> voorstel, en na mense luister. Um ja...
> :-))
Somtyds het ek eerder so bietjie van 'n Venus De Milo houding wanneer
ek is die straat afstap:-)))
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: O Roodepoort laat my staan... [boodskap #2123 is 'n antwoord op boodskap #2065] |
Wo., 20 Augustus 2003 02:35   |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Andries" skryf in boodskap news:bhtq2f$o1m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die naweek was lekker, dankie.
> Ek het Saterdagaand geniet...ja..okey...ek het 'n dop of 2 gedrink, maar ek
> het maatigheid voor oë gehou, want ek moes huis toe bestuur.
>
> Verder is dit Augustus en die wind waa ons weg, gister was 'n treffer hoor!
> My mond was omtrent die hele dag vol grond. My woonstel was (is nog basies)
> toe onder die stof. Fleur het dink die bome wat oor die grasperk rol is baie
> oulik..
>
> Nee, ek weet nie wat in Roodepoort aan die gang is nie, maar ons sal seker
> nog uitvind.
>
Ek dink nie engiets goeds het al ooit uit Roodepoort gekom nie, weet jy van
iets goeds wat daarvandaan kom, Andries?:-) Ek hou van die naam, dit klink
soos iets uit 'n feeverhaal... So 'n yslike rooi poort na wie weet waar.
Snaaks hoe ons maar net nie van die kleur rooi kan wegkom op hierdie ng
nie....:-)
Sjoe die wind daar klink vreeslik erg....
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
Vuil rys [boodskap #2169 is 'n antwoord op boodskap #2142] |
Wo., 20 Augustus 2003 17:00   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Lorinda" wrote:
> Vertel asseblief van die "dirty rice"! Resep en so aan...:-)
Ek moes geweet het. :-))
Dit is 'n Southern Louisiana Cajun dis. Daar van die swamps, bayous
and backwoods se mense wat nasate is van die French Acadians wat van
Kanada migreer het. Tradisioneel word dit gemaak met pangebraaide
rys, hoender lewers en "gizzards", groenpepers en tipiese cajun
speserye en kruie.
Maar ek was lui, en het sommer 'n kits pakkie wat alles reeds gemeng
gehad het gebruik. En i.p.v die hoender goeters, het ek gemaalde
beesvleis gebruik. Dit word darem soms met beesvleis gemaak. :-)
O ja, tipiese Cajun speserye (anders as Creole), is gewoonlik 'n
mengsel van swart peper, cayenne (?help met die afrikaanse woorde
'seblief), sout, oreganum, tiemie, fennel, komyn, cardamon, knoffel
poeier, rissiepoeier en gedroogde koljander.
|
|
|
Re: Vuil rys [boodskap #2196 is 'n antwoord op boodskap #2169] |
Do., 21 Augustus 2003 01:20  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:ig97kv4apv5kpo5oju0ftunqueid0br5pl@4ax.com...
> "Lorinda" wrote:
>
>> Vertel asseblief van die "dirty rice"! Resep en so aan...:-)
>
> Ek moes geweet het. :-))
> Dit is 'n Southern Louisiana Cajun dis. Daar van die swamps, bayous
> and backwoods se mense wat nasate is van die French Acadians wat van
> Kanada migreer het. Tradisioneel word dit gemaak met pangebraaide
> rys, hoender lewers en "gizzards", groenpepers en tipiese cajun
> speserye en kruie.
> Maar ek was lui, en het sommer 'n kits pakkie wat alles reeds gemeng
> gehad het gebruik. En i.p.v die hoender goeters, het ek gemaalde
> beesvleis gebruik. Dit word darem soms met beesvleis gemaak. :-)
>
> O ja, tipiese Cajun speserye (anders as Creole), is gewoonlik 'n
> mengsel van swart peper, cayenne (?help met die afrikaanse woorde
> 'seblief), sout, oreganum, tiemie, fennel, komyn, cardamon, knoffel
> poeier, rissiepoeier en gedroogde koljander.
Dankie Katryn. Ek hou van hoenderlewer, so ek sal die resep probeer. Ek dink
cayenne is rooi peper.
Lorinda
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Apr. 09 10:13:47 UTC 2025
|