| Re: Bill Clinton (was Doedie en kie) [boodskap #20461] |
Sa., 30 Januarie 1999 00:00  |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: Oktober 1998
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Nog een wat hom blind staar teen sy eie konsep
> van "wat in Washington aangaan." Nee ou Lou,
> wat in Washington aangaan is 'n heksejag teen 'n
> hoogs suksesvolle president wat hulle nou al vir
> meer as vier jaar in die hande wil kry. 'n Heksejag
> deur 'n klomp WIT MANS wat die 30 persent van
> die Amerikaanse kiesers verteenwoordig wat meestal
> rassisties dink
(knip res van die diatribe)
Hey Doudie
Een van twee goed:
1. Jy het geval vir die "spin" of
2. Jy soek reaksie.
Bill - wie glo hom (regtig) deesdae?
Oor sy "sukses" - die eintlike rede is die NYSE. Neewat, Amerika is
suksesvol, nieteenstaande Bill se posisie.
Hy word nog geag deur die Amerikaners net omdat die alternatief nie juis
beter is nie. Hier stem ek bietjie saam met jou - sie republiekeine het
hulle sleg misgis, en hulle strategiee het misluk, en hulle eie gedrag was
nie juis inspirerend nie. (Heelwat paralelle met John Major en sy
spannetjie in in die VK in 95, 96, 97.)
Oor Monica - ek dink nie mens hoef veel meer te se as wat Robbert te se
gehad het nie:
"Mmmmmmm. Hebben ze in de VS geen mooiere vrouwen voor de machtigste man
ter wereld?
Dan dat kamerolifantje?"
So bietjie stout, maar nogal snaaks...
Bees
|
|
|
|
| Re: Bill Clinton (was Doedie en kie) [boodskap #20463 is 'n antwoord op boodskap #20461] |
Sa., 30 Januarie 1999 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: Oktober 1998
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Ek dink
> Amerikaners glo alles wat Bill Clinton
> vir hulle sê oor handel, skoolopvoeding,
> hoe om minder diefstal en moorde in die
> stede te kry, ens. ens.
Nee Doudie,
Jy gee jouself weg hier - let op na dit wat jy moet nalaat om te se. Jy moes
jou stelling kwalifiseer. Jy kon nie net se: "Amerikaners glo alles wat Bill
Clinton se." En dit is die punt. Die ou is 'n liegbek. En Amerika kan baie
beter doen, Demokraat of Republikein. Wit of swart, man of vrou.
Daar is tienduisend mense wat die verstand het om Greenspan aan te stel.
> Hulle glo vir hom as hy dinge doen in
> Ierland en die Middel-Ooste en Kosovo
> ensovoorts.
En die Sudan? Bliksem, daardie Sudanese was werklik 'n gevaar vir die
mensdom. Dit is die ander belangrike punt: sy motiewe sal van nou af altyd
'n issue wees - al maak hy die beste besluit moontlik.
Amerika, en die wereld, kan beter doen as Clinton. Baie beter.
En oor die aanhaling uit Robbert se bydrae - ek het dit baie duidelik
gekwalifiseer.
Bees
|
|
|
|
|
|
| Re: Bill Clinton (was Doedie en kie) [boodskap #20496 is 'n antwoord op boodskap #20461] |
So., 31 Januarie 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
"Bees" writes:
> Bill - wie glo hom (regtig) deesdae?
>
> Oor sy "sukses" - die eintlike rede is die NYSE. Neewat, Amerika is
> suksesvol, nieteenstaande Bill se posisie.
En wie dink jy het Greenspan, die hoof
van die Reserwebank, en Rubin aangestel?
Wie weet wat hy doen wanneer hy Cohen,
'n hoogs-gerespekteerde Republikein,
aanstel as Secretary of Defense. Ek dink
Amerikaners glo alles wat Bill Clinton
vir hulle sê oor handel, skoolopvoeding,
hoe om minder diefstal en moorde in die
stede te kry, ens. ens. Dis jy wat 'n
dom stelling maak wanneer jy sê wie glo
vir hom. Jy weet nie waarvan jy praat nie.
Hulle glo vir hom as hy dinge doen in
Ierland en die Middel-Ooste en Kosovo
ensovoorts.
> Oor Monica - ek dink nie mens hoef veel meer te se as wat Robbert te se
> gehad het nie:
>
> "Mmmmmmm. Hebben ze in de VS geen mooiere vrouwen voor de machtigste man
> ter wereld?
> Dan dat kamerolifantje?"
>
> So bietjie stout, maar nogal snaaks...
>
> Bees
En aha, hier kom die werklike seksisme
uit, by beide Robbert en jy. Maak maklik
opmerkings oor vroue en hulle voorkoms?
Dink julle ou wit mans het die reg om te
sit en pontifikeer oor sake wat eintlik
niks met julle te doen het nie. S^e my,
is julle albei so skoon van beeld?
Linda Tripp
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Bill Clinton (was Doedie en kie) [boodskap #20630 is 'n antwoord op boodskap #20461] |
Di., 02 Februarie 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 01 Feb 1999 15:50:41 GMT, e...@dot.com (Johan P) wrote:
|> Vandag word
|> daar oorlog gemaak deur langafstand-
|> projektiele - so 'n moderne versie
|> van die kettie of die pyl en boog.
|> Vandag stuur Amerika en haar vennote
|> nie meer lewendige soldate in nie.
|
Bob is hierdie week in Spanje, nadat hy troepe in Ysland gaan aflewer
het (hy doen nog diens vir die Airgaurd). Die troepe oefen daar sodat
hulle oorsee aangewend kan word....hulle is almal lewendige
soldate....
Johan
|
|
|
|