Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: ANC Election issue...
Re: ANC Election issue... [boodskap #19697] Ma, 04 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Secret Squirrel writes:
> Good to see that the ANC are targeting the poor treatment of farm
> workers in their election campaigns.
>
> These poor individuals get paid a pittance by their Baase and get
> made to work from sun up to sun down 7 days a week.
>
> The fat boere with their boep pense have exploited this group to
> the extreme. It's disgusting really - a national disgrace.
>
> Squirrel

Eekhoring, nogeens stem ek met jou
saam. Maar die meervoud van "baas"
word "base" gespel. En verkieslik
spel 'n mens "boeppens" as een woord.

Nig Koeksister
Re: ANC Election issue... [boodskap #19710 is 'n antwoord op boodskap #19697] Di, 05 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Jan 1999 16:20:03 -0000, Secret Squirrel wrote:

|Good to see that the ANC are targeting the poor treatment of farm
|workers in their election campaigns.
|
|These poor individuals get paid a pittance by their Baase and get
|made to work from sun up to sun down 7 days a week.
|
|The fat boere with their boep pense have exploited this group to
|the extreme. It's disgusting really - a national disgrace.
|
|Squirrel
|
Ek dink die SuidAfrikaanse boere kan gerus hier in die buiteland kom
kers opsteek oor hoe 'n mens sonder goedkoop arbeid boer. En ek hoor
al meer en meer die trant hier is om ook nou van minder en minder
kunsmis gebruik te maak en dit soveel moontlik te vervang met
"manure". Eers was dit net boere wat "organic" geboer het, maar nou
blyk dit meer en meer gewild te word.

Dit was interesant om die mielies op die lande te sien staan hierdie
herfs - BAIE dig opmekaar geplant en elke stoel het twee mieliekoppe
aan - ALMAL op dieselfde hoogte - seker om dit vir die stropers meer
effektief te maak om al die mielies by te kom.

Nog iets wat hier omtrent die plase beindruk is hoe net die een gesin
die plaaswerf kan netjies hou, sonder goedkoop arbeid. Dis selde dat
jy rommel soos ou implemente of iets om 'n plaaswerf sien rondlê.

Daardie ou leefstyl van elke jaar 'n Mercedes ry sal seker ook maar
nou stadigaan verdwyn in SA - ek weet ons een neef moes syne verkoop
voordat hy verdere hulp van die banke sou kry. Toe kla die ou
vreeslik dat 'n Mercedes die enigste kar is wat die swaar toestande op
die plaaspaaie kan oorleef. Ek het maar liewer stilgebly en nie gevra
hoekom dit dan nodig was om elke tweede jaar 'n nuwe een te koop nie.

Staaltjie uit 'n klas wat ek in Pretoria gehad het. Tydens 'n
blaaskansie vra ek van die studente uit oor waar hulle vandaan kom en
so "opstairs enetjie" vertel my haar ouers boer anderkant Bethlehem en
hulle kry so swaar - daai jaar was droogte. Die duiwel fluister hier
in my oor en ek vra haar hardop wat die splinternuwe Mercedes in haar
pa se waenhuis maak. Was sy verontwaardig!?!?! Want dit was toe ook
waar!

Maar die ander kant van die storie is darem dat die mense die kos van
die land produseer en 'n baie belangrike rol speel. As hy nie oor
swaarkry kla nie en hy boer effektief en met inagneming van sy arbeid
se menswaardigheid, dan kan 'n mens hom seker maar sy Mercedes gun, of
hoe?


Vrede!

Johan
Re: ANC Election issue... [boodskap #19711 is 'n antwoord op boodskap #19697] Di, 05 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Secret Squirrel writes:
>> Good to see that the ANC are targeting the poor treatment of farm
>> workers in their election campaigns.
>>
>> These poor individuals get paid a pittance by their Baase and get
>> made to work from sun up to sun down 7 days a week.
>>
>> The fat boere with their boep pense have exploited this group to
>> the extreme. It's disgusting really - a national disgrace.
>>
>> Squirrel
>
> Eekhoring, nogeens stem ek met jou
> saam. Maar die meervoud van "baas"
> word "base" gespel. En verkieslik
> spel 'n mens "boeppens" as een woord.
>
> Nig Koeksister

Ja Antie Koekie en Neef Eenhoring sit daar doer in anner land en vertel
ons hoe slegs die mense hier behandel word. Toegegee daar mag
uitsonderings wees maar waar die koerante en die ANC so veel moontlik
publisiteit uit elke oortreding trek hoeveel is daar regtig?

Miskien kan Koekie en Horingtjie in hulle oorsese kristal balle kyk en
vir ons vertel waar die tipe van mishandeling eintlik plaasvind? Anders
moet hulle dalk sjattap?

Lou
Re: ANC Election issue... [boodskap #19731 is 'n antwoord op boodskap #19697] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam om 'n plaaswerker te wees is nie maanskyn en rose nie maar het
tog 'n paar voordele.

Hulle eet van die lande af, en het 99% van die tyd 'n stuk grond wat die
boer vir hulle gegee het om self tuin te maak en vee aan te hou.

Hulle betaal geen huur nie

Gratis water ( soms elektrisiteit ook )

Hulle kry 'n salaris.

Gaan kyk gerus hoe baie maatskappye bied deesdae sy mense 'n keuse van

a. Groot salaris, min kommisie

b. Klein salaris, groot kommisie

Dit is 'n logiese stap om 'n persoon minder KONTANT te betaal indien jy op
een of ander manier vir sy ander uitgawes verantwoordelik is.

Ander plaaswerkers is weer afkomstig van ander Afrika lande. Hulle is maar
te bly om in SA te wees, en werk dus teen 'n goedkoper tarief. Ons kan hulle
natuurlik almal land uitjaag soos wat ons veronderstel is om te doen. Gaan
vra maar gerus vir een van hulle wat hy sou verkies.

As die ANC iets wil doen (want in 5 jaar het hulle nog NIKS gedoen nie) dan
is dit op die misdaad onder beheer te bring. Iets wat hulle nie maklik sal
regkry nie aangesien die meeste van hulle leiers 'n korupte klomp soustrein
ryers is. Daarom spits hulle hulself liewers toe op rokers, pleknaam
veranderings, sport en ander klomp belaglike nert

Groete

Riaan
Vorige onderwerp: Sonskynhoekie...
Volgende onderwerp: Re: One way of looking at it...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:17:36 MGT 2024