Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir antie pieghie
briefie vir antie pieghie [boodskap #19544] Fri, 04 December 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: June 1998
Karma: 0
Senior Lid
antie pieghie van die rydio skryf:

> En hierdie oom sal vir jou pa se om
> die TV te verkoop. Miskien moet jy daardie
> klein wit en swart enetjie in die slaapkamer
> wegsteek teen daardie tyd dat Oom Leendert
> se senuwees so aangetas het dat hy wel die
> groot TV verkoop en permanent sit en suip.
> Hoe is sy senuwees deesdae? Voor die groot
> wedstryd op Twickenham? Jy weet,Hennerietjie,
> selfs ons koerantmense hier in Kanada praat
> van die wedstryd - hoe as die Springbokke
> dit wen, hulle 'n rekord gaan opstel.

hallo antie pighie,

my pa se sening wees is klaar. yntlik was hille klaar want hy het begin syp
toe hy by die hys kom nous hy ytgepaas. hy warrie oor die rakbie, ma' hy sê
dit behoort beter te gaan want die skyds regter is nie weer 'n walvis nie. ek
weet nie of hy betyds gaan wakker word vir die rakbie nie. ek dink die tie
wie is vylig.

> Dit
> lyk vir my deesdae, noudat Oom Mandela so
> agter die Springbokke staan, nou doen hulle
> beter as ooit vantevore. Dis ook nie meer
> as reg nie. Wie wil nou teen all blacks
> speel.

dis 'n goeie vraag, antie. my pa sê antie moet daai vraag vir oon stief sweet
nie loop vra. my pa sê oom stief het laas week gesê hy is gat vol lat die
springbokke so wit is. vir my lyk hille groen. my pa sê dit smaak hom oom
stief wil hê die springbokke moet nou die ál bleks wees. en wie wil teen
hille speel. my pa sê hy dink oom stief gaan die springbokke hof toe vat oor
hulle witgeit.

hies 'n ander outjie wat kriekket speel, oom kaija im tienie. hy kon die sy
soen nog nie een paaltjie vat nie. oom loe lekkie jors sê hy moet vir syd
afrika speel. oom pet simkoks vat 'n klomp paaltjies teen die wes indies ma'
hille sê hy is te oud. vir staan antie dit. ek ok nie.

koebaai antie op die otte wa rivier. ek ken 'n osse wa en 'n perde kar maar
het nog nooit van 'n vark wa gehoor nie.

hennerietjie

>
> Tannie Piggy, langs die Ottawa-rivier, wat
> seker nooit hierdie jaar gaan vries nie.
>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: briefie vir antie pieghie [boodskap #19560 is 'n antwoord op boodskap #19544] Sat, 05 December 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2172
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> my pa se sening wees is klaar. yntlik was hille klaar want hy het begin syp
> toe hy by die hys kom nous hy ytgepaas. hy warrie oor die rakbie, ma' hy sê
> dit behoort beter te gaan want die skyds regter is nie weer 'n walvis nie. ek
> weet nie of hy betyds gaan wakker word vir die rakbie nie. ek dink die tie
> wie is vylig.

Wel, Hennerietjie, ek hoop nie jou pa
bly uitgepaas nie. Vertel vir hom om
dadelik die telling en besonderhede op
die nuusgroep te skryf. Tannie ken 'n
man (sy naam is Izak) en hy raak vreeslik
kriewelrig as hy nie dadelik die telling
op die net kan uitvind nie. Ek persoonlik
gee nou regtig nie om vir teveel sport-
soorte nie. Rugby kan ek darem so nou en
dan op die televisie kyk, maar hier in
Noord-Amerika speel hulle 'n soort voetbal
wat net vir sissies is. Hulle trek hulle
aan met opgestopte pakke, en sit groot
helmets op. Dan gaan hulle eers staan met
hulle agterente in die lug en praat lank
met mekaar. Dan hardloop hulle so 'n paar
tree en val op mekaar. En dan herhaal hul
weer die speletjie. Die yshokkie is ook
nie veel beter nie. Daar slaan hulle mekaar
pap met hulle stokke. Baseball verstaan ek
ook gladnie. As ek dink iemand het 'n fout
gemaak, dan verklaar hulle dat hy baie goed
gespeel het. Tennis is omtrent die een ding
wat tannie kan verstaan. Weet jy, Hennerietjie,
hier speel hulle tennis in die winter, al is
daar sneeu buite. Hulle sit groot opgeblaasde
rubber-tente op so groot soos 'n paar tennis-
bane, en dan speel die mense daarin.

Piggy wat dink Amanda Coetzer is cute.
Vorige onderwerp: briefie vir oom leen dit
Volgende onderwerp: Re: World Socialist Web Site: A letter from South Africa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 20:44:05 UTC 2025