Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Retoervlug na Johannesburg: net $15,00!!
Retoervlug na Johannesburg: net $15,00!! [boodskap #19489] Wo, 02 Desember 1998 00:00 na volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Vandag die grootste winskop van my hele lewe gekry - eintlik nou die dag
al. My vrou en ek het (van Philadelphia af) Wisconsin toe gevlieg waar
ek 'n kongres gaan bywoon het. Op die lughawe van Detroit moes ons 'n
uur of wat oorbly om die aansluitingsvlug te kry. Northwest was maar
redelik vol bespreek - oorbespreek, eintlik, en toe vra hulle wie sal
hulle sitplekke afstaan teen vergoeding. Vrou en ek besluit toe ons gee
nie om om te wag nie, want ons is nie haastig nie. Northwest gee ons toe
elkeen 'n vlugbewys vir $700 (stuk), plus 'n sitplek in die eerstklas
seksie van die volgende vlug - sewe ure later. Die sewe ure het gou
verbygegaan, en ons het dit eintlik waardeer. Dis seker die meeste tyd
wat ons in 'n lang ruk ons onverdeelde aandag net aan met mekaar sit en
gesels kon deurbring. Eintlik was die wagtyd dus 'n onverwagte bonus.

Vandag gaan ruil ek toe die twee vlugbewyse om vir 'n retoervlug via
Amsterdam na Johannesburg, want ons peetdogter trou in Maart in
Bloemfontein, en Vrou se ma word in Mei 70 jaar oud. Dit kos my net $15
hanteringskoste (omdat ek met die vlugbewyse betaal). Weet nie of die
reisagent my gerook het nie, maar ek gee ook eintlik nie om nie. Daarby
kry ek nog 'n kredietbewys van Northwest vir $41, synde die verskil
tussen die prys van die kaartjie en die waarde van die vlugbewys.

Net een jammerte: dat sy nou op Schiphol moet oorbly vir 12 ure om die
aansluiting na Johannesburg te kry. Wens ek het geweet van kreatiewe
maniere om die tyd om te kry.

Askies dat ek so spog, maar ek is innig dankbaar dat sy die geleentheid
kan kry, en dat dit ons niks kos nie!

Die res van die besoek aan die kongres het ewe voorspoedig verloop.
Omdat ons laat was in Wisconsin het die hotel ons nie-rook kamer aan
iemand anders gegee (al het ek gebel en gesê ons kom laat en hulle moet
asseblief ons kamer hou). Toe gee hulle ons die enigste oorblywende
nie-rook kamer in die hele hotel: die Presidensiële Suite! Teen geen
ekstra nie het ons die hele week in heerlike weelde gebly. Op die
terugvlug is die eerste been (weer oor Detroit) gekanselleer, en ons
moes weer vier ure wag. Dié keer moes ons vir Minneapolis St Paul ('n
hengse ompad!) vlieg. Ons kry toe weer 'n gratis opgradering na
eersteklas op die lang vlug van Minneapolis na Philadelphia toe. Selde
wat 'n mens sulke gelukkies so op 'n streep ervaar.

Dankbare groete uit Pennsylvania, waar ons glo die warmste winter ooit
beleef. Vir my voel dit maar bra koud.
Re: Retoervlug na Johannesburg: net $15,00!! [boodskap #19517 is 'n antwoord op boodskap #19489] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl skryf:

> Selde
> wat 'n mens sulke gelukkies so op 'n streep ervaar.
>
> Dankbare groete uit Pennsylvania, waar ons glo die warmste winter ooit
> beleef. Vir my voel dit maar bra koud.

Henri

Jy moes na die naaste Casino gegaan het of lotery kaartjies gekoop het -
lyk my die geluks godin het al die pad vir jou gesmile!

Cheers van Bobejaansberg waar ons pas een van die natste novembers in
jare gehad het.

Lou
Re: Retoervlug na Johannesburg: net $15,00!! [boodskap #19518 is 'n antwoord op boodskap #19489] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl writes:

> Net een jammerte: dat sy nou op Schiphol moet oorbly vir 12 ure om die
> aansluiting na Johannesburg te kry. Wens ek het geweet van kreatiewe
> maniere om die tyd om te kry.

As die twaalf uur in die dag is, kan sy maklik
'n trein neem, ingaan Amsterdam toe en bietjie
daar rondloop en nog betyds terugkom. Moenie
die bus neem nie, dit maak teveel draaie.

Gloudina
Re: Retoervlug na Johannesburg: net $15,00!! [boodskap #19584 is 'n antwoord op boodskap #19489] Ma, 07 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan schrik  is tans af-lyn  jan schrik
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina,
het lijkt wel of je het vaker gedaan hebt.

@igs.net wrote:

> Henry van Zyl writes:
>
>> Net een jammerte: dat sy nou op Schiphol moet oorbly vir 12 ure om die
>> aansluiting na Johannesburg te kry. Wens ek het geweet van kreatiewe
>> maniere om die tyd om te kry.
>
> As die twaalf uur in die dag is, kan sy maklik
> 'n trein neem, ingaan Amsterdam toe en bietjie
> daar rondloop en nog betyds terugkom. Moenie
> die bus neem nie, dit maak teveel draaie.
>
> Gloudina
>
>

--
The most exciting phrase to hear in science, the one that heralds new
discoveries, is not "Eureka!" (I found it!) but "That's funny ..."
-- Isaac Asimov

J.H. Schrik
IOC-dokumentatie
Gak Nederland bv
Postbus 8300
1005 CA Amsterdam
tel: +206872545
email: jsc...@gak.nl
Re: Retoervlug na Johannesburg: net $15,00!! [boodskap #19600 is 'n antwoord op boodskap #19489] Di, 08 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jan schrik writes:

> Gloudina,
> het lijkt wel of je het vaker gedaan hebt.

Ten minste tweekeer.

Weet jy, die woord "vaker" is 'n woord
wat ons nie in Afrikaans het in die
betekenis van "frequently" nie. Ek moes
dit selfs in die woordeboek gaan naslaan
om seker te maak wat dit beteken. Die
woord baie/baiekeer het die woord "vaker"
of heeltemal verdring. Of anders het die
woord net eenvoudig nooit na SA ge-emigreer
nie. Ons verstaan met "vaker" in Afrikaans
dat ons slaperig is.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Andre Gide" deur CHRIS LOMBARD
Volgende onderwerp: Mark Twain en andere plus KANADA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 07:15:40 MGT 2024