Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » informatie
|
|
| Re: informatie [boodskap #19272 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Vr., 20 November 1998 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: Oktober 1998
|
Senior Lid |
|
|
> Waar kan ik informatie vinden over Virginia ?(Zuid Afrika)
Marc,
Ek is jammer ek kan jou nie juis help nie, behalwe om te se dat dit in die
noord vrystaat is, die wereld is plat daar, met baie ondergrondse goudmyne.
Nie die wereld se mees aantreklike plek nie. Om my eerlike opinie te gee,
hoog op die lys van plekke in die wereld om te vermy.
So, moet nooit moeite doen om daarheen te gaan nie, en as jy wel daar kom,
uhhhh, keep going.
(Om jou 'n idee te gee: Die SA sanger David Kramer het van die hoofstad van
die Vrystaat gesing:
Bloemfonteeeen, the *a**est place I have ever beeeeen...)
Dit oordryf darem dinge seker so 'n bietjie. Miskien is daar erens 'n
vrystater wat jou 'n bietjie minder bevooroordeelde "inligting" kan gee!
Tot later
Bees
Ruimteskip Aarde
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19317 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Ma., 23 November 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
"Bees" writes:
>> Waar kan ik informatie vinden over
Virginia ?(Zuid Afrika)
> Marc,
>
> Ek is jammer ek kan jou nie juis help nie, behalwe om te se dat dit in die
> noord vrystaat is, die wereld is plat daar, met baie ondergrondse goudmyne.
> Nie die wereld se mees aantreklike plek nie. Om my eerlike opinie te gee,
> hoog op die lys van plekke in die wereld om te vermy.
>
> So, moet nooit moeite doen om daarheen te gaan nie, en as jy wel daar kom,
> uhhhh, keep going.
Dit lyk vir my of dit 'n geval is van ernstige
"Vrystaat-envy" op hierdie nuusgroep, en dit van
mense wat ook maar op die rante van 'n vlakte sit
wat strek sover as die oog kan sien en verder. Vir
iemand wat ernstig geinteresseerd is in waar in
die wêreld Virginia is, is dit nie meer relevant om
vir die man te vertel dat dit net 'n paar uur se ry is
na een van die twintig grootste stede in die wêreld
nie, en dat hierdie stad nou inmekaarloop met 'n
ander stad van 'n halfmiljoen mense (Pretoria)?
Vertel hom ook dat hierdie groot stad omring is
met menige kleiner dorpe en stede - met ander
woorde, dat Virginia 'n plek is waar hy sonder twyfel
nie deur olifante platgetrap sal word, of deur leeus
doodgebyt sal word nie.( Behalwe as hy nou in een
van die menige natuur-reservate ingaan en dom dinge
doen.) Vertel hom ook dat hy binne mooi ryafstand is
van 'n groot rivier en verskeie mere waarop hy water-
sport kan doen.
Om die waarheid te sê: ek wil dit waag om hier te
verklaar dat die werklike Suid-Afrika miskien die
Vrystaat is. Alles anderkant die Vaal kan maar net so
maklik deel wees van Simbabwe of Botswana. Alles
oorkant die Drakensberge kan maar net sowel deel wees
van Mosambiek. Die Groot Karoo en die Klein Karoo
en Boesmanland en Namakwaland lê daar na die weste
toe, elkeen 'n aparte landstreek met sy eie kultuur. Dis
net in die Vrystaat wat alles bymekaar kom, waardeur
almal moet reis, waaroor almal 'n opinie het. Dis dan
ook die woord "Vrystaat!" wat opsom wat in die hart van
die Suid-Afrikaner aangaan as hy trots en gelukkig voel.
Roep hierdie woord by enige internasionale byeenkoms
uit, en sien wat die reaksie is.
En in die middel van die provinsie lê Bloemfontein,
die stad waar die lug so skoon en helder is so baie dae van
die jaar dat internasionale astronome dit besoek.
Toe die nuwe regering die name van sekere plekke in
SA hersien het, het hulle wyslik besluit om " die Oranje
Vrystaat" (OVS) te verander na "die Vrystaat." Dit behoort
iets vir 'n mens te sê.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19391 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Vr., 27 November 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Johan wrote in message ...
> On 23 Nov 1998 00:10:46 GMT, wrote:
> | Dit lyk vir my of dit 'n geval is van ernstige
> |"Vrystaat-envy" op hierdie nuusgroep
>
>
> Lyk vir my heeltemaal ondenkbaar dat iemand envy sal hê oor die
> Vrystaat, Selfs die Amerikaanse staat Iowa of South Dakota is nie so
> plat en leeg nie!!!!
En elders:
> Teen 'n voor oordeel is dit maklik om selfs 'n plek soos die Vrystaat
> te verdedig, maar nie teen vorige ervarings nie......
As jy die Vrystaat karakteriseer as "plat en leeg", vermoed ek dat jou
ervaring van die Vrystaat so beperk is, of selfs meer, as jou ervaring van
Iowa en South Dakota.
Dit egter daargelaat, vind ek dat neerhalende opmerkings oor 'n plek wat
"plat en leeg" is, eintlik meer sê van jou en van jou vermoë om 'n
verskynsel vir homself te waardeer as van die plek.
Dit pas egter by jou ingenomenheid met jouself wanneer jy ander mensegroepe
aan jou eie waardes beoordeel en op grond van jou eie prioriteite
neerhalende opmerkings oor hulle maak.
Het jy nou jou minagtende uitsprake na landskappe verskuif? Nou dat jy
kleinkoppie getrek het en besluit het dat jou rustigheid, genotvolle lewe en
selftevredenheid miskien versteur kan word as jy aanhou om mense van ander
kulture te verkleineer?
Onthou net dit, Johan: Wat jy skryf sê meer van jouself as van dit waaroor
jy skryf - ongeag of dit mense is of plekke. En ek vrees dat die beeld wat
jy van jouself voorhou is maar erg "plat en leeg" - "kleinburgerlik" in die
ergste graad.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19392 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Vr., 27 November 1998 00:00   |
Hellin Gervaas
Boodskappe: 191 Geregistreer: Januarie 1998
|
Senior Lid |
|
|
> Hilda, Kimberley was onder die ou bedeling
> deel van die Kaapprovinsie
En ek dink toe al die jare dat Kimberley deel van die Vrystaat is :-)) !
Foei ! Wel, nou ken ek dat die hoofstad van die Noord-Kaap ook. :-)
Gervaas sê vandag dat die Vrystaat bietjie aan Vlaandere laat dink : baie
plat en met lang rye bome langs die pad. Die aarde hier is nie so rooi nie,
dis eerder donkerbruin. Maar Vlaandere is natuurlik veel te "vol" !
Toe ons in 1990 in Kinshasa aan ons vriende uit Pretoria sê dat ons
Bloemfontein gaan besoek, lag die man en antwoord daar's net een straat in
Bloemfontein. Hy het dus ook 'n bietjie gespot.
Toe ons tenslotte in Bloemfontein kom, sien ons dat die straat baie
"vertakkings" het ! ! Ons besluit toe om die pad na die hotel te vra en sien
'n Vrystaatse boer eenkant van die straat. ('n Mens kon aan sy klere sien
dat hy 'n boer was) Ek het bestuur, dus klim Gervaas uit die kar uit en vra
:" 'Skuus tog, meneer, kan u vir my die pad na die ... hotel verduidelik ?"
Die man loer na ons nommerplaat en vra :" Kom julle van die Kaap af ?" (die
reg.nr se letters was CAW - vir George, glo ek) "Nee," antwoord Gervaas,
"ons is buitelanders." Die man bekyk Gervaas van top tot tone en vra nogal
vies : "Is julle f..... Hollanders ??" "Nee,nee," sê Gervaas, "ons is
Vlaminge !" Ek weet nie of die man daarvan bewus was dat Vlaminge bestaan,
maar hy het iets gegrom en ingestem om vir Gervaas die pad te wys :-)
(ekskuus tog Arno en Arthur en die ander Hollanders wat dit lees :-))))) ).
Ek moet sê ons het nogal lekker gelag met hierdie insident (alhoewel ons
natuurlik lief is vir ons noorderbure :-)) ).
Groete. Hilda.
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19393 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Vr., 27 November 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
"Gervaas Hellin" writes:
> Ons (as buitelandse toeriste) was baie beïndruk deur die Vrystaat. Dit het
> groots en wyd gelyk. Ons pad kruis toe ook die "Kimberley se trein" s'n en
> toe ons vir die treinbestuurder wuif, het hy lekker getoet-toet !
> Die kinders het hulle besoek aan die Groot Gat baie geniet - veral toe hulle
> vir 'n geldjie self na diamante kon soek.
> Ons het net mooi herinneringe aan ons Vrystaatse kuier.
Hilda, Kimberley was onder die ou bedeling
deel van die Kaapprovinsie.(Ek weet nie of
daar nou 'n verandering is nie.) Onder
normale omstandighede sou dit seker deel van
die Vrystaat geword het, maar toe daar diamante
ontdek is, het Cecil John Rhodes gesorg dat
dit deel van die Kaap-provinsie word, dus onder
Britse beheer.
Die liedjie wat jy noem ("Kimberley se trein")
fassineer my altyd omdat hulle van die trein
praat wat opdraand en afdraand loop, terwyl
die wereld daar by Kimberley so plat is. Al
waaraan ek kan dink, is dat die liedjie
gemaak is deur die bruinmense van die Kaap,
wat gesing het van die trein wat vol mense
opgaan na Kimberley om in die Groot Gat te
arbei. As jy in die Boland is, sal die trein
na Kimberley wel vir 'n ruk opdraand en af-
draand moet loop voordat dit die Karoo bereik.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19394 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Vr., 27 November 1998 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 27 Nov 1998 07:42:48 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
|
|Johan wrote in message ...
|>On 23 Nov 1998 00:10:46 GMT, wrote:
|>| Dit lyk vir my of dit 'n geval is van ernstige
|>|"Vrystaat-envy" op hierdie nuusgroep
|>
|>
|>Lyk vir my heeltemaal ondenkbaar dat iemand envy sal hê oor die
|>Vrystaat, Selfs die Amerikaanse staat Iowa of South Dakota is nie so
|>plat en leeg nie!!!!
|
|En elders:
|
|>Teen 'n voor oordeel is dit maklik om selfs 'n plek soos die Vrystaat
|>te verdedig, maar nie teen vorige ervarings nie......
|
|As jy die Vrystaat karakteriseer as "plat en leeg", vermoed ek dat jou
|ervaring van die Vrystaat so beperk is, of selfs meer, as jou ervaring van
|Iowa en South Dakota.
|
|Dit egter daargelaat, vind ek dat neerhalende opmerkings oor 'n plek wat
|"plat en leeg" is, eintlik meer sê van jou en van jou vermoë om 'n
|verskynsel vir homself te waardeer as van die plek.
|
Sien Hilda, hier het 'n ou nou net in my "trap" geval en my ernstig
opgeneem terwyl my tong maar net in my kies was. Nou moet jy nog hoor
hoe ernstig die Vrystaatse Rugby ondersteuners an word!!!!
Johan
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19395 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Vr., 27 November 1998 00:00   |
hen...
Boodskappe: 133 Geregistreer: Junie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Marc, BEES, Gloudina skryf:
>>> Waar kan ik informatie vinden over
> Virginia ?(Zuid Afrika)
>> Om my eerlike opinie te gee,
>> hoog op die lys van plekke in die wereld om te vermy.
> Dit lyk vir my of dit 'n geval is van ernstige
> "Vrystaat-envy" op hierdie nuusgroep,
Op 'n punt van orde, Gloudina, vir die meeste Suid Afrikaners is die Vrystaat
'n bron van (goedige) spot. Jy weet seker dat in die dae van Diensplig het
die Vrystaters Weermag toe gegaan om lang hare en skoene te dra? En dat die
hippies in die Vrystaat safari pakke gedra het? En dat voëls onderstebo oor
die Vrystaat vlieg om nie hoef te sien wat daar aangaan nie?
Dit van my gemoed af, moet ek byvoeg dat van my beste universiteits vriende
Vrystaters was. Ek het hulle jammer gekry. En weet jy hoe was dit in die jare
'70 tydens die energie krisis as jy deur die Vrystaat Kaap toe moes ry met 'n
spoedbeperking van 80 km/h?
Ek is bevrees, die Vrystaat het hierdie reputasie soos wat Pofadder en
Putsonderwater het wanneer dit kom by die tipering van plekke waar daar niks
aangaan nie. (En ek het 'n besonderse sagte plekkie vir Pofadder, van die keer
wat hulle die biddag vir reën daar gehou het.)
> Om die waarheid te sê: ek wil dit waag om hier te
> verklaar dat die werklike Suid-Afrika miskien die
> Vrystaat is. Alles anderkant die Vaal kan maar net so
> maklik deel wees van Simbabwe of Botswana.
Wat jy sê, is dat as 'n mens dink aan SA as 'n land van ruimte en vlaktes wyd
en oop lê, dan word dit getipeer deur die Vrystaat en die Karoo. Daarmee stem
ek saam. As jy egter SA wil tipeer as deel van Afrika, dan begin dit noord van
die Magaliesberg met wat bekend staan as die Bosveld kompleks. Die wêreld hier
om my ís Afrika, in meer as een opsig. Dis hoe ek daarvan hou. As jy suid van
die Hexrivierberge gaan, kon jy net so goed in Europa gewees het.
Om terug te kom tot Marc se oorspronklike vraag, ek het eerstehandse kennis
van Virginia. Dis die langste dorp in SA as jy moet stap. Vra my! Teen die
einde van my studente loopbaan gaan ons af Bloemfontein toe vir 'n rugby
wedstryd. Om daai lot te wen, is nie moeilik nie, selfs as jou spanmaats die
vorige aand hulleself goed gehelp het aan verversings op pad soontoe. Die
aand is daar 'n groot party. Die uwe, nie meer so lus vir die jonger garde se
kapperjolle nie, gaan bly oor by 'n vriend. Die verstandhouding is dat die
bus die volgende oggend 7 uur vertrek Pretoria toe.
Toe ek 7 uur by hulle blyplek aankom, is daar net twee verdwaalde siele. Die
manne het die vorige aand besluit om te ry, omdat die party nie te lekker was
nie. Dis altyd so as jy nie die tuisspan laat wen nie. Toe moet ek op 'n
Sondag terug ryloop Pretoria toe, en dit in die Vrystaat.
Buite Bloemfontein laai 'n myner van Virginia my op. Hy verseker my die
vinnigste roete vir 'n ryloper Pretoria toe is oor Virginia. Die feit dat hy
allen in die motor is en geselsskap soek (nie snaaks in die VS nie) het niks
met die saak te doen nie. Moet nooit iemand van Virginia glo nie. By die
ingang van die dorp laai hy my af. En ek begin stap, en stap, en stap. Oral
langs die strate is myners besig om vleis te braai by hulle huise, en hulle
gaap die ou met die toksak in die hand aan. Ek dog daai dorp hou nooit op
nie.
Die uiteinde van die storie is dat ek moet ryloop Ventersburg toe (ken jy daai
plek?) om weer op die N1 te kom, en kom ek daai Sondagnag sonverbrand in
Pretoria aan.
As dit nie so tragies was van die mense wat dood is in die Merriespruit ramp
nie, sou ek kon dink dat dit Virginia se verdiende loon was. Maar ek sal dit
nie sê nie.
"O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit 'n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?
Jy ken die pyn en eensaam lye
van onbewuste enkelinge..."
(NP van Wyk Louw)
Groete
Henri
-----------Posted via Deja News, The Discussion Network----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19396 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Vr., 27 November 1998 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 27 Nov 1998 07:42:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|As jy die Vrystaat karakteriseer as "plat en leeg", vermoed ek dat jou
|ervaring van die Vrystaat so beperk is, of selfs meer, as jou ervaring van
|Iowa en South Dakota.
|
|Dit egter daargelaat, vind ek dat neerhalende opmerkings oor 'n plek wat
|"plat en leeg" is, eintlik meer sê van jou en van jou vermoë om 'n
|verskynsel vir homself te waardeer as van die plek.
|
|Dit pas egter by jou ingenomenheid met jouself wanneer jy ander mensegroepe
|aan jou eie waardes beoordeel en op grond van jou eie prioriteite
|neerhalende opmerkings oor hulle maak.
|
|Het jy nou jou minagtende uitsprake na landskappe verskuif? Nou dat jy
|kleinkoppie getrek het en besluit het dat jou rustigheid, genotvolle lewe en
|selftevredenheid miskien versteur kan word as jy aanhou om mense van ander
|kulture te verkleineer?
|
|Onthou net dit, Johan: Wat jy skryf sê meer van jouself as van dit waaroor
|jy skryf - ongeag of dit mense is of plekke. En ek vrees dat die beeld wat
|jy van jouself voorhou is maar erg "plat en leeg" - "kleinburgerlik" in die
|ergste graad.
|
Ag Leendert - hier sit jy met jou gesig vol poeding.... Sheim.... Jy
het regtig die kat heel aan die stert beet - moenie so serieeeus wees
nie man.! Ek maak oor niemand neerhalende aanmerkings nie...?!?!
Waar kom jy aan sulke snert - my vrou kom uit die Vrystaat uit - in
Bethlehem gebore, gestudeer en alles. Ek self het groot deel van my
lewe in Kimberley gebly en elke Saterdag saam met 'n boer na sy
Vrystaatse plaas gery en daar leer perdry en die Vrystaatse vlaktes
leer liefkry. Ry bietjie met 'n fiets van Bethlehem Ficksburg toe en
dan kom jy gou agter die Vrystaat is nie plat nie. Ek weet al die
goed Leendert...! Monie panic nie.
Maar ek wil jou regtig mooi vra om nie moeilikheid te soek waar daar
nie is nie - ek vind nie dat jy dieselfde reageer teen oor die openlik
rassistese uitsprake wat squirrel nou onlangs gemaak het nie en moet
dus aan neem dat jy net daarop uit is om skoor te soek.
Dis hoegenaam nie my idee van hier deelneem nie en ek wil 'n groot
beroep op jou doen om die soort van aanvalle te staak...
Johan
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19426 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Sa., 28 November 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Johan wrote in message ...
> On Fri, 27 Nov 1998 07:42:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
> |Onthou net dit, Johan: Wat jy skryf sê meer van jouself as van dit waaroor
> |jy skryf - ongeag of dit mense is of plekke. En ek vrees dat die beeld wat
> |jy van jouself voorhou is maar erg "plat en leeg" - "kleinburgerlik" in die
> |ergste graad.
> |
> Man, ek is nie bereid om net vir jou saligheid pretensie-pretensie te
> speel nie - vat my soos ek kom.
Ek het geen probleem met jou nie. Dis jou hovaardige optrede wat mense laat
kots - en jy moes al agtergekom het dat ek nie die enigste is met hierdie
allergie nie.
>
> |Vriendelike groete, Leendert
> |
> |
> Ek sal dit ook waardeer as jy nie so huigel deur 'n lae striemende
> aanval op 'n mens se persoon te loods en dan met hierdie siggie te
> sluit nie...... Kry jy nie skaam daaroor nie...?
Geensins nie. Dit is, soos jy sal kan bevestig, die groet wat ek spesiaal
bêre vir smerige klein geeste soos Gloudina, Leswin, en jy. Dis 'n
stylfiguur wat bekend staan as "sarkasme".
Allervriendelikste groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19503 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Do., 03 Desember 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Hannes Cilliers wrote in message ...
> Op Fri, 27 Nov 1998 23:43:04 +0200 skryf "Leendert van Oostrum"
> :
> -> (Een van die lekkerste genotjies is om te lees wat Mark Twain geskryf het
> -> oor sy opinie van Rhodes!)
>
> Vertel!
Ek onthou nie besnderhede nie - nie eens waar hy daaroor praat nie. Hy het
egter heelwat kommentaar gehad oor sy besoek aan Suid-Afrika. Onder andere
het hy duidelik die gelskap van leiers uit die Boererepublieke verkies bo
dié van Rhodes. Dit pas by sy afsku aan imperialisme en sy sterk voorkeur
vir persoonlike vryheid en individualisme.
Groete, Leendert
|
|
|
|
| Re: informatie [boodskap #19504 is 'n antwoord op boodskap #19261] |
Do., 03 Desember 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> Ps. Leendert, ek het so ruk terug jou stelling oor prestasie-meting
> aangevat. (Sien Prestasie...) Ek het 'n vermoede jy was so ruk "van die lug"
> af. Enige kommentaar?
>
Wel, as jy daarop aandring, ja. Jy skryf:
>
Die vasteland van Noord-Amerika is, suiwer objektief, gesien in die lig van
die per kapita verbruik van onvervangbare hulpbronne, die produksie van
afval, en sy traagheid om in te stem tot internasionale verdrae wat hierdie
dinge (byvoorbeeld die produksie van "greenhouse gasses") te beperk, 'n
vasteland wat deur conspicous consumption gekenmerk word.
Ek roem my geensins op 'n intieme kennis van Noord-Amerika nie. Ek is,
byvoorbeeld, nie bekend met Beverley Hills nie. Ek het wel al kennis geneem
van vergelykende syfers oor verbruik. Maar ek het self ook al bepaalde
verskynsels waargeneem. Soos enigeen in Suid-Afrika wat gereeld mense uit
Noord-Amerika in die Suidelike winter ontvang (die Noordelike somer = die
konferensieseisoen vir akademici), baie goed weet dat die meeste van hulle
wil vrek van die koue hier weens die gebrek aan "central heating".
Die vark aan die Rideau het, inderdaad, onlangs op hierdie nuusgroep
verklaar dat sy nooit weer in Suid-Afrika sal kan woon nie, as gevolg
hiervan.
Ek het nie beweer dat die mense van NA nie bewus is van die omgewing en hul
impak daarop nie. Inteendeel, dink ek dat hulle miskien meer bewus is
daarvan as die meeste. Ek het my egter nie daaroor uitgespreek nie.
>
My stelling is gemaak in reaksie op dweperige veroordeling van Afrikaners
wat op die "vet van die land" leef, gemaak deur 'n vrou wat erken dat sy nie
meer kans sien om soos die meeste Afrikaners in die winter warm sikkies en
'n trui te dra as sy binnenshuis is nie, en onder 'n kombers of drie te
slaap nie.
Sy het te afhanklik geraak van die verbruik van beheerde binnenshuise
klimaat langs die Rideau waar sy haar snoet in die trog hou.
In daardie konteks reken ek nie dat my stelling enigsins snert is nie.
Groete, Leendert
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 22:10:31 UTC 2026
|