Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n pêrel aan die weskus
'n pêrel aan die weskus [boodskap #19487] Wo, 02 Desember 1998 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Perth – beautiful, beautiful Perth.

Die stad koester teen die oewers van die Swan Rivier en skuil in die
omhelsing van Kings Park, 'n lower groen park teen 'n heuweltjie aan die
westekant van die stad.

As jy teen laat aand jou weg vind na Kings Park toe en rustig gaan sit
op een van die bankies, kan jy jouself regmaak vir een van die mees
asemrowende panoramas wat hom ooit voor jou oog sal afspeel.
Die majestieuse Swan wat skielik die stad sien en dan sy bors uitstoot
om te pronk – die dun lopie wat in die hartland van westelike Australië
begin, strek skielik sy oewers twee kilometers van mekaar af wat jou
aan 'n meer herinder, eerder as 'n rivier. Terwyl die son op die
westerkim huiwer maak Perth hom gereed vir die skouspel. Hier en daar
flikker 'n liggie aan en dan nog een en dan nog een., totdat die son
maar bes gee en gaan rus.

Die kraaie bêre hul treurig kerm-skree geluide, en die Freemantle dokter
waai die twee en veertig grade van jou gesig af weg. En siedaar… ‘n
pragtige stad omhang met pêrel liggies verrys uit die donker. Die
motorligte op die Southern bypass wissel mekaar af in 'n kleurspel van
wit en rooi strepe, en geleidelik buig hulle ook die knieg voor die
grote stad en die stilte daal neer.

En daar sit jy… mesmerized. Die ferries linger lui-lui van oewer tot
oewer, hul liggies oordadig geprojekteer op die water wat dit skommel en
rondgooi. En dis moeilik om te glo dat jy werklik daar is, en dat dit
nie als net 'n fairy tale is nie.

En êrens in Northbridge en Hay Street Mall skud die naguile in die
disko's en kroeë hul vere reg , vasbeslote om te keer dat die hartklop
van Perth nie gaan staan nie…

Alwyn
Re: 'n pêrel aan die weskus [boodskap #19488 is 'n antwoord op boodskap #19487] Wo, 02 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 02 Dec 1998 00:18:02 +0800, Alwyn Nel said
the following:

|Perth � beautiful, beautiful Perth.
|
|Die stad koester teen die oewers van die Swan Rivier en skuil in die
|omhelsing van Kings Park, 'n lower groen park teen 'n heuweltjie aan die
|westekant van die stad.

Alwyn, as jy nou sou uitry uit die stad uit, sê vir so 'n uur, watse
tipe plantegroei kom jy tee?

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 'n pêrel aan die weskus [boodskap #19502 is 'n antwoord op boodskap #19487] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die Fremantle dokter is inderdaad 'n kollega van die Kaapse dokter, die
Suid-ooster of soos my oupa gese het, die Sedoos.
Die Fremantle dokter is 'n suid-weste wind. Hy kom daar uit die Suidpool se
rigting en waai eers oor Fremantle, die hawestad suid van Perth, voor hy
lafenis bring aan die "Perthianers."

Hier teen twee uur se kant kan hy al so 15 knope sterk wees en teen
sonsondergang 'n stewige 25 knope as dit baie warm was in die binneland. Die
manne met hul slalom seile kuier knaend op Leighton beach se waters, net so
noord van Fremantle om die Dokter se asem in hul seile te vang. Die
seilbootjies op die Swan seil net so lekker saam.

Waar die suid-weste wind heerlik koel is, is die oostewind uit die woestyn
hartland skroeiend warm en bring hy die vlieë ...

Alwyn

@igs.net wrote:

> Alwyn Nel writes:
>
> – beautiful, beautiful Perth.
>>
>
> Dankie, Alwyn. Ons het die afgelope tyd, toe
> John Glenn op is in die ruimte in, so baie
> fotos van Perth gesien met die ligte aan in die
> nag, dat 'n mens 'n band met Perth voel. Het
> mense hulle eie huisligte ook daardie tyd
> aangelos?
>
> Wat is die "Freemantle dokter"? Iets soos die
> Kaapse dokter?
>
> Gloudina
Re: 'n pêrel aan die weskus [boodskap #19510 is 'n antwoord op boodskap #19487] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan dit hang natuurlik af in watter rigting jy ry. Perth lê teen die
Indiese oseaan, so as jy noord of suid ry is dit tipiese seelandskap en
plantegroei. Reg oos sal jy plantegroei kry wat jou aan die SA bosveld
herinder. Perth word ook die blommestad genoem, In die lente is daar haas nie
'n tuin wat nie oortrek is van die mooiste, mooiste rose wat jy ooit gesien
het nie.

Alwyn

Johan wrote:

> On Wed, 02 Dec 1998 00:18:02 +0800, Alwyn Nel said
> the following:
>
> |Perth – beautiful, beautiful Perth.
> |
> |Die stad koester teen die oewers van die Swan Rivier en skuil in die
> |omhelsing van Kings Park, 'n lower groen park teen 'n heuweltjie aan die
> |westekant van die stad.
>
> Alwyn, as jy nou sou uitry uit die stad uit, sê vir so 'n uur, watse
> tipe plantegroei kom jy tee?
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: informatie
Volgende onderwerp: Re: "Ek is gatvol"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 23:24:50 MGT 2024