Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Statistiek van die kantlyn af
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18940] Do, 05 November 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:

> Oh ja, aan modder ben ik gewend: ik ben momenteel druk doende om alle
> watergangen van Den Haag voor april 2001 gebaggerd te krijgen. Maar goed
> dat we er niet mee gooien, want meer dan 350.000 m3 geeft heel
wat rommel!

Arthur, verduidelik bietjie meer. Om
die watergange gebaggerd te kry, beteken
dit dat dit ook dieper gemaak gaan word,
of net dat rommel daaruit geneem word.
Het mense vantevore hulle rommel wel in
die water gegooi?

Gloudina
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18941 is 'n antwoord op boodskap #18940] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gideon heeft geschreven...
> Interessant - goed om Nederlandse bydraes op die nuusgroep te sien hier
> vanuit Nederland. Dit wys my daar is tog Nederlanders is wat belangstel in
> iets buite hul eie wêreldjie. Maar laat ek nou nie veralgemeen nie. Waar is
> Arthur deesdae, en ons Belgiese vriende. Miskien vind hulle ook die periodes
> vat die NG so sporadies deurgaan waar die standaard metode van kommunikasie
> net moddergooi is ook vervelend.
>

'n neef van mij is zo aardig geweest om me het spel "Dune 2000" te lenen.
Ik ben nu dus volledig verslaafd. Ik heb 8 van de negen levels
doorgeworsteld (level 8 kostte me al met al meer dan twee volledige avonden,
'n uur of 10 schat ik zo!), nog 1 level en ik heb weer de tijd om meer te
doen dan alleen maar gluren op de nuusgroep.

Oh ja, aan modder ben ik gewend: ik ben momenteel druk doende om alle
watergangen van Den Haag voor april 2001 gebaggerd te krijgen. Maar goed
dat we er niet mee gooien, want meer dan 350.000 m3 geeft heel wat rommel!
:)

Groeten,
Arthur
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18942 is 'n antwoord op boodskap #18940] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
gide...@usa.net wrote in message ...
>
> Aag-ja-nou-toe-nou Goed om te sien jy dra darem by van die kantlyn, ou Hans.
> Van waar in Namibië is jy?
>
Walvisbaai. Die enklawe was een te veel vir Nelson & Kie se begroting -
toe gee hulle hom vir Sam present.

GLOUDIEN
> ....maar vele van haar
> bydraes is sinvol, vol humor en met 'n spesifieke oogpunt wat dit die moeite
> werd maak om weer terug te kom en die nuusgroep te lees.
>

Stem.

Die volgende groepering verander dadelik
>
> FERDI - 26 )
> GIDEON - 5 )
> LEENDERT - 41 )
> LOU - 13 )

> Is........Issie.....Dissie so nie
> Is so.......Ek het dit nie gesê nie
> Jy het, vra vir XYZ...ens ens ens ens ad nauseum

om as volg te lees :

FERDI - 26 )
LEENDERT - 41 )
LOU - 13 )
Is........Issie.....Dissie so nie
Is so.......Ek het dit nie gesê nie
Jy het, vra vir XYZ...ens ens ens ens ad nauseum

GEDEON - 5
Het met sy sesde plasing getoon dat statistiek ook kan fouteer.
Jy word dus uit bg. groepie verwyder en groepeer nou saam met die wie se
tonge darem nog oor die tande na die kieste toe kan beweeg.

> Dankie vir die statistiek Oom Hans. Ek gee die klipgooiery nog so twee weke
> tot almal so de bliksem in is dat hulle nie weer enigiets pos of lees vir ´n
> paar dae nie.
>

Ons twee sal moet koppe bymekaarsit hierdie twee weke.
Hoe kan ons die kantlynmanne nader sleep ?
Wat sal ons aanvang as die stof gaan lê ?

> Dit werk so...
>
> :START...........
> Die stof gaan lê Daar lê net lyke orals... O ... hulle is nie
> lyke nie... hul staan weer op en stof hulself af...
> GOTO START
>
Briljant.

Gegroet - almal
Oom Hans

(Die water in my adres is om spammers te versuip - buiten dit is my adres en
naam so eg soos die Namib se sand)
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18943 is 'n antwoord op boodskap #18940] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
>
> Oom Hans het:
>
> Een lang plasing gehag waarin hy niks gese, gevra of voorgedra het

Geagte generaal Ferdi,
(Dis hoe ek, as nuweling, aangeraai is om jou aan te spreek in die toekoms
wanneer ek enigsins my snater hier oopmaak. Met jou toestemming kan ek die
aanhef verander - wat pas jou ??)

Die opskriffie moes EINTLIK gelui het : "Trivia - bedoel vir u GENOT"
Daarvan het ek reeds bewys gehad en die betrokke korrespondent verskuif
na 'n ander statistiese groepie waar hy meer tuis voel.

Maar jy het nou bewys gelewer dat jou oorspronklike indeling korrek was.
Jy het dit klaarblyklik nie geniet nie.
Groot verskoning.

> Ag nee wat Oom Hans. Moenie tande tel nie. Praat eerder saam
Doen dit reeds 'n rukkie al met sinvolle mense - hoe kon jy dit miskyk ??

> As almal soos jy is ...........
Gode sy dank, hulle is nie, Sal 'n malhuis afgee. My ouma het ook so
gepraat.............
Maar ek sal 'n erge MOEDSWILLIGE streep deur my bely. So af en toe haal ek
hom uit (as die maan vol word), krap die roes af, olie hom goed, gebruik hom
en tel dan die lyke. Andere op die NG het ook al soortgelyke sondighede
bely en agter daardie streep het ek reeds die vriendelikste, behulpsaamste
persoonlikhede ontdek wat mens voor kan wens.

Vriendelike Suidwester groete
Oom Hans
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18944 is 'n antwoord op boodskap #18940] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In artikel ,
het "Hans" gegorrel:
> Sedert 31 Oktober tot middernag op Woensdag 4 Nov het ons meer bekende
> groepgenote se plasings die volgende statistiek gelewer :
>

Aag-ja-nou-toe-nou Goed om te sien jy dra darem by van die kantlyn, ou Hans.
Van waar in Namibië is jy?

> GLOUDINA - 18 plasings.
> Foksie het 9 keer geblaf. Sy het 6 gedigte geplaas. Sy het 1 vraag
> gevra - wat beteken hakahana ? Sy het 1 advertensie van Petrus Jonker
> onderskryf. Sy het 1 nuttige stukkie geskiedenis omtrent die Anglo
> Boereoorlog aangehaal.
>

Ou Gloudien is al 'n meubelstuk hier - ons gebruik haar maar op soos sy is.
Sy baklei hand en tand met omtrent almal behalwe Ferdi, maar vele van haar
bydraes is sinvol, vol humor en met 'n spesifieke oogpunt wat dit die moeite
werd maak om weer terug te kom en die nuusgroep te lees.

> RUSTIGE JOHAN het net 1 keer gekreun na 'n skop op die maermerrie.
Tot 'n mate 'n teestelling van Gloudien.

>
> FRIKKIE POTGIETER het ons 2 keer herinner dat hy en die Niemollers aandag
> nodig het.
>
Ja-wel - wat sal ek nou sê.

> BOKKIE het 4 keer gekultiveerd verskyn wat ook 'n uitnodiging na 'n
> Nederlandse groep insluit. Kragties ou, ons het nie tyd oor om mekaar nog
> in Nederlands ook sleg te sê nie. Ons swets heel gemaklik in Afrikaans.
> En hier in Namibië praat die manne doodgewoon Afrikaans en Duits - wat is
> "Rechtsschreibereform" ??? Kan mens siek word daarvan ??
>

Interessant - goed om Nederlandse bydraes op die nuusgroep te sien hier
vanuit Nederland. Dit wys my daar is tog Nederlanders is wat belangstel in
iets buite hul eie wêreldjie. Maar laat ek nou nie veralgemeen nie. Waar is
Arthur deesdae, en ons Belgiese vriende. Miskien vind hulle ook die periodes
vat die NG so sporadies deurgaan waar die standaard metode van kommunikasie
net moddergooi is ook vervelend.

> SECRET SQUIRREL het 9 keer probeer om die politiek te verduidelik / uit te
> sorteer. (Anglisisme !!)
>
Ja - vanuit sy ondergronde bunker in Europa vind ek dit tog 'n vreemde
verskynsel. As jy dan natuurlik al sy ander skuilname begin optel dan maak die
waansin tog sin.

> FERDI - 26 )
Generaal Ferdi vir jou

> GIDEON - 5 ) Is.....Issie.....Dissie so nie....Ek het nie dit
> gesê nie.....
In die 5 bydraes waarna jy verwys?
Issie... Dissie so nie...Ek het dit nie gesê nie

> LEENDERT - 41 ) Jy het, vra vir XYZ.....ens ens, ens, ens, ad
> nauseum.
Ad nauseum vir jou, maar nog 'n teestelling (sorry - in die geval 'n antoniem)
vir Gloudien ;)

> LOU - 13 )
> Julle stouterts - kom was nou die modder van julle hande en gesigte af en
> drink dan julle kasterolie.
>
Hmmm... Afrika is nie vir sissies nie?

> NUWESANER het sonder om te klop die deur oopgeskop en 34 sielkunde lesings
> gelewer. Om die reaksie van sy studente te toets en vir die spaas daarvan,
> sommer die brandkrane ook oopgedraai.
>
Hy het nog nie die geduld geleer wat jy nodig het om te probeer deur te dring
nie. Om Leendert te probeer tot ander insigte is so goed soos om 'n trein van
rigting te laat verander.

> PETRUS JONKER is duidelik nog 'n jongeling onder die groentjies. Verbeel
> jou - hy probeer 19 keer - sommer op een dag nogal - smous met goedere op
> die NG. Ou Peet, teen hierdie tyd moes jy al uitgevind het dis
> ONMOONTLIK om selfs 'n mening hier te smous.....................Hou moed.
> Gloudina het blykbaar na jou skooladvertensie gaan kyk want sy het dit
> herpos. So jou telling skuif op na 20.
>
za.adverts
Ek weet nie van die res nie, maar ek lees nie sulke goed nie.

> Randeier KASSIE / KALLIE (gedink hy's Kaspaas tot en met sy inlywing) - zero
> telling.
> Shame, ons moes hom seker vertel het waar's die brieke VOORDAT ons die
> doringtak onder sy donkie se stert ingedruk het.
>
Het kom inloer, reageer, geskiet, geloop.

> Nuweling BEES het blykbaar onttrekkingsimptome ontwikkel nadat hy in die
> ribbes gegaffel is.
> Sedert 31 Okt net EEN plasing. Nou wonder hy oor die beroering terwyl hy
> rustig aan sy ma suip.
> Kalfie - jy was regoor die suiptrog toe jou maag laas saamgetrek het - nou
> wonder jy nog.
>
Was nogal belowend. Aag wel - lyk my nog een verdwyn in die mis.

> Die van julle wat hierdie keer nie die statistiek gehaal het nie, resorteer
> tot die STIL MEERDERHEID waartoe ek nou-nou terugkeer.
>

Dankie vir die statistiek Oom Hans. Ek gee die klipgooiery nog so twee weke
tot almal so de bliksem in is dat hulle nie weer enigiets pos of lees vir 'n
paar dae nie.

Dit werk so...

:START Die nuusgroep is rustig... Gloudien plaas 'n paar gediggies... Johan
vertel ons iets van Amerika en hoe die bokke sy tuin verniel... Ons lees
stories van Tzaneen... Vyg Fynbos vertel ons weer iets van Iewers in die
Ooste... Mense van oral oor die wêreld vertel van hul wedevaringe... Dan
begin dinge effe opwarm 'n Randeier neem eksepsie omdat een van die mense
iets gesê het wat hul of as rassisties of iets anders beskou... Gloudien
slaan toe... Ferdi slaan toe... Die persoon oor wie eksepsie geneem is
slaan terug... Leendert slaan terug... Nou het ons 'n oorlog Daar word
links en regs klappe uitgedeel... 'n Randeier laat weet dat die "regulars"
eintlik maar 'n klomp drolle is want hulle beklei net �n Ander randeier
voel dit is sy que om " ek se ook so" te skree. Gloudien slaan... Ferdi
slaan... Leendert slaan... ens... Almal is nou so de bliksem in dat hulle
besluit hulle mors nie weer hul tyd nie (behalwe Gloudien - sy is die een
konstante hier) Die stof gaan lê Daar lê net lyke orals... O ... hulle is nie
lyke nie... hul staan weer op en stof hulself af...

GOTO START

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18945 is 'n antwoord op boodskap #18940] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Nov 1998 13:58:05 +0200, "Hans"
wrote:

[/color]
>> Aag-ja-nou-toe-nou Goed om te sien jy dra darem by van die kantlyn, ou
> Hans.
>> Van waar in Namibië is jy?
>>
> Walvisbaai. Die enklawe was een te veel vir Nelson & Kie se begroting -
> toe gee hulle hom vir Sam present.>>

Was nie NP nie nog aan bewind nie?
Pik Botha en so aan?
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18946 is 'n antwoord op boodskap #18940] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Oom Hans het:

Een lang plasing gehag waarin hy niks gese, gevra of voorgedra het
nie, maar eenvoudig opmerkings gemaak het oor waaroor ander mense
praat.

En dan het hy ook die klaarblyklike mening uitgespreek dat hy nie hou
van waaroor baie mense praat nie.

Self het hy - soos gese - net mooi niks nuuts of oorspronklik gese
nie.

Ag nee wat Oom Hans. Moenie tande tel nie. Praat eerder saam. As almal
soos jy is sal die nuusgroep net daaruit bestaan dan mense oor en weer
syfers vergelyk van nhoeveel opskrifte daar die week was.
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18985 is 'n antwoord op boodskap #18944] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote:
>
> :START Die nuusgroep is rustig... Gloudien plaas 'n paar gediggies... Johan
> vertel ons iets van Amerika en hoe die bokke sy tuin verniel...
> Gloudien slaan... Ferdi
> slaan... Leendert slaan... ens... Almal is nou so de bliksem in dat hulle
> besluit hulle mors nie weer hul tyd nie (behalwe Gloudien - sy is die een
> konstante hier) Die stof gaan lê Daar lê net lyke orals... O ... hulle is nie
> lyke nie... hul staan weer op en stof hulself af...
>
> GOTO START
>

ROPFEHMMV! Baie goed Gideon! Ek het dit nou geniet.
Vorige onderwerp: Politiek aan beide kante van die grens
Volgende onderwerp: WVK-veslag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 16:49:10 MGT 2024