Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ag nee, Oom Kaspaas.....
Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18672] |
Wed, 28 October 1998 00:00  |
Koos[3]
Boodskappe: 16 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Oom Kaspaas skryf: "Wanneer ek die twak en snobisme en onsin lees wat
sommiges van julle skryf - veral die ou klomp papbroeke wat in die buiteland
sit en pontifikeer"
Ai, my oom.... en is jy nie nou ook maar ewe snobisities as jy jouself so
distansieer van ons hier in die buiteland nie? En is al die blankes in
Suid-Afrika (om nie van sommige ander bevolkingsgroepe te praat nie) nie ook
maar afstammelinge van hulle wat eens te papbroekig was om in hulle eie land
iewers in Europa te bly nie? En toe maar na Afrika getrek het? Want hulle
was mos te papbroekig om swaarkry van watter aard ookal n die gesig te staar
in Europa? En toe die Voortrekkers, wat te papbroekig was om in die Kaap te
bly? En toe maar Transvaal toe, en Vrystaat toe, en Natal toe getrek het? En
later Angola toe? En nog later die res van die wêreld in? Sien, as 'n mens
diegene wat trek begin etikette omhang net omdat hulle getrek het, val die
ou etiketjie naderhand dalk weer terug om jou eie nek. Iemand op die NG
skryf gereeld: Afrika is nie vir sissies nie. Mag ek byvoeg: om te
trek/emigreer is ook nie vir sissies nie. Begin maar by die Franse Hugenote
en dié snare, tot by Piet Retief en die manne, en vra hulle. En kyk dan waar
kom jy uit.
En Oom gaan voort met " - maar ook die bekkiges plaaslik wat oor elke
onderwerp 'n eiertjie wil lê asof hulle al die wysheid in pag het"
Dis juis waaroor die hele beginsel van vryheid van spraak draai: dat jy maar
'n eiertjie oor enige onderwerp mag lê.....
Oom eindig met "- dan word ek skaam vir vandag se geslag Afrikaner."
Hoe dan so, my oom? Moet almal maar stilbly en in hulle hoekie bly sit? En
nie praat sonder Oom se toestemming nie? Net om Oom nie skaam te maak voel
nie?
Henry in Pennsylvania
Om te trek (of te emigreer), is nie vir sissies nie.....
|
|
|
|
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18708 is 'n antwoord op boodskap #18672] |
Thu, 29 October 1998 00:00   |
Steve Du Plessis
Boodskappe: 10 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ai-ja-jai-ja-jai Hans !!!, hoe trap jy dan nou so suutjies op die man se
stert !!
Jy moet onthou, Kaspaas is van voor my tyd so die ou is stokoud, sy verstand
werk nie meer so mooi nie en hy het seker geen idee wat dit kos om jou
vaderland agter te los en van vooraf 'n plekkie oopskop vir jouself en ander
wat jou mag volg. Dit smaak my ou Kaspaas se ruggraad is krom getrek van
die een of ander siekte, en aangesien hy nie meer die dryf van ons
voorvaders
in hom het nie, is hy nou mislik teen oor ander wat die moed en krag het om
sulke
ondekkings reise aan te pak.
Jammer as ek perongeluk op 'n stert trap, maar my oë is op die horison
gerig,
nie op die grond voor my voete nie. In elk geval oom Hans, ek stuur jou 'n
sak
suiker, daai bek kort dit :o)
Hans wrote in message ...
> Ou Kassie,
>
> Jy word eerstens herdoop - Oom Kaspaas (en Nefie) was geliefde karakters.
> (Jou nuwe naam dra die potensiaal van sulke lekker konnotasies........)
>
> Jy en jou argumente !! Al daardie storie van die bobbejaan en genoeg tou
> gehoor ??? Die tekens is reeds daar. Al wat nog moet gebeur, is dat
> iemand die valdeur onder jou moet ooptrek.
>
> Aangesien Angola in hierdie argumente ingekom het, kan Angola nou dalk help
> om jou perspektiewe so bietjie reg te trek : Daardie Afrikaners het 1928/29
> weer getrek - die keer Suidwes toe en dis hulle (en die Duitsers) wat
> hierdie land makgemaak het. Hulle nageslag is vandag NOG hier en neem
> leiding in alle aspekte van die samelewing. Die kern van veral die landbou
> bestaan uit hulle.
>
> Nog meer - ons "Angole" het iets waarop jy maar net jaloers kan wees - sou
> dit binne jou begripsvermoë wees - die SAMEBINDENDE faktor van
> Angolatrekkers te wees. Wens jy kon die groot saamtrek op Swakopmund oor
> die Paasnaweek gesien en beleef het. Hulle het gekom van al die uithoeke
> van die RSA en Namibië. Maar ag, wat sal JY dan van sulke dinge verstaan
> ??? Die volgende saamtrek word reeds beplan vir die jaar 2003 by
> Swartbooisdrif aan die Kunene.
>
> As jy wil weet wat die hel dit met jou argumente oor die huidige Afrikaners
> oorsee te make het, verduidelik ek graag. Ek neig om hulle te sien as
> "Angolatrekkers" - hulle is ook besig om 'n plek êrens mak te maak want die
> meeste van hulle is geseend met spesifieke bekwaamhede wat in groot aanvraag
> is daar oorkant. Jy het mos al gehoor van die profeet in sy eie
> land..............Ek probeer regtig die verduideliking so eenvoudig en
> verstaanbaar moontlik vir jou te maak.
>
> Daar word REEDS Afrikaner(sprekende)-samekomste in die buiteland gereel en
> my voorspelling is dat hulle nageslag, met dieselfde trots wat ek as
> "Angool" het, toekomstige saamtrekke sal organiseer. Miskien na my leeftyd
> maar as spook mag ek dalk meer reisvaardig wees as tans en ek sal dit dan
> bywoon.
>
> Groetnis
> Oom Hans
>
> NS.
> Kon nie verhelp om jou tersluikse verwysinkie na die sielkunde raak te sien
> nie. Is jy darem al beter of sukkel hulle nog om 'n middel vir jou te kry
> ??
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18738 is 'n antwoord op boodskap #18672] |
Fri, 30 October 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leswin Laubscher wrote in message ...
>
> NuweSAner wrote in message ...
>> On Wed, 28 Oct 1998 13:03:41 -0500, "Kwarantyn"
>> had the following to say:
>>
>> Ek gooi 'n klip in die bos:
>
> Daai klip lyk baie na Van Oostrum s'n.
Ja, 'n minder kundige waarnemer (of 'n kwaadwillige een) sou maklik so 'n
fout kon maak.
"Oom Kaspaas" is duidelik 'n inlgeligte persoon wat sy standpunte goed
artikuleer. Maar daar is ook ten minste twee duidelike verskille:
Hy maak soms stellings wat hy nie kan verantwoord nie, en baie van sy
standpunte is ooglopend teenstrydig met die standpunte wat ek konsekwent in
hierdie nuusgroep en elders handhaaf.
Dis heelwat anders as Sizwe en Leswin, byvoorbeeld, twee personas wat
presies dieselfde soort nonsens kwytraak, en daarbenewens presies dieselfde
soort idiosinkratiese taalgebruik (insluitende taal-"foute") het.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18784 is 'n antwoord op boodskap #18672] |
Sun, 01 November 1998 00:00   |
rana
Boodskappe: 25 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , Steve Du Plessis
writes
> my oë is op die horison
> gerig,
> nie op die grond voor my voete nie.
Steve, en ek sê Ditto!, hierdie gedurige lykskouings :( ... mens kan
leer uit die verlede, ja, maar dan kyk en beur jy tog immers vort, en
bou op die positiewe!
Groete,
Rana
--
rana
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ag nee, Oom Kaspaas..... [boodskap #18992 is 'n antwoord op boodskap #18672] |
Fri, 06 November 1998 00:00  |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan wrote:
>
> On Wed, 04 Nov 1998 09:50:15 +0200, lou wrote:
>
> |Lui die begrip Twin Cities 'n klokkie?
>
> Lou, nou's jy deurmekaar - dis ek wat in die Twin Cities bly...
>
> Johan
>
Nee Johan ek dink tog nie so nie. Beide jy en NuweSAer pos van Citilink
af. Dit is tog 'n ISP wat in die Twin Cities bedryf word - Minneappolis
St Paul? Miskien moet jy en NuweSAer bietjie by mekaar uit kom en 'n
tjoppie tan en 'n paar Bud's knak. :D
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:41 UTC 2025
|