Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Word 'n Kultivark !!!
Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18632] Di, 27 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Het u moed opgegee in u pogings om gewoon sosiaal aanvaarbaar te wees, of
selfs net om 'n plein goeie christenmens te wees?

Moenie wanhoop nie - daar is nou 'n alternatief:

Word 'n KULTIVARK!

Soos almal weet, is kultivarke die resultaat van kultivering. Kundiges op
die gebied van kurrikulumontwikkeling het 'n toepaslike kurrikulum
ontwikkel, en dit is so pas goedgekeur deur die Raad op Sosiale Sirkusse en
die Stigting Moeders van Manipulasie. Ons plaas die volledige
kurrikulumdokument soos goedgekeur:

Kurrikulumelement XFT6754008DER: Kultivering *Alternatiewe benaming:
"Kultivasie"

Kortbeskrywing: Die kwalifikasie in kultivering bemagtig die leerder om
sosiale manipulasie te probeer pleeg, met spesiale klem op vaardighede in
die
ikonomie, bevarking en bevarkingsbestuur, ignorasie, ignoransie en
pretensie. Na voltooiing van
die kwalifikasie is die suksesvol gekultiveerde kandidaat daarop geregtig om
die titel "kultivark" te gebruik vir professionele en sosiale doeleindes, en
vir plasing op die protokollys van die Departement Kulkuns, Kultuur en
Swendelry.

Taakontleding:

Ingevolge standaardkurrikuleringspraktyk is ervare en suskesvolle kultivarke
ge-identifiseer en hul gebruike en praktyk ontleed te einde die Kritiese en
Spesifieke uitkomstes vir die kwalifikasie te bepaal. Hoewel die praktyk van
kultivering reeds sedert die vroegste tye bekend is, is gevind dat dit
minder gewild is in die huidige samelewings as in vroeër tye toe elitisme,
klasse-onderskeid en rassisme meer aanvaarbaar was. Desnieteenstaande was
dit moontlik om twee leidedende kultivarke te vind, soos uitgewys deur
Bouwer (1998). Hulle is die outeur self, Gloudina Bouwer, en ene Leswin
Laubscher.

Gegrond op 'n ontleding van die gekultiveerde praktyk van die twee genoemde
kultivarke op die nuusgroep soc.culture.south-africa.afrikaans, is die
volgende kurrikulum saamgestel:

Toelatingsvereistes:

Een of meer Hoooogere Grade van een of meer universteite. Enige
blootstelling aan 'n Tegniese omgewing kontamineer die kandidaat op 'n
manier wat hom of haar terstond diskwalifiseer vir kwalifikasie as
Kultivark.

A. Basiese Vermoëns

Eenheid 1: Ignoransie

Uitkoms: Die leerder moet die vermoë demonstreer om gesaghebbende uitsprake
te maak oor onderwerpe waaroor hy of sy volkome onkundig is. (Sien Nota 1)
Prestasiekriterium: Volgehoue ignoransie aangaande enige belangrike
aangeleentheid vir 'n tydperk van ten minste ses maande

Eenheid 2: Ignorasie

Uitkoms: Die leerder moet die vermoë demonstreer om alle teregwysing, of
enige pogings om hom of haar in te lig aangaande sake waaroor hy of sy
onkundig is, met minagting te ignoreer (Sien Nota 1)

Prestasiekriterium: Ignorasie moet suksesvol volgehou word, selfs al word
die kandidaat onderwerp aan gedetermineerde pogings van persone wat
persoonlik ervaring het van die onderwerp van ignoransie (Sien Eenheid 1).

Eenheid 3: Pretensie

Uitkoms: Die leerder moet demonsteer dat hy of sy oortuig is dat sy of haar
eie perstasies, lewenskeuses, of perspektief op sake meerderwaardig is
wanneer dit vergelyk word met die van enige ander persoon.

Prestasiekriterium: Bewyse van uiterste minagting vir die status, vermoëns,
menings, prestasies of insigte van ander.

B. Praktiese Vermoëns

Eenheid 4: Bevarking en Bevarkingsbestuur

Uitkoms: Die leerder moet demonstreer dat hy of sy in staat is om 'n ander
persoon se belange op onregmatige wyse te benadeel.

Prestasiekriterium: Intimidasie van 'n ander persoon, by wyse van
onregmatige aanwending van magte waaroor die kandidaat nie beskik nie,
bedreiging van die persoonlike veiligheid of belange van 'n persoon of sy
gesin deur etniese magsuitoefening, en/of openlike diefstal van die
eindomsreg van ander ten opsigte van enige saak, insluitende intellektuele
eiendom. Superieure bevarking word gedemonstreer as die kandidaat daarin
slaag om 'n ander persoon te intimideer op grond van beweerde misstappe
waaraan die kandidaat self skuldig is.

Eenheid 5: Ikonomie (sien Nota 2)

Uitkoms: Die leerder moet demonstreer dat hy of sy in staat is om die
ikonium te bespeel deur die ikone lustig en met volgehoue geesdrif te
tokkel.

Prestasiekriterium: Volgehoue tokkeling van die ikone, sonder om ag te slaag
op kritiek van die gehoor waarop die uitvoering gemik is. Superieure
ikonomie word gedemonstreer as die kandidaat die ikone tokkel sonder enige
kennis aangaande die klank wat enige bepaalde ikoon voortbring, of wat die
effek daarvan op die gehoor sal wees.

Aanbevole Onderwysmetodiek:

Kultivarke word natuurlik soos virusse, baterieë, draderig muf en slymerige
swamme, in 'n KULTUUR gekweek.

Vir die optimale ontwikkeling van kultivarke word 'n kultuur aanbeveel wat
ryk is aan selfbedrog, eiewaan elitisme, etniese vooroordeel en minagting
van ander. Die etniese vooroordeel moet egter toegedien word in 'n vorm wat
voorgee om die teendeel van vooroordeel te wees.

Nota 1: 'n Spesiale prys word toegeken aan leerders wat onderskeidings
behaal in die Eenhede Ignoransie en Ignorasie. Die prys is 'n eposadres in
die domein igs.net (Soos almal weet, is "igs" 'n akroniem vir
"_IG_noransievlak _S_uperieur")

Nota 2: Ikonomie verwys na die bemeestering van die Ikonium-instrument. Soos
almal
weet, is die Ikonium 'n ontwikkeling uit die ouderwetse propaganda-orrel.
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18633 is 'n antwoord op boodskap #18632] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hèi, die 'wit' vlie met 'jets' rond... met die wind van agter!
Groete
Hannes
Op Tue, 27 Oct 1998 19:42:39 +0200 skryf "Henri Burger"
:

->
-> Leendert van Oostrum skryf:
->
-> >> 'n kombinasie van wind- en snaarinstrument, die wanklankigheid daarvan
-> (die winde) kan verklaar.
->
-> >'n Fatale flater, Henri! Fataal!
->
-> Aangesien ek nou maar my hoop op promovering moet plaas, is daar seker nie
-> kwaad daarin om jou antwoord te bevraagteken nie.
->
-> Jy bedoel seker 'n FLATALE flater, Leendert?!
->
-> Groete
-> Henri
->
->

...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18634 is 'n antwoord op boodskap #18632] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Henri Burger skryf oor die ikonium:

>> [Jy openbaar 'n ander deel van jou persoonlikheid hiermee, Leendert. Wil jy
>> nie 'n paar Hardekoolvuurstories skryf nie?!]
>
> Dit was 'n fout van my, Henri, om te laat deurskemer dat daar ander fasette
> aan my persoonlikheid is. Jy sien, dit kan my vermoë benadeel om net op een
> snaar te tokkel!

En o ja! Ek weet jy het nog nie Bevarkingsbestuur 803 gedoen nie, maar ek
dink jy sal dit miskien baie moeilik vind as jy nie dadelik ophou om mense
aan te moedig nie.

Groete, Leendert
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18635 is 'n antwoord op boodskap #18632] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger skryf oor die ikonium:

> My bronne sê dis 'n samevoeging van die propaganda-orrel, en die minder
> bekende 1-snaar kitaar? Dit maak meer sin, aangesien 'n kombinasie van wind-
> en snaarinstrument, die wanklankigheid daarvan (die winde) kan verklaar.

'n Fatale flater, Henri! Fataal! Jy dop Ignoransie 801 sonder meer, en dit
blyk dat jou toelating tot die kursus heroorweeg sal moet word in die lig
van tekens dat jy TEGNIESE BLOOTSTELLING (rilllllllll.......) gehad het.

Jou inligting is natuurlik korrek, maar jy moet verstaan dat ignoransie
slegs volgehou kan word deur voltrekte weiering om BRONNE te raadpleeg.
Gelukkig word jy gered deur die feit dat jy jou daarvan weerhou het om die
bron te identifiseer ('n fout wat die arme oorle Sizwe gemaak het, onthou
jy? Sy aspirasies om ook 'n kultivark te word is daarmee vir ewig gekelder -
ook die dat hy so stert tussen die bene uit die KULTUUR van die nuusgroep
uit weg is.)

Maar ek moet jou ook waarsku van 'n ander gevaar wat ek vir jou op die
horison sien:

Soos dit duidelik in die kurrikulum beskryf is, is suksesvolle ikonomie
slegs moontlik vir aspirant-kultivarke wat heeltemal onkundig is van die
TEGNIESE (Rillllllllll..........) aspekte van die ikonium.

As jy dus volgende jaar nog hier wil wees, beveel ek aan dat jy dadelik
alles vergeet wat jy gelees het. Raak ook ontslae van alles wat jou moontlik
aan 'n BRON kan herinner. En asseblief: bly weg - veeeeer weg - van alles
wat TEGNIES is!!!!!!

>
> [Jy openbaar 'n ander deel van jou persoonlikheid hiermee, Leendert. Wil jy
> nie 'n paar Hardekoolvuurstories skryf nie?!]

Dit was 'n fout van my, Henri, om te laat deurskemer dat daar ander fasette
aan my persoonlikheid is. Jy sien, dit kan my vermoë benadeel om net op een
snaar te tokkel!

Groete, Leendert
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18682 is 'n antwoord op boodskap #18632] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>>
>> Henri Burger skryf oor die ikonium:
>
>
>>> [Jy openbaar 'n ander deel van jou persoonlikheid hiermee, Leendert. Wil
> jy
>>> nie 'n paar Hardekoolvuurstories skryf nie?!]
>>
>> Dit was 'n fout van my, Henri, om te laat deurskemer dat daar ander fasette
>> aan my persoonlikheid is. Jy sien, dit kan my vermoë benadeel om net op een
>> snaar te tokkel!
>
> En o ja! Ek weet jy het nog nie Bevarkingsbestuur 803 gedoen nie, maar ek
> dink jy sal dit miskien baie moeilik vind as jy nie dadelik ophou om mense
> aan te moedig nie.

En nog 'n ding: Dis VREESLIK ongekultiveerd om ooit self iets oorspronkliks
te skryf.

Gekultiveerdheid word daaraan geken dat die kultivark die oorspronklike werk
van ander mense in groot hoeveelhede sonder hul toestemming publiseer.

Gevorderde kultivarke ontmoedig ook ander mense om oorspronklike goed te
skryf. As mense dit wel waag, intimideer die gevorderde kultivark hulle deur
die goed wat hulle skryf op afbrekende wyse te kritiseer, al plaas hulle
self dinge wat presies dieselfde goed bevat as dit waarvoor hulle die
oorspronklike bydraes kritiseer.

Dis alles deel van die kultivark se bevarkingsfunksie, sien.
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18745 is 'n antwoord op boodskap #18632] Vr, 30 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan"
haal 'n lang stuk
van Leendert van Oostrum aan. My enigste reaksie
op bogenoemde geskrif is om myself te vra: waar
kry die man al die tyd om so te sit en skryf?
Hy is veronderstel om tuisonderwys aan sy kinders
te verskaf.

>> Toelatingsvereistes:
>>
>> Een of meer Hoooogere Grade van een of meer universteite.


Ek neem aan dis 'n kwessie van suur
druiwe hier. So oud en het nog net
'n ou MA-tjie.

Houyhnhnmpie
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18761 is 'n antwoord op boodskap #18632] Sa, 31 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> "Riaan"
> haal 'n lang stuk
> van Leendert van Oostrum aan. My enigste reaksie
> op bogenoemde geskrif is om myself te vra: waar
> kry die man al die tyd om so te sit en skryf?
> Hy is veronderstel om tuisonderwys aan sy kinders
> te verskaf.

Tsk...tsk...tsk. Mooi voorbeeld van Ignoransie hier ge-illustreer, Gloudina!

Tipies van so baie onderwysers wat hul aannames oor tuisonderwys grond op hul
opleiding en ervaring van skoolonderwys.

Op die gevaar af dat jou ingoransievlak daaronder mag ly, Gloudina, net 'n
wetenswaardigheidjie oor tuisonderwys:

Die beste wat jy met jou kinders kan doen is om op te hou om vir hulle
onderwys te gee, sodat hulle kan begin leer. Voorbeeld: My middeldogter (4
jaar oud) het onlangs weggespring en 'n teks van 300 woorde voorgelees.
Niemand weet hoe sy leer lees het nie. Sy self ook nie. Twee dae later kondig
sy aan: "Elf, vat weg twee, is nege". Ma raas met oudstedogter (10) "Ek het
gesê jy moenie vir middeldogter goed leer wat te moeilik is vir haar nie".
Oudstedogter: "Ek het dit nie vir haar geleer nie, ma!" Middeldoger: "Nee,
ma. Sy het nie. Ek het dit uitgedink". Ens. ens. ens.

>
>>> Toelatingsvereistes:
>>>
>>> Een of meer Hoooogere Grade van een of meer universteite.
>
> Ek neem aan dis 'n kwessie van suur
> druiwe hier. So oud en het nog net
> 'n ou MA-tjie.

Goue sterretjie vir Pretensie, Gloudina. En eervolle vermelding vir
Ignoransie.

Vriendelike Groete, Leendert
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18790 is 'n antwoord op boodskap #18632] So, 01 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes:

> Tipies van so baie onderwysers wat hul aannames oor tuisonderwys grond op hul
> opleiding en ervaring van skoolonderwys.

> Die beste wat jy met jou kinders kan doen is om op te hou om vir hulle
> onderwys te gee, sodat hulle kan begin leer.
Voorbeeld: My middeldogter (4 > jaar oud) het
onlangs weggespring en 'n teks van 300 woorde voorgelees.
> Niemand weet hoe sy leer lees het nie. Sy self ook nie.

Jy maak nou of dit so 'n ongewone situasie
is. Van my kinders het dieselfde gedoen.(My
teorie is dat die maand wanneer jou kind sy
eerste tand kry, daardie jaar begin hy lees.)
Kinders in Montessori-klaskamers begin gereeld
op 2 en 3 jaar al begin lees. (Die bewyse is
daar dat hulle nie veel later in die lewe
baat nie, en selfs akademies ongebalanseerd
maak.)

Wanneer ek wonder hoekom jy so baie tyd het
om voor die rekenaar te sit as jy jou kinders
tuis onderrig, dan is dit as gevolg van die
volgende ondervinding wat ek van ouers het wat
tuisonderrig beoefen: hulle (en hulle kinders)
gaan groot dele van die dag uit om daardie
ondervindings aan hulle kinders te gee wat die
normale skool aan 'n skoolgaande kind sou gee:
hulle bring die kinders na biblioteke en
museums en konserte, en die kinders neem aan
'n groot verskeidenheid van sosialiserende
aktiwiteite deel om op te maak vir die feit
dat hulle nie hierdie aktiwiteite in 'n skool
kry nie.

Ek wonder egter nog altyd oor tuisonderwys:
sou my kinders se ontwikkeling van leierskap-
kwaliteite kon ontwikkel as ek hulle tuis onder-
rig het? Sou, in veral een geval, hy kon ontwikkel
het tot die punt dat hy die voorsitter van 'n
provinsiale Youth Forum kon word, en daarna 'n
lid van die Canadian Youth Federation. Sou, in
'n ander geval, hy toegang kon kry tot 'n prestige
Universiteit waar alleen van die beste akademiese
studente vir hulle rekenaarsprogram toegelaat word,
as hy nie ook AAA-basketball vir sy skool gespeel
het en so kon bewys dat hy hare op sy tande het nie.
Dis dinge om te oorweeg voordat jy besluit dat jy
jou kinders van die sosialiserende aktiwiteite van
skole gaan weghou. Leer kan enige kind enige plek
doen. Sosialiserings-dinamieke kan jou kind net
leer tussen sy tydgenote.

Gloudina
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18791 is 'n antwoord op boodskap #18632] So, 01 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> oos...@geocities.com writes:
>
>> Tipies van so baie onderwysers wat hul aannames
> oor tuisonderwys grond op hul
>> opleiding en ervaring van skoolonderwys.
>
>> Die beste wat jy met jou kinders kan doen is om op te hou
> om vir hulle
>> onderwys te gee, sodat hulle kan begin leer.
> Voorbeeld: My middeldogter (4 > jaar oud) het
> onlangs weggespring en 'n teks van 300 woorde voorgelees.
>> Niemand weet hoe sy leer lees het nie. Sy self ook nie.
>
>
> Jy maak nou of dit so 'n ongewone situasie
> is. Van my kinders het dieselfde gedoen.(My
> teorie is dat die maand wanneer jou kind sy
> eerste tand kry, daardie jaar begin hy lees.)
> Kinders in Montessori-klaskamers begin gereeld
> op 2 en 3 jaar al begin lees.

Korrek. Maar die omgewing en die aktiwiteite is doelbewus daarop gerig
(Montessori - soos dit deesdae bedryf word - is myns insiens juis veels te
instrumentalisties). My stelling, daarenteen, is dat kinders beter leer hoe
minder "onderwys" hulle kry.

> (Die bewyse is
> daar dat hulle nie veel later in die lewe
> baat nie, en selfs akademies ongebalanseerd
> maak.)

Dit is waar dat baie meer kinders kan lees wanneer hulle skool toe gaan as
wat baie mense dink - dit word, onder andere, toegeskryf aan die effek van
TV- advertensies waar teks en spraak dikwels ooreenstem. Dit is egter ook
waar dat die oorgrote meerderheid van hulle ophou lees sodra hulle in die
skool kom. Om twee redes - dis absoluut noodsaaklik om te konformeer volgens
die norm, en dis gou duidelik dat die kinders wat nog nie kan lees nie meer
aandag kry.

Soos jy egter weet, het ek geen TV in die huis nie.

>
> Wanneer ek wonder hoekom jy so baie tyd het
> om voor die rekenaar te sit as jy jou kinders
> tuis onderrig, dan is dit as gevolg van die
> volgende ondervinding wat ek van ouers het wat
> tuisonderrig beoefen: hulle (en hulle kinders)
> gaan groot dele van die dag uit om daardie
> ondervindings aan hulle kinders te gee wat die
> normale skool aan 'n skoolgaande kind sou gee:

> hulle bring die kinders na biblioteke en
> museums en konserte, en die kinders neem aan
> 'n groot verskeidenheid van sosialiserende
> aktiwiteite deel om op te maak vir die feit
> dat hulle nie hierdie aktiwiteite in 'n skool
> kry nie.

Daar is 'n veel groter verskeidenheid onderwysbenaderings in tuisonderwys te
vind as in skoolonderwys, Gloudina. Om "groot dele van die dag" rond te rits
is maar een van hulle. Volgens die huidige navorsing is daar geen onderskeid
te vind in die akademiese rendement van die verskillende benaderings nie. Ek
kan jou verseker dat die praktyk wat jy waargeneem het geensins
verteenwoordigend is nie - miskien is die ouers onder 'n wanindruk oor die
beweerde voordele van skole, en probeer nou daarvoor kompenseer. Ek vermoed
hulle sal so 'n roetine nie lank kan volhou nie.

En hoeveel tyd bring skoolkinders in biblioteke deur, Gloudina? My jongste het
so pas, soos die oueres, op die ouderdom van ses maande haar biblioteekkaart
gekry.

Hoeveel tyd bring hulle deur in museums? Ek reken een dag elke week of twee is
meer as voldoende vir sulke aktiwiteite, gesien in die lig daarvan dat die
gemiddelde woonhuis veel meer en 'n groter verskeidenheid toerusting, boeke,
musiekinstrumente en tegnologie bevat as die gemiddelde skool in dieselfde
gemeenskap - soos ek onlangs vir ferdi gedemonstreer het.

En konserte? My oudste het hierdie jaar weer met haar viool die beste
presteer van die musiekleerlinge by die musieksentrum van die plaaslike
laerskool. Sy kry tyd om te oefen, sien, want haar skooldag is maar drie ure
op die meeste, dan is alles klaar, insluitende huiswerk. En sy het
geleentheid om na musiek te luister - enige tyd van die dag.

En aan watter sosialiserende aktiwiteite word kinders in skole blootgestel?
Kom ek vertel jou: die geselskap van derdig tot sestig ander mense van
dieselfde ouderdom en lewenservaring as jyself, wat tegelykertyd dieselfde
ding doen onder die toesig van een volwassene. Hierdie "sosiale" model vind
jy in slegs twee werkomgewings in die volwasse lewe - in tronke en in die
weermag. Dus: as jy jou kinders sosialiseer om "convicts" of "conscripts" te
word, is die skool die korrekte sosiale model.

Die meer algemene sosiale struktuur in die werkomgewing vandag is 'n klein
groep mense van verskillende agtergrond, ervaring, en kundigheid wat in
spanverband saamwerk aan projekte. Hiervan is die gemiddelde huisgesin 'n veel
beter model as die gemiddelde skool.

Verder: Chatham-Carpenter is maar een van die navorsers wat bevind het dat die
gemiddelde aantal sosiale interaksies van kinders in tuisonderwys nie
betekenisvol verskil van die van geïnstitutsionaliseerde kinders nie. En die
gemiddelde aantal verskillende persone waarmee hulle interaksies het ook nie.
Wat wel verskil, is dat die interaksies van geïnstitusionalsieerde kinders vir
70% beperk is tot mense wat nie meer as twee jaar van hulself verskil in
ouderdom nie. Dit blyk dus dat geïnstitusionaliseerde kinders inderdaad aan 'n
verarmde sosiale omgewing blootgestel word.

Die algemene slotsom van navorsers is dat die gemiddelde kind in tuisonderwys
ten minste ewe goed gesosialiseer is as die gemiddelde geïnstitusionaliseerde
kind in 'n vergelykbare gesin.

>
> Ek wonder egter nog altyd oor tuisonderwys:
> sou my kinders se ontwikkeling van leierskap-
> kwaliteite kon ontwikkel as ek hulle tuis onder-
> rig het?

Die wat ek kinders in tuisonderwys ken, insluitende my eie , lewer hul kwota
spanleiers op in voortrekkers, scouts en Navy League, en waarskynlik meer as
die normale kwota kinders wat sendingwerk of ander welsynswerk verrig -
ouetehuise is veral gewild.

> Sou, in veral een geval, hy kon ontwikkel
> het tot die punt dat hy die voorsitter van 'n
> provinsiale Youth Forum kon word, en daarna 'n
> lid van die Canadian Youth Federation.

Een seun in tuisonderwys uit Mosselbaai (Std 8) was so vanjaar een van die
drie wenners van 'n prestigewedstryd vir jong entrepreneurs - die ander twee
was universiteitstudente. Hy het SA by die internasionale kompetisie in
Skotland verteenwoordig. 'n Tuisskooldogter (Std 9) van Mafikeng
verteenwoordig SA gereeld by projekte van die VN oor jeugbetrokkenheid in
plekke soos London, Hongarye en Ghana. Sy is tans verantwoordelik vir die
plaaslike vrystelling van 'n boek waarvan sy 'n medewerker is en wat deur 'n
VN-agentskap uitgegee word. 'n Ander dogter in tuisonderwys het 'n
stadsraadslid van Kemptonpark-Tembisa geword in die jaar wat sy haar
matriekeksamen voltooi het.

Dan praat ek nie van die gimnaste en musiekante en die skaak-, golf- en
tennisspelers wat tuisonderwys kies omdat dit hulle die vryheid gee om hul
onderwys te voltooi terwyl hulle op die "circuit" is nie.

> Sou, in
> 'n ander geval, hy toegang kon kry tot 'n prestige
> Universiteit waar alleen van die beste akademiese
> studente vir hulle rekenaarsprogram toegelaat word,
> as hy nie ook AAA-basketball vir sy skool gespeel
> het en so kon bewys dat hy hare op sy tande het nie.

'n Agtergrond van tuisonderwys is besig om opsigself so 'n aanbeveling te
word, Gloudina. Verlede jaar is berig dat beide Yale en Harvard die
tuisonderwysgemeenskap ingeluit het by hul prioriteitsektore vir die werwing
van nuwe studente - saam met sportsterre en akademiese presteerders. Dit blyk
dat hulle gevind het dat studente uit tuisonderwys onafhanklike leerders is
wat weet waarheen hulle op pad is en weet hoe om daar uit te kom. Sommige
ander universiteite in die VSA gee nou meritebeurse vir studente uit
tuisonderwys - in een geval US$2000 per jaar vir elke jaar wat jy in
tuisonderwys was. Hierdie dinge doen universiteite nie, Gloudina, behalwe as
hulle kompeteer vir bepaalde studente nie.

> Dis dinge om te oorweeg voordat jy besluit dat jy
> jou kinders van die sosialiserende aktiwiteite van
> skole gaan weghou. Leer kan enige kind enige plek
> doen. Sosialiserings-dinamieke kan jou kind net
> leer tussen sy tydgenote.

Dit is die dinge wat ek oorweeg het, Gloudina. Ek het 'n tesis daaroor
geskryf, onthou.

Waar dit my bedrywighede op die rekenaar en hierdie nuusgroep aangaan: Wat jy
kennelik nie besef nie, is dat kinders in tuisonderwys tot veel groter mate
betrek word by hul ouers se aktiwiteite as wat dit die geval is by
ge�nstitusionaliseerde kinders.

So ook met die wetenswaardighede wat op hierdie nuusgroep en ander forums ter
sprake kom. Verskillende perspektiewe oor dinge soos die WVK, apartheid, ens.
kom ter sprake en ons het so pas aan die hand van tekste uit hierdie
nuusgroep 'n aantal lang en lewendige gesprekke gehad oor hoogmoed, eiewaan
en pretensie.

Jou eie bydraes lewer soms interessante materiaal op vir bespreking van
linguistiese verskynsels (my vrou het 'n professionele belangstelling in die
linguistiek en ons taalonderrig word aan die hand van "lewende tekste" gedoen,
eerder as handboeke) Ons het al selfs argumente gehad oor gedigte wat van die
nuusgroep af kom.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Word 'n Kultivark !!! [boodskap #18832 is 'n antwoord op boodskap #18632] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
oos...@geocities.com wrote:
> In article ,
> wrote:
>> "Riaan"
>> haal 'n lang stuk
>> van Leendert van Oostrum aan. My enigste reaksie
>> op bogenoemde geskrif is om myself te vra: waar
>> kry die man al die tyd om so te sit en skryf?
>> Hy is veronderstel om tuisonderwys aan sy kinders
>> te verskaf.
>
> Tsk...tsk...tsk. Mooi voorbeeld van Ignoransie hier ge-illustreer, Gloudina!
>
> Tipies van so baie onderwysers wat hul aannames oor tuisonderwys grond op hul
> opleiding en ervaring van skoolonderwys.
>
> Op die gevaar af dat jou ingoransievlak daaronder mag ly, Gloudina, net 'n
> wetenswaardigheidjie oor tuisonderwys:
>
> Die beste wat jy met jou kinders kan doen is om op te hou om vir hulle
> onderwys te gee, sodat hulle kan begin leer. Voorbeeld: My middeldogter (4
> jaar oud) het onlangs weggespring en 'n teks van 300 woorde voorgelees.
> Niemand weet hoe sy leer lees het nie. Sy self ook nie. Twee dae later kondig
> sy aan: "Elf, vat weg twee, is nege". Ma raas met oudstedogter (10) "Ek het
> gesê jy moenie vir middeldogter goed leer wat te moeilik is vir haar nie".
> Oudstedogter: "Ek het dit nie vir haar geleer nie, ma!" Middeldoger: "Nee,
> ma. Sy het nie. Ek het dit uitgedink". Ens. ens. ens.
>
>

Interessant Leendert

Met ons verhuising na Nederland (begin Junie), het my vrou (ook 'n
onderwyser) besluit dat my seun eers standerd 2 moet klaarmaak op die
Suid-Afrikaanse sillabus. Op die oog af het dit gelyk na 'n strawwe program.
Die nuwe skooljaar hier in Nederland sou hier teen die laaste derde van
Augustus begin. Heel verbasend toe ek een middag teen die middel van Julie
('n maand nadat hy begin het met die ander helfte van sy skooljaar)by die
huis kom en hoor dat die jonge David klaar is met sy Suid-Afrikaanse
skooljaar! Ek kon dit nie glo nie en het hom getoets op sy kennis, maar kon
nie 'n fout vind nie. Hy het die werk nie net geken nie, maar insig en begrip
getoon vir al die vakke. Vir my het dit gewys dat die individuele aandag wat
hy gekry het sy leerkurwe versnel het tot so 'n mate dat ses maande se
skoolwerk in een maand geen probleem was nie. Die "acid test" sou natuurlik
wees hoe die Nederlandse skoolsisteem sy vakvaardigheid sou vind. Op sy
eerste skooldag hier, het hy toetse geskryf sodat hul kon bepaal waar hy moet
inskakel (natuurlik alles in Nederlands). Volgens sy ouderdom moes hy in
groep 7 ingedeel word. Hul het gevind dat sy Wiskunde byna op vlak 8 vlak
was, sy Engels op vlak 8, sy Nederlands, sy topografie en sy ander vakke op
vlak 6. Hul het besluit om sy onderwys te split tussen vlak 6 en vlak 7. Op
hierdie stadium kry hy klas op alles behalwe Nederlands op vlak 7.

So - die tuisonderrig oefening was volgens my hoogs suksesvol, en ek sou sê
dat as ons dalk teruggaan na Suid-Afrika voordat hy klaar is met skool sal ek
DEFINITIEF my seun laat tuisonderrig kry op 'n internasionale sillabus.

Groete

-Gideon-
Vorige onderwerp: Dekonstruksie van 'n vark
Volgende onderwerp: Aanmatigende Kaspaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 21:11:10 MGT 2024