Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aanmatigende Kaspaas
Aanmatigende Kaspaas [boodskap #18717] Do, 29 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kaspaas - hy is nie die eretitel "Oom" meer werd nie - is nou net so
aanmatigend soos diegene vir wie hy hom kamma skaam. As 'n mens 'n persona
wil aanneem, moet jy maar liewer altyd "in karakter" bly.

Nee wat, Kaspaas, jy het die hele strekking en toonaard van my antwoord aan
jou gemis.

Ou Kaspaas - jy sê saam met ou Mandela: "Good riddance!"

Snaaks, dis nogal half soos ek gevoel het daardie keer toe ons van die
Johanneburgse Internasionale Lughawe af opgestyg het, en die stad se liggies
onder ons verdwyn het......

Good riddance.....
Re: Aanmatigende Kaspaas [boodskap #18718 is 'n antwoord op boodskap #18717] Do, 29 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kwarantyn my ou boetie - jy het jou reg op geloofwaardigheid verloor die dag
toe jy van jou geboorte land af weggehol het. Eers het jy jou dik gesuip van
die moes van jou heimat en toe loop jy weg soos 'n sleg ding. Hou op om flou
verskonings op te dis. Jy bly maar nog net 'n hensopper...... oom Nelson ken
jou soort. Hamba wena!
----------------------
Kwarantyn wrote in message
...
> Kaspaas - hy is nie die eretitel "Oom" meer werd nie - is nou net so
> aanmatigend soos diegene vir wie hy hom kamma skaam. As 'n mens 'n persona
> wil aanneem, moet jy maar liewer altyd "in karakter" bly.
>
> Nee wat, Kaspaas, jy het die hele strekking en toonaard van my antwoord aan
> jou gemis.
>
> Ou Kaspaas - jy sê saam met ou Mandela: "Good riddance!"
>
> Snaaks, dis nogal half soos ek gevoel het daardie keer toe ons van die
> Johanneburgse Internasionale Lughawe af opgestyg het, en die stad se liggies
> onder ons verdwyn het......
>
> Good riddance.....
>
Re: Aanmatigende Kaspaas [boodskap #18748 is 'n antwoord op boodskap #18717] Vr, 30 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Kwarantyn my ou boetie - jy het jou reg op geloofwaardigheid verloor die
dag

En wanneer het ek darop aanspraak gemaak? 'n Mens maak nie aanspraak op iets
wat jy vanself het nie

> toe jy van jou geboorte land af weggehol het.

Mmmm... interessante woordkeuse... weggehol het, nogal.

> Eers het jy jou dik gesuip van die moes van jou heimat

Die tipe beeldspraak wat jy gebruik weerspieël seker 'n bepaalde kulturele
agtergrond.

> Hou op om flou verskonings op te dis.

Noem 'n enkele verskoning? en waarvoor nogal?

> Jy bly maar nog net 'n hensopper......

Dalk moet jy maar eers gaan oplees wat 'n hensopper is. Dalk sal jy dan
verstaan hoe min jy regtig weet.

> oom Nelson ken jou soort. Hamba wena!

Nou is jy Mandela se segsman? Mmmm... en wat is nou weer die definisie van
'n hensopper...??
Die ou spreekwoord sê mos as jy 'n man genoeg tou gee, sal hy homself
ophang. Hoe lyk dit my dis alte waar.

Ag, ou Kaspaas, papbroeke soos jy sien nie kans vir die ontwrigting van trek
nie. Hulle bly maar agter en skel die ander uit wat die moed van hulle
oortuigings gehad het. Ek het nou onwillig die bande met my vaderland
geknip. Lyk my ek moet maar die bande met die taalgenote wat hier op hierdie
NG rondkuier ook verbreek. Wat hier gesê word is selde opbouend. Antwoord
dus maar as jy wil, ek gaan in ieder geval nie hier rond wees om dit te lees
nie.

Koebaai!
Re: Aanmatigende Kaspaas [boodskap #18749 is 'n antwoord op boodskap #18717] Vr, 30 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 30 Oct 1998 07:41:18 -0500, "Kwarantyn"
had the following to say:
|geknip. Lyk my ek moet maar die bande met die taalgenote wat hier op hierdie
|NG rondkuier ook verbreek. Wat hier gesê word is selde opbouend. Antwoord
|dus maar as jy wil, ek gaan in ieder geval nie hier rond wees om dit te lees
|nie.
|
|Koebaai!
|
|
Dit lyk my dit is maar self ook 'n lafaard en luiaard se uitweg: As
jy nie self 'n opbouende bydrae kan lewer nie, dan sê jy gou vir
oulaas iemand sleg en verdwyn dan van die nuusgroep af.

As ouens soos die Kwaratyn knapie eerder wil bly en in stede van
antwoorde gee op minder-ernstige plasings - soos die van Oom Kaspaas -
dan maar self positiewe en opbouende bydraes lewer. Kom ons hoop
Kwarantyn is nuuskierig genoeg om net nog eenmaal die NG te lees en
dan te bly en 'n lekker vertelling oor sy nuwe tuiste te gee.

Groete!
Re: Aanmatigende Kaspaas [boodskap #18766 is 'n antwoord op boodskap #18717] Sa, 31 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
So Oom Kaspaas se plasings is minder ernstig - intellektueel sit jy die pot
heel mis! Kyk agter die woorde en word wys!
----------------------------------------------
> Dit lyk my dit is maar self ook 'n lafaard en luiaard se uitweg: As
> jy nie self 'n opbouende bydrae kan lewer nie, dan sê jy gou vir
> oulaas iemand sleg en verdwyn dan van die nuusgroep af.
>
> As ouens soos die Kwaratyn knapie eerder wil bly en in stede van
> antwoorde gee op minder-ernstige plasings - soos die van Oom Kaspaas -
> dan maar self positiewe en opbouende bydraes lewer. Kom ons hoop
> Kwarantyn is nuuskierig genoeg om net nog eenmaal die NG te lees en
> dan te bly en 'n lekker vertelling oor sy nuwe tuiste te gee.
>
>
> Groete!
Re: Aanmatigende Kaspaas [boodskap #18836 is 'n antwoord op boodskap #18717] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Sat, 31 Oct 1998 23:24:05 +0200, "Oom Kaspaas"
had de volgende te sê:

|So Oom Kaspaas se plasings is minder ernstig - intellektueel sit jy die pot
|heel mis! Kyk agter die woorde en word wys!
|----------------------------------------------
Jy spot soms fyn, maar jy kan werklik nie ernstig wees met meeste van
wat jy sê nie!

Vra hier 'n NG sensus en laat die ouens vir ons sê wie neem jou
ernstig op en wie dink jy is maar net hier om die bespreking
interesant te hou?!

Ek sit ook nie op 'n pot as ek intelektueel wil wees nie, net as
moeder natuur roep. As jy nie self op intelektuele vlak beweeg nie,
is ek seker iemand soos Gloudina sal jou kan vertel dat jy dan geen
oordeel kan vel oor 'n ander se intelektualiteit al dan nie.

Agter jou woorde sien ek net 'n knipoog wat my sê jy gooi ook maar net
klippe in die bos om te sien wat uitspring sonder om regtig te bedoel
wat jy sê
Groete!
Vorige onderwerp: Word 'n Kultivark !!!
Volgende onderwerp: rassenvermenging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 02:00:21 MGT 2024