Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net
Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net [boodskap #18508] |
Thu, 22 October 1998 00:00  |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina skryf:
> Die foksie in die middel van die trop.
Wat my laat dink aan die fox terrier wat voor die hekkie lê en slaap toe 'n
hele trop groot honde met 'n kabaal in die straat af kom.
"Kom jy saam?'' skree die Great Dane wat heel agter hardloop.
"Waarheen?" vra die foksie.
"Die teef heel voor is op hitte, ons gaan met haar paar!" skree die Great
Dane. (OK, ek dink hy was minder opgevoed as dit, maar ter wille van die
kinders...)
"OK!" sê die foksie, en hardloop saam.
Toe hulle die derde keer om die blok by die hekkie verbykom, steeds heel
agter, sê die foksie vir die Great Dane, "Ek is nou moeg van hierdie
geparery, ek gaan eers 'n bietjie rus!"
En dan was daar die Engelse jakkalsjag, waar een van daai honde 'n teef op
hitte was. Op 'n stadium vra een van die jagters vir 'n ander met 'n
verkyker waar die jakkals is.
"Vierde!", sê hy.
Vasbyt in die middel, Gloudina!
|
|
|
|
|
|
Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net [boodskap #18563 is 'n antwoord op boodskap #18508] |
Sat, 24 October 1998 00:00  |
Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19 Geregistreer: June 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , "Hans"
wrote:
> Stefan.
> Lyk my jy weet iets van Walvisbaai se "lagoon". "Windsurfers" het nou
> die plek ontdek. September is die maand wat die Suidwester hier waai soos
> omtrent die Kaapse swart Suidoos en manne vanoor die RSA en Namibië trek
> hier saam vir 'n week om spoedrekords te probeer opstel. Die SA
> spoedrekord van net oor 40 knope is verlede jaar opgestel maar die beste wat
> hulle vanjaar kon doen, was 39.52 knope. Die verwagting is dat dit net 'n
> kwessie van tyd is voordat die wêreldrekord plaaslik in sy peetjie gestuur
> sal word. Ons glo dat die "lagoon" dieselfde vir "windfurfers" is as wat
> Bitterwasser in die Suide vir sweeftuie is.
> (Nee - ek neem nie self deel nie. Bang vir versuip of dat ek dalk see-in
> gewaai kan word. Volstaan met die ou Land Rover en die visstokke op en af
> met die strand. )
>
Nou ja toe Hans,
Smoor dan maar 'n ou kabeljou vir my in aluminium papier op die
kameeldoringkooltjies, en dink aan my en al die ander wat nie daar is nie,
as die vet so lekker van jou mondhoeke af drup!
--
Stefan Harms @ Squirrel's End
|
|
|
Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net [boodskap #18566 is 'n antwoord op boodskap #18508] |
Sat, 24 October 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
hancil@mweb.co.z� (Hannes Cilliers) writes:
> -> Ja, ek het gelees wat jy van my
> -> ontslae geraak het.
>
> Gloudina
> Die hemel behoede dat hy 'van' jou 'ontslae' geraak het. Daar's 'n wet
> wat dit verbied. Jy bedoel seker wat hy *oor* jou *kwyt* geraak
> het....:-)
> Groete
> Hannes
Ek wonder tog darem of ek nie toe-
gelaat mag word om "ontslae raak"
in hierdie konteks te gebruik nie.
Dis meer pejoratief as "kwytraak,"
Waar ek wel die fout gemaak het,
is by die gebruik van "van my"
instede van "oor my." Dus moes
dit myns iniens liewer lees: "ek
het gelees wat jy oor my ontslae
geraak het."
Tant Hessie van Helsdingen (as plig
my roep, ignoreer ek hom.)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:36:30 UTC 2025
|