Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Perspektiewe oor Vreemde Kulture
Perspektiewe oor Vreemde Kulture [boodskap #18539] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
In die 80's het ek in die Caprivi my sit en verkyk aan miskruiers so groot
soos 'n man se hand se vuis wat saans daar rondgevlieg het. Die
eienaardigste was dat hulle goed kon vlieg, maar glad nie grasieus kon land
nie. Dit was bloot 'n kwessie van vlerke toemaak, en met 'n donderslag grond
toe val. Mindere intellekte as ek ('skuus vir dié voorbarigheid) het gereken
die miskruiers was maar primitief, maar die eenvoudige waarheid is natuurlik
dat hulle geen rede gehad het om sag te land nie. Daar was geen evolusionêre
druk om so 'n vermoeë te ontwikkel nie. (En as julle dalk wonder hoekom die
miskruiers om ons gedraai het, hulle het agter die lig aan gekom!)

Ek het ook met die Vasekela (Boesman/San, volgens keuse van politieke
korrektheid) te doen gekry. Hulle was mense wat in Angola in die spervuur
beland het, en oor die grens gevlug het. Hulle moes noodgedwonge by die
Weermag aansluit. Hulle was eienaardig. Die mans het hulle vergryp aan
alkohol as die geleentheid hom voorgedoen het. Die kinders het sakke vol
geld geblaas op 'arcade games' wat beskikbaar gestel is. Die vrouens het
maar lui voorgekom, en kon glad nie kos kook nie.

Maar hulle was veldmense. Ek het my verstom dat hulle met twee stokkies 'n
vuur vinniger aan die gang kon kry as ek met 'n boksie vuurhoutjies. Hulle
het vir my spore in die sand probeer wys waar daar niks was nie, en sekerlik
die mening gehuldig dat ek blind en dom was.

Laat een middag het 'n kind weggeraak, en toe hulle teen donker die soektog
gestaak het, was daar reeds hiëna spore op syne. Kort na lig die volgende
oggend is hy ongedeerd in 'n boom gekry. Hy was 3 jaar oud!

Bg. om by my punt uit te kom. Ons kyk almal na dinge vanuit 'n sekere
perspektief, en met 'n sekere waardesisteem, dikwels sonder om daardie
waardesisteem te bevraagteken. As Johan 'n kykie op die leefwyse van
Amerikaanse Indiane kry, beoordeel hy dit vanuit sy perspektief. Miskien is
hy reg, maar die moontlikheid bestaan dat daar ander redes bestaan vir hul
manier van lewe.

Dis nie my rol op hierdie ng om Johan (of Gloudina of Leendert) se
waardesisteem te verander nie. Die onus lê by hom om dit self te ondersoek,
en te kyk of daar ander moontlikhede is. Dit baat my persoonlik niks om
enige iemand hier uit te skel omdat sy waardesisteem nie ooreenstem met myne
nie. Of om sy gat te probeer toestop daaroor nie.

Nota: Daai Vasekela vrouens kon nadat hulle gewys is hoe, later eenvoudige
disse voorberei.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Perspektiewe oor Vreemde Kulture [boodskap #18567 is 'n antwoord op boodskap #18539] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Nota: Daai Vasekela vrouens kon nadat hulle gewys is hoe, later eenvoudige
> disse voorberei.

"Eenvoudige" disse vir jou bepaalde kulturele
smaak, moet jy eerder ook besef. Hulle is
seker baie bekwaam om ingewikkelde disse in
hul eie kultuur voor te berei.

As ek nou maar dink hoe snaaks dit vir mense
uit ander dele van SA is om Transvalers so
te sien doodgaan oor pap en wors.

En die gesig wat mense opsit as jy vir
hulle vertel wat "biltong" is.

En die gesig wat ek opsit toe ek uitvind
dat hier in Kanada hulle werklik "ground
beef" insit in hulle "mince pie." Hoe meer
ek vir hulle verduidelik dat "mince meat"
in 'n "mince pie" net gemaalde vrugte moet
wees, hoe snaakser kyk hulle my aan. Ek
weier natuurlik om sulke mince pies te eet.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net
Volgende onderwerp: Terrorisvark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 20:00:34 MGT 2024