Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Lake Erie en Detroit
|
|
|
|
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18421 is 'n antwoord op boodskap #18262] |
Tue, 20 October 1998 00:00   |
Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Simon vra aangaande die Metis:
> Gloudina, jy sê nie watter taal hulle praat nie - ek neem aan hulle
> praat 'n eie inheemse taal en ook Frans en Engels, maar watter is
> hulle huistaal?
Tradisioneel (volgens Gloudina se simplistiese model) kan 'n
mens verwag dat Metis 'n Franse dialek/patois sal praat, maar
diegene wat ek persoonlik ken, praat Engels en Cree, en hulle
lyk veel meer "indiaans" as baie van die "regte" (Treaty) indiane
van Oos-Kanada. Net soos onder die ou apartheidsbestel, is dit
nie jou ware rasse-oorsprong wat geld nie, maar die wettige status
wat deur die burokrasie in Ottawa in stand gehou word.
Die Departement van "Native Affairs" is die beste bewys dat
burokraties-gedrewe rasse-apartheid met al die gepaardgaande
ongelyke regte in Kanada floreer.
My persoonlike, "rasistiese" siening is dat die Kanadese
apartheidstelsel afgeskaf moet word en dat die "First Nations"
met die res van die bevolking moet integreer sodat almal gelyke
regte voor die wet onder die grondwet kan hê. Ek twyfel egter
of die "onderdruktes" van hulle voorregte en staatsversorging
sal wil afsien - want dan sal hulle dalk moet werk.
Die Metis geniet nie die spesiale regte en voorregte van die
status-indiane nie. Polities-korrekte Ottawa maak beloftes,
maar lewer bitter min, in vgl. met status-indiane ontvang, aan
die Metis. Daar is talle ander problematiese skakerings tussen
die regte (wit) wêreld en die fantasie wat die burokrasie wil
koester.
Bogenoemde probleme geld ook nie net op 'n rasse-grondvlak nie.
Dit steek ook kop-uit met die "handhawing" van die tradisionele
visvangbedryf in Newfoundland - wat nie weer in ons leeftyd
lonend sal wees nie. Die fantasie kos ons belastingbetalers
egter steeds miljoene der honderde miljoene.
Dis hoekom ek steeds na Ottawa as "Disneyland on the Rideau"
verwys.
Hjalmar
________
|
|
|
|
|
|
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18425 is 'n antwoord op boodskap #18262] |
Tue, 20 October 1998 00:00   |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Henri Burger wrote:
> Henri-John Kock skryf:
>
>> Mense met wie ek graag
>> meer sou wou kontak hê is van die mense in Eldoret, in Kenia,
>
> Ek dink nie daar is veel van hulle oor nie, indien enige. Van hulle nasate
> was saam met my op universitie, maar ek dink die meerderheid het na uhuru
> Kenia verlaat.
Dit moes seker maar gebeur het :-(
>> en in die
>> klein afrikaanse gemeenskappe in Zimbabwe (daar is een net suid van Harare,
>> ek vergeet nou die naam).
>
> Die Republiek van Enkeldoring (Acacia robusta)! Kort na die totstandkoming
> van Zimbabwe het ons daar by die hotel gestop vir Sondag middagete, en die
> kroeg was oop (iets wat daai tyd ongekend was in SA op 'n Sondag), en ek het
> die tronksel binne-in die kroeg baie amusant gevind.
Ek sou so raai ! Die groep by wie ons tuisgegaan het, was nogal 'n rowwe spul
(maar daar was harte van goud).
> Ek is bevrees hy is ook nie meer nie, deesdae Chivu, as my feite reg is. Die
> laaste keer wat ek daar deur is, het hy 'n sterk Oosterse (subkontinent)
> karakter gehad.
Die plek waaraan ek dink, word Beatrice genoem. Ons (die Tukkiekoor) het daar
oornag en ook daar opgetree, in 1995. Baie goed ontvang, alles in Afrikaans
gedoen. Heerlik.
> Van tyd tot tyd hoor ons hier mense van Zimbabwe praat op die radio oor
> boerdery en sake kwessies, dikwels met duidelik Afrikaanse name, maar hulle
> sukkel ook maar met Afrikaanse terme.
>
> Namibië is natuurlik 'n ander kwessie, want daar praat almal Afrikaans.
>
Feite. Ek weet nie of dit maar 'n voorstadlegende (urban legend) is nie, maar
blykbaar is daar na die Koningin en prins Phillip verwys as: "Queen Elijah the
eleventh and the duck of Edinbur". Die taal word blykbaar "Namblish" genoem,
"Namibian English".
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is nie vir Sissies nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
H-J
--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).
H-J
|
|
|
|
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18458 is 'n antwoord op boodskap #18262] |
Wed, 21 October 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
> Ja, jy sien: Ons vriend Frikkie is hansie-my-kneg vir Fred Rundle, 'n hoogs
> intelligente en talentvolle Engelsman wat kaffers haat en wat klaarblyklik
> glo dat hulle geneties minderwaardig is. Hy onderhou, volgens wat mens kan
> aflei, vriendskaplike en onderlng ondersteunende verhoudings met ander
> rassiste in die VSA, Nederland en België, Engeland en elders.
So hoekom val jy nooit vir Hansie-my-kneg-Frikkie
aan nie. Hoekom reserveer jy al jou energie vir my?
Erens is iets verkeerd.
> Ek weet - jy het ook jou hansie-my kneg hier plaaslik, en jy vertrou op hom
> (en ander) om op te maak vir jou feitelike en affektiewe tekortkominge. Maar
> wat jy nie besef nie, is dat ferdi net soos jy gevlug het.
Wel, ou Leendert, ek verkies om te dink dat
Ferdi die ware Afrikaner met die oop o"e is
wat met openlikheid en eerlikheid sy huidige
lewe voortsit in 'n baie gekompliseerde land.
Ferdi was by Bisho. Ferdi was by begrafnisse
waar sy lewe in gevaar was. Ferdi was naby
aan die geboorte van die Nuwe Suid-Afrika,
En Ferdi lyk dit vir my het respek vir die
mense van die land. Ek sien nie baie daarvan
in jou gifpen-geskrifte nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18460 is 'n antwoord op boodskap #18262] |
Wed, 21 October 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> lou writes: > @igs.net wrote:
>>>
>>> OK, OK, Henri. Ek het Derek Hanekom se naam
>>> daar ingesit om vuur te trek. Deesdae speel
>>> ons diensverskaffer rond met ons konneksies,
>>> en sien ek soms nie my eie poste nie, en die
>>> enigste manier om uit te vind dat dit erens
>>> uitkom, is om te sien of dit aangehaal word!
>>
>> Wel van al die verskonings wat nog op die nuusgroep gebruik is wanner
>> iemand probeer sê dat hy/sy nonsens gepraat het vat die een die koek.
>> Baie geluk Gloudina, eerste prys vir MOVUDMHA (mees oorspronklike voet
>> uit die mond haal argument)!
>>
>> Chhers
>> Lou
>
>
> Dankie Lou. Ek het met absolute sekerheid
> geweet dat as ek die woorde "Derek Hanekom"
> gebruik, jy vuur sal begin spoeg. So ook
> my verwagting dat Leendert sal reageer.
> Wanneer sal jy begin leer dat driekwart van
> wat ek doen, lokvalle is?
>
So wat jy nou dus sê is dat ons net 25% van wat jy sê kan glo? Net so
terloops - jy het al voorheen die Hankom foutjie gemaak en is ook toe
daarop gewys. Wat my laat skryf het is jou lomp poging om die fout wat
jy maak te verdoesel. Maar dan stop jy ook nie - sit net jou voet dieper
in jou mond in :)
> Nou wens ek net ons Afrikaanse nuusgroep wil
> weer normaal word. Dinge raak weg, word nie
> gepos nie. Somtyds is daar geen items, soms
> net 'n paar. Somtyds is daar poste uit ander
> nuusgroepe op. Kry ander dieselfde versteurings?
> Hilda in Oosteinde dink so. Enigiemand anders?
>
Die Afrikaanse nuusgroep dra seker nie veel gewig by meeste
diensverskaffers nie - so ons val seker in die nuusgroep-groep wat
gereeld skoongemaak word.
Groete
Lou
PS: Daar is altyd dejanews - www.dejanews.com - waar mens maklik 'n
tread kan oproep - dis nou waar mense wel die nuusgroep protokol nakom
en in treads pos.
|
|
|
|
|
|
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18506 is 'n antwoord op boodskap #18262] |
Thu, 22 October 1998 00:00   |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> Ja, maar hierdie mense het kinders en klein-
> kinders in Suid-Amerika. Dink jy nie dat
> hierdie kinders en kleinkinders ook maar
> effentjies versigtig sal moet wees om openbaar
> te maak wat hulle familie-agtergrond is nie.
As my oupa 'n Nazi-misdadiger was sou ek waarskynlik geen probleem daarmee hê
om dit toe te gee. Die kwessie is natuurlik hoe ander mense dit verstaan. Maar
ek kon voorstel dat die meeste van hulle intelligent genoeg sou wees om te
besef dat ek nie skuldig is aan my oupa se misdade. Ek kan nie vir
buitelanders praat nie, maar ander Duitsers of duitssprekendes sou dit seker insien.
Een van my vriende, 'n Amerikaanse Jood, het drie of vier jaar in Duitsland
gewerk, en die huisbaas waar hy gewoon het was 'n ou SS-offisier (dit klink
soos 'n Hollywood-storie, maar dit is werklik waar!). Ek het natuurlik gevra
wat hy daaroor dink dat hy - as 'n Jood - by 'n oud-Nazi woon, veral as sy eie
familie uit Duitsland moes vlug, en hy het net gesê: "Die man is altyd
vriendelik teenoor my familie. Ek weet nie wat hy in die oorlog gedoen het,
maar dit was meer as 50 jaar gelede, en ek het geen rede om hom te haat. Sy
houding het klaarblyklik verander, daarom kan ek hom vergewe."
Die voorbeeld is natuurlik baie ongewoonlik, maar dit wys dat intelligente
mense - soos my vriend - van grond af 'n vriendelike houding het. Hy sou jou
nooit veroordeel weens misdade wat jou pa of oupa gedoen het nie. Dit is net
belangrik wat jy dink en wat jy doen.
> Ons kry dieselfde gevalle hier in Kanada, waar
> 'n verbasende aantal oud-Nazis bly, of al
> gedeporteer is. Nazis het baie maklik in Kanada
> ingekom na die Tweede Wereld-oorlog. Een van
> die redes was glo dat as hulle enige kennis
> gehad het wat die Geallieerdes kon baat, hulle
> toegelaat is om in te kom om hulle weg te kry
> van die Russe wat ook van hulle dienste gebruik
> sou kon maak. Wat 'n mens natuurlik verbitter
> en verbaas is hoe moeilik dit vir Duitse Jode was
> om in Kanada in te kom.
Ja, onthou net die VSA se "Space Program". Sonder die help van mense soos
Wernher von Braun (wat ook die V2-vuurpyl gekonstrueer het) sou die
Amerikaners nie so vinnig op die maan geland het nie. Ek is nie seker of von
Braun 'n Nazi was nie, maar daar is genoeg ander voorbeelde. In Duits noem 'n
mens dit "dubbel-moraal". Op die een kant word die Nazis verduiwel, maar
diegene wat nuttig kan wees word vir die VSA in diens gestel. Dit is
interessant dat dit nogal moeilik is om met Amerikaners oor sulke dinge te
praat. Hulle dink gewoonlik dat die VSA die moraliese voorbeeld vir die res
van die wêreld is. Terloops, dit is net 'n objektiewe kommentaar, ek het baie
Amerikaanse vriende, moenie dink dat ek anti-Amerikaans is nie.
Groete,
Thorsten
|
|
|
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18507 is 'n antwoord op boodskap #18262] |
Thu, 22 October 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Ja, jy sien: Ons vriend Frikkie is hansie-my-kneg vir Fred Rundle, 'n hoogs
>> intelligente en talentvolle Engelsman wat swartes haat en wat klaarblyklik
>> glo dat hulle geneties minderwaardig is. Hy onderhou, volgens wat mens kan
>> aflei, vriendskaplike en onderlng ondersteunende verhoudings met ander
>> rassiste in die VSA, Nederland en België, Engeland en elders.
>
> So hoekom val jy nooit vir Hansie-my-kneg-Frikkie
> aan nie.
Want hy lieg nie so baie soos jy nie (75%, sê jy?)
> Hoekom reserveer jy al jou energie vir my?
Ag nee wat, Gloudina. Dit verg nie juis "energie" nie :-)
> Erens is iets verkeerd.
Jy weet dan!
>
>
>> Ek weet - jy het ook jou hansie-my kneg hier plaaslik, en jy vertrou op hom
>> (en ander) om op te maak vir jou feitelike en affektiewe tekortkominge. Maar
>> wat jy nie besef nie, is dat ferdi net soos jy gevlug het.
>
> Wel, ou Leendert, ek verkies om te dink dat
> Ferdi die ware Afrikaner met die oop o"e is
> wat met openlikheid en eerlikheid sy huidige
> lewe voortsit in 'n baie gekompliseerde land.
Jy is welkom om te dink soos jy verkies.
Maar vir sover sy verse ons iets vertel van sy kopwêreld is dit aanduidend
van 'n onttrekking na 'n soort kosmiese lyflikheid wat nie baie mensbetrokke
is nie, nie waar nie?
> Ferdi was by Bisho. Ferdi was by begrafnisse
> waar sy lewe in gevaar was. Ferdi was naby
> aan die geboorte van die Nuwe Suid-Afrika,
Was Frikkie nie ook by Bisho nie? Ek weet sommige van sy geesgenote was.
Ergo: Die veni en die vidi impliseer nie noodwendig die vici nie.
En dit lyk nie juis of hy weet wanneer die geboorte van die "Nuwe
Suid-Afrika" plaasgevind het nie - want hy kan nie onderskei tussen dinge
wat voor die geboorte plaasgevind het en dinge wat daarna plaasgevind het
nie.
Maar, soos ek sê, jy is welkom om the glo soos jy verkies. Ek herhaal net:
Jou propaganda gaan nie doeltreffend wees terwyl jy nie jou feite reg het
nie, en terwyl jy verwyderd is van die werklikheid van die mense op wie jou
proganada gemik is.
> En Ferdi lyk dit vir my het respek vir die
> mense van die land.
Njannies? Ek het nog nie juis opgelet dat hy enige respek toon vir sy
gespreksvennote in hierdie en ander forums nie.
Of is dit maar net dat hy nie respek het vir mense wat van hom verskil nie?
> Ek sien nie baie daarvan
> in jou gifpen-geskrifte nie.
Die waarheid is altyd gif vir die leuen, nie waar nie, Gloudina?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Oor Lake Erie en Detroit [boodskap #18533 is 'n antwoord op boodskap #18262] |
Fri, 23 October 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>> @igs.net wrote in message ...
>>> "Leendert van Oostrum" skryf oor die gedigte van
> Ferdi Greyling:
>
>> Maar vir sover sy verse ons iets vertel van sy kopwêreld is dit aanduidend
>> van 'n onttrekking na 'n soort kosmiese lyflikheid wat nie baie mensbetrokke
>> is nie, nie waar nie?
>
>
> Ek verskil hier van jou. Hy is skryf oor sy land en
> sy mense. En hy is nie bang om harde dinge te sê nie.
[ voorbeelde geknip]
> Sien ook "Kaapstad 76," met sy geweldige deemoed
> nie net vir die man wat geskiet is nie, maar ook vir
> die polisie.
> Dit is wel waar dat Ferdi Greyling intens bewus is van
> die staat van suiwerheid meestal geassosieer met die
> onskuld van die kinderdae ( vir hom versimboliseer in
> die Klein Karoo van sy kinderdae). Maar hy kruip nie
> weg vir die realiteite van die lewe nie. Hy sien hoe die
> mens kompromiste moet aangaan, soos in die volgende
> gedig:
[geknip]
Greyling skryf inderdaad oor 'n land en mense. Dat dit "sy land en sy mense"
is, is daar weinig indien enige aanduiding van. Sy perspektief is veel
eerder 'n sterk "outsider"-perspektief.
Dis waarom die mense wat afkerenswaardige dinge doen 'n veel groter element
in die verse is as ander mense, insluitende slagoffers. Waar hy oor ander
mense skryf is dit dan ook juis die slagofferskap wat hom aanpreek.
Greyling se perspektief herinner sterk aan Sartre se uitspraak: "l'enfer
cest les autres" - die hel is my medemens. Maar die perspektief op mense en
gebeure is beswaarlik oorspronklik. Dit hou maar sterk by die konvensionele
mediabeeld van die gebeure.
Dit is miskien nie verbasend nie, dat mens by die lees van die verse die
gevoel kry van 'n gesprek oor Camus in 'n studentekroeg uit die sewentigs.
Nee, wat, Gloudina. As Greyling se verse spreek is dit waar hy praat van
landskappe en sy persepsie van die fisiese omgewing - die soort kosmiese
sensualiteit waarna ek verwys het. Oor mense het hy nie vir ons veel te sê
nie.
En dan is daar nog Derrida, nie waar nie?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:04:29 UTC 2025
|