Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Groot Sports!
Groot Sports! [boodskap #18492] Do, 22 Oktober 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou groooot sports!

Iets soos hierdie het al op soc.culture.south-africa gebeur, maar nog nie
hier nie!

Ek het self al vir Johan by geleentheid teengegaan oor sy gewoonte om
gedragseienskappe en vermoëns aan etniese afkoms toe te skryf (iets waaroor
Gloudina natuurlik met hom saamstem).

Maar daar is twee interessante dinge wat my opval:

Dit sou interessant wees om te sien of die internetomgewing ook "haatspraak"
straffeloos laat, soos dit (na bewering) kopieregskendings onstrafbaar maak.

Dit sou nou interessant wees om te sien hoe ver die befaamde Amerikaanse
vryheid van spraak inderdaad beskerm word. (Volgens plaaslike regsgeleerdes
word haatspraak min of meer vryelik daar toegelaat, wat hier nie die geval
is nie).

Indien iemand soos Johan dit sou oorweeg om van die groep te verdwyn en dan
(soos oorle "Sizwe")onder 'n skuilnaam rassehaat te begin bevorder (raad wat
iemand anders hier gegee het) moet ek egter waarsku dat dit nie so maklik
werk nie.

Daar is taalkundiges wat die outeur van 'n teks kan idententifiseer aan die
hand van die idiolek van die outeur, met amper dieselfde betroubaarheid as
'n vingerafdruk.

In elk geval: Ek hoop Leswin slaag hiermee. Dit sou 'n goeie presendent
skep. Ek stem saam met Leswin dat baie bydraes op hierdie groep (en op
s.c.s-a en s.c.africa) 'n "rassistiese, bevooroordeelde, en stereotipiese
aard" dra. Ek kan dink aan 'n hele aantal deelnemers op hierdie nuusgroep,
op s.c.s-a en op s.c.africa wat afskuwelik rassistiese haatspraak op 'n
gereëlde basis kwytraak. Soos die twee (een onder 'n skuilnaam) wat my 'n
"apartheidsvark" genoem het. (die Kanadese reg, verstaan ek, het 'n veel
kleiner toleransie vir haatspraak as die VSA.)

Dus: ek sien met groot verwagting uit na die uitslag hiervan!

Dis nou Groot Lekkerkry!

Leendert

Leswin Laubscher wrote in message ...
> Jou laaste bydraes oor "lui indiane" en "vuil swartes" was die laaste strooi
> en het my briesend gelaat vir die rassistiese, bevooroordeelde, en
> stereotipiese aard daarvan (wat, terloops, ook hierdie groep tipeer en die
> hoofrede is waarom ek hoofsaaklik hier wegbly).  Ek rig dus hierdie
> waarskuwing aan jou, johan.
>
> Indien jy weer 'n pos met so 'n rassistiese en haatlike strekking plaas,
> gaan ek soortgelyke plasings van jou (en daar is 'n hele paar) vanuit die
> nuus-argiewe opdiep.  Ek gaan dit dan vertaal en aanstuur aan die NAACP in
> Minnesota, die Native American Council, jou werkgewer, die FBI, en
> immigrasie en naturalisasie (INS).  Ek neem aan jy is steeds hier op 'n H1
> werksvisa, sodat enige klag, veral van 'n amerikaanse burger, en veral
> rondom haatspraak en rassisme, jou aansoek om permanente verblyfstatus kan
> beinvloed.  Ek raai jou aan om jou te vergewis van die ramifikasies van so
> 'n klag alvorens jy weer jou rassistiese snert enige plek op die internet
> pos.
Vorige onderwerp: Vat-Dit-Rustig Johan
Volgende onderwerp: Oor Lake Erie en Detroit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 08:55:54 MGT 2024