Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING
"Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING [boodskap #18325] Sa, 17 Oktober 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
STILLEWE MET TEE OM 'N TAFEL
Ferdi Greyling

Tyd ruk die gordyne
voor die venster.
Pak aan teen die mure
van die huis.
Roer in die grein van die tafel.
Glim in elke woord.
Dwing 'n sin
tot 'n daad.

Ek en jy.
Seisoene wat soos die see om ons breek.
Tyd dwing ons
tot 'n tafel in die tuin.
Woorde om tee.
Jare word voltooi
in los gedagtes.

Ver agter teen die hemel
ruk die lug steeds oop.

Donderwolke galop soos perde deur die lug.

Tyd vleg ons hegter deur mekaar.
Ons woorde en ons dade
word ons eie seisoene.

Tyd laat ons in mekaar verweer.

Laatmiddag in die somer op die Hoëveld.
Tee in die tuin.
Die wind ruk in die takke.

Swart tee in 'n koppie
soos water van die niet.
Soms hoor 'n mens dit in die nag
teen alles klots.

Ek en jy.
Alles wat ons gesê het.
Alles wat ons gedoen het.

Ek en jy om 'n tafel.

(Concept)
Vorige onderwerp: "Herfs, Oudtshoorn" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Kappertjies" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 07 18:22:08 MGT 2024