Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18276 is 'n antwoord op boodskap #18277] |
Wed, 14 October 1998 00:00  |
HPM++
Boodskappe: 2 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
'n Eenvoudige vragie vir almal wat meer tale as net Afrikaans en Engels ken:
Weet iemand of die dubbel "nie"; (Ek sal nie weet nie.) uniek is aan
Afrikaans en of daar nog tale is waar dit so gebruik word?
Dankie
Hendrik Meyer
Garsfontein - Pretoria
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18283 is 'n antwoord op boodskap #18277] |
Wed, 14 October 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Otto Tuil writes: >
> In het Frans is het dacht ik ook "ne pas", als in "je ne sais pas -> ek nie weet
> nie"
>
> Otto
Volgens Prof. Gawie Nienaber is die dubbele
ontkenning in Afrikaans nóg van Maleisiese nóg van
Franse oorsprong, en is dit alreeds teenwoordig in die
Nederlandse dialekte waarin Afrikaans sy oorsprong
het. Hy verklaar dat die Franse tipe ontkenning nie
in dieselfde sintaktiese groep is nie.
Die invloed van Frans op Afrikaans was eintlik maar
minimaal, alhoewel dit op 'n sekere tydstip die mode was
om Frans se invloed op Afrikaans te vergroot, seker omdat
dit meer cachet aan Afrikaans verleen het, en dus polities
aanvaarbaarder was. Die nasalering van sommige woorde
in Afrikaans vind Van Haeringen ook in Nederlands teen-
woordig. Die brei-R van die Swartland is ook nie van Franse
oorsprong nie, anders sou die mense in Franschoek gebrei
het en nie mense ver daarvandaan nie.
Daar is 'n beperkte hoeveelheid Franse woorde wat in
Afrikaans posgevat het: absent, affere, akkuraat, dosyn,
kontant. Maar baie van hierdie woorde was alreeds in Neder-
lands oorgeneem van die Franse Hugenote wat eers daarheen
gevlug het. Selfs Franse familiename het gou verhollands.
Die Hollandse regering aan die Kaap het natuurlik 'n beleid
van ontfransing gevolg. Prof. Franken van Stellenbosch wat
die Hugenote se "opgevoedheidspeil" probeer bepaal het, het
gevind dat hulle nie baie gekultiveerd was nie, en die Frans
wat hulle gepraat het was dus die " ongeskoolde Frans van min
of meer ongeletterde persone."
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18726 is 'n antwoord op boodskap #18277] |
Thu, 29 October 1998 00:00  |
SAE
Boodskappe: 41 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
bokkie
tony...@my-dejanews.com wrote in message
...
>
>
> Iemand met een echt plat Vlaams accent is door mij absoluut niet te verstaan.
> Surinaams wel.
|
|
|
Re: Dubbel "nie" in Afrikaans [boodskap #18727 is 'n antwoord op boodskap #18277] |
Thu, 29 October 1998 00:00  |
tony...
Boodskappe: 3 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Iemand met een echt plat Vlaams accent is door mij absoluut niet te verstaan.
Surinaams wel.
In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:
>> kunnen wij elkaar ook verstaan?????
>
> Als Vlaming heb ik nooit moeite gehad om Afrikaans te verstaan. Gervaas is
> van Kortrijk (West-Vlaanderen) en als hij bv. "brood" zegt - in zijn
> Westvlaams dialect - dan klinkt het net zoals in het Afrikaans.
> Al ons Afrikaanse vrienden verstaan mij ook goed - ik praat dan wel
> Afrikaans, maar ik heb nog steeds mijn Vlaamse aksent. Maar dat is blijkbaar
> geen probleem.
>
> Groetjes.
> Hilda.
>
|
|
|