Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » God se bedoeling ?
God se bedoeling ? [boodskap #17784] Di, 22 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Lees mens in die bybel (as ek reg kan onthou Roemeine 8), sê dit dat die
mens die regering wat oor hom aangestel is moet aanvaar, aangesien geen
regering daar gestel word sonder God se goedkeuring nie.

Wat dit meer interesant maak is die feit dat God baie kere ander nasies oor
die Isrealiete laat heers het as straf. Om van hulle onderdrukkers ontslae
te raak moes die Isrealiete dan hulle sondes bely, en die saak met God
regmaak.

Is dit nie wat met Suid Afrika gebeur nie. Die land onder die NP regering
was beter daaraan af as nou, maar alles behalwe maanskyn en rose.

Hier volg my persoonlike opinie:

Ek glo dat dit wat in Openbaringe voorspel word, vinnig besig is om te
realiseer. Die
anti-Chris is amper klaar met sy struktuur wat hy in plek wil hê voordat hy
homself bekend sal maak. Hou maar die persoon fyn dop wat Rusland by ou
Borris gaan oorneem.

'n "One world monye system" is binne die volgende 5 jaar 'n moontlikheid.
Die tegnologie is al reeds met ons. En sekere lande veral afrika lande
steun so stelsel baie sterk aangesien hulle baie voordeel sal trek daaruit.
Die erkening of eerder die verdraagsaamheid van sekere goed soos
pornografie, homoseksualiteit, ens regoor die wêreld, dui daarop dat die
Satan dit reg gekry het om mense onder die dekmantel van "die reg op vrye
keuse" te mislei.

Hoe pas Suid Afrika dan in die groter prentjie. ?

Suid-Afrika word tans beheer deur 'n party wat jare lange bande met die
kommuniste het. En dit was verbasend maklik om hulle aan bewind te bring
ook. Aangesien die wêreld gebuk gaan onder die nuwe idees en riglyne van
die sogenaamde New age movement "liberale denke" is daar geweldig baie druk
op die ou regering uit geoefen. Vir die swarte is daar hemel op aarde
belowe as hulle vir die ANC stem, en wees nou maar eerlik as jy 'n swarte
was sou jy sekerlik dieselfde gedoen het.

Probleem is dat die swartes net luister en glo dit waarvan hulle
hou.......huise, gratis medies, werk, ens ens. So belowe dit vir hulle in
die verkiesing en 123 jy is die nuwe regeerder van SA.

Die volgende stap is om die mense wat die groter prentjie raaksien stil te
maak en stil te hou, sodat hulle nie te hard skree en die ander ook inlig
nie. Dit is net so maklik, beskuldig die persoon van rassisme die oomblik
wat hy sy mond oopmaak. En wys na hom as 'n persoon wat net in die pad van
vooruitgang staan. Slaan hulle lekker hard met belasting, rentekoerse, laat
die persoon mooi verstaan hoe maklik dit vir hom is om sy werk te verloor
en siedaar, baie persone blyk doof stom te wees.

Almal wat in God glo, of jy nou wit of swart is. Jou vryheid ten opsigte
van ALLES is daarmee heen as jy onder 'n kommunistiese stelsel lewe. Dit
sluit jou geloof ook in.

En ek sal enige persoon/instansie wat direk of indirek mense se "menswees"
so verander dat hulle vatbaar is vir veranderinge wat sal meebring dat
Satan sy sin kry ten sterkste afkeur.

** Bogenoemde opinie is UITERS verkort, daar is geen rede om dit alles te
probeer stel hier nie, aangesien 'n hele paar mense hier al klaar in die
liberale net gevang is en glo dit is die plek om te wees. **

Groete

Riaan
Re: God se bedoeling ? [boodskap #17812 is 'n antwoord op boodskap #17784] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Riaan wrote in message ...

> Probleem is dat die swartes net luister en glo dit waarvan hulle
> hou.......huise, gratis medies, werk, ens ens. So belowe dit vir hulle in
> die verkiesing en 123 jy is die nuwe regeerder van SA.

Nou hoekom doen jy dit nie, Riaan? Belowe dit vir hulle in die volgende
verkiesing, dan's jy 123 die nuwe regeerder van SA. Dan kan jy mos al die
bose dinge bestry!

Groete, Leendert
Re: God se bedoeling ? [boodskap #17866 is 'n antwoord op boodskap #17784] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Let ook op hoe die Wereldbank en G7 nasies aanstaltes maak om die geldvloeie
te beheer om nou sodanig die 'emerging economies' te beskerm.

Ook hoe die 'human rights' ideologie in meeste lande bevorder word ten koste
van die Christelike/Judaiese ruggraat van die Weste tot onlangs, di. 'n
filosofie van onder andere, "doen aan jou naaste....". 'n Ideologie wat deur
mense opgestel is en van tyd tot tyd aangepas sal word - die idee van 'truth
is relative'.

In elk geval: Wanneer ons hierdie tekens sien, is ons redding naby.

nomad@rest.oasis

Riaan wrote in message
01bde61e$28d69200$ebdb19c4@netech...
> Ek glo dat dit wat in Openbaringe voorspel word, vinnig besig is om te
> realiseer. Die
> anti-Chris is amper klaar met sy struktuur wat hy in plek wil h voordat hy
> homself bekend sal maak. Hou maar die persoon fyn dop wat Rusland by ou
> Borris gaan oorneem.
>
> 'n "One world monye system" is binne die volgende 5 jaar 'n moontlikheid.
> Die tegnologie is al reeds met ons. En sekere lande veral afrika lande
> steun so stelsel baie sterk aangesien hulle baie voordeel sal trek daaruit.
> Die erkening of eerder die verdraagsaamheid van sekere goed soos
> pornografie, homoseksualiteit, ens regoor die wreld, dui daarop dat die
> Satan dit reg gekry het om mense onder die dekmantel van "die reg op vrye
> keuse" te mislei.
>
Re: God se bedoeling ? [boodskap #17867 is 'n antwoord op boodskap #17784] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"nomad" writes:

> Ook hoe die 'human rights' ideologie in meeste lande bevorder word ten koste
> van die Christelike/Judaiese ruggraat van die Weste tot onlangs, di. 'n
> filosofie van onder andere, "doen aan jou naaste....". 'n Ideologie wat deur
> mense opgestel is en van tyd tot tyd aangepas sal word - die idee van 'truth
> is relative'.

> In elk geval: Wanneer ons hierdie tekens sien, is ons redding naby.

Kan jy, ou Nomad, vir my bietjie verduidelik
hoe die "human rights"-ideologie verskil van
die mense met die "Christelike" ruggraat? Ek
het altyd gedink dit is dieselfde. Wat leer
jou "Christelike" beginsels vir jou wat nie
strook met "mense-regte" nie. Of is jy ook een
van daardie mense wat onder die dekmantel van
"Christen" te wees, rondsluip soos 'n dief in
die nag om te sien wie jy kan vernietig. Onthou,
vir sulke skynheiliges is daar 'n spesiale plek
in die hel, volgens Dante.

Beatrice
Re: God se bedoeling ? [boodskap #17868 is 'n antwoord op boodskap #17784] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Kan jy, ou Nomad, vir my bietjie verduidelik
> hoe die "human rights"-ideologie verskil van
> die mense met die "Christelike" ruggraat? Ek
> het altyd gedink dit is dieselfde.

Dit verbaas my nie. Jy het al tevore hier getoon dat jou begrip van
"christelike" beginsels beduidend afwyk van die wat Christus geleer het.

Maar dan, ons het ook tevore gesien dat jou begrip van fundamentele regte,
soos erken in die Kanadese Charter, ook maar erg naief is en vol
voorveronderstelling, nie waar nie?

> Wat leer
> jou "Christelike" beginsels vir jou wat nie
> strook met "mense-regte" nie.

Ek weet nie van "nomad" nie, maar ek kan jou wys op 'n hele aantal sulke
teenstrydighede waar dit die internasionale instrumente van menseregte
aangaan soos dit deur sommige mense vertolk word.

> Of is jy ook een
> van daardie mense wat onder die dekmantel van
> "Christen" te wees, rondsluip soos 'n dief in
> die nag om te sien wie jy kan vernietig. Onthou,
> vir sulke skynheiliges is daar 'n spesiale plek
> in die hel, volgens Dante.

Een aspek waar "menseregte" ooreenstem met Bybelse beginsels is dat elkeen
die reg het om vry te wees van valse of ongegronde beskuldigings. Ek dink
jou aanklag hierbo kom uit niks meer as dun lug en vooroordeel nie.

Of het jy grond vir die suggestie wat jy hierbo vestig?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Psalm 23
Volgende onderwerp: Bybel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:14:53 MGT 2024