Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » PC Afr. persoon v.d. jaar.
PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #17739] Ma, 21 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ter geleentheid skryf Kobus:

Kobus Pietersen wrote:
>
> Mense soos Thörsten, Darren, Henry (HWM) en ander soos Hilda en Servaas,
> Arthur en Roelf dwing groot bewondering by my af, aangesien hulle die moeite
> doen om in 'n taal te kommunikeer wat my na aan die hart lê. Om 'n Duitser
> en Amerikaner in gesprek te sien tree deur middel van Afrikaans laat mens
> doodeenvoudig goed voel.

Waarop Thorsten die volgende antwoord:

Ag wat, ek is net lief vir die taal. Dit is geen moeite vir my nie, ek is bly
dat
daar ander mense is wat saam met my in Afrikaans wil gesels. En dan is dit ook
nie so moeilik vir 'n Duitser om Afrikaans te leer.

Maar in elkgeval dankie vir jou vriendelike woorde,

Groete,

Thorsten

> Steve Du Plessis wrote:
>>
>> Ek moet met Kobus saam stem, dit is 'n riem onder die hart om andertaliges
>> te sien komunikeer in Afrikaans. Ons ou moedertaal is beslis nie die
>> maklikste taal om te leer nie. Ek lig my hoed vir julle.
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
Waarop Thorsten weer antwoord:

> Vir 'n Duitser of Nederlander is dit maar seker makliker as bv. vir iemand wie
> se huistaal Engels is. Ek kan bv. baie woorde verstaan wat ek nooit voorheen
> gesien het nie, omdat die wortels van daardie woorde dieselfde is as in Duits.
> Ek stem maar saam dat Afrikaans beslis moeiliker is as baie mense wil glo. Net ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> alleen die groot aantal woorde wat mens moet leer en die feit dat Afrikaans
> meer woordespele gebruik as enige taal wat ek tot dusver raakgeloop het is 'n
> groot aansporing.

En hier sit ek met 'n helse breë glimlag. Thorsten, Afrikaans is eenvoudig
en maklik. Die dinge waarna jy verwys behels die effens meer argaïese
aspekte van die taal en ek bewonder die elegante manier waarop jy
probeer om nie beledigend te wees nie (en dit regkry sonder om skynheilig
te wees). Die langdurige en nimmer-eindigende afbreek en afkraak van die
tradisioneel Duitse karakter en natuurlik die Nazi jagtery laat julle seker
nogal polities korrek. Ek het al soms effens bly gevoel dat die groot,
apartheids-sonde bewusseyn 'n bietjie van julle las help dra (of minstens
die fokus 'n bietjie verskuif).

Toemaar, sommige (en ek hoop die meeste) van ons is nie so kleingeestig as
om ons bestaansreg aan ons taal te koppel, en so toe of pretensieus om
onsself te verbeel dat Afrikaans op dieselfde komplekse vlak as andere is
nie. Sulke swakhede sal juis die taal eindelik vernietig want dan sal
Afrikaans homself binne die wêreld van die sogenaamde funksionele benadering
moet regverdig, wat onmoontlik sal wees binne konteks van die globalistiese
identiteit. Ek assosieer Afrikaans eerder met 'n diepgaande ideologiese
lewens-uitkyk (al is dit besig om uit te sterf) en sal dit as sulks beskou,
en daarvoor veg, solank as wat ek hierdie assosiasie nog kan trek.
(Die ware nagmerrie vir ons Marxistiese en laf-liberaal maatjies).

> Maar in elkgeval dankie vir jou vriendelike woorde,

> As iemand een dag na Wiesbaden toe wil kom, sal ek met graagte 'n glasie saam
> met hom/haar klink... :)

En dankie vir jou vriendelikheid en gasvryheid, jy maak 'n goeie Afrikaner.

> Tot siens,
>
> Thorsten

Totsiens
Etienne Marais
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #17777 is 'n antwoord op boodskap #17739] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
s941...@my-dejanews.com wrote:
>
> En hier sit ek met 'n helse breë glimlag. Thorsten, Afrikaans is eenvoudig
> en maklik. Die dinge waarna jy verwys behels die effens meer argaïese
> aspekte van die taal en ek bewonder die elegante manier waarop jy
> probeer om nie beledigend te wees nie (en dit regkry sonder om skynheilig
> te wees).

Jy vergeet dat 'n taal gewoonlik meer is as net grammatieka. Ek het al Engels,
Latyn, Grieks, Spaans en 'n bietjie Frans geleer, en ek moet erken dat
Afrikaans beslis die maklikste van die tale is, veral as ek Duits praat en die
meeste Afrikaanse woorde direk van my moedertaal kan aflei. Ek is maar seker
dat dit makliker vir 'n Engelssprekende is om Spaans te leer as Afrikaans. En
dit net weens die feit dat jy minder woorde in tale soos Engels of Spaans
benodig as in Duits, Nederlands of - ja - Afrikaans. Ek het al honderde briewe
in Afrikaans geskryf, maar ek moet elke keer in 'n woordeboek naslaan, en dit
is nogal moeilik vir my om myself korrek uit te druk. O ja, dan is daar nog
die Afrikaanse grammatieka-boek (ek dink dit het sowat 800 bladsye gehad) wat
ek in die Duitse Biblioteek in Frankfurt gevind het...

Afgesien daarvan is dit na my mening nie nodig om 'n wedstryd daaroor te begin
wie die moeilikste taal praat. My eie moedertaal is waarskynlik die moeilikste
Germaanse taal, sal ek daarvoor 'n prys wen?

Afrikaans does have a great power of expression, it is a very picturous
language. Of course it lacks some of the advantages of English, such as the
use of certain tenses. But having tried to dive deeper into the subject, not
just looking at the basic language structures, I honestly have to say that
Afrikaans is more difficult than I expected it to be. Believe it or not.
(sorry... I had to switch over to English now. It's late and I'm tired - I
hope I can understand the rest of your posting. If my answers seem a little
weird, I probably haven't)

> Die langdurige en nimmer-eindigende afbreek en afkraak van die
> tradisioneel Duitse karakter en natuurlik die Nazi jagtery laat julle seker
> nogal polities korrek.

C'mon, I'm not the type of guy who feels responsible for Germany's past. I
have been to a lot of places around the world and I have learned to be proud
of my country and culture. If you have the impression that Germany wants to be
politically correct all the time you may be right - but that doesn't mean
everybody over here thinks that way.

> Ek het al soms effens bly gevoel dat die groot,
> apartheids-sonde bewusseyn 'n bietjie van julle las help dra (of minstens
> die fokus 'n bietjie verskuif).

Do you really want to know how much people in Germany care for Apartheid, the
old and the new South Africa? Watching the news and reading the newspaper, I
have to say: not at all. I am very interested in the history of your country,
but sometimes I feel that I'm the only one. I don't think many people over
here would dare to associate Germany's Nazi past with Apartheid, and neither
would I. Thus I don't see how this would help us to carry our burden of our
past. People like Steven Spielberg who tell stories about what has happened,
and who tell it in a way that it becomes clear that there is no such thing as
an "evil people" (like "evil Germans" for example), they are the ones who help
Germany to carry the burden of its past. But South Africans? Just because they
once had a system called "Apartheid"? I don't think so. Sorry, I know you
didn't think that far when making your comment, I just felt I had to set it straight.

> Toemaar, sommige (en ek hoop die meeste) van ons is nie so kleingeestig as
> om ons bestaansreg aan ons taal te koppel, en so toe of pretensieus om
> onsself te verbeel dat Afrikaans op dieselfde komplekse vlak as andere is
> nie.

Of course it's not possible to keep a language alive if people don't want to
speak it. Still I think it's worth a try. Afrikaans is not the only language
that faces an uncertain future, and to me this has never been a reason not to
learn it. I like the language, and I'm glad whenever I meet someone who can
speak it. Now I'll go to bed.

Goeie nag, :-)

Thorsten
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18019 is 'n antwoord op boodskap #17739] Do, 01 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Kobus Pietersen wrote:
>
> Mense soos Thörsten, Darren, Henry (HWM) en ander soos Hilda en Servaas,
> Arthur en Roelf dwing groot bewondering by my af, aangesien hulle die moeite
> doen om in 'n taal te kommunikeer wat my na aan die hart lê.

Ek reageer bietjie laat, maar ons is net terug van 'n heerlike vakansie in
Spanje.

Ek wil net sê : dankie dat jy ons "bewonder", Kobus, maar dit hoef nie. Dit
is regtig 'n plesier om Afrikaans te lees, te hoor en te spreek. Ek was
vanaf die eerste dag wat ek die Taal ontdek het, baie gemotiveer om haar/hom
te leer (in Nederlands is "taal" vroulik - en in Afrikaans ?). Die eerste
rede hoekom ek op die net aangesluit het (meer as twee jaar gelede), was om
Afrikaans te kan lees :-) en met Afrikaanssprekendes in kontak te kom. Ek
had toe reeds vriende in SA, maar hulle is bietjie lui om te korrespondeer
:-) (hulle skakel darem af en toe, en van hulle het reeds kom kuier).

Ek dink die taal is PRAGTIG en 'n mens kry nooit genoeg daarvan om haar te
ontdek. Ek glo ook nie dat Afrikaans maklik is nie. Alhoewel ek die meeste
woorde sonder moeite kan verstaan (deur my eie moedertaal), is die sintaksis
en grammatika tog verskillend. Ek het nog baie vrae, maar dit maak dit nog
interessanter.

Groete uit Oostende :-) - waar die herfs nou begin het :-( .

Hilda.
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18020 is 'n antwoord op boodskap #17739] Do, 01 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:

> Ek reageer bietjie laat, maar ons is net terug van 'n heerlike vakansie in
> Spanje.

>
> Groete uit Oostende :-) - waar die herfs nou begin het :-( .
>
> Hilda.

Welkom terug! Vertel ons van Spanje.
Waar was jy orals.

Gloudina
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18021 is 'n antwoord op boodskap #17739] Do, 01 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin wrote:
>
> Ek dink die taal is PRAGTIG en 'n mens kry nooit genoeg daarvan om haar te
> ontdek.

Ek kon dit nie beter gesê het nie!

Groete,

Thorsten
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18041 is 'n antwoord op boodskap #17739] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin wrote in message ...

> Ek dink die taal is PRAGTIG en 'n mens kry nooit genoeg daarvan om haar te
> ontdek.
> Groete uit Oostende :-) - waar die herfs nou begin het :-( .
>
> Hilda.

Tof zeg!
c'est plesant zo alls fisant!

Hilda, vertel bietjie meer van Spanje, jong.
Ek sou graag meer wil weet van Andalusië en omtrek.

kobus
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18042 is 'n antwoord op boodskap #17739] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Welkom terug! Vertel ons van Spanje !

> Hilda, vertel bietjie meer van Spanje, jong.
> Ek sou graag meer wil weet van Andalusië en omtrek.

Dankie vir die "welkom terug" ! :-).
Hierdie jaar het ons net "onbekende" plekke besoek en met baie mense
(Spanjaarde) gesels.
Ons het in 'n klein dorpie gebly : Puente del Río (= die rivier se punt) ,
wat êrens tussen Almería en Motril, by die Middellandse see aan die "Costa
Tropical" lê.
As 'n mens die landskap vanaf die strand bekyk, sien jy net blou-groenagtige
berge. As jy meer na die binneland toe trek, dan lyk die landskap so 'n
bietjie soos die Drie Rondawels se omgeving, sonder die water :-).
As jy vanaf die deurpad na die see kyk, dan is die uitsig nie so mooi nie :
die hele kuslyn, net agter die strand en voor die berge, is ingeneem deur
groot stukke wit plastiek waaronder die boere veral soetrissies, eiervrugte
en boontjies kweek. Dit lyk nie baie mooi nie, maar dit is hulle enigste
bron van inkomste.
Die vrugte wat daar groei, is dieselfde as in Afrika : mango's, piesangs,
papajas, avokado's, koejawels, ens. Daar's ook nog die "cherimoya" wat ons
in Kongo ook gekry het, maar ek glo nie dat daardie vrug in SA groei nie.
Die mense is baie gasvry. Ons kampeer toe en koop ons brood in 'n piepklein
bakkerytjie. Toe ons ry, bak die man 'n groot plat koek vir ons ! Sy vrou
gee dit toe en sê ons moet maar tydens die reis stukkies daarvan opeet om
nie moeg te word nie ! Ek kan my nie voorstel dat daar in België een bakker
is wat gratis 'n koek vir toeriste sou bak nie ! Ons het dieselfde
gasvryheid ervaar as dié wat ons in Suid-Afrika geken het. Dit help
natuurlik dat Gervaas baie vlot Spaans praat.
Andalusië laat 'n mens aan Afrika dink - die mense lyk minder gestresseer as
in die ander Europese lande wat ek ken, ek voel in iedergeval meer tuis in
daardie streek as hier in België :-).

Groete uit Oostende.
Hilda.
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18064 is 'n antwoord op boodskap #17739] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hilda Hellin skryf:

>> ...wat ek persoonlik die TWEE Rondawels noem, en toe my vrou jonger was, het
>> sy saamgestem! Gaan kyk weer na 'n foto!
>
> Wel, ek het hulle geteken
> (http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005/paintings.html) en, as ek sou
> geweet het wat ek nou weet : dat daar eintlik maar twee is, dan sou ek die
> derde een gelos hê, want hy het etlike ure werk van my geverg ! :-)))

Ai, Hilda, ek is nou nie veel van 'n kunstenaar nie, maar daai teken ek al
van ek 13 was!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18065 is 'n antwoord op boodskap #17739] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >
> Gervaas Hellin skryf:
>
>> As jy meer na die binneland toe trek, dan lyk die landskap so 'n
>> bietjie soos die Drie Rondawels
>
> ...wat ek persoonlik die TWEE Rondawels noem, en toe my vrou jonger was, het
> sy saamgestem! Gaan kyk weer na 'n foto!
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is nie vir Sissies nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')

Ek het nie die oorspronklike pos van
Hilda gesien nie. (Ons bediener het
onverklaarbaar leeggeloop verlede week
en dit het seker daar verlore gegaan.)
Was dit 'n pos waar Hilda van hulle
besoek in Spanje vertel het? Kan iemand
dit vir my opskep en weer op die nuus-
groep plaas?

Gloudina
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18066 is 'n antwoord op boodskap #17739] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> ...wat ek persoonlik die TWEE Rondawels noem, en toe my vrou jonger was, het
> sy saamgestem! Gaan kyk weer na 'n foto!

Wel, ek het hulle geteken
(http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005/paintings.html) en, as ek sou
geweet het wat ek nou weet : dat daar eintlik maar twee is, dan sou ek die
derde een gelos hê, want hy het etlike ure werk van my geverg ! :-)))

Groete.
Hilda.
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18067 is 'n antwoord op boodskap #17739] Sa, 03 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin skryf:

> As jy meer na die binneland toe trek, dan lyk die landskap so 'n
> bietjie soos die Drie Rondawels

...wat ek persoonlik die TWEE Rondawels noem, en toe my vrou jonger was, het
sy saamgestem! Gaan kyk weer na 'n foto!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18096 is 'n antwoord op boodskap #17739] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Maar ontdek ek tog 'n effens klaerige
> toon? Asof jou munt nie meer so goed
> by die miesies is nie.

Nee wat, Gloudina, ek is heel tevrede met hoe sake by my staan, by wyse van
spreke nou.

> In alle geval, is ek reg om te dink dat
> Pramberg in die Swartland is?

Ja min of meer, maar ek dink 'n bietjie verder noord. Dis mos waar Boerneef
vandaan kom.

> En waar op die Weskus is Tietiesbaai?

Min of meer wes van Nuwerus.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18097 is 'n antwoord op boodskap #17739] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes: > >

..wat ek persoonlik die TWEE Rondawels noem,
en toe my vrou jonger was,
> het
>> sy saamgestem! Gaan kyk weer na 'n foto!
>
> Wel, ek het hulle geteken
> (http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005/paintings.html) en, as ek sou
> geweet het wat ek nou weet : dat daar eintlik maar twee is, dan sou ek die
> derde een gelos hê, want hy het etlike ure werk van my geverg ! :-)))
>
> Groete.
> Hilda.

Kan julle vir my verduidelik waar die Drie
Rondawels is. Ek het eers gedink julle praat
van Drie Susters, maar toe ek Hilda se
skildery op die net sien, toe sien ek dis
deel van 'n bergreeks.

Henri, hoe lyk dit of jou vrou jou deesdae
met 'n knippie sout neem. Miskien het sy
uitgevind dis veel geskreeu maar weinig
wol.

Gloudina
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18098 is 'n antwoord op boodskap #17739] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Ai, Hilda, ek is nou nie veel van 'n kunstenaar nie, maar daai teken ek al
> van ek 13 was.

Ja miskien, maar nie met PSP op jou rekenaarskerm nie :-)) (ek's jammer
genoeg ook nie 'n kunstenaar nie)

Groete !
Hilda.
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18099 is 'n antwoord op boodskap #17739] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: > Gloudina skryf:
>
>> Kan julle vir my verduidelik waar die Drie
>> Rondawels is.
>
> Die Drie Rondawels is nie vér van ons af nie, in die omgewing van
> Pelgrimsrus (wat nou amptelik Pilgrim's Rest is).
>
> Maar jy verstaan duidelik nie waaroor die verwysing na TWEE rondawels, en my
> vrou toe sy jonger was, en die verband daarmee, gaan nie. Daar is wel DRIE
> formasies, maar net TWEE lyk soos rondawels. Vir die 3de een verwys ek jou
> na 'n gedig van Boerneef, wat so begin:
>
> "By PRAMBERG blêr 'n mofskaap..."
>
> As jy dalk nog nie snap nie, aan die Weskus is daar 'n plekkie met die naam
> van TIETIESBAAI, hy's vernoem na 'n nabygeleë heuweltjie...
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA

OK, OK, Broer Henri, ek kry die punt.
Maar ontdek ek tog 'n effens klaerige
toon? Asof jou munt nie meer so goed
by die miesies is nie. Jy weet, hoe
ouer vroumense word, hoe meer moet jy
op jou tone wees.

In alle geval, is ek reg om te dink dat
Pramberg in die Swartland is?

En waar op die Weskus is Tietiesbaai?

Daar is sommer lekker plekname op die
westelike deel van SA. Soos Noudonsies,
Putsonderwater, Koekenaap, Bokseputs.
En Lekkersing, waarna Kramer op pad
was.

Gloudina
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18100 is 'n antwoord op boodskap #17739] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Kan julle vir my verduidelik waar die Drie
> Rondawels is.

Die Drie Rondawels is nie vér van ons af nie, in die omgewing van
Pelgrimsrus (wat nou amptelik Pilgrim's Rest is).

Maar jy verstaan duidelik nie waaroor die verwysing na TWEE rondawels, en my
vrou toe sy jonger was, en die verband daarmee, gaan nie. Daar is wel DRIE
formasies, maar net TWEE lyk soos rondawels. Vir die 3de een verwys ek jou
na 'n gedig van Boerneef, wat so begin:

"By PRAMBERG blêr 'n mofskaap..."

As jy dalk nog nie snap nie, aan die Weskus is daar 'n plekkie met die naam
van TIETIESBAAI, hy's vernoem na 'n nabygeleë heuweltjie...

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: PC Afr. persoon v.d. jaar. [boodskap #18117 is 'n antwoord op boodskap #17739] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Thorsten

Ek het weer deur sommige van jou vorige plasings gegaan en ek
besef nou dat jou belangstelling redelik taalkundig gegrond is.
Ek en 'n liberaal-denkende Afrikaanse vriend het so 'n tydjie
terug gesels oor die moontlike gebruik van Afrikaans as 'n tweede/
oorbruggings taal (soortgelyk aan Esperanto) in Suid-Afrika en as
'n teenfoeter vir anglikaanse taal (en kultuur) despotisme. As 'n
taal, of eerder Afrikaans kenner het hy dit duidelik gestel dat
Afrikaans moeilik is om aan te leer vanwee" o.m. tyd(tense)
konstruksie wat verwarrend en vreemd voorkom, en anders as
Esperanto, is dit dikwels moeilik en soms onmoontlik om goeie
Latyn vertalinge te doen in Afrikaans weens sy beperktheid.
Eendersyds is Afrikaans moeilik (vreemd en argaies) en andersyd
eenvoudig (minder kompleks/gesofistikeerd en ook beperk). Nie-
teenstaande besef ek dat Afrikaans nogtans 'n goeie 800 bladsye
kan dek om 'n 'goeie' Afrikaans te bewerkstellig en die waarheid
aangaande die taal is natuurlik e^rens in 'n grys area van
die begrippe hierbo en deur jou gestel.

In geheel was my plasing egter 'n paleo-Afrikaner relaps :) en
ek vra daarvoor om verskoning. Wat jou antwoord op my plasing
betref stem ek met jou saam, daar is egter nog die angel-sakser /
anglo-amerikaanse en Hollywood dreksel wat tog so gedurig een of
ander metaforiese of direkte vergelyking met leiers, fascisme,
konseptuele stereotipiese Duitsers en engel-agtige britte trek
dat ek dikwels heel naar voel en (veral)deesdae nie baie lus het
om na Amerikaanse en Britse films te kyk nie. Dit is relatief tot
hierdie sieklike bewussynsgroep wat ek my opmerkings gemaak het.

Groete
Etienne Marais

>> En hier sit ek met 'n helse breë glimlag. Thorsten, Afrikaans is eenvoudig
>> en maklik. Die dinge waarna jy verwys behels die effens meer argaïese
>> aspekte van die taal en ek bewonder die elegante manier waarop jy
>> probeer om nie beledigend te wees nie (en dit regkry sonder om skynheilig
>> te wees).
>
> Jy vergeet dat 'n taal gewoonlik meer is as net grammatieka. Ek het al Engels,
> Latyn, Grieks, Spaans en 'n bietjie Frans geleer, en ek moet erken dat
> Afrikaans beslis die maklikste van die tale is, veral as ek Duits praat en die
> meeste Afrikaanse woorde direk van my moedertaal kan aflei. Ek is maar seker
> dat dit makliker vir 'n Engelssprekende is om Spaans te leer as Afrikaans. En
> dit net weens die feit dat jy minder woorde in tale soos Engels of Spaans
> benodig as in Duits, Nederlands of - ja - Afrikaans. Ek het al honderde briewe
> in Afrikaans geskryf, maar ek moet elke keer in 'n woordeboek naslaan, en dit
> is nogal moeilik vir my om myself korrek uit te druk. O ja, dan is daar nog
> die Afrikaanse grammatieka-boek (ek dink dit het sowat 800 bladsye gehad) wat
> ek in die Duitse Biblioteek in Frankfurt gevind het...
>
> Afgesien daarvan is dit na my mening nie nodig om 'n wedstryd daaroor te begin
> wie die moeilikste taal praat. My eie moedertaal is waarskynlik die moeilikste
> Germaanse taal, sal ek daarvoor 'n prys wen?
>
> Afrikaans does have a great power of expression, it is a very picturous
> language. Of course it lacks some of the advantages of English, such as the
> use of certain tenses. But having tried to dive deeper into the subject, not
> just looking at the basic language structures, I honestly have to say that
> Afrikaans is more difficult than I expected it to be. Believe it or not.
> (sorry... I had to switch over to English now. It's late and I'm tired - I
> hope I can understand the rest of your posting. If my answers seem a little
> weird, I probably haven't)
>
>> Die langdurige en nimmer-eindigende afbreek en afkraak van die
>> tradisioneel Duitse karakter en natuurlik die Nazi jagtery laat julle seker
>> nogal polities korrek.
>
> C'mon, I'm not the type of guy who feels responsible for Germany's past. I
> have been to a lot of places around the world and I have learned to be proud
> of my country and culture. If you have the impression that Germany wants to be
> politically correct all the time you may be right - but that doesn't mean
> everybody over here thinks that way.
>
>> Ek het al soms effens bly gevoel dat die groot,
>> apartheids-sonde bewusseyn 'n bietjie van julle las help dra (of minstens
>> die fokus 'n bietjie verskuif).
>
> Do you really want to know how much people in Germany care for Apartheid, the
> old and the new South Africa? Watching the news and reading the newspaper, I
> have to say: not at all. I am very interested in the history of your country,
> but sometimes I feel that I'm the only one. I don't think many people over
> here would dare to associate Germany's Nazi past with Apartheid, and neither
> would I. Thus I don't see how this would help us to carry our burden of our
> past. People like Steven Spielberg who tell stories about what has happened,
> and who tell it in a way that it becomes clear that there is no such thing as
> an "evil people" (like "evil Germans" for example), they are the ones who help
> Germany to carry the burden of its past. But South Africans? Just because they
> once had a system called "Apartheid"? I don't think so. Sorry, I know you
> didn't think that far when making your comment, I just felt I had to set it straight.
>
>> Toemaar, sommige (en ek hoop die meeste) van ons is nie so kleingeestig as
>> om ons bestaansreg aan ons taal te koppel, en so toe of pretensieus om
>> onsself te verbeel dat Afrikaans op dieselfde komplekse vlak as andere is
>> nie.
>
> Of course it's not possible to keep a language alive if people don't want to
> speak it. Still I think it's worth a try. Afrikaans is not the only language
> that faces an uncertain future, and to me this has never been a reason not to
> learn it. I like the language, and I'm glad whenever I meet someone who can
> speak it. Now I'll go to bed.
>
> Goeie nag, :-)
>
> Thorsten
>
Vorige onderwerp: Ferdi vra dom vrae. Hoekom?
Volgende onderwerp: Is enige iemand hier dalk al MCSE?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 14:04:22 MGT 2024