Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ware Suid-Afrikaners
Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17481] |
Sun, 13 September 1998 00:00  |
Oom Kaspaas
Boodskappe: 19 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
verlaat nie.
Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17514 is 'n antwoord op boodskap #17481] |
Tue, 15 September 1998 00:00   |
hek...
Boodskappe: 34 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In article ,
"nomad" wrote:
HaHaHaHa!
'Ware', 'egte', 'patriotiese', ens. val op dowe ore.
Sien dit vir wat dit is. 'n Swak verskuielde poging om te 'divide en rule'.
- ek stem saam met jou, afrikaners is afrikaners is afrikaners, of hulle tien
centimeter bo die grond sweef en of hulle onder 10 meter onder die see woon.
- huis is mos waar jou hart dwaal
- een ding is verseker, ons is almal mense en inwoners van die aarde,
derde planeet van die son
- nou toe mense, sing almal saam... dis lekker om n mensie te is, te is...
ek waai vriendlik vir julle :))
plant iets.. wat van n vrugte boom ?
heksie
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
|
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17536 is 'n antwoord op boodskap #17481] |
Wed, 16 September 1998 00:00   |
hb...
Boodskappe: 21 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Oom Kaspaas skryf:
> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
> verlaat nie.
Neels Kriek het ook daarop gewys dat mnr. Mandela hoofsaaklik 'wit koerante'
daarvan beskuldig dat hulle die hoë misdaadsyfer as die groot sondebok uitwys,
en Lou het geantwoord dat die verkiesing om die draai is, en ons retoriek te
wagte kan wees.
Enkele opmerkings:
In 'n redaksionele kommentaar het Beeld gister is daarop gewys dat 'n leier
en regering wat hom moet beroep op sy onderdane se patriotisme, inderdaad op
baie dun ys is, en min het om te wys. Nogal insiggewend, komende van Beeld,
wat nie graag die regering kritiseer nie, maar dan moet 'n mens seker bysê
dat Beeld 'n 'wit koerant' is (hallo, Ferdi!).
Met die aanloop na die verkiesing, is dit nou ook die tyd vir allerhande
opnames en peilings. Gister rapporteer Beeld dan ook oor 'n opname wat die
'Institute for a Democratic Alternative for SA' (IDASA - Van Zyl Slabbert, en
die manne) gedoen het om te bepaal waaroor Suid-Afrikaners ontevrede voel.
Onder Blankes staan Misdaad bo-aan, met die swak Ekonomie tweede. Onder
Swartmense is Werkloosheid bo, met Misdaad tweede.
Dinge soos voorsiening van water, elektrisiteit en gesondheidsorg is
betreklik laag af op die lys. Die ANC se strategie in die verkiesing gaan
wees om uit te wys wat hulle vermag het sedert '94, en gaan juis klem lê op
laasgenoemde dinge, maar soos Beeld berig, is dit juis nie die dinge waaroor
die meerderheid Suid-Afrikaners bekommerd is nie.
Groete
--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17771 is 'n antwoord op boodskap #17481] |
Tue, 22 September 1998 00:00   |
hb...
Boodskappe: 21 Geregistreer: September 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ferdi skryf:
(Eers 'n inleiding!)
Ek vind dit moeilik om presies te verstaan wat jy met hierdie
plasing wil sê, Ferdi, maar kom ons begin by die begin:
Iemand meld hier dat Mnr. Mandela in Mauritius gesê het Suid-
Afrikaners moet meer patrioties wees, en nie die land verlaat
nie. Hy sê ook in dieselfde toespraak dat dit hoofsaaklik 'wit'
koerante is wat die kwessie van geweld prominensie gee.
In die lig daarvan dat 'n nuusgroep 'n gesprek is, meld ek hier
wat 'n leidende lig op die Afrikaanse akker, Beeld ('wit' koerant?),
in 'n redaksionele kommentaar daaroor te sê het. Wat ek nagelaat
het om te sê is dat in dieselfde kommentaar gesê is dat dit die
regering sou baat om aandag te gee aan die redes waarom mense die
land verlaat. Toevallig huldig ek dieselfde standpunte.
Ek meld verder dat daar in dieselfde uitgawe van Beeld 'n verslag
van Idasa verskyn oor die goed wat Suid-Afrikaners die meeste pla.
Onder Blankes is die Geweld 1ste, en dis ook 2de onder Swartmense is.
Nou sê jy:
> Ek stel voor dat jy jou eie mind opmaak Henri..
Waaroor, Ferdi? Oor Mnr. Mandela se toespraak - sien bo. Oor verlating
van die land? Ek dink my opinie daaroor is goed bekend hier, maar ek
sal dit weer stel: Ek bly lekker, en het geen voornemens om die land
te verlaat nie, maar terselfdertyd is ek nie gedurig hier in gevegte
met ouens betrokke wat dit wel gedoen het nie. 'n Ou se keuse is jou
keuse.
...en:
> en dat jy ander ook toelaat om dit te doen.
Wat sou dit beteken? Dis 'n gesprek die, en die feit dat 'n ou 'n sekere
standpunt stel, beteken mos nie jy verhoed iemand om sy eie mind op te
maak nie. Maar as jy dink ek het soveel invloed hier, dan waardeer ek jou
hoë opinie!
> Net soos jy jou eie politieke mening kan huldig...kan ek myne
> he, of hoe?
Maar jy het mos, en ek is die laaste ou wat sal sê jy mag nie.
> Ek meen al is jou mening dalk nie altyd presies in pas met die...
> en jy het mos al gesê daar is selfs ANC-ampsdraers van Mpumalanga...
Eintlik van die Noordelike Provinsie, maar hulle kom nie eintlik by my
aan om my politieke opinies te hoor nie, of hoe? So ek sien nie die
relevansie van die opmerking nie.
> Net soos my mening dalk nie altyd presies in pas is met van my
> kollega's wat van tyd tot tyd hoofartikels skryf nie.
Dit weet, en aanvaar ek. Maar soos ek koerante leer ken en verstaan
het, word 'n redaksionele kommentaar nie onder die naam van 'n
spesifieke redaksielid geplaas nie. M.a.w. op daardie oomblik praat
die spesifieke redaksielid namens sy koerant, en is dit die opinie wat
die KOERANT op daardie oomblik huldig.
> Maar ons is mos albei geregting op ons menings, of hoe? En op die
> beweegruimte om dit uit te spreek en soort van onbevange te
> argumenteer, ne?
Natuurlik! En is dit nie presies wat ons doen nie? Daar is min dinge
so saai as 'n klomp gespreksgenote wat die hele tyd oor alles saamstem,
of hoe?
My vraag is dit, mag 'n mens in so 'n gesprek leidende figure aanhaal
om 'n bietjie gewig aan jou standpunt te gee, of beteken dit jy kan nie
jou eie mind opmaak nie?
Terloops, ek dink vanweë die feit dat so baie ouens hier in die buiteland
sit, wil hulle juis hoor wat leidende figure te sê het oor sekere dinge,
soos bv. wat André P. Brink te sê het oor die magsugtiges, soos wat
Leendert gerapporteer het. Ek meen, die feit dat hê dit sê, gee 'n
heeltemal ander perspektief as wanneer Henri Burger dit sê, of hoe?
Groete
--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17772 is 'n antwoord op boodskap #17481] |
Tue, 22 September 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Edwin wrote in message ...
> Laat 'n mens dink aan dié wat Europa vir die Kaap verlaat het, en dié wat
> toe die Kaap vir die res van die huidige SA verlaat het. Nogal interessant
> dat hulle as dapper gesien word ...
Hmmm..... Ja. Baie emigrante vergelyk hulself graag met die koloniste en die
Voortrekkers.
Ek is nie seker dat die vergelyking geldig is vir daardie emigrante wat
emigreer na plekke soos Minnesota, Queensland, of Ontario nie. Hierdie ouens
se skuif is vir my vergelykbaar met die van 'n koloniale amptenaar wat
"huistoe" gaan.
'n Meer geldige vergelyking met settelaars en voortrekkers, sou ek sê, moet
mens gaan soek by die SA boere, nyweraars, handelslui, ens. wat vestig in
plekke soos Mosambiek, Zambië, Kongo, ens. Daardie ouens loop 'n duidelike
risiko, wat dit myns insiens heeltemal anders maak as die geval van 'n
rekenaarprogrammeerder wat sy loopbaan in downtown Houston gaan bevorder.
Soos ons ook gesien het toe baie van hulle onlangs uit die Congo moes vlug,
en alles agterlaat.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17846 is 'n antwoord op boodskap #17481] |
Fri, 25 September 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Wed, 23 Sep 1998 21:44:02 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
>> Is dit waarom jy ses maande gelede so knaend wou weet waar ek werk?>>
>
> Dit was aan jou gese.
> En jy wou nie se waar jy werk nie.
> Jy het my werk left right en center ingesleep in argumente en so sku
> soos n meerkat in donderweer weggeskram om te se waar JY werk.
Inteendeel. Die identiteit van my werkgewer is openbare kennis. Die inligting
is beskikbaar op jou vingerpunte. In die argief van die koerant waar jy werk
en elders.
Jou stompsinnigheid het dus 'n ander doel as om bloot daardie inligting te
bekom, nie waar nie?
Vriendelike groete, Leendert
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:43:21 UTC 2025
|