Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moet ons moed hou of duim vas hou?
Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17563] |
Thu, 17 September 1998 00:00  |
Doos[1]
Boodskappe: 143 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Na 4 jaar in Ierland het ek vir 2 weke 'huis' toe gegaan. Die Donderdag
middag loop my beste vriendin se pa in Florida polisie stasie in en handig
sy 'will' oor aan die mannetjie agter die toonbank. So ook sy huis sleutel,
sy kar sleutels en 4 briewe. Een aan sy vrou en een vir elk van sy drie
dogters. Loop uit, gaan sit onder die bome en skiet sy kop met 'n .45-ACP
oop.
Op die ouderdom van 54 het hy 'n vol lewe gehad en gesorg dat sy familie
het wat hulle nodig het. Twee kinders op RAU gesien gradeer, 'n goeie
besigheid.
Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
die nuwe SA."
En wie gee om, hy's oud en hy is wit.
Aan Letitia Greyling en haar familie bid ek Godkrag toe!!
|
|
|
|
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17576 is 'n antwoord op boodskap #17563] |
Fri, 18 September 1998 00:00   |
hek...
Boodskappe: 34 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In article ,
wrote:
> "Hartseer" writes:
>
>> Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
>> die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
>> op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
>> 'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
>>
>> Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
>> die nuwe SA."
>
> Sal ek vir jou weer die "donkere kant" van
> die Ou Suid-Afrika begin vertel? Die donker
> kant wat drie-kwart van die Suid-Afrikaanse
> bevolking moes deurmaak, sodat die paar
> miljoen wittes lekker agteroor kan sit en
> die wereld om hulle bekyk asof alleen hulle
> alleenreg het. Sal ek vir jou begin vertel?
> Van die soldate wat in die strate van Soweto
> rondgery het. Van mense wat in Kaapstad
> grootgeword het en dan weggestuur is na
> godverlate reservate in die Oos-Kaap omdat,
> volgens die apartheidsvarke se reels, hulle
> daar hoort. Sal ek meer vertel?
>
> Gloudina
>
ek voel dat hierdie bitsige politiese aanval teenoor iemand wat sy
hartseer uitspreek, ongevoelig is, en aandui daarop dat die skrywer
geen empatie vir sy/haar medemens huisves nie, maar vasklou aan
uitgeryde politiese cliches.
--
plant n boom, in hierdie geval n bitterbessie boom
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17577 is 'n antwoord op boodskap #17563] |
Fri, 18 September 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> "Hartseer" writes:
>
>> Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
>> die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
>> op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
>> 'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
>>
>> Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
>> die nuwe SA."
>
> Sal ek vir jou weer die "donkere kant" van
> die Ou Suid-Afrika begin vertel? Die donker
> kant wat drie-kwart van die Suid-Afrikaanse
> bevolking moes deurmaak, sodat die paar
> miljoen wittes lekker agteroor kan sit en
> die wereld om hulle bekyk asof alleen hulle
> alleenreg het. Sal ek vir jou begin vertel?
> Van die soldate wat in die strate van Soweto
> rondgery het. Van mense wat in Kaapstad
> grootgeword het en dan weggestuur is na
> godverlate reservate in die Oos-Kaap omdat,
> volgens die apartheidsvarke se reels, hulle
> daar hoort. Sal ek meer vertel?
>
> Gloudina
>
>
Jy mors jou tyd om met gloudina te praat. Sy sien net die eenkant van
die storie. En dit is hoe dit 10 jaar gelede was - regstelling 30 jaar
gelede. Sy het nog nie gehoor dat ons nou 'n nuwe suid afrika het waar
almal dieslefde regte 'behoort' te hê nie. Sy is eintlik 'n ANC LP in
mufti, hier op die nuusgroep om met elke ding wat ruik na kritiek teen
'haar' regering, APARTHEID te skreeu, en ou koeie uit die sloot te
grawe. Verder het sy geen idee van wat vandag in Suid Afrika aangaan nie
(Net soos die spul ANC LP's). Sy sien dit as reg dat mense op hul plase
vermoor word, dat mense hul werk verloor bloot omdat hul vel nie swart
is nie, dat vraestelle gesteel word en die waarde van ander matrieks se
harde werk daarmee verminder word (Net soos die spul ANC LP's). Dan
praat sy nog die grootste spul boel en weerspeek haarself heeltyd (net
sso die ANC LP's).
Maar die hoofding is - sy sit lekker safe in Canada by haar
engelsprekende man en kinders en sy wil vir ons vertel hoe om afrikaans
te praat en hoe om te lewe?
Cheers
Lou
|
|
|
|
|
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17580 is 'n antwoord op boodskap #17563] |
Fri, 18 September 1998 00:00   |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
wrote:
> "Hartseer" writes:
>
>> Maar nadat die nuwe SA sy werk ook geeis het staar die man 'reposession' in
>> die oog.Skuld, geen geld, geen klere, geen kos, kan nie sy jongste dogter
>> op universiteit hou nie. Kan nie sy mortgage betaal nie. Kan nie meer
>> 'provide' nie. Afkraak van elementere menswees. . . . .
>>
>> Aan mense soos glou...@igs.net wil ek net se:"Daar is 'n donkere kant aan
>> die nuwe SA."
>
> Sal ek vir jou weer die "donkere kant" van
> die Ou Suid-Afrika begin vertel? Die donker
> kant wat drie-kwart van die Suid-Afrikaanse
> bevolking moes deurmaak, sodat die paar
> miljoen wittes lekker agteroor kan sit en
> die wereld om hulle bekyk asof alleen hulle
> alleenreg het. Sal ek vir jou begin vertel?
> Van die soldate wat in die strate van Soweto
> rondgery het. Van mense wat in Kaapstad
> grootgeword het en dan weggestuur is na
> godverlate reservate in die Oos-Kaap omdat,
> volgens die apartheidsvarke se reels, hulle
> daar hoort. Sal ek meer vertel?
>
So Gloudien - wat is dit wat jy besig om eintlik te sê?
Sou dit wees dat wraaksug geoorloof is?
Sou dit wees dat "two wrongs makes one right"?
Sou dit wees dat die hartseer van die mense van Suid-Afrika nou heeltemal in
orde is as gevolg van die hartseer van andere in die verlede?
As dit in feit die regte gesindheid is dan is daar geen hoop vir die lewe
nie, en sou massaselfmoord van die Afrikaner die enigste uitweg wees. Die
ondeurdagte wyse waarop jou besig is om Afrikaners in Suid-Afrika te tipeer
wys weer reg terug na jou toe. Dan maak dit nie saak wat jou persoonlike
stryd of politieke siening was gedurende Apartheid nie. Jy is Wit. Jy is
Afrikaner. Jy is voorspoedig. Dit maak volgens jou eie standaarde van jou ook
'n rassis. Dit maak van jou dan ook 'n "Apartheidsvark". Of is daardie
etikette net bestem vir die wie die pyn van andere ervaar? Is daardie
etikette net bedoel vir die wat oortuig is dat die wiele begin afval en besig
is om hul opinies daaroor uit te druk.
Iets klop nie. Is jy nie dalk net 'n AWB maatjie wie probeer om liberale
blankes belaglik te maak nie?
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17582 is 'n antwoord op boodskap #17563] |
Fri, 18 September 1998 00:00   |
Neels Kriek
Boodskappe: 29 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
hek...@usa.net wrote in message ...
[snip ou tante koba se gegorrel]
> ek voel dat hierdie bitsige politiese aanval teenoor iemand wat sy
> hartseer uitspreek, ongevoelig is, en aandui daarop dat die skrywer
> geen empatie vir sy/haar medemens huisves nie, maar vasklou aan
> uitgeryde politiese cliches.
Jy slaan die spyker op die kop Vyg.
EK kan my nie weer hou om vir Gloudina 'n paar "quotes"hier te plaas nie:
To show an unfelt sorrow is an office
Which the false man does easy.
-- Shakespeare, 'Macbeth,' II,iii,138.
Hate all, curse all, show charity to none.
-- Shakespeare, 'Timon of Athens,' IV,iii,536.
(More at Giving.)
Neels
PS. Dai asyn poeding van jou was briljant
You lie in your throat.
-- Shakespeare, 'Henry IV, Part Two,' I,ii,88.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17616 is 'n antwoord op boodskap #17563] |
Sat, 19 September 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes:
>>
>> O, my magtie. Verlede Saterdag toe ek verjaar
>> het, het ek met vyf families in Suid-Afrika
>> gepraat. Met almal gaan dit nogal goed. Geen
>> trane daar nie.
>
> Is dit nou dieselfde familie van jou wat voor die WVK loop blêr het dat
> hulle "nie geweet het nie", Gloudina?
Nee, Leendert, net een van my familielede het
voor die WVK getuig. 'n Neef. Eertydse lid van
die Goldstone-kommissie. Het met vyf ander
voormalige prokureurs-generaal soos manne voor
die WVK om verskoning gevra vir dinge wat hulle
gedurende die ou bedeling moes doen. (My neef
het gedurende die apartheids-regime 'n bekende
saak teen vryheidsvegters vervolg en dit gewen.)
Ek dink nie my neef het vir die WVK vertel dat
"hy nie geweet het nie." Maar hy het erken dat
hy dinge moes doen in sy kapasiteit as prokureur-
generaal in Kaapland wat immoreel was, al het
hy maar net die wette wat die apartheidsvarke
gemaak het, uitgevoer. Dit het, volgens hom,
vir hom ook 'n apartheidsvark gemaak.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #17942 is 'n antwoord op boodskap #17563] |
Tue, 29 September 1998 00:00   |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nouja - ek het hierdie boodskap so 'n paar weke gelede gelees, maar was op pad
na 'n vergadering, sodoende kon ek nie 'n bydrae lewer oor die sakie nie, maar
my skedule is nou heelwat minder druk.
In article ,
wrote:
> gide...@usa.net writes:
>
>> So Gloudien - wat is dit wat jy besig om eintlik te sê?
>
> Wat ek weet, Gideon, is dat hierdie ou
> 'n paar weke gelede gepraat het oor hoe
> hy sal sit en dagga rook en ons vertel
> wat hy dink van SA. (As dit ooit 'n
> werklike persoon is.)
>
Ai Gloudien. Dagga rook is mos nou nie so 'n groot sakie (meer) nie. Daar is
'n hele debat wat uit ANC-kringe sy ontstaan het oor die wettiging van dagga.
Die feit dat dit onwettig was onder die ou bedeling, sowel as die feit dat 'n
komponent is van tradisionele medisyne moet jou tog beide 'n aanduiding gee
dat dit net nog 'n leuen was uit die ou bedeling. Ek meen die groen gevaar is
nie eens so erg soos die rooi gevaar nie. Die een gaan op in rook. Dan is
daar natuurlik 'n groot groep mense wat dit gebruik as deel van hul
religieuse rituele. Dit is natuurlik nou bo-en behalwe die ekstra voordeel
wat dit aan studente wat probeer insig in die lewe bied.
> en sou massaselfmoord van die Afrikaner die enigste uitweg wees. Die
>> ondeurdagte wyse waarop jou besig is om Afrikaners in Suid-Afrika
> te tipeer
>> wys weer reg terug na jou toe.
>
> Hou asseblief die naam "Afrikaner" uit hierdie
> gesprek. Ons weet nie of hierdie ou 'n
> Afrikaner is nie, ons weet nie of die man wat
> dood is 'n Afrikaner is nie. Dis jy wat 'n
> agenda het. Wat iemand wil goedpraat wat sê
> dis die skuld van die huidige regering dat
> hierdie man nou nie meer so goed af is as
> vantevore nie. Jy skaar jou maar net by die
> mense wat tjank dat al die goeie werk nou
> nie meer net vir wittes gereserveer word nie.
>
Daar is redelike goeie leidrade in die ou se stellings (ingesluit
grammatikaal)wat aandui dat hy wel Afrikaanssprekend is. Verder is die
hartseer van mense wat nie werk kan kry nie 'n welgedokumenteerde feit wat jy
noe sommerso kan afmaak nie. Of is jy een van die wat glo dat twee slegte
dinge een goeie ding maak?
>> Iets klop nie. Is jy nie dalk net 'n AWB maatjie wie probeer
> om liberale
>> blankes belaglik te maak nie?
>
> Word wakker, ou Gideon. Jou ou gepraat oor
> "liberale blankes" is uit die ou doos. En
> ek sweer jy is een van daardie mense wat
> jou "liberale" sy en jou "konserwatiewe"
> sy kies na gelang met wie jy praat. Vertel
> ons bietjie van gesprekke wat jy seker al
> gehad het met Nederlanders wat opreg
> verontwaardig is oor wat in SA gedurende
> die apartheidsregime gebeur het. Ek kan
> amper wed dat jy dan vir hulle vertel hoe
> jy ook nie daarvan gehou het nie.
>
O - jammer - ek beweeg duidelik nie in dieselfde verligte kringe as jy nie.
Wat is die nuwe term vir 'n liberale blanke? Terloops - ek verwys na die
liberale blankes in dieselfde asem as die AWB - dus weereens 'n vorm van
parodie waar ek effektief die AWB se begeesterde verwysings na enigiemand wat
glo aan menseregte as "liberale blankes". Ek sou in elk geval jou nuwe etiket
vir diesulkes wil hoor. Oor die saak van Nederlanders. Ja ek vertel hul dat
ek ook opreg verontwaardig was oor wat gebeur het - vreemd genoeg was ek ook.
Ek sal jou nie probeer verveel met my avonture nie, maar nouja. Ek vertel ook
vreemd genoeg vir die Nederlanders dat ek nie tevrede is met wat mense nou
met hul nuwe vryheid doen nie. Miskien was ek net naief om te verwag dat
mense hul vryheid sou gebruik om vir die beste van al die mense van die land
te probeer stry. Miskien was ek net naief om te verwag dat alle blankes nie
oor dieselfde kam geskeer sou word in die nuwe bedeling nie. Miskien was ek
net naief om goeie, gesonde regering te verwag wat die kernprobleme van
Suid-Afrika sal probeer aanspreek. Miskien was ek net naief om te verwag dat
menseregte 'n belangriker konsiderasie is as wraak.
Hierdie dinge basuin ek egter nie uit in Nederland nie, aangesien ek voel dat
SA wel hoop het en weet dat dinge slegs kan regkom as daar geld invloei in
SA. Dus, as mense my 'n eerlike opinie vra, gee ek dit. Ek gee die negatiewe,
en ek gee ook die positiewe.
'n Laaste ding wat miskien na die kern van die saak sny. In die Kommunistiese
ideologie is daar slegs twee tipes mense. Rewolusionêr en Reaksionêr. Dit is
in feit nie so nie. As ek die ANC regering as 'n swak regering beskou is ek
nie anti-Suid-Afrika nie. 'n Effektiewe bevrydingsorganisasie kan nie
noodwendig in 'n goeie regering verander nie. Die enigste manier om dit aan
te spreek is om nie jouself blind te hou vir hul foute nie. Die vernuwing in
Suid-Afrika is nie die ANC nie. Die ANC is net deel daarvan. Al die
Suid-Afrikaners binne en buite SA is deel van die proses. Na my mening is een
van dei dinge wat kommunisme so totaal laat faal het hul onverdraagsaamheid
teenoor die wie bereid is om hul eerlik te kritiseer. n Regering wat so
probeer werk sal op die lang duur faal. Wat ek waarneem in die ANC, is 'n
soortgelyke onverdraagsaamheid. Die wie nie 100% met hul saamstem nie word
sumier as reaksionêr gebrandmerk.
Miskien moet jy nie dieselfde fout maak nie.
-Gideon-
|
|
|
|
|
Re: Moet ons moed hou of duim vas hou? [boodskap #18038 is 'n antwoord op boodskap #17563] |
Fri, 02 October 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kyk, ons het hier te doen met die maan wat elke nou en dan vol word, dinge wat
sy rook, die pille wat haar terrapeut voorskryf en die wat hy nie voorskryf
nie, saam met die koffie wat Izak moet aandra en dan is daar nog die hoe
ouderdom, altzheimers, kortsigtigheid, doofheid en totale seniliteit.
Wat verwag jy?!?
Johan (bietjie in Oregon)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:35:43 UTC 2025
|