Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie?
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17421] Wo, 09 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Sep 1998 14:55:23 GMT, had the following to say:

|die ou moeë anti-"kommunistiese" gepratel van die apart-
|heidsvarke napraat. Ongelukkig is die Republikeinse party
|in Amerika nog ook in dieselfde ou anti-kommunistiese
|groef - deels omdat hulle nog die koue oorlog veg, deels
|omdat hulle hul imperialistiese drange nie kan kontrolleer
|nie. Die res van die wêreld (en dit sluit die Pous in) het
|al lankal besluit dat die grootste euwel die beleid van die
|Amerikaners is,

Dis nou maar bloot jou eie moeë anti-Amerikaanse gepratel...
Jy klink regtig soos 'n klein dogtertjie wat baie jaloers is op die
buurdogtertjie se mooi pop en nou alles van die bure slegsê.

Ek het nie geweet jy is 'n segsman vir die pous nie!?! Biskop
Bouwer...

O en dan sweep jy sommer so gemaklik "die res van die wêreld ..." by
jou redenasie in. Nee sies man, as jy nie goeie redenasies het nie,
probeer dan ten minste jou geloofwaardigheid behou! Of is dit jou
sosialistiese drange wat jy nie kan kontrolleer nie.

| en nie die beleid van 'n klein staatjie in die
|Karibbiese see nie. Almal kan sien

Wie is "almal" en hoe "sien" hulle dit?????

|dat die kinders in Kuba
|nog beter daaraan af is as gedurende die tyd van Batista,

|Ou Lou, jy is nou
|skielik so die voorstander van "vrye verkiesings." Dit laat
|my lag as ek dink dat jy heelwaarskynlik bietjie weggeskram
|het toe groot dele van die SA bevolking vrye verkiesings in
|SA gevra het.

... sê sy van die moral high ground af - jy sit ook maar op 'n
mishoop, ou girl! En weet jy wat, daar is niks mee verkeerd om vrye
verkiesings voor te staan nie. Selfs ek wat niks van die munts
regering hou nie, staan vrye verkiesings voor - ek is net nie van
mening dat ons ooit vrye verkiesings sonder intimidasie in hierdie
land sal kry nie.

| Jy kritiseer Cuba omdat die ekonomie nie daar
|bloei nie. Hoekom kritiseer jy nie Japan waar die ekonomie
|ook nie nou bloei nie.

Jy kritiseer die vorige Nat regering omdat hulle beleid jou nie gepas
het nie en rassisties was. Hoekom kritiseer jy nie die hele swart
Afrika waar rassime eers na kolonialisme begin bloei het nie. Hoekom
hierdie selektiewe moraliserings?

Jy's so deurmekaar met jou feite en emosionele uitbarstings dat dit
selfs moeilik is om jou te beskuldig dat jy 'n agenda het.

| En die apartheidsregime, waar die
|ekonomie ook nie gebloei het nie. Hoekom hierdie selektiewe
|moraliserings? Toemaar, ek weet, jy het 'n agenda. Ek wonder
|waarvan jy Kanada sal beskuldig as jy uitvind dat die beleid
|wat hulle volg nie strook met jou opinies nie.

| Kanada het 'n openlike en vriendelike verhouding met
|Kuba.

Hand om die niere met die vyand, sou ek dit eerder noem!

|Maar tot tyd en wyl die Amerikaners wakker word en ophou
|kyk na wie vir watter party gaan stem en die regte beleide
|volg,

Ek wens maar dit het hier in ons politiek gebeur...!

Want tensy ons regering nou begin die regte beleide volg, gaan hulle
nooit die probleme van die land begin oplos nie en gaan ons die pad
van die res van Afrika volg.

| sal hulle nooit die probleem van Kuba en ook nie die
|probleem in die Middel-Ooste oplos nie. Gelukkig het die
|Demokratiese Party onder Clinton in die regte rigting geleun.

...met 'n oop gulp....

|Die vader behoed ons as in die komende Amerikaanse
|verkiesing die Republikeine nie teruggedryf kan word nie.

... en in ons eie komende verkiesing die swart "horders" nie terug
gedryf kan word nie ...

|Hulle maak hulself belaglik in die oë van die wereld deur hulle
|tweegesig-gepratery.

Hier by ons hoef die politici nie eers "tweegesig-pratery" te beoefen
nie - hulle maak sommer so sonder inspanning hulleself belaglik in die
oë van die wereld.

| Dit laat 'n mens hier in Kanada soms lag, maar dis eintlik
|'n tragedie, om langs die VSA te bly en te sien hoe hierdie
|mense hulself in knope knoop oor dinge wat vir die res van
|die wereld al lankal so helder soos die daglig is.

Dit laat 'n mens soms grappies uitdink soos die een van die miere en
die sprinkane, maar dis 'n werklike tragedie om in Suid-Afrika te bly
en te sien hoe die land soos die Russiese ekonomie agteruitgaan terwyl
die politici hulleself in knope knoop in forums en uitsprake wat niks
met die werklikheid te doen het nie.

Ek hoop ek kon die ander uiterste stel, sodat jy bietjie kan dink dat
jou idees uiters eensydig voorkom.

Bly weg van redenasies oor die politiek en vertel eerder weer vir ons
van jou land en sy mense - soos die laaste storie oor die stad van
smarte. Dit was immers interesant.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17423 is 'n antwoord op boodskap #17421] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Simon wrote in message ...
> On 9 Sep 1998 14:55:23 GMT, had the following to say:
>
>
> Dis nou maar bloot jou eie moeë anti-Amerikaanse gepratel...
> Jy klink regtig soos 'n klein dogtertjie wat baie jaloers is op die
> buurdogtertjie se mooi pop en nou alles van die bure slegsê.
>
> Ek het nie geweet jy is 'n segsman vir die pous nie!?! Biskop
> Bouwer...
>
> O en dan sweep jy sommer so gemaklik "die res van die wêreld ..." by
> jou redenasie in. Nee sies man, as jy nie goeie redenasies het nie,
> probeer dan ten minste jou geloofwaardigheid behou! Of is dit jou
> sosialistiese drange wat jy nie kan kontrolleer nie.

> KNIP meer van dieselfde

Hierdie hele stuk bevat nie 'n enkele argument nie - bloot persoonlike
teregwysings en snedige kantlyngepiep. Debatteer tog die punte in gluodina
se argument - die helms-burton wet; die feit dat die VSA die wet so
selektief toepas (doen niks aan kanada en china wat lustig handel dryf met
kuba, maar wil indonesie en taiwan met die dood dreig - vra jouself af
hoekom en jy merk op dat die grootste moralistiese kommunistiese en
pro-demokrasie argument tog net dribbel is rondom die dollar en eiebelang);
die soeke na alternatiewe maniere om demokrasie aan die hand te werk as 'n
embargo (wat die vraag op di e spits dryf - wie is werklik verantwoordelik
vir die ekonomiese agteruitgang?). Weer eens, speel die bal, Simon.

leswin
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17426 is 'n antwoord op boodskap #17421] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> rsa...@intekom.co.za (Frikkie Potgieter) writes: >
>
> THE FOLLOWING IS AN OPEN LETTER TO THE SOUTH AFRICAN COMMUNIST
>> PARTY BY A FRIEND OF THE BOERVOLK: ANTON CORVUS
>
> The government of Fidel Castro has
>> killed untold tens of thousands of people in his own country and has
>> exported death to thousands more in South America and in Angola. The
>> people of Cuba have suffered under the rule of Castro since 1959,
>> thousands have been tortured, imprisoned, and killed for that most
>> "horrible" of crimes; the quest for freedom.
>
> So, ou Frikkie, jy is nie alleen 'n hanskakie
> nie, maar jy is ook 'n hansyankee. Dis alleen
> julle snertpraters en die Amerikaners wat nog
> so teen Castro is. Word wakker. Die res van die
> wereld verag hierdie Yankee-beleid.
[color=blue]>
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17427 is 'n antwoord op boodskap #17421] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

>> So, ou Frikkie, jy is nie alleen 'n hanskakie
>> nie, maar jy is ook 'n hansyankee. Dis alleen
>> julle snertpraters en die Amerikaners wat nog
>> so teen Castro is. Word wakker. Die res van die
>> wereld verag hierdie Yankee-beleid.

> vertel jy ons nou dat wat
> Frikkie sê in Cuba gebeur nie die waarheid is nie? Dat mense sommer vir
> die pret in klein nie-seewaardige bootjies klim om na die VSA te gaan?
> Dat die Ekonomie in Cuba bloei? Dat daar vrye verkiesings is? Dat
> tenspyte van hulle sogenaamde hoe skolastiese peil hulle werkloosheid
> peil net so hoog is?


Wel, ou Lou, kom ons kyk nou eers na waar jy en ek
staan. Dis duidelik, al sal jy dit wil ontken, dat jy maar nog
die ou moeë anti-"kommunistiese" gepratel van die apart-
heidsvarke napraat. Ongelukkig is die Republikeinse party
in Amerika nog ook in dieselfde ou anti-kommunistiese
groef - deels omdat hulle nog die koue oorlog veg, deels
omdat hulle hul imperialistiese drange nie kan kontrolleer
nie. Die res van die wêreld (en dit sluit die Pous in) het
al lankal besluit dat die grootste euwel die beleid van die
Amerikaners is, en nie die beleid van 'n klein staatjie in die
Karibbiese see nie. Almal kan sien dat die kinders in Kuba
nog beter daaraan af is as gedurende die tyd van Batista, toe
die enigste mense wat gebaat het die Amerikaanse kapitaliste
was en 'n klein groepie elite families wat diktatoriaal regeer
het. (Omtrent soos dit in die apartheidsdae was, toe die Britse
en Amerikaanse kapitaliste nog floreer het en 'n klein groepie
apartheidsvarke diktatoriaal regeer het.) Ou Lou, jy is nou
skielik so die voorstander van "vrye verkiesings." Dit laat
my lag as ek dink dat jy heelwaarskynlik bietjie weggeskram
het toe groot dele van die SA bevolking vrye verkiesings in
SA gevra het. Jy kritiseer Cuba omdat die ekonomie nie daar
bloei nie. Hoekom kritiseer jy nie Japan waar die ekonomie
ook nie nou bloei nie. En die apartheidsregime, waar die
ekonomie ook nie gebloei het nie. Hoekom hierdie selektiewe
moraliserings? Toemaar, ek weet, jy het 'n agenda. Ek wonder
waarvan jy Kanada sal beskuldig as jy uitvind dat die beleid
wat hulle volg nie strook met jou opinies nie.
Kanada het 'n openlike en vriendelike verhouding met
Kuba. Kanada het ook die guts om teen die VSA te gaan
as dit op herrie afkom. Die Amerikaners het, onder druk van
die Republikeinse party se uiterste regse flank onder die
leiding van Jesse Helms, die Helms-Burton Wet ingebring.
Hulle wou sekere maatskappye wereldwyd penaliseer wat
met Kuba handel dryf. Kanada en ook lede van die Europese
Unie het sterk beswaar gemaak. Die regering in Washington
het hulle onder die tafel probeer kalmeer en gesê dat hulle
maatreëls sal tref wat die effek van die Helms-Burton wet
sal uitkanselleer. Ek dink die hele ding het nou doodgeloop.
Maar tot tyd en wyl die Amerikaners wakker word en ophou
kyk na wie vir watter party gaan stem en die regte beleide
volg, sal hulle nooit die probleem van Kuba en ook nie die
probleem in die Middel-Ooste oplos nie. Gelukkig het die
Demokratiese Party onder Clinton in die regte rigting geleun.
Die vader behoed ons as in die komende Amerikaanse
verkiesing die Republikeine nie teruggedryf kan word nie.
Hulle maak hulself belaglik in die oë van die wereld deur hulle
tweegesig-gepratery. Soos ou Dan Burton wat Clinton 'n
"scumbag" noem en dan moet bieg dat hy nog erger seksuele
transgressies in sy kas het. Dis nou dieselfde Burton van die
Helms-Burton wet.
Dit laat 'n mens hier in Kanada soms lag, maar dis eintlik
'n tragedie, om langs die VSA te bly en te sien hoe hierdie
mense hulself in knope knoop oor dinge wat vir die res van
die wereld al lankal so helder soos die daglig is. Een
daarvan is: dat Kuba nie die stabiliteit van die wereld bedreig
nie. Dis alleen 'n klompie fat cat Kubane wat nou in Florida
sit en hulle vorige groot landgoede terug wil hê, wat sal baat
deur vir Kuba in te val en polities te breek.

Che
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17428 is 'n antwoord op boodskap #17421] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 09 Sep 1998 08:33:21 +0200, lou had
the following to say:

|
|Of is dit alles deur die CIA en FBI gefabriseer? CIA-gevaar!!! :)
|
Dalk skryf Gloudina sekere van Hillary Clinton se speeches vir haar:
"It's a right wing conspiracy!"!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17447 is 'n antwoord op boodskap #17421] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 9 Sep 1998 19:44:33 -0500, "Leswin Laubscher"
wrote:

Ek het altyd gewonder wat Amerika in die vroee" 90's sou gedoen het as
daar baie olie in Serajevo was.

embargo (wat die vraag op di e spits dryf - wie is werklik verantwoordelik[/color]
> vir die ekonomiese agteruitgang?). Weer eens, speel die bal, Simon.>>
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17450 is 'n antwoord op boodskap #17421] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leswin Laubscher" wrote:

>
> Hierdie hele stuk bevat nie 'n enkele argument nie - bloot persoonlike
> teregwysings en snedige kantlyngepiep. Debatteer tog die punte in gluodina
> se argument - die helms-burton wet; die feit dat die VSA die wet so
> selektief toepas (doen niks aan kanada en china wat lustig handel dryf met
> kuba, maar wil indonesie en taiwan met die dood dreig - vra jouself af
> hoekom en jy merk op dat die grootste moralistiese kommunistiese en
> pro-demokrasie argument tog net dribbel is rondom die dollar en eiebelang);
> die soeke na alternatiewe maniere om demokrasie aan die hand te werk as 'n
> embargo (wat die vraag op di e spits dryf - wie is werklik verantwoordelik
> vir die ekonomiese agteruitgang?). Weer eens, speel die bal, Simon.
>

'n Heel prettige standpunt van jou hier, Leswin. Onwillekeurig wonder ek weer
wanneer die punt bereik word waar my kritiek van 'n kritiese persoon my self
in een verander. Ek sien ook nie dat jóú stellings enige argumente aanbied
nie.

Behalwe vir daardie klein bietjie repliek net een of twee sakies.

Jy stel dat Kanada en Rooi China lustig handel dryf met Kuba. Later in die
boodskap vra jy die vraag of die Amerikaanse embargo nie dalk verantwoordelik
is vir die ekonomiese agteruitgang van die VSA nie. Dit lyk vir my soos 'n
teenstrydigheid. As slegs Kanada en Rooi China handelsvennote is van Kuba,
behoort dit mee te bring dat Kuba (of enige ondersteuners of geesgenote van
Kuba) nie kan sê dat die ekonomiese agteruitgang die skuld is van Amerikaanse
Embargo's nie. As slegs hierdie twee lande in die hele wêreld handelsbande
het met Kuba sou my beskeie opinie wees dat Kuba effektief enigiets in die
hande kan kry wat nodig mag wees vir sy ekonomiese welstand en gesondheid.

Sover ek kan sien uit die Internasionale media (ek sou myself nie as 'n
ekspert oor Kuba wou uitmaak nie, maar in elk geval...), gaan die probleme in
Kuba huidiglik nie oor demokrasie vs Castro se spesifieke geur van Kommunisme
nie, maar eerder oor menseregteskendings. Ek trek nie vir 'n oomblik in
twyfel dat heelwat van die VSA se geraas te doen het met eiebelang, maar ek
kan nie mooi verstaan in welke mate Kuba 'n ekonomiese bedreiging kan wees
vir die VSA nie. Kan jy miskien verduidelik wat jou laat dink dat opheffing
van sanksies teen Kuba enigsins die Dollar of enigiets Amerikaans kan
bedreig?

Oor die standpunt oor selektiewe moraliteit - jy hoef nie verder te gaan as
die toesprake van die Suid-Afrikaanse regering om te sien dat selektiewe
moraliteit nie 'n uitsluitlik Amerikaanse gier is nie. Hierby verwys ek meer
spesifiek na die Internasionale beleid van SA. Klaarblyklik het Suid Afrika
'n pro-alles beleid, behalwe wanneer dit byvoorbeeld kom by Taiwan. 'n
Anti-terroristiese beleid behalwe as dit kom waar Amerikaanse belange bedreig
word. 'n Pro-bevrydingsbeleid behalwe as dit kom by die Kongo. 'n
Pro-menseregte beleid behalwe wanneer dit kom by Kuba en China. 'n
Pro-vroueregte beleid, behalwe wanneer dit kom by meeste midde-oosterse
lande. Wil jy hê ek moet aangaan? Voordat die
alles-wat-die-SA-regering-doen-is-goed brigade op hul strydrosse wil spring
en tot die SA regering se redding kom - hierdie stelling is nie om te probeer
afmaak dat die SA regering sleg is nie, maar slegs om aan te dui dat
Internasionale politiek nie eenvoudig is nie en dat oorvereenvoudiging van
wat essensieël komplekse geskiedkundige konstruksies is nie bydra tot
gebalanseerde, konstruktiewe debat nie.

Groete

-Gideon-
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17451 is 'n antwoord op boodskap #17421] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...

> 'n Heel prettige standpunt van jou hier, Leswin. Onwillekeurig wonder ek weer
> wanneer die punt bereik word waar my kritiek van 'n kritiese persoon my self
> in een verander. Ek sien ook nie dat jóú stellings enige argumente aanbied
> nie.

Alhoewel "prettig" my verwar, bied die res verfrissende
besprekingsmoontlikhede. Ek stem saam en verskil, se ja en nee. Natuurlik
is daar 'n mate waartoe "my kritiek ... (my in) 'n kritiese persoon ...
verander" (amper soos die toeris wat neerhalend se dat die enigste negatiewe
ding omtrent die plek die talle toeriste was, of die persoon wat na jerry
springer kyk op televisie, en smalend wonder watter soort afwykende mense na
jerry springer kyk). Na my mening, Gideon, is daar egter 'n verskil in die
mate waartoe die persoon bewus is van sy of haar posisie vis-a-vis die
gebeurtenis - 'n amperse transendente interaksie. Een wat dan duidelik kan
onderskei tussen inhoud en proses. As sodanig kyk ek na jerry springer met
'n volle bewustheid van die manier waarop die program hom beroep op sensasie
om my in te trek; ten volle bewus van die feit dat ho"e kykersgetalle die
gevolg is van mense soos ek wat "per toeval" kyk. Ek mag dus in 'n kritiese
persoon verander na aanleiding van my kritiek, maar dit kan kwalitatief en
wesenlik verskil van die persoon wat ek kritiseer, selfs al lyk die
inhoudelike op die oog af dieselfde

> Jy stel dat Kanada en Rooi China lustig handel dryf met Kuba. Later in die
> boodskap vra jy die vraag of die Amerikaanse embargo nie dalk verantwoordelik
> is vir die ekonomiese agteruitgang van die VSA nie. Dit lyk vir my soos 'n
> teenstrydigheid. As slegs Kanada en Rooi China handelsvennote is van Kuba,
> behoort dit mee te bring dat Kuba (of enige ondersteuners of geesgenote van
> Kuba) nie kan sê dat die ekonomiese agteruitgang die skuld is van Amerikaanse
> Embargo's nie. As slegs hierdie twee lande in die hele wêreld handelsbande
> het met Kuba sou my beskeie opinie wees dat Kuba effektief enigiets in die
> hande kan kry wat nodig mag wees vir sy ekonomiese welstand en gesondheid.

Nie heeltemal nie [na jou eie rigsnoer wat oorvereenvoudiging afkraak, en
waarmee ek heelhartig saamstem]. Eerstens: alhoewel "enigiets" teoreties
toeganklik is, moet mens nog altyd 'n surpluspoel geld he om dit te koop,
sodat 'n gesonde uitvoer en binnelandse mark 'n noodsaaklikheid is. Die
persoon wat in mbeweni bly het teoreties toegang tot "enigiets .... vir sy
ekonomiese welstand en gesondheid", maar die realiteit is dat die paarlse
medi-kliniek iets terug verwag. Die embargo het Kuba met min keuses
gelaat - die grootste vriend was Rusland, met wie kuba dan ook amper
uitsluitlik handel gedryf het. Met die onverwagse val (ja, onverwags, selfs
die CIA het dit nie sien kom nie :-) van die sowjetunie, was kuba in die
spreekwoordelike stroom sonder 'n spaan om mee te roei - dit is wat gebeur
as jy al jou eiers in een mandjie sit en ons weet mos nou waarom daardie
eiers daar was in die eerste plek. Die GDP het met 35% geval in die
periode, en Kuba moes nuwe markte kultiveer - hier nou die druk vanaf
Amerika en die dreigemente teenoor daardie lande wat gewilligheid getoon het
om met kuba handel te dryf. Gestel jy is die hoof van KIA in Korea en daar
word aan jou gese dat jy nie toegelaat gaan word om jou motors in die VSA te
verkoop nie, indien jy met die kleine Kuba (in vergelyking, natuurlik)
handel dryf - jou keuse is duidelik. Slegs Kanada, China en selfs Meksiko
het hul min gesteur en voortgegaan om handelsbande te smee - beide bestaande
en nuwe markte kon egter nie kompenseer vir die gebrek aan die groot
russiese skatkis nie. Dus - die embargo, die feit dat kuba met so min
handelsopsies gelaat was, die val van die sowjetunie, die feit dat slegs een
mark gekultiveer was, die feit dat die invoer-uitvoer skoppelmaai nie
balanseer nie, maak alles deel uit van die prentjie.

> Sover ek kan sien uit die Internasionale media (ek sou myself nie as 'n
> ekspert oor Kuba wou uitmaak nie, maar in elk geval...), gaan die probleme in
> Kuba huidiglik nie oor demokrasie vs Castro se spesifieke geur van Kommunisme
> nie, maar eerder oor menseregteskendings.

Die temas wat hier in die VSA vorendag kom is steeds die teenoorgestelde,
alhoewel dit besig is om in jou rigting te verander. In ieder geval sou
mens kon argumenteer dat daar 'n westerse belang sou wees in die mars agter
'n menseregte-trom, instede van 'n demokrasie-ritme. Dit maak mobilisasie
van populere gevoel soveel makliker - veral wanneer daardie einste gevoel
besig is om in die teenoorgestelde rigting te trek (Helms weet dit al te
goed, en het gretig op die menseregte podium geklim na Kuba die Miami
vliegtuie neergeskiet het). Dis makliker om barbare te haat as gewone mense
wat swaarkry. mens sien veel duideliker die arm wat die stomp swaai, as die
een wat die somme op die bord skryf. Feit van die saak is egter dat Kuba
sedert Batista 'n literacy rate van 96% geniet (VSA=97% en SA=80%), 'n
doodssyfer van 8 babas per 1000 het (VSA= 7 per 1000, en SA= 53 per 1000),
'n lewensverwagting het van 75 jaar (VSA= 76, SA=56 jaar) - indikators wat
vele westerse en ander ontwikkelde lande in die stof laat. Dis natuurlik
nie te se dat daar nie ekonomiese probleme is nie - inteendeel, maar
terselfdertyd het die GDP in die laaste twee jaar vir die eerste keer gestyg
na die val van die sowjetunie.

> Kan jy miskien verduidelik wat jou laat dink dat opheffing
> van sanksies teen Kuba enigsins die Dollar of enigiets Amerikaans kan
> bedreig?

Ek het nie 'n klinkklare ekonomiese antwoord nie, juis omrede dit nie
klinkklare ekonomiese sin maak nie. Dit laat mens dus dink dat daar 'n
ander vrees mog opereer (wat wel ekonomiese implikasies mag he) - miskien in
die sielkundige behoefte aan 'n vyand, miskien in die vrees dat Florida 'n
Kubaanse meerderheid sal he, indien vrye beweging die norm word, miskien is
die tabak en suikerlobbys in Washington so sterk (die enigste industriee,
werklik, wat enige bedreiging inhou) - wat dink jy?

> Oor die standpunt oor selektiewe moraliteit - jy hoef nie verder te gaan as
> die toesprake van die Suid-Afrikaanse regering om te sien dat selektiewe
> moraliteit nie 'n uitsluitlik Amerikaanse gier is nie.

Ek skat elke land vertoon, in meerdere of mindere mate, hierdie selektiewe
moraliteit, en het geen argument met jou nie, veral wanneer jy kompleksiteit
bepleit (hopelik vat johan note).

Leswin
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17452 is 'n antwoord op boodskap #17421] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Antie eenoog met oogklappe aan wrote:
>
> lou writes:
>
>>> So, ou Frikkie, jy is nie alleen 'n hanskakie
>>> nie, maar jy is ook 'n hansyankee. Dis alleen
>>> julle snertpraters en die Amerikaners wat nog
>>> so teen Castro is. Word wakker. Die res van die
>>> wereld verag hierdie Yankee-beleid.
>
>>
> vertel jy ons nou dat wat
>> Frikkie sê in Cuba gebeur nie die waarheid is nie? Dat mense sommer vir
>> die pret in klein nie-seewaardige bootjies klim om na die VSA te gaan?
>> Dat die Ekonomie in Cuba bloei? Dat daar vrye verkiesings is? Dat
>> tenspyte van hulle sogenaamde hoe skolastiese peil hulle werkloosheid
>> peil net so hoog is?
>
>
> Wel, ou Lou, kom ons kyk nou eers na waar jy en ek
> staan. Dis duidelik, al sal jy dit wil ontken, dat jy maar nog
> die ou moeë anti-”kommunistiese” gepratel van die apart-
> heidsvarke napraat. Ongelukkig is die Republikeinse party
> in Amerika nog ook in dieselfde ou anti-kommunistiese
> groef - deels omdat hulle nog die koue oorlog veg, deels
> omdat hulle hul imperialistiese drange nie kan kontrolleer
> nie. Die res van die wêreld (en dit sluit die Pous in) het
> al lankal besluit dat die grootste euwel die beleid van die
> Amerikaners is, en nie die beleid van 'n klein staatjie in die
> Karibbiese see nie. Almal kan sien dat die kinders in Kuba
> nog beter daaraan af is as gedurende die tyd van Batista, toe
> die enigste mense wat gebaat het die Amerikaanse kapitaliste
> was en 'n klein groepie elite families wat diktatoriaal regeer
> het.

O die kinders is 'NOU' beter af - ha ha bleddie ha. Net so was die swart
kinders in SA beter af onder apartheid as wat kinders in byvoorbeeld
Etihopi"e en Biafra was. En as jy na mediese fasiliteite kyk was die SA
kinders ook beter af onder apartheid as wat hulle nou is. So jou punt is
net soveel nonsens. Die feit is dat kinders in Cuba slegter daaraantoe
is as kinders in byvoorbeeld Amerika, SA ens.

> (Omtrent soos dit in die apartheidsdae was, toe die Britse
> en Amerikaanse kapitaliste nog floreer het en 'n klein groepie
> apartheidsvarke diktatoriaal regeer het.) Ou Lou, jy is nou
> skielik so die voorstander van "vrye verkiesings." Dit laat
> my lag as ek dink dat jy heelwaarskynlik bietjie weggeskram
> het toe groot dele van die SA bevolking vrye verkiesings in
> SA gevra het.

Hoe weet jy Gloudina? Ek is nog hier, is ek nie. Wat meer is as wat ek
van sekere ander mense kan sê. Maar steeds antwoord jy nie die punt
nie: Is Castro 'n diktator wat nie vrye verkiesings toelaat nie? Maar jy
sal nie want jy kan nie die waarheid erken nie, kan jy?

> Jy kritiseer Cuba omdat die ekonomie nie daar
> bloei nie. Hoekom kritiseer jy nie Japan waar die ekonomie
> ook nie nou bloei nie.

Weereens jou eenogige redenasie. Die Japanese Ekonomie is steeds honderd
maal beter as die kubaanse ekonomie. En hulle sal weer terug bons - wat
meer is as wat ek van die Kubaanse ekonomie kan sê! En mense het kos
daar en verkiesings en vrye spraak. Wat meer is as wat jy van Castro se
Kuba kan sê.

> En die apartheidsregime, waar die
> ekonomie ook nie gebloei het nie. Hoekom hierdie selektiewe
> moraliserings? Toemaar, ek weet, jy het 'n agenda. Ek wonder
> waarvan jy Kanada sal beskuldig as jy uitvind dat die beleid
> wat hulle volg nie strook met jou opinies nie.

Nee Gloudina - so maklik gaan jy nie wegglip nie. Castro is ' diktator!
Dar is nie vrye verkiesings in sy land nie! Jy is die een met selektiewe
moralisering. Jy kritiseer Amerika vir hulle beleid teen Kuba, jy
kritiseer die vorige regime vir hulle beleid maar jy sien nie dat Castro
maar baie dieselfde is nie. Haal af die damn oogklape man en probeer
bietjie nader kyk. Jou parnoia oor die VSA maak jou heeltemal
ongebalanseerd.

> Kanada het 'n openlike en vriendelike verhouding met
> Kuba. Kanada het ook die guts om teen die VSA te gaan
> as dit op herrie afkom. Die Amerikaners het, onder druk van
> die Republikeinse party se uiterste regse flank onder die
> leiding van Jesse Helms, die Helms-Burton Wet ingebring.
> Hulle wou sekere maatskappye wereldwyd penaliseer wat
> met Kuba handel dryf.

En toe hulle dit met SA wat ook 'n swak menseregte beleid onder aprtheid
gehad het, gedoen het was dit reg? Weereens jou selektiewe moralisering!
En die groot hartseer hier is, jy kom dit nie agter nie! So Kanada het
'n oop verhouding met Kuba. Hoekom? Het hulle dieselfde bande met die SA
aprtheids regering gehad? En as hulel nie gehad het nie - hoe moraliseer
hulel dit?

> Kanada en ook lede van die Europese
> Unie het sterk beswaar gemaak. Die regering in Washington
> het hulle onder die tafel probeer kalmeer en gesê dat hulle
> maatreëls sal tref wat die effek van die Helms-Burton wet
> sal uitkanselleer. Ek dink die hele ding het nou doodgeloop.
> Maar tot tyd en wyl die Amerikaners wakker word en ophou
> kyk na wie vir watter party gaan stem en die regte beleide
> volg, sal hulle nooit die probleem van Kuba en ook nie die
> probleem in die Middel-Ooste oplos nie. Gelukkig het die
> Demokratiese Party onder Clinton in die regte rigting geleun.
> Die vader behoed ons as in die komende Amerikaanse
> verkiesing die Republikeine nie teruggedryf kan word nie.
> Hulle maak hulself belaglik in die oë van die wereld deur hulle
> tweegesig-gepratery. Soos ou Dan Burton wat Clinton ‘n
> “scumbag” noem en dan moet bieg dat hy nog erger seksuele
> transgressies in sy kas het. Dis nou dieselfde Burton van die
> Helms-Burton wet.

Jy noem ander mense tweegesig? Jy? En jy is ernstig daarby!? Net een
begrip behoort vir jou die saak op te klaar - selektiewe moraliteit!

> Dit laat 'n mens hier in Kanada soms lag, maar dis eintlik
> 'n tragedie, om langs die VSA te bly en te sien hoe hierdie
> mense hulself in knope knoop oor dinge wat vir die res van
> die wereld al lankal so helder soos die daglig is. Een
> daarvan is: dat Kuba nie die stabiliteit van die wereld bedreig
> nie. Dis alleen 'n klompie fat cat Kubane wat nou in Florida
> sit en hulle vorige groot landgoede terug wil hê, wat sal baat
> deur vir Kuba in te val en polities te breek.

Net so veel as wat die selektiewe moraliteit van jou en die SA regering
die res van die mense laat lag.

Maar ek herhaal my punt wat jy so probeer ontglip: Is Castro is
diktator? Hoekom vlug sy mense na die VSA in groot lewensgevaar? Is sy
land se ekonomie in 'n groot gemors en was dit al so vir 'n hele aantal
jare vandat die USSR nie meer kan instop nie? Is daar vry ekonomiese
aktiwiteite, vrye verkiesings en vrye spraak in Kuba? Kan 'n Kubaan se
dat Castro 'n idioot is en more nog op die straat loop? Antwoord net ja
of nee. Maar jy kan nie want dan sal jy die waarheid in die oe" moet
staar ne'!

Net een woord - USA! Lekker geskrik ne!

Cheers
Lou
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17454 is 'n antwoord op boodskap #17421] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 9 Sep 1998 19:44:33 -0500, "Leswin Laubscher"
had the following to say:

|
|Hierdie hele stuk bevat nie 'n enkele argument nie - bloot persoonlike
|teregwysings en snedige kantlyngepiep. Debatteer tog die punte in gluodina
|se argument - die helms-burton wet; die feit dat die VSA die wet so
|selektief toepas (doen niks aan kanada en china wat lustig handel dryf met
|kuba, maar wil indonesie en taiwan met die dood dreig - vra jouself af
|hoekom en jy merk op dat die grootste moralistiese kommunistiese en
|pro-demokrasie argument tog net dribbel is rondom die dollar en eiebelang);
|die soeke na alternatiewe maniere om demokrasie aan die hand te werk as 'n
|embargo (wat die vraag op di e spits dryf - wie is werklik verantwoordelik
|vir die ekonomiese agteruitgang?). Weer eens, speel die bal, Simon.
|
|leswin
|
|
Jy het die hele punt gemis - ek het kommentaar gelewer juis op haar
swak styl van redeneer en haar woordgebruik - lees weer altwee
plasings in die lig en dan sal jy sien. Ek wou glad nie die inhoud
van haar plasing debateer nie - ek het min kritiek daarteen.

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17467 is 'n antwoord op boodskap #17421] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Sep 1998 14:55:23 GMT, wrote:
| Almal kan sien dat die kinders in Kuba
|nog beter daaraan af is as gedurende die tyd van Batista

Ek twyfel of almal so ver kan sien, maar kom ons neem aan jou
uitspraak hier is 100% korrek (te betwyfel, soos jy voortdurend lieg
om 'n punt te maak) :

Eers het Jannie niks skoene gehad nie, nou het hy een. (hy het mos
nie 'n ander been nie - so hy het nie 'n ander skoen nodig nie). Dus
kan ons nou onomwonde verklaar dat Jannie nou nog beter af is as
gedurende die tyd toe hy nie skoene gehad het nie.....

|Jy kritiseer Cuba omdat die ekonomie nie daar
|bloei nie. Hoekom kritiseer jy nie Japan waar die ekonomie
|ook nie nou bloei nie.

Totaal irrellefant (of so iets - Gloudina weet gelukkig ek kan nie
spel nie). Ek het $100 en Jannie het $1. Ons altwee verloor $1 in
'n gewaagde belegging- dus, Jannie se ekonomie floreer nie en myne ook
nie. Kon ons altwee dieselfde ekonomiese beleid aan die dag lê? Kan
ek netsoos Jannie beskuldig word daarvan dat ek onnodige risiko geneem
het? Nee ou Gloudina, so werk dit nie.

Hier daal die Dow in twee dae - sê jy dan die VSA se ekonomie bloei
nou nie so hulle ekonomiese beleid moet gekritiseer word?

| En die apartheidsregime, waar die
|ekonomie ook nie gebloei het nie.

As jy onder die indruk is dat dit toe nie gebloei het nie, moet jy NOU
daa gaan kyk! Kyk na mediese fonds bydraes, rentekoerse,
wisselkoerse, versekering, mediese koste, inflasie en die brandstof
prys. En Gloudina, dié goed werk eintlik soos golf tellings - hulle
moet laag wees voor jy wen - as hulle so hoog styg soos nou, is al
bloei wat gebeur die stadige doobloei....

|Die vader behoed ons as in die komende Amerikaanse
|verkiesing die Republikeine nie teruggedryf kan word nie.

Lank Lewe die Republikeine!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17469 is 'n antwoord op boodskap #17421] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 9 Sep 1998 19:44:33 -0500, "Leswin Laubscher"
wrote:

|Hierdie hele stuk bevat nie 'n enkele argument nie - bloot persoonlike
|teregwysings en snedige kantlyngepiep. Debatteer tog die punte in gluodina
|se argument - die helms-burton wet; die feit dat die VSA die wet so
|selektief toepas (doen niks aan kanada en china wat lustig handel dryf met
|kuba, maar wil indonesie en taiwan met die dood dreig - vra jouself af
|hoekom en jy merk op dat die grootste moralistiese kommunistiese en
|pro-demokrasie argument tog net dribbel is rondom die dollar en eiebelang);
|die soeke na alternatiewe maniere om demokrasie aan die hand te werk as 'n
|embargo (wat die vraag op di e spits dryf - wie is werklik verantwoordelik
|vir die ekonomiese agteruitgang?). Weer eens, speel die bal, Simon.
|
|leswin
|
|
Speel jy hier die bal of die man, Leswin????

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17506 is 'n antwoord op boodskap #17421] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On 9 Sep 1998 14:55:23 GMT, wrote:
> | Almal kan sien dat die kinders in Kuba
> |nog beter daaraan af is as gedurende die tyd van Batista
>
> Ek twyfel of almal so ver kan sien, maar kom ons neem aan jou
> uitspraak hier is 100% korrek (te betwyfel, soos jy voortdurend lieg
> om 'n punt te maak) :
>
> Eers het Jannie niks skoene gehad nie, nou het hy een. (hy het mos
> nie 'n ander been nie - so hy het nie 'n ander skoen nodig nie). Dus
> kan ons nou onomwonde verklaar dat Jannie nou nog beter af is as
> gedurende die tyd toe hy nie skoene gehad het nie.....
>
> |Jy kritiseer Cuba omdat die ekonomie nie daar
> |bloei nie. Hoekom kritiseer jy nie Japan waar die ekonomie
> |ook nie nou bloei nie.
>
> Totaal irrellefant (of so iets - Gloudina weet gelukkig ek kan nie
> spel nie). Ek het $100 en Jannie het $1. Ons altwee verloor $1 in
> 'n gewaagde belegging- dus, Jannie se ekonomie floreer nie en myne ook
> nie. Kon ons altwee dieselfde ekonomiese beleid aan die dag lê? Kan
> ek netsoos Jannie beskuldig word daarvan dat ek onnodige risiko geneem
> het? Nee ou Gloudina, so werk dit nie.
>
> Hier daal die Dow in twee dae - sê jy dan die VSA se ekonomie bloei
> nou nie so hulle ekonomiese beleid moet gekritiseer word?
>
> | En die apartheidsregime, waar die
> |ekonomie ook nie gebloei het nie.
>
> As jy onder die indruk is dat dit toe nie gebloei het nie, moet jy NOU
> daa gaan kyk! Kyk na mediese fonds bydraes, rentekoerse,
> wisselkoerse, versekering, mediese koste, inflasie en die brandstof
> prys. En Gloudina, dié goed werk eintlik soos golf tellings - hulle
> moet laag wees voor jy wen - as hulle so hoog styg soos nou, is al
> bloei wat gebeur die stadige doobloei....
>
> |Die vader behoed ons as in die komende Amerikaanse
> |verkiesing die Republikeine nie teruggedryf kan word nie.
>
> Lank Lewe die Republikeine!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Help nie om met Gloudina te argumenteer nie Johan, sy is soos 'n
volstruis - so dra iemand dinge begin sê wat nie met haar verwysings
raamwerk strook nie, ignoreer sy dit net en hoop jy gaan weg. Sy sal
byvoorbeeld nooit iets minder goed van oom Fiedel glo nie - somtyds
wonder ek of sy nie net 'n ANC LP in mufti is nie?

Cheers
Lou

PS: Oom Neels Mandela noem al julle ouens wat geïmigreer het 'n klomp
bangbroeke - volgens hom sal ware Suid Afrikaners bly en die crime wave
uitwag. Dit kan natuurlik 'n heel nuwe definisie van Ware Suid
Afrikaners skep - byvoorbeeld mense wat nie genoeg kennis het om iewers
anders werk te kry nie is maar een.
Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie? [boodskap #17633 is 'n antwoord op boodskap #17421] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Sep 1998 07:23:56 +0200, lou wrote:

|
|PS: Oom Neels Mandela noem al julle ouens wat geïmigreer het 'n klomp
|bangbroeke - volgens hom sal ware Suid Afrikaners bly en die crime wave
|uitwag. Dit kan natuurlik 'n heel nuwe definisie van Ware Suid
|Afrikaners skep - byvoorbeeld mense wat nie genoeg kennis het om iewers
|anders werk te kry nie is maar een.

Ek hou van dié naam : Oom Neels !!!!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: SENSUS
Volgende onderwerp: Kan iemand my vertel.........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 16:44:22 MGT 2024