Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kan iemand my vertel.........
Kan iemand my vertel......... [boodskap #17520] Di, 15 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Hans de Jager  is tans af-lyn  Hans de Jager
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
hoe die hef hier in die vurk steek ????

My ISP is in Windhoek en gebruik blykbaar 'n stelsel van Deja om nuusgroepe te hanteer. Dis nou 15 September en die senddatums van boodskappe op hierdie NG strek van êrens in Augustus tot vandag toe. Met vanmiddag se aflaaisessie peul daar toe nog boodskappe van 4/9/98 en 6/9/98 hier uit - sommer 'n hele paar agtergeblewenes. Oor naweke sien ek geen nuwe boodskappe nie en NA die naweek verskyn die naweekaktiwiteite sommer so uit die niet uit. Gesels ek met die ouens in Windhoek oor die verskynsel, kry ek allerhande antwoorde wat almal eintlik maar sê hulle weet nie.

Om hierdie of enige ander NG te volg, is vir my amper dieselfde as om 'n boek te lees en twee bladsye oor te slaan vir elkeen gelees - uiters frustrerend. Waar is die breuk in die kommunikasie lyne en wat doen die ISP manne verkeerd of wat laat hulle na om te doen ???

Enige raad ?
Re: Kan iemand my vertel......... [boodskap #17537 is 'n antwoord op boodskap #17520] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Allen Vanderpoel  is tans af-lyn  Allen Vanderpoel
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kry vir jou n ander ISP.
Hans de Jager wrote in message ...
hoe die hef hier in die vurk steek ????

My ISP is in Windhoek en gebruik blykbaar 'n stelsel van Deja om
nuusgroepe te hanteer. Dis nou 15 September en die senddatums van
boodskappe op hierdie NG strek van êrens in Augustus tot vandag toe. Met
vanmiddag se aflaaisessie peul daar toe nog boodskappe van 4/9/98 en 6/9/98
hier uit - sommer 'n hele paar agtergeblewenes. Oor naweke sien ek geen
nuwe boodskappe nie en NA die naweek verskyn die naweekaktiwiteite sommer so
uit die niet uit. Gesels ek met die ouens in Windhoek oor die verskynsel,
kry ek allerhande antwoorde wat almal eintlik maar sê hulle weet nie.

Om hierdie of enige ander NG te volg, is vir my amper dieselfde as om 'n
boek te lees en twee bladsye oor te slaan vir elkeen gelees - uiters
frustrerend. Waar is die breuk in die kommunikasie lyne en wat doen die
ISP manne verkeerd of wat laat hulle na om te doen ???

Enige raad ?
Re: Kan iemand my vertel......... [boodskap #17622 is 'n antwoord op boodskap #17520] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Byt vas. Dis al. Hier word dieselfde ondervind. En niemand weet nie.
Vorige onderwerp: Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie?
Volgende onderwerp: Die vriendelike taal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 00:54:10 MGT 2024