| Lekker in die nuwe SA [boodskap #16730] |
Di., 11 Augustus 1998 00:00  |
aaa
Boodskappe: 1 Geregistreer: Augustus 1998
|
Junior Lid |
|
|
As daar dalk mense hier is wat van die nuwe Suid-Afrika hou, wil julle asb
vir my skryf en vertel hoekom julle so voel.
** Persoonlik dink ek die nuwe Suid-Afrika suig, so oortuig my asb **
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Lekker in die nuwe SA [boodskap #16733 is 'n antwoord op boodskap #16730] |
Di., 11 Augustus 1998 00:00   |
Not Anonymous
Boodskappe: 11 Geregistreer: Mei 1998
|
Junior Lid |
|
|
Vrou, jy raak daagliks meer belaglik. Lees Thomas se bollie (om een te noem
wat naby is), dan sien jy miskien die linkerkant se taal is ook nie so
waffers nie.
@igs.net wrote in message
> Nog een van die hanskakies/hensoppers wat die
Afrikaanse taal opmors.
Jy het 'n obsessie met die hanskakie ding.
> Dit lyk vir my een van
> die dinge wat in die Nuwe Suid-Afrika stink
> (nie suig nie, Riaan, dis 'n Anglisisme),
Ek dink nie so nie. Dis 'n afrikaanse vertaling. Presies dieselfde as om te
sê 'n situasie 'stink'.
> hoe Afrikaners self besig is om hulle taal te
> vernietig, terwyl hulle steen en been kla oor
> die regering se beleid ten opsigte van Afrikaans.
> Is dit my verbeelding, of is die taal van die
> mense op hierdie nuusgroep progressief van 'n
> minder goeie Afrikaanse gehalte, hoe verder
> "regs" hulle beweeg?
Histeries belaglik. Cheap shot verby.
Dit verbaas my, dit maak
> my hartseer. Wat sou Eugene Marais en Leipoldt
> en Langenhoven oor so 'n toestand gevoel het.
Daai ouens sou baie te se gehad het oor die nuwe SA in algemeen. Die taal
was toe (en is nogsteeds) baie jonk. Dit het verander, en sal altyd bly
verander solank jongmense dit praat.
> Die Tannie wat begin dink voor in die wapad
> brand nie meer 'n lig nie.
>
tannie, jy maak my tiete lam.
diaan
"nie suig nie , diaan, dis 'n anglisisme!"
Ek sal darem boos wees as ek ooit daai een hoor!
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Lekker in die nuwe SA [boodskap #16755 is 'n antwoord op boodskap #16730] |
Wo., 12 Augustus 1998 00:00  |
eyespy
Boodskappe: 4 Geregistreer: Augustus 1998
|
Junior Lid |
|
|
Auntie Glo,
Miskien is dit tyd dat een van ons jou reghelp : Jy is *nie* meer
Suid-Afrikaans *of* Afrikaans nie. Jy is nou African Canadian - deur eie
keuse - en jou landstaal is Kanadese Engels. So hou jou ou suur mond oor
hoe ons *ons* taal gebruik en ontwikkel. EN AS JY NIE KAN HOOR NIE, DAN TIK
EK BIETJIE HARDER - jy wat so grootbek is oor jou Kanadese paspoort, is
*nie* meer Afrikaans nie, ou doll.
EN (voor jy kan in-chip) druk daai politieke opinies van jou waar die son
nie skyn nie. Ons is hier, ons belewe dit, ons het die reg op 'n opinie.
Jy nie. Al wat jy doen is kak en kerm en dikteer gediggies wat *erg* suig
van jou wankelrige lemoenkassie af. In teenstelling met die wanindruk wat
jy het dat jy geregtig is op 'n opinie, moet ek jou weereens reghelp : Jy is
slegs geregtig is op 'n *ingeligde* opinie. En ingelig is jy beslis nie.
Hoe oud is jy in elkgeval om nog woorde soos "hanskakie" en dies meer te
gebruik? Hemel, my oupa gebruik dit nie eers nie en hy is oer oud. Ek kry
die indruk dat jy iewers in die 1940's vasgehaak het met jou persoonlike en
taalontwikkelling.
So doen bietjie iets konstruktiefs vir 'n verandering, maak 'n vriend of
twee in Kanada, verf 'n stillewe, get a life...
|
|
|
|
| Re: Lekker in die nuwe SA [boodskap #16756 is 'n antwoord op boodskap #16730] |
Wo., 12 Augustus 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
"eyespy" writes:
. So hou jou ou suur mond oor
> hoe ons *ons* taal gebruik en ontwikkel.
O so, nou is dit "jou" taal. Bedoel jy dat
enigiemand wat in die buiteland bly, nie meer
die reg het op Afrikaanse gebruik en Afrikaanse
invloed nie? Word wakker. Ons bly in die kuber-
eeu. As jy jou Afrikaans wil opmors, gaan voort.
Maar moenie vir jouself aanstel as outoriteit
en rigtinggewer vir Afrikaans nie. Dis baie
hovaardig.
Al wat jy doen is kak en kerm en dikteer gediggies wat *erg*
suig
> van jou wankelrige lemoenkassie af.
So dis wat jy van die Afrikaanse digkuns dink.
Geen wonder. Met iemand wat blykbaar Afrikaans-
sprekend is, en as sy kuberbenaming "eyespy"
neem, kan 'n mens sien waar jou lojaliteite
is.
> Hoe oud is jy in elkgeval om nog woorde soos "hanskakie" en dies meer te
> gebruik? Hemel, my oupa gebruik dit nie eers nie en hy is oer oud. Ek kry
> die indruk dat jy iewers in die 1940's vasgehaak het met jou persoonlike en
> taalontwikkelling.
Nee, ou wat-is-jou-naam-in-jou-eie-moedertaal?
In hierdie postmodernistiese era het Tannie
besluit dat dit tyd geword het om die ou woorde
en aanspreekvorme van die laaste eeu te gebuik
om 'n lig te werp op wat aangaan aan die einde
van hierdie eeu. So, ou eyespy" - jy is 'n
hanskakie, 'n hensopper, 'n verraaier van jou
moedertaal. Buitendien is jy 'n slegte speller
ook.
Tant Alie ( 'n vriendin van Tant Miena, die een
wat so lekker stroop kook van die meboskonfyt,
met Wellingtonse suiker.)
|
|
|
|