Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16576] Wo, 05 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

> 'n Ruk gelede was jou premier, daai groot Afrikaans-digter, Matthews Phosa,
> hier in Alberta met sy bedelbak.

> Hjalmar

Hjalmar, as ek jy is sal ek oppas wat jy
van Matthews Phosa op hierdie nuusgroep
sê. Ek kry die indruk dat daar lede op
hierdie nuusgroep is wat dink dat Phosa
oor die algemeen 'n goeie leier in die
provinsie is.

Ek neem ook kennis van die manier waarop
jy van Afrikaans-sprekendes praat wat
Afrikaans verryk deur daarin te dig. Jy
wys meer van jouself as van Phosa as jy vir
hom "daai groot Afrikaans-digter" noem.
S^e bietjie vir my: het jy sy bundel al
gelees?

Gloudina
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16577 is 'n antwoord op boodskap #16576] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gideon skryf:

[knip analise van politieke proses]

Gideon,

'n Rukkie gelede het ek 'n soortgelyke scenario hier geskets. Myne verskil
van joune met die verskyning van die 'Demokratiese Beweging' in die tweede
helfte van die 80's. Kort na die 'Rubicon' toespraak was dit vir baie mense
duidelike dat die KP sy rol te goed gespeel het, en dat hervorming tot
stilstand gekners het.

Binne die NP was 'n groot groep erg ongemaklik daarmee. Sommige waarnemers
het dit op 20% geskat, die sg. 'Nuwe Natte'. Daar was sterk sprake dat hulle
sou wegbreek en 'n alliansie met die PFP vorm. Toe loop Wynand Malan, 'n NP
'blue eye boy' wat geoormerk was vir ministerskap, en vertoon verbasend goed
in die volgende verkiesing. Chris Heunis ('uit-die-aard-van-die-saak'!) het
sy Helderberg vesting met 'n skamele 38 stemme behou.

Dit het 'n baie sterk sein na die NP gestuur, wat na my mening die wiele vir
ware hervorming aan die gang gesit het. Die vraag is, was Wynand Malan
geplant of nie? Insiggewend is dat hy die politieke toneel verlaat het toe
die onderhandelingsfase betree is. 'n Mens sou verwag het dat 'n sterk
hervormingsgesinde soos hy sou gedy het in daardie fase. Was sy rol vervul?

FW se meesterstuk was die tydstip waarop hy die '92 referendum uitgeroep
het. Die aand toe AP op die TV moes verskyn na die KP se insiggewende
oorwinning in Potchefstroom, toe sit FW daar en antwoord vrae oor die
opkomende referendum. Praat van iemand se donder steel! Die referendum het
die gewone kieser in 'n posisie geplaas waar hy nie net langer kon
protesteer nie, maar 'n daadwerklike keuse moes maak oor die toekoms van die
land. En as jy die uitslag daarvan vergelyk met die voorafgaande
verkiesingsuitslae, dan moes 'n beduidende persentasie KP ondersteuners 'Ja'
gestem het. En hulle het.

'n Voortsetting van jou analise is die rol van Constant Viljoen net voor die
verkiesing. Die wesenlike gevaar was dat 'n beduidende groep regsgesindes
nie saam met die proses geneem sou word nie, want na AP se dood was hulle in
effek leierloos, en onder Ferdie Hartzenberg reeds besluit om die verkiesing
te boikot. 'n Fatale fout, want 'boikot' het op daardie stadium nie in die
Afrikaner woordeskat bestaan nie - jy bederf eerder jou stembrief as wat jy
nie stem nie!

So, 'n klomp regse kiesers het gevaar geloop om nie 'n tuiste in die
verkiesing te hê nie, en ek dink ons onthou almal hoe Viljoen die nag die
Vryheidsfront gaan registreer het - 'n halfuur voor registrasie gesluit het.
Die finale slag was gelewer om almal te betrek (behalwe die IVP op daardie
stadium, maar dis 'n ander storie). Was Constant geplant?

Net een opmerking oor iets wat jy gesê het, naamlik die HNP se wen van
kiesafdelings in die 70's. Dis natuurlik foutief. Hulle kon hul eerste
Parlementêre setel eers in '86 wen, toe Louis Stoffberg Parys op die rug van
die KP kon inoes. Die eerste HNP wat ooit 'n setel gewen het was 'n man
genaamd Lardus Erasmus, wat tot die stadsraad van Pretoria verkies is, as
student. Hy was 'n klasmaat van my.

As jy werkik briljant wil wees, dan verduidelik jy die verhouding
ANC-NP-FV-UDM vir ons, en gee asb. spesiale aandag aan die SAKP en COSATU
binne die ANC, en vir hoe lank dáárdie ongemaklike alliansie kan voortduur!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16578 is 'n antwoord op boodskap #16576] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Henri Burger skryf...

> As jy werkik briljant wil wees, dan verduidelik jy die verhouding
> ANC-NP-FV-UDM vir ons, en gee asb. spesiale aandag aan die SAKP en COSATU
> binne die ANC, en vir hoe lank dáárdie ongemaklike alliansie kan voortduur!

'n Ruk gelede was jou premier, daai groot Afrikaans-digter, Matthews Phosa,
hier in Alberta met sy bedelbak. Ek vra hom toe sommer trompop tydens sy
vrag-en-antwoord-konferensie, dat aangesien die ANC geen werklike opposisie
het nie, hoe lank dit gaan vat voordat daar 'n wesentlike skeuring in die
ANC verskyn. Dit het hom duidelik in die verleentheid gestel (onder die
"kiss-up"-omstandighede), maar hy het die moontlikheid ten sterkste ontken,
en na die NP-opposisie in die Wes-Kaap verwys. Ek was natuurlik nie
oortuig nie, maar ek kon geen ander antwoord verwag het nie.

Wat is julle mening ? . . . hoe lank voordat die ANC skeur ?

Hjalmar
________
Re: NP dinge in die sewentigs en tagtigs [boodskap #16579 is 'n antwoord op boodskap #16576] Wo, 05 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
William  is tans af-lyn  William
Boodskappe: 4
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hell Gideon,
Jy't jou roeping gemis ! jy moes vir dir NP gewerk het ! (of het jy ?) Ja
wel ek het jou stuk geniet. Ek was baie betrokke, gedurende die tydperk met
die politiek, en het lekker ge"smile" oor al die die goed wat ons in die OP,
NDM en die Ou PFP beplan het. Ek dink egter dat geen een in die NP ( en
beslis nie die KP) genoeg IK gehaad het of HET om so 'n plan uit te dink
nie.

Die KP het meer vir die DP( en ou IP/PFP) gedoen as wat baie mense besef.
Ons het 'n paar setels geneem agv die skeuring in die NP.

Ons het met mening in die laaste verkiesing ons gat gesien - Heel moontlik
omdat baie DP mense ANC, IFP gestem het. Wel nou dat Boksburg DP is, is dit
nogal 'n uitgemaakte saak dat die NP uitendelik gaan verdwyn. (Wel met so
leier wat verwag mens ! - hy antwoord nie eens sy E-mail nie !)

In elkgeval dis 'n goeie stuk. En wie weet - miskien onderskat ek die NP...
(Moet sê dat ek niks nuut van die NP gehoor het tydens die "Tutuhof" nie)
Vorige onderwerp: Blaming everyone else but itself
Volgende onderwerp: Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:23:35 MGT 2024