Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Immigreer na die VSA
Immigreer na die VSA [boodskap #16253] Do, 16 Julie 1998 00:00
Coetzee, Jacob Carl  is tans af-lyn  Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> ----------
> From: Jan Booysen[SMTP:b...@icon.co.za]
>
> Ek het n paar Amerikaners hier in SA ontmoet (12 van hulle).
> Hulle het ook gese dat ek dit nooit in die VSA sal geniet nie.
> Hulle het dit weer baie hier geniet. Blykbaar sal hulle nie so gasvry
> wees
> met Suid-Afikaners as wat Suid-Afikaners met Amerikaners is nie.
>
> Jan.
>
Dit hang grootliks af van waar jy jou in die VSA bevind. My ondervinding
was dat die mense aan die ooskus oor die algemeen meer gereserveerd is.
In die meer landelike gemeenskappe en veral waar daar nie dikwels
toeriste kom nie, is die mense uiters vriendelik en gasvry in 'n tipiese
Vrystaat tradisie. Terwyl ek jare gelede saam met 'n klein groepie
Suid-Afrikaners deur o.a. Utah en Arizona getoer het, is ons telkens
oorval deur mense wat net wou gesels. Sommiges het geen benul gehad waar
Suid-Afrika was nie. Ek herinner my aan kommentaar soos: "Is that where
they throw the boomerangs?" Almal, insluitende diegene wat bewus was van
toestande in wat toe nog die Ou SA was, was egter baie vriendelik.

JC
Vorige onderwerp: Viagra oepsie!
Volgende onderwerp: Die werklikheid is soms snaaks....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 17:09:53 MGT 2024