Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Om die Hardekoolvuur lV
Om die Hardekoolvuur lV [boodskap #15781] Sa, 13 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nou na afloop van die Super 12 kompetisie verval ek so in 'n depressie oor
die swak vertonings van ons rugby spanne, dat ek alleen vir 'n naweek
Olifants toe gaan. Die keer vat ek sommer Klip en Coke saam, want Dok Sarel
sê dit werk beter vir daai soort depressie as Prozac.

Met die aankoms kom groet Solomon met 'n groot glimlag op sy gesig. Altyd
bly om my te sien. Wonderlike mens met baie veldkennis - 35 jaar gelede uit
Mosambiek hier aangekom, en boer sedertdien vir Oom André(*) hier met
Brahmane, so tussen die leeus en krokodille deur.

"Ons moet gaan hout haal," sê Sollie. "Hier lê genoeg," antwoord ek kort-af.

"Jy moet vir my gaan kyk watse boom staan daar by die klipkoppie," probeer
hy weer. "Môre."

Vroegaand besef Sollie dis hopeloos om my te probeer opbeur, en groet. Ek
staar vir die hardekoolvlamme, en suig ernstig aan die K&C. Later kan ek
sweer die wysers van die horlosie op die Klipdrift-etiket draai in die
rondte. Nog later raak ek aan die slaap, sommer so langs die vuur, met my
kop op 'n klip, soos Jacob van ouds. En soos Jacob begin ek droom.

Ek droom ek is dood, maar ek is heel opgeruimd daaroor, want ek is op pad
hemel toe. Om daar uit te kom, moet ek met een van daai spreilig maste by 'n
sportstadion opklim. So begin ek op 'n Saterdagoggend een van daai maste op
Loftus klim. Dis dêm harde werk, want julle besef nie hoe hoog daai maste is
nie. Boonop het ek my rekenaar onder die arm ook. Hoekom weet ek nie,
miskien om e-pos te kan stuur, of iets.

Toe ek omtrent halfpad is, merk ek dat die stadion vol mense is, en Natal en
Auckland draf op vir die finaal. Hoekom hulle juis op Loftus speel, kan ek
glad nie verklaar nie. Soos wat ek klim, hou ek nou maar die wedstryd hier
van bo-af dop. Toe ek eindelik bo kom, sien ek hier op die 'playing field in
the sky' moet 'n wedstryd enige oomblik begin. Hulle wag net vir my.

Onder op die veld is die wedstryd baie naby sy einde, die telling 30 elk. Ek
besluit, te hel, ek gaan eers die wedstryd klaar kyk. Nou sit ek lekker in
die briesie, en kyk hoe hardloop die miertjies daar onder rond.

Op daai oomblik kry Jonah Lomu die bal, en sit af vir die hoekvlag. Ek weet
nie wat gebeur het nie, maar ek verloor my balans en tuimel na benede,
rekenaar nog onder die arm. Ek tref Lomu net voor hy oorduik - uit op die
hoekvlag! Toe breek daar groter pandemonium op Loftus uit as die keer toe
Morné vir Naas laat afdra het.

Toe die polisie en beamptes almal tot bedaring gebring het, draf die manne
van St John's Ambulance
nader, en laai my stukke op 'n draagbaar, en my rekenaar s'n ook. Terwyl
hulle my afdra, sien ek met een oog wat oor die kant van die draagbaar swaai
dit wat hulle op Engels 'the final insult' noem. Die Australiese
skeidsregter, Wayne Ericson, wys vir my 'n rooi kaart!

(PS. Enige moderne Josef is welkom om dit vir my uit te lê!)

(*) Oom André Bester, eienaar van die plaas wat hierdie storietjies
inspireer, is oorlede op 3/6/1998.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Om die Hardekoolvuur lV [boodskap #15821 is 'n antwoord op boodskap #15781] Ma, 15 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

Nog later raak ek aan die slaap, sommer so langs die vuur, met my
> kop op 'n klip, soos Jacob van ouds. En soos Jacob begin ek droom.
>
> Ek droom ek is dood, maar ek is heel opgeruimd daaroor, want ek is op pad
> hemel toe. Om daar uit te kom, moet ek met een van daai spreilig maste by 'n
> sportstadion opklim. So begin ek op 'n Saterdagoggend een van daai maste op
> Loftus klim. Dis dêm harde werk, want julle besef nie hoe hoog daai maste is
> nie. Boonop het ek my rekenaar onder die arm ook.
>

> Onder op die veld is die wedstryd baie naby sy einde, die telling 30 elk. Ek
> besluit, te hel, ek gaan eers die wedstryd klaar kyk. Nou sit ek lekker in
> die briesie, en kyk hoe hardloop die miertjies daar onder rond.
>
> Op daai oomblik kry Jonah Lomu die bal, en sit af vir die hoekvlag. Ek weet
> nie wat gebeur het nie, maar ek verloor my balans en tuimel na benede,
> rekenaar nog onder die arm. Ek tref Lomu net voor hy oorduik - uit op die
> hoekvlag! Toe breek daar groter pandemonium op Loftus uit as die keer toe
> Morné vir Naas laat afdra het.
>
> Toe die polisie en beamptes almal tot bedaring gebring het, draf die manne
> van St John's Ambulance
> nader, en laai my stukke op 'n draagbaar, en my rekenaar s'n ook. Terwyl
> hulle my afdra, sien ek met een oog wat oor die kant van die draagbaar swaai
> dit wat hulle op Engels 'the final insult' noem. Die Australiese
> skeidsregter, Wayne Ericson, wys vir my 'n rooi kaart!
>
> (PS. Enige moderne Josef is welkom om dit vir my uit te lê!)

In ag nemend dat daar voorheen van rooi Cessnas
gedroom is, is dit nodig om uit te vind of die
dromer kaal was toe hy met die mas opgeklim het.

Dis duidelik dat die dromer voetbalspeel
assosieer met die hemel. Dit is 'n psigose
wat besonder baie voorkom in suidelik Afrika.
Dit behoort deur die leraars van die kerke
ondersoek te word.

Dit is uiters belangwekkend dat die dromer
dink dat 'n rekenaar deel van sy psige is.
Dit is 'n psigose wat nie net tot suidelike
Afrika beperk is nie. Bogenoemde leraars
se werk is uitgeknip vir hulle hier: om
aan hulle gemeentelede te verduidelik dat
hulle dit nie kan saamvat nie. Dit sal nie
deur die oog van die naald kom nie.

Die tannie wat nie kan nie.
Re: Om die Hardekoolvuur lV [boodskap #15836 is 'n antwoord op boodskap #15781] Wo, 17 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:
> Gloudina skryf:
>
>> In ag nemend dat daar voorheen van rooi Cessnas
>> gedroom is, is dit nodig om uit te vind of die
>> dromer kaal was toe hy met die mas opgeklim het.
>
> Ongelukkig is daardie detail nie beskikbaar nie, maar die dromer sal graag
> verneem wat die relevansie sou wees indien dit wel so was.

Is die besonderheid nie beskikbaar nie,
of wil die dromer dit net nie openbaar
maak nie? Die kanse is goed dat die dromer
kaal was. Meeste van daardie soort drome
kom die dromer op een of ander tyd agter
dat hy nie klere aan het nie. As die dromer
nie eens omgegee het nie, is daar fout.

>> Die tannie wat nie kan nie.

> Voetbalspeel, of deur die oog van 'n naald nie?

Voetbalspeel, natuurlik. Die laaste
rugbywedstryd wat ek gesien het, was
in my eerste jaar op Stellenbosch, toe
die Maties en Ikeys in die reen 0 - 0
gespeel het en ek besluit het dat my
ma my nie grootgemaak het vir sulke
dinge nie.

Die tannie wat nie wil weet waar die oog van 'n
naald is nie.
Re: Om die Hardekoolvuur lV [boodskap #15860 is 'n antwoord op boodskap #15781] Vr, 19 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
lou wrote in message ...
> @igs.net wrote:
>> Die tannie wat nie kan nie.
>
> Hmmm ek hoor hulle sê die nuwe pil vir mans werk ook vir vrouens - try
> dit bietjie - miskien kan jy dan :)

Rotfl hahaha. Lou, het jy gehoor van die ou wat sy oog medisyne en die
viagra omgeruil het? Die dokter vra toe of hy enige probleme daaroor
ondervind. Die ou se toe "Nee dok, maar ek kyk deesdae redelik hard na
alles"

Groete
Re: Om die Hardekoolvuur lV [boodskap #15861 is 'n antwoord op boodskap #15781] Vr, 19 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
> Die tannie wat nie kan nie.

Hmmm ek hoor hulle sê die nuwe pil vir mans werk ook vir vrouens - try
dit bietjie - miskien kan jy dan :)
Re: Om die Hardekoolvuur lV [boodskap #15886 is 'n antwoord op boodskap #15781] Ma, 22 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
IRQ0 wrote:
>
> Rotfl hahaha. Lou, het jy gehoor van die ou wat sy oog medisyne en die
> viagra omgeruil het? Die dokter vra toe of hy enige probleme daaroor
> ondervind. Die ou se toe "Nee dok, maar ek kyk deesdae redelik hard na
> alles"
>
> Groete

Nee maar ek het gelees van iemand wat toe hy sy Viagra pilletjie gesluk
het, het die ding in sy keel vasgesteek - dae lank 'n stywe nek gehad.

Of gehoor van die ou wat dood is na 'n oordosis - hulle kon blykbaar nie
sy kis toekry nie.

Cheers
Lou
Vorige onderwerp: Re: TRC
Volgende onderwerp: POTJIEPOS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 03:24:32 MGT 2024