Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » POTJIEPOS
POTJIEPOS [boodskap #15782] Sa, 13 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Aan
Die tannie-skerpskutter

ja, maar jy vat dooierus ou dier
elmbogies is seker al deurgeskuur
lig die handjies, lig die visier
kyk of jy dan nog kolskote kan vuur
op bevel; die hoofbombardier

waarom die nooiensvan?
en groete aan jou man (San)
as gesoute kuberrecce
hou ek glad nie my bekkie
ons skiet, maar darem nie vrekkie

Aan Bing

wat's fout, Billie Bok?
is jou e-mail opgef.. ?

Aan Lou

ai,
kwaai
jy't reg geraai
sy bly maar taai

as sy net weer try
om onmin te saai
word sy afgemaai
kierankies gaan uitbraai

nog net een woord se gekraai
is dit finish, klaar en koebaai;
versteek onder hierdie blaai
is 'n kubermauser - gelaai

ek gaan nou waai
bye
Re: POTJIEPOS [boodskap #15894 is 'n antwoord op boodskap #15782] Ma, 22 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes:

> Aan
> Die tannie-skerpskutter
>
> ja, maar jy vat dooierus ou dier
> elmbogies is seker al deurgeskuur
> lig die handjies, lig die visier
> kyk of jy dan nog kolskote kan vuur
> op bevel; die hoofbombardier

> Aan Lou
>
> ai,
> kwaai
> jy't reg geraai
> sy bly maar taai
>
> as sy net weer try
> om onmin te saai
> word sy afgemaai
> kierankies gaan uitbraai
>
> nog net een woord se gekraai
> is dit finish, klaar en koebaai;
> versteek onder hierdie blaai
> is 'n kubermauser - gelaai
>
> ek gaan nou waai
> bye

Dit lyk my jou jinx het my gevind
die afgelope tyd is daar niks te vind
op my nuusgroep nie. So ek kan niemand
antwoord as ek nie kan sien
wat daarop staan, die blikkantien.

Tot tyd en wyl dat dinge verander
sal ek dus maar stilbly, soos baie ander.

die tannie met die mank mauser
Vorige onderwerp: Om die Hardekoolvuur lV
Volgende onderwerp: Om die Hardekoolvuur lV
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 20:17:52 MGT 2024