Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mengele in Afrika
Mengele in Afrika [boodskap #15772] Vr, 12 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die militere intelligensie-establishment van die vorige bestel het -
in die woorde van die mense self soos getuig voor die WVK - bisarre
dinge aangevang.

Behalwe dat daar wild en wakker met allerhande giwwe gespeel is, was
daar ook 'n opdrag om kieme te ontwikkel wat net swartmense doodmaak
en middels wat net swart vroue onvrugbaar sal maak.

Dan het hulle ook mandrax en ecstacy vervaardig en klaarblyklik op die
plaaslike mark geplaas.

Dwelms en dwelmbase is natuurlik n groot bron van misdaad in SA.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15773 is 'n antwoord op boodskap #15772] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Behalwe dat daar wild en wakker met allerhande giwwe gespeel is, was
> daar ook 'n opdrag om kieme te ontwikkel wat net swartmense doodmaak
> en middels wat net swart vroue onvrugbaar sal maak.

Ferdi, of hierdie ouens is besig om te lieg voor die WVK, of hulle was nie
veel werd as wetenskaplikes as hulle gedink het hulle kon middels ontwikkel
wat ras spesifiek is nie. Bisar, om die minste te sê, daarom vat ek dit met
'n knippie sout.

Terloops, wat sou die effek van sulke middels op mense van gemengde afkoms
wees?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15793 is 'n antwoord op boodskap #15772] Sa, 13 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Jun 1998 17:16:08 -0600, "Henri Burger"
wrote:

veel werd as wetenskaplikes as hulle gedink het hulle kon middels ontwikkel[/color]
> wat ras spesifiek is nie. Bisar, om die minste te sê, daarom vat ek dit met
> 'n knippie sout.
>
> Terloops, wat sou die effek van sulke middels op mense van gemengde afkoms
> wees?>>

Dis wat dit so bisar maak.
En as die bedoeling daar was, staan jou hare regop. Mengele was in die
dieselfde klas.
Die goed wat die Mengele crowd gedoen het, was net so bisar en
skreeuend teen "common sense".

En dan natuurlik die fondament van realiteit onder dit alles dat die
fokkers mandrax gemaak en versprei het in townships met 'n
klaarblyklik militere bedoeling!
Dink bietjie aan die plat koppe agter daardie gedagte!

Dit het natuurlik al in Basson se hofsaak uitgekom, die mandrax-ding.

Maar van bisar gepraat: Dink bietjie hoe bisar was dit nie dat PW 'n
atoombom ontwikkel het terwyl sy "bedreiging" binnelands was van sy
eie swart burgers - werkers in die stede en wit huise - wat stemreg en
bugerregte eis!!

'n Establishment wat 'n atoombom ontwikkel met miljarde rande teen so
'n bederiging. Sal so 'n establishment nie ook kan "dabble" in ander
bisarre optredes nie?
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15812 is 'n antwoord op boodskap #15772] So, 14 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Fri, 12 Jun 1998 17:16:08 -0600, "Henri Burger"
> Maar van bisar gepraat: Dink bietjie hoe bisar was dit nie dat PW 'n
> atoombom ontwikkel het terwyl sy "bedreiging" binnelands was van sy
> eie swart burgers - werkers in die stede en wit huise - wat stemreg en
> bugerregte eis!!
>
> 'n Establishment wat 'n atoombom ontwikkel met miljarde rande teen so
> 'n bederiging. Sal so 'n establishment nie ook kan "dabble" in ander
> bisarre optredes nie?
>
Ferdi,

Ek dink jy maak 'n fout hier. Die afleiding wat jy maak is dat kernwapens
ontwikkel was om binne die lands grense gebruik te word. Selfs die
domste,hardkoppigste, stupidste afrikaners sou nooit so 'n plan beraam het
nie.

Groete
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15825 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 15 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Wat was hulle reaksies daarop?
> Hulle het 'n stuk of ses atoombomme gebou!

Nege, as my informante reg is.

Die vraag is, waar is hulle nou, afrgetakel of onafgetakel? Blykbaar nie in
Indië of Pakistan nie.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15826 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 15 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
> That the point.
> Hulle het.
>
> Watter bedreiging was daar vir die SA staatsbestel?

Watter bedreiging was daar vir Indie se staatsbestel? Nie 'n groot genoeg
een om kernwapens te ontwikkel nie. Maar hulle het.

> Die meerderheid burgers - swartmense - het met toenemende dringendheid
> daarop aangedring om stemreg te kry. Dit sou onvermydelik beteken het
> PW se regering is uit die kussings.
>
> Wat was hulle reaksies daarop?
> Hulle het 'n stuk of ses atoombomme gebou!

Hmmm. Lyk my nie ons sal oor hierdie punt saamstem nie. Ook maar goed so,
as almal met my saamstem sal die wereld maar bra flou wees.

Groete
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15827 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 15 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Jun 1998 18:18:41 -0500, "IRQ0" wrote:

nie.>>[/color]

That the point.
Hulle het.

Watter bedreiging was daar vir die SA staatsbestel?
Die meerderheid burgers - swartmense - het met toenemende dringendheid
daarop aangedring om stemreg te kry. Dit sou onvermydelik beteken het
PW se regering is uit die kussings.

Wat was hulle reaksies daarop?
Hulle het 'n stuk of ses atoombomme gebou!

Dis die hele punt, sien.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15828 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 15 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Ferdi wrote in message ...
>> On Fri, 12 Jun 1998 17:16:08 -0600, "Henri Burger"
>> Maar van bisar gepraat: Dink bietjie hoe bisar was dit nie dat PW 'n
>> atoombom ontwikkel het terwyl sy "bedreiging" binnelands was van sy
>> eie swart burgers - werkers in die stede en wit huise - wat stemreg en
>> bugerregte eis!!
>>
>> 'n Establishment wat 'n atoombom ontwikkel met miljarde rande teen so
>> 'n bederiging. Sal so 'n establishment nie ook kan "dabble" in ander
>> bisarre optredes nie?

Ferdi,

Ek het nooit die volledige plasing van jou gesien nie, en Dejanews sê daar
bestaan nie so 'n een nie!

Kan jy hom asb. weer stuur.

Groete

Henri

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15841 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 17 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 15 Jun 1998 13:32:00 -0500, "IRQ0" birmingham.crosswinds.net> wrote:
>
>
> Presies. Hulle is fokken stupid. Hulle en Pakistan se ontwikkeling van
> kernwapens is die domste dinge wat ek in jare van gehoor het.
>
> Net so was PW se ontwikkeling van kernwapens.
> En die geskiedenis het dit bewys.
>
> Miljarde is oor jare en jare daarin gesit. Geld wat bestee kon gewees
> het om infrastruktuur te ontw. huise te bou, werk te skep, die
> ekonomie te "boost" en sulke goed.
>
> Nou is dit 20 jaar later en wat het ons?
>
> Bomme wat volgens berigte afgetakel en weggegooi is, 'n gevoel van
> verligting dat die stupid moere dit nooit actually probeer gebruik het
> nie en 'n onontwikkelde infrastruktuur.
>

[snip]

Hahahaha. Ok Ferdi, hier stem moet ek sê jy het 'n punt beet. Ek stem nie
met al jou punte saam nie maar lyk my ons almal weet dat 'n reuse mors van
geld vir ons land was.

Groete
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15842 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 17 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Henri Burger wrote:

> Die hele ding rondom 'n atoomvermoeë is natuurlik dat dit baie waarskynlik
> die laaste keer teen Nagasaki gebruik is. Daarna het die rol verander na
> 'kyk, ons het dit, so moenie met ons sukkel nie'. Dit is wat Indië en
> Pakistan vir mekaar probeer sê, en was waarskynlik die rede waarom SA so 'n
> vermoeë ontwikkel het. Alles deel van die 'totale strategie' teen die
> 'totale aanslag'.

Ja. Wat mense natuurlik ook vergeet is dat Indië se grootste bedreiging van Die
Noorde af kom. China en Indië het uitstaande grensdispute wat dateer uit die
jare 60, as ek reg onthou.

> Terwyl Gloudina bly is dat die goed afgetakel is, bly die vraag nog steeds
> wat van die afgetakelde onderdele geword het. En waar is die ouens wat dit
> ontwikkel het nou? Sit sekerlik nie iewers by die see in 'n aftreehuisie en
> krepeer nie.

Sover ek weet is die materiaal aan die amerikaners verkoop. Die afdeling van
die AEK wat die proses ontwikkel het, het gesluit, en die mense is op die vier
winde versprei. Die aanleg is aan China verkoop teen omtrent R20M, 'n breukdeel
van wat dit werklik werd kan wees. En ja, volgens gerugte is slimstes onder die
slimmes van die AEK nou in "beroepe" wat nie eers een persent van die betekenis
van hul poste by die AEK vir die land het nie.

> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'

En hoe...

H-J
--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15843 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 17 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Jun 1998 13:32:00 -0500, "IRQ0" wrote:

[/color]
> Watter bedreiging was daar vir Indie se staatsbestel? Nie 'n groot genoeg
> een om kernwapens te ontwikkel nie. Maar hulle het.>>

Presies. Hulle is fokken stupid. Hulle en Pakistan se ontwikkeling van
kernwapens is die domste dinge wat ek in jare van gehoor het.

Net so was PW se ontwikkeling van kernwapens.
En die geskiedenis het dit bewys.

Miljarde is oor jare en jare daarin gesit. Geld wat bestee kon gewees
het om infrastruktuur te ontw. huise te bou, werk te skep, die
ekonomie te "boost" en sulke goed.

Nou is dit 20 jaar later en wat het ons?

Bomme wat volgens berigte afgetakel en weggegooi is, 'n gevoel van
verligting dat die stupid moere dit nooit actually probeer gebruik het
nie en 'n onontwikkelde infrastruktuur.

Die sg. aansien in wereldoe wat dit kastig aan ons sou besorg het, kon
ek nooit sien nie en ek sien dit nie nou ook nie.
Mense respekteer lande met goeie infrastrukture wat burgers het wat
tevrede is en hul lewens geniet. Nie lande met megolomane aan bewind
wat vingers waai en aande laat met hulle bomme in die agterkamer speel
nie.

Die geld is weggegooi agter 'n half mal president se bom aangedryfde
ego aan.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15852 is 'n antwoord op boodskap #15772] Do, 18 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Jun 1998 12:39:20 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

>
> Presies. Hulle is ..... ens. ens.

Toemaar Ferdi, as jy eers klaar is met universiteit en jou studente
baardjie afgeskeer het, sal jy agterkom jy is nie alwetend nie. Jy
sal agterkom jy is nie die enigste een wat weet wat in die verlede
gebeur het nie en wat almal gedink het nie.
Trouens, jy sal dan agterkom dat daar niemand is wat regtig presies
weet wat iemand anders dink nie en wat regtig in die verlede gebeur
het nie.
Jy sal ook agterkom 'n mens verloor ook iets van 'n mens se voorbarige
houding.

Maar moenie stress oor die dinge nie - dit gebeur vanself, sodra jy in
die werklike lewe begin lewe.....
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15862 is 'n antwoord op boodskap #15772] Vr, 19 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Jun 1998 17:22:01 GMT, wrote:

exstasy en heroin in die see, sê ons koerant[/color]
> vandag. Klomp ekstatiese visse vir so 'n rukkie,
> neem ek aan.>>

Pretty dooie visse, sou ek se. Sommer die ekologie opgeneuk ook.
Maar die groot vraag is hoeveel Mandrax het in die townships geeindig,
veral in die Kaap, waar dit gang wars, drug lords, junkies en 'n bose
kringloop van misdaad aan die gang gesit het wat vandag voortwoed.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15863 is 'n antwoord op boodskap #15772] Vr, 19 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> Die rede vir die ontwikkling van die atoombomme was vir dieselfde rede
> as wat ander lande dit ontwikkel het - om te gebruik as 'n afskrik
> middel indien ander lande te dreigend sou word - soos met sansksies, die
> afsper van hawens ens. Om te sê dit was vir gebruik teen swart burgers
> wat om stemreg aangdring het is plein &*^% stupid. Om dit voorte hou as
> reaksie op stemreg eise is soos om 'n vlieg met 'n dinamiet kers te
> dreig. Nie eers PW was so stupid nie - vat daai een soos jy wil :D

Ja, ou Lou, ons vat daai een net soos jy dit
bedoel het - verskonings, verskonings. En was
die hele apartheidsbestel nie 'n poging om 'n
vlieg met 'n dinamiet-kers te dreig nie. Uitein-
delik, toe alle reggeskape Afrikaners al hulle
hande begin was het van wat in Suid-Afrika aangaan,
was daar 'n klomp los kanonne in jou land aan
bewind, wat tesame met gewetenlose mense van
verskillende agtergronde 'n skrikbewind gevoer
het vir hulle eie doeleindes. Vaderdank dat
hulle dade nou op die lappe kom, sodat Afrikaners
kan sien wat aangegaan het.
Toe gaan gooi hulle uiteindelik nog al die
exstasy en heroin in die see, sê ons koerant
vandag. Klomp ekstatiese visse vir so 'n rukkie,
neem ek aan.

Gloudina
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15864 is 'n antwoord op boodskap #15772] Vr, 19 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Sun, 14 Jun 1998 18:18:41 -0500, "IRQ0" birmingham.crosswinds.net> wrote:
>
> > nie.>>
>
> That the point.
> Hulle het.
>
> Watter bedreiging was daar vir die SA staatsbestel?
> Die meerderheid burgers - swartmense - het met toenemende dringendheid
> daarop aangedring om stemreg te kry. Dit sou onvermydelik beteken het
> PW se regering is uit die kussings.
>
> Wat was hulle reaksies daarop?
> Hulle het 'n stuk of ses atoombomme gebou!
>
> Dis die hele punt, sien.

Die rede vir die ontwikkling van die atoombomme was vir dieselfde rede
as wat ander lande dit ontwikkel het - om te gebruik as 'n afskrik
middel indien ander lande te dreigend sou word - soos met sansksies, die
afsper van hawens ens. Om te sê dit was vir gebruik teen swart burgers
wat om stemreg aangdring het is plein &*^% stupid. Om dit voorte hou as
reaksie op stemreg eise is soos om 'n vlieg met 'n dinamiet kers te
dreig. Nie eers PW was so stupid nie - vat daai een soos jy wil :D
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15865 is 'n antwoord op boodskap #15772] Vr, 19 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Jun 1998 09:25:13 +0200, lou wrote:

as wat ander lande dit ontwikkel het - om te gebruik as 'n afskrik[/color]
> middel indien ander lande te dreigend sou word - soos met sansksies, die
> afsper van hawens ens. Om te sê dit was vir gebruik teen swart burgers
> wat om stemreg aangdring het is plein &*^% stupid. Om dit voorte hou as
> reaksie op stemreg eise is soos om 'n vlieg met 'n dinamiet kers te
> dreig. Nie eers PW was so stupid nie - vat daai een soos jy wil :D>>

1. Watter lande?

Bedoel jy ons sou die VSA of Brittanje ge-"nuke" het, Lou?!!

Hoe sou ons die bomme daar ge-"deliver" het? Met 'n Harvard dalk?

En hulle HET sanksies teen ons ingestel. Erge sanksies wat ons bitter
seergemaak het. En ons het nie die attombomme op hulle gegooi nie. En
die feit dat ons die bomme gehad het, het hulle nie afgeskrik nie!

Stupid idee, was dit nie? Om miljarde te bestee om atoombomme te bou
en te hoop dat die VSA en die Wereldbank en Australie en Nieu-Seeland
en Swede en Noorwee en so aan dan nie sanksies teen ons sal instel nie
omdat hulle te bang sal wees ons gooi atoombomme op hulle!!!

2. En wat het aanleiding gegee tot hierdie sanksies?
Swartmense wat vir burgerregte vra, Lou.

Dit was die bedreiging vir die apartheid-staat.
Swart Suid-Afrikaners wat stemreg vra.
Soos verteenwoordig deur die ANC, PAC en IFP en so aan, Lou. Maar
later veral die ANC/UDF.
Dis ook hulle wat die lande soos die VSA gevra het om sanksies teen
ons in te stel.
En die VSA en so aan het sanksies teen ons ingestel omdat ons regering
nie burgerregte aan swart Suid-Afrikaners wou gee nie.
Die sanksies het een doel gehad - om die SA regering te dwing om
burgerregte aan swart Suid-Afrikaners in Suid-Afrika te gee.

En in reaksie bou ons toe 9 atoombomme. En bere hulle diep waar net PW
en die generaal hulle kan streel.
En toe dwing die sanksies ons om burgerregte aan swart Suid-Afrikaners
te gee. En toe dismantel ons ons atoombomme.

Dit was fokken stupid, het apartheid nie verleng en bewaar nie en het
die land miljarde gekos.

"When in doubt, bou 'n bom."
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15889 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 22 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Jun 1998 03:10:10 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

baardjie afgeskeer het, sal jy agterkom jy is nie alwetend nie. Jy[/color]
> sal agterkom jy is nie die enigste een wat weet wat in die verlede
> gebeur het nie en wat almal gedink het nie.
> Trouens, jy sal dan agterkom dat daar niemand is wat regtig presies
> weet wat iemand anders dink nie en wat regtig in die verlede gebeur
> het nie.
> Jy sal ook agterkom 'n mens verloor ook iets van 'n mens se voorbarige
> houding.
>
> Maar moenie stress oor die dinge nie - dit gebeur vanself, sodra jy in
> die werklike lewe begin lewe.....>>

En mettertyd sal jy agterkom dat:

1. As jy argumenteer dat niemand weet wat "presies gebeur het nie",
dan praat jy in terme van jou eie argument kak as jy so duidelik
probeer aandui dat iets verkeerd is. Om n feit te betwyfel is
dieselfde soort ding as om dit as waar te probeer stel.

2. Dat jy hier twyfel uitspreek dat SA atoombomme ontwikkel het, dat
die druk op die vorige regering was dat swartmense burgerregte wou he
en dat sanksies die gevolg van die druk om burgerregte was.

Nou ou Pottie, die goed staan redelik seker.
Vertel gerus waar jy reken dis onwaar. In jou gryse en seniele ou
wysheid.

3. Dat jy n variasie van die ou leun-argument gebruik wat destyds
gelui het: 'Moenie kritiseer nie want die regering het baie meer
inligting as ons en hulle weet beter." Veral PW was goed met daai een.

N.S. As die res van jou feite ook so betroubaar is as die een dat ek
op universiteit is, dan is jy een van die groot ou kakpraters van jou
tyd.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15890 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 22 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
>
> 2. Dat jy hier twyfel uitspreek dat SA atoombomme ontwikkel het, dat
> die druk op die vorige regering was dat swartmense burgerregte wou he
> en dat sanksies die gevolg van die druk om burgerregte was.

Nee ou ferdi, so maklik kom jy nie los nie. Die argument was dat kernwapens
BINNELANDS gebruik sou word teen die bevolking. DIE BEVOLKING: Jy kan nie
kernwapens teen net een rasgroep gebruik nie. Of het jy meer inligting
nodig oor "fallout radius" ens ens?En nee, sanksies was nie die gevolg van
druk van die burgers nie. Gaan lees weer 'n bietjie op oor hoe sanksies
onstaan het. Dit was druk van die buiteland ou bees.

>
> Nou ou Pottie, die goed staan redelik seker.
> Vertel gerus waar jy reken dis onwaar. In jou gryse en seniele ou
> wysheid.

As opposed to jou melkbaar wysheid?

> N.S. As die res van jou feite ook so betroubaar is as die een dat ek
> op universiteit is, dan is jy een van die groot ou kakpraters van jou
> tyd.
Ek dink dit is 'n goeie afleiding wat hy maak aan die hand van jou argumente
en taal gebruik.

Groete
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15891 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 22 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>> Die rede vir die ontwikkling van die atoombomme was vir dieselfde rede
>> as wat ander lande dit ontwikkel het - om te gebruik as 'n afskrik
>> middel indien ander lande te dreigend sou word - soos met sansksies, die
>> afsper van hawens ens. Om te sê dit was vir gebruik teen swart burgers
>> wat om stemreg aangdring het is plein &*^% stupid. Om dit voorte hou as
>> reaksie op stemreg eise is soos om 'n vlieg met 'n dinamiet kers te
>> dreig. Nie eers PW was so stupid nie - vat daai een soos jy wil :D
>
> Ja, ou Lou, ons vat daai een net soos jy dit
> bedoel het - verskonings, verskonings. En was
> die hele apartheidsbestel nie 'n poging om 'n
> vlieg met 'n dinamiet-kers te dreig nie. Uitein-
> delik, toe alle reggeskape Afrikaners al hulle
> hande begin was het van wat in Suid-Afrika aangaan,
> was daar 'n klomp los kanonne in jou land aan
> bewind, wat tesame met gewetenlose mense van
> verskillende agtergronde 'n skrikbewind gevoer
> het vir hulle eie doeleindes. Vaderdank dat
> hulle dade nou op die lappe kom, sodat Afrikaners
> kan sien wat aangegaan het.
> Toe gaan gooi hulle uiteindelik nog al die
> exstasy en heroin in die see, sê ons koerant
> vandag. Klomp ekstatiese visse vir so 'n rukkie,
> neem ek aan.
>
> Gloudina

Waar is die verskonings? Lyk my jy antwoord terwyl jy nou weer jou eie
agenda hier probeer inbring vir jou eie doeleindes. Ek het geantwoord op
Ferdi se stupid redenasie dat die ou regime *g* kernwapens teen
binnelandse opstand wou gebruik. Die ou stukkie retoriek wat jy hier
uitstal het NIKS met my post te doen gehad nie. Jy het dit terloops van
te vore byna woord vir woord tot kotsenswordens toe op die nuusgroep
aangehaal.

Cheers
Lou
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15892 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 22 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Jun 1998 09:56:53 +0200, lou wrote:

sateliet, die effektieiteit van die VSA inligtings netwerk sou hulle ook[/color]
> daaroor ingelig het.>>>

So what?
Dit was steeds ons geld om n bom te bou terwyl die bedreiging vir die
vorige regering n politieke een was!
Probeer jy se die hele ding is nou OK en goed omdat Amerika daarvan
"geweet het"?!!

het in ruil vir (kies iets) as hulle te ver gedryf was. Dink jouself in[/color]
> - Die Aia Tolla met so een van die nege bomme om die VSA mee te laat
> bewe.>>>

En sou dit dan die bedreiging weggevat het?! Met ander woorde as ons
vir Iran die bomme gee dan sê Amerika vir die Suid-Afrikaanse
swartmense hulle moet nou ophou om gelyke regte te vra?!!

En dan hou die ANC/UDF en die PAC op?!!

Get real!!

Dink jy werklik dat as PW Europa en die VSA gedreig het dat hulle
apartheid moet goedkeur anders gee hy bomme vir Iran, dan sou hulle
dit gedoen het?!!

En Lou, dit het op daai punt gekom! Dit die punt waar die NP regering
in duie gestort het vanwee druk - veral druk uit die weste - en die
opsie is nooit gebruik nie.
Hoekom nie?
Omdat dit 'n stupid opsie was?
Omdat dit nooit werklik 'n opsie was nie?

Dit het vir die NP regering tot op die "point of no return" gekom,
Lou.
Toe MOES hulle al die aartsvyande uit die tronk laat, die SAKP en PAC
ontban en AL hulle mag oorgee aan die mense.

As die geld vir die 9 "PW Prozacs" eerder gebruik was om
infrastruktuur op te bou, dan was ons vandag nie so in die kak nie.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15893 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 22 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Fri, 19 Jun 1998 09:25:13 +0200, lou wrote:
>
> rede
>> as wat ander lande dit ontwikkel het - om te gebruik as 'n afskrik
>> middel indien ander lande te dreigend sou word - soos met sansksies, die
>> afsper van hawens ens. Om te sê dit was vir gebruik teen swart burgers
>> wat om stemreg aangdring het is plein &*^% stupid. Om dit voorte hou as
>> reaksie op stemreg eise is soos om 'n vlieg met 'n dinamiet kers te
>> dreig. Nie eers PW was so stupid nie - vat daai een soos jy wil :D>>
>
> 1. Watter lande?
>
> Bedoel jy ons sou die VSA of Brittanje ge-"nuke" het, Lou?!!

Nee Ferdi moet nou nie al weer stupid wees nie. Dit is miskien net so
stupid soos jou idee dat hulle Soweto sou genuke het as die swart mense
opstandig geraak het?

Laat ek vir jou verduidelik. Kom ons gebruik ook nommertjies.

1) Daar was 'n dreiging van die buitewereld - deur die ou kernbommetjies
te bou het die SA regering duidelik laat wys dat hulle wel soos die VSA,
die VK, die USSR, China, Israel, Indië, Pakistan, Frankryk (sit ander by
as jy lus het) die afskrik middels het om indien daartoe gedryf die ou
bommetjies te laat afgaan.
2) Die VSA het van die bomme geweet. Onthou nog die hele lawaai oor die
ligflits in die middel van die oseaan wat opgetel is deur 'n VSA
sateliet, die effektieiteit van die VSA inligtings netwerk sou hulle ook
daaroor ingelig het.
3) Hulle kon ook die tegnologie aan een van die Weste se vyande verkoop
het in ruil vir (kies iets) as hulle te ver gedryf was. Dink jouself in
- Die Aia Tolla met so een van die nege bomme om die VSA mee te laat
bewe.

Cheers
Lou
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15897 is 'n antwoord op boodskap #15772] Di, 23 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Jun 1998 09:56:23 +0200, lou wrote:

gebou is as teenvoeter vir swart eise vir stemreg. My punt dat USA[/color]
> geweet het is in reaksie op jou'e dat PW hulle stilgebly het oor die
> bomme - onthou 'streel die ou bommetjies'?.>>

En my punt is steeds So What?
Die VSA het geweet en van die ergste sanksies teen ons ingstel. Dit
het hulle spoed nie vir 'n oomblik gebreek nie.
In elk geval Lou, die sanksies in die VSA het gekom van die federale
state en maatskappye en banke. En hulle kon nie 'n fok omgee of PW se
buitelandse sake vir die state dept gese het ons het atoombomme nie!

Lou, hulle het waarskynlik ook gevra: Ek wat gaan julle daarmee doen?
En as die antwoord was: "Op julle gooi as julle nie ophou met sanksies
nie."
Dan sou die Yanks sekerlik kon gesê het: "Rerig? Hoe gaan julle dit
hier kry? En doen dit en kyk wat maak ons met julle...."

>>[/color]

Raak kalm en sien die volgende:
1. NP regering handhaaf apartheid as basis vir sy eie mag en
bevoordeling van sy mense.
2. Die mense uitgesluit uit die mag en bevoordeling begin aandring om
ook te deel daarin.
3. Dit sou beteken die NP regering verloor mag en sy mense hul
bevoordeling.
4. Die wat nie deel in die mag en bevoordeling nie, begin
arbeidsoptrede en organiseer sanksies teen SA. Dit bedreig die
magshebbers se mag daadwerklik.
5. Die magshebbers raak toenemend militer in sy reaksie daarop en bou
in die proses atoombomme.

Amerika en ander twee keer laat dink het voor hulle tee SA opgetree het.[/color]
> Maar blykbaar verstaan jy dit nie?>>

Wat ek verstaan Lou, is dat as ek dreig om jou te moer as jy dit of
dat doen, dan moet ek jou KAN moer. Want as ek nie kan nie, gaan jy
dit vinnig raaksien. En dan is ek bleddie stupid om jou te dreig met
moer as jy nie doen soos ek wil he nie.
En wat ek wel verstaan, Lou, is dat Europa en Amerika nooit geskroom
het om sanksies teen ons in te stel nie. Sanksies wat die NP regering
op sy kniee gedwing het en hom gedwing het om burgerregte aan alle
Suid-Afrikaners te gee.

So wat was dit?
Het PW vergeet om aan die VSA en Europa te se hy het die bomme?
Of het hulle geweet en gegiggle oor sy dreigement om hulle te "moer"
as hulle nie maak soos hy se nie?

>>>[/color]

Wel mnr. Kenner Oor PW se Geheime Diplomasie, as dit gebruik is het
die Yanks hulle net mooi fokkol daaraanb gesteur, ne?

rose nie, alles is nie wonderlik met geen probleme nie. Ons is in die[/color]
> KAK??? :D Mooi so Ferdi, die pad na genesing het vir jou begin - jy is
> verby die ontkennings fase - het jou lank gevat maar die vordering is
> nou duidelik te bespeur!!! :D>>

A! Lou!
Jy stem dus saam dat die gemors waarin ons is spruit uit die feit dat
die vorige regering al sy geld gemors het op militere en doodmaak-
speletjies in 'n poging om vas te klou aan mag?

Dis nou 'n lekker "shift", ne?
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15898 is 'n antwoord op boodskap #15772] Di, 23 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Mon, 22 Jun 1998 09:56:53 +0200, lou wrote:
>
>
> > ligflits in die middel van die oseaan wat opgetel is deur 'n VSA
>> sateliet, die effektieiteit van die VSA inligtings netwerk sou hulle ook
>> daaroor ingelig het.>>>
>
> So what?
> Dit was steeds ons geld om n bom te bou terwyl die bedreiging vir die
> vorige regering n politieke een was!
> Probeer jy se die hele ding is nou OK en goed omdat Amerika daarvan
> "geweet het"?!!

Soos Nico sê - jy het die thread begin met 'n redenasie dat die bomme
gebou is as teenvoeter vir swart eise vir stemreg. My punt dat USA
geweet het is in reaksie op jou'e dat PW hulle stilgebly het oor die
bomme - onthou 'streel die ou bommetjies'?.

>
> verkoop
>> het in ruil vir (kies iets) as hulle te ver gedryf was. Dink jouself in
>> - Die Aia Tolla met so een van die nege bomme om die VSA mee te laat
>> bewe.>>>
>
> En sou dit dan die bedreiging weggevat het?! Met ander woorde as ons
> vir Iran die bomme gee dan sê Amerika vir die Suid-Afrikaanse
> swartmense hulle moet nou ophou om gelyke regte te vra?!!
>
> En dan hou die ANC/UDF en die PAC op?!!
>
> Get real!!

Get real se hy??? Die hele redenasie is oor JOU STUPID &^*^&% PUNT DAT
DIE BOMME GEBOU IS OM TE GEBRUIK IN REAKSIE OP SWART STEMREG EISE.

>
> Dink jy werklik dat as PW Europa en die VSA gedreig het dat hulle
> apartheid moet goedkeur anders gee hy bomme vir Iran, dan sou hulle
> dit gedoen het?!!

Nee man - die feit dat SA die bomme en die tegnologie gehad het sal
Amerika en ander twee keer laat dink het voor hulle tee SA opgetree het.
Maar blykbaar verstaan jy dit nie?

>
> En Lou, dit het op daai punt gekom! Dit die punt waar die NP regering
> in duie gestort het vanwee druk - veral druk uit die weste - en die
> opsie is nooit gebruik nie.

O ja. Die opsie is nooit gebruik nie? Hoe weet jy dat PW en kie dit nie
lig versluierde diplomatiese dreigemente gebruik het nie, Mnr Alwetend??

>
> Dit het vir die NP regering tot op die "point of no return" gekom,
> Lou.
> Toe MOES hulle al die aartsvyande uit die tronk laat, die SAKP en PAC
> ontban en AL hulle mag oorgee aan die mense.
>
> As die geld vir die 9 "PW Prozacs" eerder gebruik was om
> infrastruktuur op te bou, dan was ons vandag nie so in die kak nie.

Hoera Koos/Ferdi has seen the light!!! So dinge is nie net maanskyn en
rose nie, alles is nie wonderlik met geen probleme nie. Ons is in die
KAK??? :D Mooi so Ferdi, die pad na genesing het vir jou begin - jy is
verby die ontkennings fase - het jou lank gevat maar die vordering is
nou duidelik te bespeur!!! :D

Geniet die dag
Lou
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15899 is 'n antwoord op boodskap #15772] Di, 23 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi wrote in message ...
> A! Lou!
> Jy stem dus saam dat die gemors waarin ons is spruit uit die feit dat
> die vorige regering al sy geld gemors het op militere en doodmaak-
> speletjies in 'n poging om vas te klou aan mag?
>
> Dis nou 'n lekker "shift", ne?

Nee. Die gemors wwarin ons is spruit uit die feit dat die huidige regering
se fat cats hulle sakke vol rande steek. DIT IS DIE PROBLEEM. 20 jaar se
opbou van SA is in 4 jaar afgebreek.

DIS nou lekker ne? Die wat die afgelope 20 jaar met geld in die militere
bedryf gedoen is het geen invloed hier nie omdat ons op daardie stadium die
geld gehad het. Nou dat die nuwe regering al die geld opgebruik het moet
die vinger maar weer na die ou regering gewys word.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15900 is 'n antwoord op boodskap #15772] Di, 23 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Jun 1998 10:53:52 -0500, "IRQ0" wrote:

[/color]
>> 2. Dat jy hier twyfel uitspreek dat SA atoombomme ontwikkel het, dat
>> die druk op die vorige regering was dat swartmense burgerregte wou he
>> en dat sanksies die gevolg van die druk om burgerregte was.
>
> Nee ou ferdi, so maklik kom jy nie los nie. Die argument was dat kernwapens
> BINNELANDS gebruik sou word teen die bevolking. DIE BEVOLKING: Jy kan nie
> kernwapens teen net een rasgroep gebruik nie. Of het jy meer inligting
> nodig oor "fallout radius" ens ens?En nee, sanksies was nie die gevolg van
> druk van die burgers nie. Gaan lees weer 'n bietjie op oor hoe sanksies
> onstaan het. Dit was druk van die buiteland ou bees.>>

Ek het van die begin af dit 'n kern-element van my argument gemaak dat
dit ongelooflik stupid is is te dink jy kan atoombomme op 'n
binnelandse bevolking gebruik wat burgerregte eis.
Daar het ons nie 'n verskil nie.

Die vraag doem dan egter op: Vir gebruik teen wie is dit dan
ontwikkel?
Wie dink jy?

Oor sanksies. Sanksies is teen SA ingestel omdat SA 'n beleid van
apartheid gehad het. Apartheid was 'n politieke bestel wat burgerregte
aan swart Suid-Afrikaners ontse het.
Dit was waarom die alles gegaan het.
En die teenstand teen die vorige regering (en dus die bedreiging vir
die vorige regering) het gekom - van die jare 50 al - van mense wat
gese het ALLE Suid-Afrikaners moet dieselfde burgerregte he.

Sanksies teen SA was toevallig 'n produk van twee dinge:

1) Druk van anti-apartheidsgroepe, veral die ANC in die buiteland.
Hulle het deur die VN gewerk wat onder meer 'n kommissie teen
apartheid gehad het.

(Dis toevallig interressant dat die kommissie se baas ene Sean McBride
was. McBride se pa was een van die Ierse vryheidsvegters in die begin
van die eeu.....en een van die Iere wat aan Boere-kant geveg het in
die Anglo-Boere-oorlog.)

Later het die ANC bv in die VSA gewerk deur Amerikaanse politici te
"lobby".
Jy sal onthou dat Tutu en Alan Boesak nogal baie op Amerikaanse TV was
en sanksies teen SA bepleit het omdat die land sy mense burgerregte
ontse.

Jy sal in die verband waarskynlik ook onthou van mense soos Bobby
Kennedy se besoek aan SA - om hier solidariteit te kom betoon met die
swartmense wat nie burgerregte gehad het nie.

2) Mense in lande soos die VSA wat na SA gekyk het in terme van n
toenemende kritiese gees teen SA as gevolg van die beleid van
apartheid. En dan ekonomiese besluite geneem het in terme daarvan.
Bv. word daar gese dat toe PW sy "sulking" en woedende
Rubicon-toespraak gemaak het, het die MD van Chase Manhattan Bank
daarna gekyk.
Die woord was glo voor die toespraak wyd versprei dat die mense moet
kyk want belangrike aankondiginge gaan gedoen word.
Toe kom PW en sê goed soos "do your damnest!" en waai sy vinger vir
die wereld.
En Mandela bly in die tronk en swartmense bly uit die demokrasie.

Toe - so word gese - besluit die ou van Chase Manhatten "die spul gaan
dit nie maak nie" en weier om lenings voort te sit aan SA.

Maar lank voor dit reeds, waarom dink jy was daar sanksies teen ons?
Oor apartheid.

As ons nie apartheid gehad het nie, het ons nie ekonomiese sanksies en
wapen-boikotte, en sport-boikotte en olie-boikotte teen ons gehad nie.
En apartheid was die weerhouing van burgerregte aan swartmense.

Toe bou ons atoombomme.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15906 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 24 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

>> >> Amerika en ander twee keer laat dink het voor hulle tee SA opgetree het.
>>> Maar blykbaar verstaan jy dit nie?>>

So, ou Lou, het hulle toe tweekeer gedink
om teen die apartheidsvarke op te tree net
omdat hulle BANG was vir wat SA kon doen?
Waar, dink jy, sou hulle nou die atoombomme
gedrop het om vir die buiteland skrik te
maak? Tog seker nie in SA nie, want dan sou
hulle self ondergaan. Op die Suidpool? Ek
dink as 'n mens jou argument volg, dan dink
jy die apartheidsvarke sou atoomterroriste
word net om 'n punt te bewys. Jy het dus
'n laer opinie van die apartheidsvarke as
selfs ek!

Gloudina
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15907 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 24 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Jun 1998 12:56:34 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> Die vraag doem dan egter op: Vir gebruik teen wie is dit dan
> ontwikkel?
> Wie dink jy?

Persoonlik dink ek nie dit is ontwikkel om TEEN enige een te gebruik
nie - in die tyd wat die goed gebou is, was dit 'n baie belangrike
politieke speelbal en was dit bekend dat daar lande was wat met opset
byv hulle kern missiele se luike oopgehou het sodat die groot
moonthede se satteliete dit kon raaksien.

Ek is seker die Amerikaners en Russe was nie onder die indruk dat
Pelindaba gebruik is vir die maak van sjokolade nie!
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15908 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 24 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter wrote:
>
> Kom ek druk jou neus in die regte rigting ... gaan soek die ou
> koerantmanne aan beide kante van die spektrum op en luister na wat
> hulle te sê het. Daardie ouens het meer binne inligting gehad as baie
> politici. Maar dit sal jou ook maar weer net 'n paar van die fasette
> laat sie van wat regtig gebeur het.
>

Ferdi? Ken jy enige koerantmanne?
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15909 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 24 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dan los ek maar vir jou die oorspronklike plasings hier sodat jy kan
sien dat ek geensinds jou feite of die falsheid van jou feite,
aangevat het nie, maar slegs die alwetende houding waarmee jy dit
uitgespreek het.

En jou antwoord onderstreep slegs die opmerking wat ek gehad het oor
die mentaliteit wat jy na buite laat bleik - die van 'n voortvarende
tweedejaar student wat dink hy het al die kennis en pag om die wereld
se probleme te kan oplos.

Met van jou oorspronklike feite stem ek nogal saam, maar jy verloor al
jou geloofwardigheid in die manier waarop jy dit stel en dfaroor
redeneer.

En ek dink nie ek is te ver verkeerd as ek sê dat niemand geweet het
wat presies in die ou Sa gebeur het nie. Netsoos niemand weet wat
presies nou gebeur nie. Allerminds 'n klein peanut soos jy.

Kom ek druk jou neus in die regte rigting ... gaan soek die ou
koerantmanne aan beide kante van die spektrum op en luister na wat
hulle te sê het. Daardie ouens het meer binne inligting gehad as baie
politici. Maar dit sal jou ook maar weer net 'n paar van die fasette
laat sie van wat regtig gebeur het.

On Mon, 22 Jun 1998 15:41:27 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> On Thu, 18 Jun 1998 03:10:10 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
> Potgieter) wrote:
>
> > baardjie afgeskeer het, sal jy agterkom jy is nie alwetend nie. Jy
>> sal agterkom jy is nie die enigste een wat weet wat in die verlede
>> gebeur het nie en wat almal gedink het nie.
>> Trouens, jy sal dan agterkom dat daar niemand is wat regtig presies
>> weet wat iemand anders dink nie en wat regtig in die verlede gebeur
>> het nie.
>> Jy sal ook agterkom 'n mens verloor ook iets van 'n mens se voorbarige
>> houding.
>>
>> Maar moenie stress oor die dinge nie - dit gebeur vanself, sodra jy in
>> die werklike lewe begin lewe.....>>
>
> En mettertyd sal jy agterkom dat:
>
> 1. As jy argumenteer dat niemand weet wat "presies gebeur het nie",
> dan praat jy in terme van jou eie argument kak as jy so duidelik
> probeer aandui dat iets verkeerd is. Om n feit te betwyfel is
> dieselfde soort ding as om dit as waar te probeer stel.
>
> 2. Dat jy hier twyfel uitspreek dat SA atoombomme ontwikkel het, dat
> die druk op die vorige regering was dat swartmense burgerregte wou he
> en dat sanksies die gevolg van die druk om burgerregte was.
>
> Nou ou Pottie, die goed staan redelik seker.
> Vertel gerus waar jy reken dis onwaar. In jou gryse en seniele ou
> wysheid.
>
> 3. Dat jy n variasie van die ou leun-argument gebruik wat destyds
> gelui het: 'Moenie kritiseer nie want die regering het baie meer
> inligting as ons en hulle weet beter." Veral PW was goed met daai een.
>
> N.S. As die res van jou feite ook so betroubaar is as die een dat ek
> op universiteit is, dan is jy een van die groot ou kakpraters van jou
> tyd.
>
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15910 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 24 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 23 Jun 1998 09:56:23 +0200, lou wrote:
>
>
> Lou, sorry om jou so ongeskik wakker te maak, maar die mense (die NP
> regering) wou nie stemreg aan swartmense gegee het nie want sou die
> swartmense hulle uit die regering uit gestem het. Soos in 1994 gebeur
> het.

Ferdi - bly by die punt aseblief. Kernwapens in reaksie op swartstemreg
eise onthou?

>
> > bomme - onthou 'streel die ou bommetjies'?.>>
>
> En my punt is steeds So What?
> Die VSA het geweet en van die ergste sanksies teen ons ingstel. Dit
> het hulle spoed nie vir 'n oomblik gebreek nie.
> In elk geval Lou, die sanksies in die VSA het gekom van die federale
> state en maatskappye en banke. En hulle kon nie 'n fok omgee of PW se
> buitelandse sake vir die state dept gese het ons het atoombomme nie!
>
> Lou, hulle het waarskynlik ook gevra: Ek wat gaan julle daarmee doen?
> En as die antwoord was: "Op julle gooi as julle nie ophou met sanksies
> nie."
> Dan sou die Yanks sekerlik kon gesê het: "Rerig? Hoe gaan julle dit
> hier kry? En doen dit en kyk wat maak ons met julle...."

Kyk na die punt wat ek reeds in die vorige post gemaak het. (wat jy
gesnip het)

>
> > DIE BOMME GEBOU IS OM TE GEBRUIK IN REAKSIE OP SWART STEMREG EISE. >>>
>
> Raak kalm en sien die volgende:
> 1. NP regering handhaaf apartheid as basis vir sy eie mag en
> bevoordeling van sy mense.
> 2. Die mense uitgesluit uit die mag en bevoordeling begin aandring om
> ook te deel daarin.
> 3. Dit sou beteken die NP regering verloor mag en sy mense hul
> bevoordeling.
> 4. Die wat nie deel in die mag en bevoordeling nie, begin
> arbeidsoptrede en organiseer sanksies teen SA. Dit bedreig die
> magshebbers se mag daadwerklik.
> 5. Die magshebbers raak toenemend militer in sy reaksie daarop en bou
> in die proses atoombomme.

So sonder omhaal van woorde - Sê jy dus die NP regering wou die
swartmense wat stem reg eis en al meer militant geraak het met kern
wapens dreig? Of dit selfs teen hulle inspan? :)

>
> > Amerika en ander twee keer laat dink het voor hulle tee SA opgetree het.
>> Maar blykbaar verstaan jy dit nie?>>
>
> Wat ek verstaan Lou, is dat as ek dreig om jou te moer as jy dit of
> dat doen, dan moet ek jou KAN moer. Want as ek nie kan nie, gaan jy
> dit vinnig raaksien. En dan is ek bleddie stupid om jou te dreig met
> moer as jy nie doen soos ek wil he nie.
> En wat ek wel verstaan, Lou, is dat Europa en Amerika nooit geskroom
> het om sanksies teen ons in te stel nie. Sanksies wat die NP regering
> op sy kniee gedwing het en hom gedwing het om burgerregte aan alle
> Suid-Afrikaners te gee.
>
> So wat was dit?
> Het PW vergeet om aan die VSA en Europa te se hy het die bomme?
> Of het hulle geweet en gegiggle oor sy dreigement om hulle te "moer"
> as hulle nie maak soos hy se nie?

Nee Ferdi soos ek reeds vrduidelik het (sug) is die bomme daar as
afskrik middel idien die buitewêreld toenemend na 'n militere opsie sou
geneig het. Wat jy nie verstaan nie (sug). Want PW het die bomme mos in
jou insiens gebou om Soweto te bombardeer.

>
> > lig versluierde diplomatiese dreigemente gebruik het nie, Mnr Alwetend??
>> >>>
>
> Wel mnr. Kenner Oor PW se Geheime Diplomasie, as dit gebruik is het
> die Yanks hulle net mooi fokkol daaraanb gesteur, ne?

Nee maar jy weet presies wat in die SA/Westerse diplomasie aangaan of
aangegaan het né?

>
> en
>> rose nie, alles is nie wonderlik met geen probleme nie. Ons is in die
>> KAK??? :D Mooi so Ferdi, die pad na genesing het vir jou begin - jy is
>> verby die ontkennings fase - het jou lank gevat maar die vordering is
>> nou duidelik te bespeur!!! :D>>
>
> A! Lou!
> Jy stem dus saam dat die gemors waarin ons is spruit uit die feit dat
> die vorige regering al sy geld gemors het op militere en doodmaak-
> speletjies in 'n poging om vas te klou aan mag?
>
> Dis nou 'n lekker "shift", ne?

Ek het nog nooit gestry dat die vorige regering biljoene gemors het om
onder andere soldate in Suid Wes te sit nie. Maar dat dinge in die land
uiters kak is sê ek lankal en dit word nie beter nie - jy het die shift
gemaak vanaf die Nuwe Utopiae SA tot die Kak Nuwe SA. :) Voel jy nie nou
al klaar beter nie? Nou vir die volgende stap ... agressie. Hmmm - moer
is 'n goeie uitdrukking daarvan. Werk daaraan :)

Cheers
Lou
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15940 is 'n antwoord op boodskap #15910] Sa, 27 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Jun 1998 10:32:04 +0200, lou wrote:

nog van die NP regering se publisiteits foefies. DIe ondersteuning en[/color]
> opleiding van ANC en PAC deur onder andere Rusland en Kuba is net nog 'n
> liegstorie.>>

>[/color]

Albei kan saam geantwoord word.
Ja.
Eise vir stemreg wat uiting vind in die ANC PAC ens. as
vryheidsbewegings wat onder meer "op-links" met dekolonialisaie in
ander Afrika-lande.

Dekolonialisasie beteken burgerregte vir die inheemse bevolking wat
deur getalle mag oorneem.

Die ANC en PAC ens se optrede en hulle teenwoordigheis in die
buurstate en hulle aanjaag van sanksies vorm die bedreiging vir die NP
regering.

En die bedreiging lei tot die bou van die PW Prozacs.

Van die ander kant gestel: As DF Malan Mandela-hulle ontvang het en
hulle het die ANC se voorstelle destyds aanvaar van bv. n tydperk
waarin swart verteenwoordigers in die parlement sit (toenemend
verkose) terwyl die whiteys regeer tot die swartmense genoeg skills
opgetel het ens.
En as die NP regering die soort grondwet in die jare 60 ontwikkel het
wat ons nou het.
En as dit alles in konsultasie ens gedoen was.
Dan was daar nie 'n MK nie. En nie sanksies nie. En nie steun vir
Renamo nie. En nie biljoene in Unita gegiet nie.
Want dit sou nie nodig gewees het nie.

>[/color]

Nee.
Ek se in REAKSIE op die langdurige bedreiging vir sy magsbasis het hy
atoombomme gebou en ek se dit was stupid.
Dit was die stupidste ding waarvan ek omtrent in my lewe gehoor het.
Dis wat ek die hele tyd se.

uiters kak is sê ek lankal en dit word nie beter nie - jy het die shift[/color]
> gemaak vanaf die Nuwe Utopiae SA tot die Kak Nuwe SA. :) Voel jy nie nou
> al klaar beter nie? Nou vir die volgende stap ... agressie. Hmmm - moer
> is 'n goeie uitdrukking daarvan. Werk daaraan :) >>

Dit gaan dekades al kak met SA.
Onder die vorige regering al.

Dit gaan nou beter as in die jare tagtig toe ons ekonomie gekrimp het
en ons ernstige chaos in die gesig gestaar het. En ons 'n diktator
gehad het wat met mense kon maak soos hy wou en politieke opponente
toegesluit het.

As dit nie beter word nie, hoekom het ons dan die grondwet wat ons
het, speel ons weer met die wereld sport en groei die ekonomie ten
minste?
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15941 is 'n antwoord op boodskap #15772] Sa, 27 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Jun 1998 03:32:07 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

koerantmanne aan beide kante van die spektrum op en luister na wat[/color]
> hulle te sê het. Daardie ouens het meer binne inligting gehad as baie
> politici. Maar dit sal jou ook maar weer net 'n paar van die fasette
> laat sie van wat regtig gebeur het.>>>

He, he he...

En verder: Bedoel jy ek het nie geweet wat om my gebeur het nie? Soort
van, ek moet vir ander mense gaan vra wat om my gebeur het?!

Kom ek laat jou met n aanhaling deur Bram Fischer (weet jy wie hy
was?) ou Pottie.

"Die blanke bevolking van Suid-Afrika moet burgerregte deel met ander
Suid-Afrikaners anders gaan geweld eie SA samelewing uiteindelik
verswelg. En die regering moet die deel van die burgerregte met die
mense onderhandel wat tans op Robbeneieland aangehou word. Dis al weg
na n vreedsame oplossing."

Kan jy raai wanneer hy dit gese het en wat met hom gebeur het?

By the way: Moenie vir ander mense se hulle weet niks en moet eerder
stilbly as dit wat hulle se verskil met jou siening nie. Dis silly.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15942 is 'n antwoord op boodskap #15772] Sa, 27 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Jun 1998 10:33:27 +0200, lou wrote:



Waar kry jy die idee vandaan dat ek met trash meng?
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15943 is 'n antwoord op boodskap #15772] Sa, 27 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Jun 1998 18:56:40 -0500, "IRQ0" wrote:

se fat cats hulle sakke vol rande steek. DIT IS DIE PROBLEEM. 20 jaar se[/color]
> opbou van SA is in 4 jaar afgebreek.
>
> DIS nou lekker ne? Die wat die afgelope 20 jaar met geld in die militere
> bedryf gedoen is het geen invloed hier nie omdat ons op daardie stadium die
> geld gehad het. Nou dat die nuwe regering al die geld opgebruik het moet
> die vinger maar weer na die ou regering gewys word.>>

Verstaan ek jou reg?

Se jy dat die NP regering SA se infrastruktuur en ekonomie en so aan
net aanhou opbou het tot in die jare 90?!
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15944 is 'n antwoord op boodskap #15772] Sa, 27 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Jun 1998 03:37:39 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

nie - in die tyd wat die goed gebou is, was dit 'n baie belangrike[/color]
> politieke speelbal en was dit bekend dat daar lande was wat met opset
> byv hulle kern missiele se luike oopgehou het sodat die groot
> moonthede se satteliete dit kon raaksien.
>
> Ek is seker die Amerikaners en Russe was nie onder die indruk dat
> Pelindaba gebruik is vir die maak van sjokolade nie!>>

Ons is terug by die begin.
Ek se: Dit was ongelooflik stupid om te dink dat as ons ons geld
daarop blaas om atoombomme te bou, dan gaan ons Amerika impress.

Hoekom?

Wat was ons probleem met lande soos die VSA? Hulle het sanksies teen
ons ingestel.

Op die einde het ons atoombomme hulle net mooi niks impress nie en die
apartheidsregering het in duie gestort voor veral sanksies.
En die bomme is nie gebruik nie.
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15954 is 'n antwoord op boodskap #15772] Ma, 29 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
jnpj...@bigfoot.com wrote:
>
> Kom ek druk jou neus in die regte rigting ... gaan soek die ou
> koerantmanne aan beide kante van die spektrum op en luister na wat
> hulle te sê het. Daardie ouens het meer binne inligting gehad as baie
> politici. Maar dit sal jou ook maar weer net 'n paar van die fasette
> laat sie van wat regtig gebeur het.
>
Oops!!

Ai tog ... Sorry Johan - laat ek jou voorstel aan Ferdi. Berugde
koerantman/joernalis/watookal van die Nasionale Pers. Hy's 'n bliksem wat ook
maar sy idees het en wat 'n vlymskerp tong het. Moenie eens 'n ou gapingtjie
so groot soos 'n (ou) vyfsentstuk los nie of hy sal daar deurkom. Maar uit my
observasie van die afgelope paar jaar, sou ek sê dat hy nogal ingelig is, en
met van die dinge wat nou aan die lig kom, verstaan ek wat hy sê, hoewel ek
nie altd (of is dit nou meestal?) met hom saamstem nie. Ek skat enige
joernalis moet sterk opinies hê anders sal niemand wil hoor wat hul te sê het
nie.

Hy herinner my nogal aan iemand wat ek ken (geken het?) wat vir 'n
organisasie gewerk het wat so geheim was dat hy nie eens geweet het hy werk
vir hulle nie. Hy het stellings gemaak wat mekaar weerspreek op verskillende
tye, maar dit was alles maar net deel van die spel. Hy was nogal bekend
daarvoor dat hy die inligting kry wat hy wou kry. Lees fyner ou maat. Speel
so 'n bietjie skaak. partykeer maak iemand net 'n skuif om 'n ander skuif weg
te steek. Ou Ferdi is nou die tipe ou wat die reis soveel as die vakansie
geniet. Wat die doel soveel as die middele geniet.

Aag nou ja, laat ek maar stilbly hier in die Laaglande - wat sal ek nou weet.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15961 is 'n antwoord op boodskap #15772] Di, 30 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter skryf:

> Ferdi,
> Kom ons kyk dan nou nader na waar jy in die lewe inpas...is jy werklik
> joernalis? Waar? Vir hoe lank al? Waar het jy studeer?

Johan,

Ou Ferdi sal jou waarskynlik nie antwoord nie. Ongelukkig kry jy net
e-Beeld, en nie die ware Jakob nie. 'n Ou met die naam van Ferdi Greyling is
die redakteur van techno-Beeld, en behartig ook die Internet rubriek.

Onlangs het ek in Beeld 'n uitstekende resensie gelees oor Bram Fischer se
biografie, natuurlik gedoen die Ferdi. Dit was werklik goed. Die voetnota na
die resensie het gesê hy is 'n SENIOR redaksielid.

Maar as jy hom regtig wil leer ken, moet jy na rec.sport.rugby.union gaan.
Baie keer baklei hy met Lou, en so nou en dan met my, maar daar is niemand
wat die saak van SA Rugby so sterk stel soos Ferdi nie!

O, en hy het 'n tuisblad wat jy by Die Knoop kan kry.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA (e-mail: remove 'sukikaki.')
http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15974 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 01 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi,
Kom ons kyk dan nou nader na waar jy in die lewe inpas...is jy werklik
joernalis? Waar? Vir hoe lank al? Waar het jy studeer?
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15975 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 01 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 27 Jun 1998 07:27:20 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> On Wed, 24 Jun 1998 10:33:27 +0200, lou wrote:
>
>
>
> Waar kry jy die idee vandaan dat ek met trash meng?

Toemaar, jy sal nog groot word. Daar is baie goeie mense in die
koerantwese, mense by wie ouens soos jy baie kan leer. Maak jou oe
oop en moenie so kleinlik wees nie.

Jy wys maar net dat jy glad geen joernaliste van enige kant af ken nie
- dan sou jy geweet het hulle is nie almal trash nie.

Pasop om nie jou eie swakhede hier te adverteer nie .....
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15976 is 'n antwoord op boodskap #15772] Wo, 01 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 27 Jun 1998 09:22:04 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> En verder: Bedoel jy ek het nie geweet wat om my gebeur het nie?

Volgens die nonsens wat jy kwytraak, kan 'n mens so 'n afleiding maak,
ja ....

> Soort
> van, ek moet vir ander mense gaan vra wat om my gebeur het?!
>

Nee, maar dit sal jou help om te besef daar was ook ander opinies wat
gegeld het en ander verwysingsraamwerke.

>
>
> Kom ek laat jou met n aanhaling deur Bram Fischer (weet jy wie hy
> was?) ou Pottie.

(Was dit nie die ou wat die koerant stalletjie daar onder op die punt
van Adderley straat gehad het nie. My pa het altyd by hom koerant
gekoop op pad kantoor toe....)

>
> "Die blanke bevolking van Suid-Afrika moet burgerregte deel met ander
> Suid-Afrikaners anders gaan geweld eie SA samelewing uiteindelik
> verswelg. En die regering moet die deel van die burgerregte met die
> mense onderhandel wat tans op Robbeneieland aangehou word. Dis al weg
> na n vreedsame oplossing."
>
> Kan jy raai wanneer hy dit gese het en wat met hom gebeur het?

Nee, jis, nou maak jy dit so moeilik .....

>
> By the way: Moenie vir ander mense se hulle weet niks en moet eerder
> stilbly as dit wat hulle se verskil met jou siening nie. Dis silly.
>
Ek sê nie jy moet stilbly nie, seun, ek wil maar net help dat jy moet
besef daar is meer as net jou standpunt in die wereld. Oopkop, dit
sal help. Kyk of jy 'n standpunt van beide kante kan redeneer.
Vorige onderwerp: puns
Volgende onderwerp: Plakkers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:54:57 MGT 2024