|
|
|
|
| Re: Mengele in Afrika [boodskap #15979 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Wo., 01 Julie 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: Desember 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 29 Jun 1998 09:23:19 GMT, gide...@usa.net wrote:
> Ai tog ... Sorry Johan - laat ek jou voorstel aan Ferdi. Berugde
> koerantman/joernalis/watookal van die Nasionale Pers. Hy's 'n bliksem wat ook
> maar sy idees het en wat 'n vlymskerp tong het. Moenie eens 'n ou gapingtjie
> so groot soos 'n (ou) vyfsentstuk los nie of hy sal daar deurkom. Maar uit my
> observasie van die afgelope paar jaar, sou ek sê dat hy nogal ingelig is, en
> met van die dinge wat nou aan die lig kom, verstaan ek wat hy sê, hoewel ek
> nie altd (of is dit nou meestal?) met hom saamstem nie. Ek skat enige
> joernalis moet sterk opinies hê anders sal niemand wil hoor wat hul te sê het
> nie.
>
> Hy herinner my nogal aan iemand wat ek ken (geken het?) wat vir 'n
> organisasie gewerk het wat so geheim was dat hy nie eens geweet het hy werk
> vir hulle nie. Hy het stellings gemaak wat mekaar weerspreek op verskillende
> tye, maar dit was alles maar net deel van die spel. Hy was nogal bekend
> daarvoor dat hy die inligting kry wat hy wou kry. Lees fyner ou maat. Speel
> so 'n bietjie skaak. partykeer maak iemand net 'n skuif om 'n ander skuif weg
> te steek. Ou Ferdi is nou die tipe ou wat die reis soveel as die vakansie
> geniet. Wat die doel soveel as die middele geniet.
>
> Aag nou ja, laat ek maar stilbly hier in die Laaglande - wat sal ek nou weet.
Sjuuu, nou's ek deurmekaar, praat ons van die selfde Ferdi? Ferdi, is
hier meer as een van jou...?
As jy net een is en dis vir jou wat Gideon hierbo beskryf, is ek
soveel te meer teleurgesteld in jou uitinge wat hierdie gesprekslyn
begin het. Ek haal aan:
"Presies. Hulle is fokken stupid. Hulle en Pakistan se ontwikkeling
van
kernwapens is die domste dinge wat ek in jare van gehoor het.
Net so was PW se ontwikkeling van kernwapens.
En die geskiedenis het dit bewys.
Miljarde is oor jare en jare daarin gesit. Geld wat bestee kon gewees
het om infrastruktuur te ontw. huise te bou, werk te skep, die
ekonomie te "boost" en sulke goed.
Nou is dit 20 jaar later en wat het ons?
Bomme wat volgens berigte afgetakel en weggegooi is, 'n gevoel van
verligting dat die stupid moere dit nooit actually probeer gebruik het
nie en 'n onontwikkelde infrastruktuur.
Die sg. aansien in wereldoe wat dit kastig aan ons sou besorg het, kon
ek nooit sien nie en ek sien dit nie nou ook nie.
Mense respekteer lande met goeie infrastrukture wat burgers het wat
tevrede is en hul lewens geniet. Nie lande met megolomane aan bewind
wat vingers waai en aande laat met hulle bomme in die agterkamer speel
nie.
Die geld is weggegooi agter 'n half mal president se bom aangedryfde
ego aan."
|
|
|
|
|
|
| Re: Mengele in Afrika [boodskap #15981 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Wo., 01 Julie 1998 00:00   |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: Januarie 1997
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
jnpj...@bigfoot.com wrote:
> Sjuuu, nou's ek deurmekaar, praat ons van die selfde Ferdi? Ferdi, is
> hier meer as een van jou...?
>
> As jy net een is en dis vir jou wat Gideon hierbo beskryf, is ek
> soveel te meer teleurgesteld in jou uitinge wat hierdie gesprekslyn
> begin het. Ek haal aan:
>
> "Presies. Hulle is fokken stupid. Hulle en Pakistan se ontwikkeling
> van
> kernwapens is die domste dinge wat ek in jare van gehoor het.
>
> Net so was PW se ontwikkeling van kernwapens.
> En die geskiedenis het dit bewys.
...het so 'n bietjie uitgeknip...
> Mense respekteer lande met goeie infrastrukture wat burgers het wat
> tevrede is en hul lewens geniet. Nie lande met megolomane aan bewind
> wat vingers waai en aande laat met hulle bomme in die agterkamer speel
> nie.
>
> Die geld is weggegooi agter 'n half mal president se bom aangedryfde
> ego aan."
>
>
Daar is natuurlik 'n ander moontlikheid, Johan. Dit is dar Ferdi dalk meer
weet en gesien het as jy en dalk is hy reg. As ek sien wat die ou regering
gedoen het, sal ek nie verbaas wees nie. Het jy gedink dat mense vermoor was
op die skaal en met die metodes wat die ou regering gevolg het? Gaan kyk na
die magspel wat PW, FW en die ander Botha�s gespeel het (ingesluit
Bothalezi), gesels met 'n paar van die koerantmanne wat jy genoem het. Die
gesegde dat: "power corrupts... absolute power corrupts absolutely" kry nogal
'n hele nuwe betekenis. Ek kan miskien dit so stel - op 'n ander tyd, op 'n
ander plek kon PW Hitler gewees het - die ooreenkonste is te groot om te
ignoreer. Sy volk het hom aanbid - die Jode het hom met reg gehaat. Daar is
tot vandag toe nog mense wat niks verkeerd wil hoor van Hitler nie. En so kan
ek aangaan
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
|
|
| Re: Mengele in Afrika [boodskap #16008 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Vr., 03 Julie 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 01 Jul 1998 11:48:13 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:
koerantwese, >>[/color]
Moenie twak praat nie.
Waar kry jy ordentlike mense in die joernalistiek?!
|
|
|
|
|
|
| Re: Mengele in Afrika [boodskap #16010 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Vr., 03 Julie 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 01 Jul 1998 15:50:07 +0200, lou wrote:
op swart eise vir stemreg? Bomme gooi op Soweto?[/color]
>
> Maar bly praat - dit is altyd goed om te praat. Die probleem is net -
> luister iemand?>>
Jy obviously nie, Lou.
Of dit of jy is te stupid om die konneksie te sien.
|
|
|
|