Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mengele in Afrika
Mengele in Afrika [boodskap #15772] |
Fri, 12 June 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die militere intelligensie-establishment van die vorige bestel het -
in die woorde van die mense self soos getuig voor die WVK - bisarre
dinge aangevang.
Behalwe dat daar wild en wakker met allerhande giwwe gespeel is, was
daar ook 'n opdrag om kieme te ontwikkel wat net swartmense doodmaak
en middels wat net swart vroue onvrugbaar sal maak.
Dan het hulle ook mandrax en ecstacy vervaardig en klaarblyklik op die
plaaslike mark geplaas.
Dwelms en dwelmbase is natuurlik n groot bron van misdaad in SA.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15842 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Wed, 17 June 1998 00:00   |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Henri Burger wrote:
> Die hele ding rondom 'n atoomvermoeë is natuurlik dat dit baie waarskynlik
> die laaste keer teen Nagasaki gebruik is. Daarna het die rol verander na
> 'kyk, ons het dit, so moenie met ons sukkel nie'. Dit is wat Indië en
> Pakistan vir mekaar probeer sê, en was waarskynlik die rede waarom SA so 'n
> vermoeë ontwikkel het. Alles deel van die 'totale strategie' teen die
> 'totale aanslag'.
Ja. Wat mense natuurlik ook vergeet is dat Indië se grootste bedreiging van Die
Noorde af kom. China en Indië het uitstaande grensdispute wat dateer uit die
jare 60, as ek reg onthou.
> Terwyl Gloudina bly is dat die goed afgetakel is, bly die vraag nog steeds
> wat van die afgetakelde onderdele geword het. En waar is die ouens wat dit
> ontwikkel het nou? Sit sekerlik nie iewers by die see in 'n aftreehuisie en
> krepeer nie.
Sover ek weet is die materiaal aan die amerikaners verkoop. Die afdeling van
die AEK wat die proses ontwikkel het, het gesluit, en die mense is op die vier
winde versprei. Die aanleg is aan China verkoop teen omtrent R20M, 'n breukdeel
van wat dit werklik werd kan wees. En ja, volgens gerugte is slimstes onder die
slimmes van die AEK nou in "beroepe" wat nie eers een persent van die betekenis
van hul poste by die AEK vir die land het nie.
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
En hoe...
H-J
--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).
H-J
|
|
|
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15863 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Fri, 19 June 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lou writes:
> Die rede vir die ontwikkling van die atoombomme was vir dieselfde rede
> as wat ander lande dit ontwikkel het - om te gebruik as 'n afskrik
> middel indien ander lande te dreigend sou word - soos met sansksies, die
> afsper van hawens ens. Om te sê dit was vir gebruik teen swart burgers
> wat om stemreg aangdring het is plein &*^% stupid. Om dit voorte hou as
> reaksie op stemreg eise is soos om 'n vlieg met 'n dinamiet kers te
> dreig. Nie eers PW was so stupid nie - vat daai een soos jy wil :D
Ja, ou Lou, ons vat daai een net soos jy dit
bedoel het - verskonings, verskonings. En was
die hele apartheidsbestel nie 'n poging om 'n
vlieg met 'n dinamiet-kers te dreig nie. Uitein-
delik, toe alle reggeskape Afrikaners al hulle
hande begin was het van wat in Suid-Afrika aangaan,
was daar 'n klomp los kanonne in jou land aan
bewind, wat tesame met gewetenlose mense van
verskillende agtergronde 'n skrikbewind gevoer
het vir hulle eie doeleindes. Vaderdank dat
hulle dade nou op die lappe kom, sodat Afrikaners
kan sien wat aangegaan het.
Toe gaan gooi hulle uiteindelik nog al die
exstasy en heroin in die see, sê ons koerant
vandag. Klomp ekstatiese visse vir so 'n rukkie,
neem ek aan.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15865 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Fri, 19 June 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 19 Jun 1998 09:25:13 +0200, lou wrote:
as wat ander lande dit ontwikkel het - om te gebruik as 'n afskrik[/color]
> middel indien ander lande te dreigend sou word - soos met sansksies, die
> afsper van hawens ens. Om te sê dit was vir gebruik teen swart burgers
> wat om stemreg aangdring het is plein &*^% stupid. Om dit voorte hou as
> reaksie op stemreg eise is soos om 'n vlieg met 'n dinamiet kers te
> dreig. Nie eers PW was so stupid nie - vat daai een soos jy wil :D>>
1. Watter lande?
Bedoel jy ons sou die VSA of Brittanje ge-"nuke" het, Lou?!!
Hoe sou ons die bomme daar ge-"deliver" het? Met 'n Harvard dalk?
En hulle HET sanksies teen ons ingestel. Erge sanksies wat ons bitter
seergemaak het. En ons het nie die attombomme op hulle gegooi nie. En
die feit dat ons die bomme gehad het, het hulle nie afgeskrik nie!
Stupid idee, was dit nie? Om miljarde te bestee om atoombomme te bou
en te hoop dat die VSA en die Wereldbank en Australie en Nieu-Seeland
en Swede en Noorwee en so aan dan nie sanksies teen ons sal instel nie
omdat hulle te bang sal wees ons gooi atoombomme op hulle!!!
2. En wat het aanleiding gegee tot hierdie sanksies?
Swartmense wat vir burgerregte vra, Lou.
Dit was die bedreiging vir die apartheid-staat.
Swart Suid-Afrikaners wat stemreg vra.
Soos verteenwoordig deur die ANC, PAC en IFP en so aan, Lou. Maar
later veral die ANC/UDF.
Dis ook hulle wat die lande soos die VSA gevra het om sanksies teen
ons in te stel.
En die VSA en so aan het sanksies teen ons ingestel omdat ons regering
nie burgerregte aan swart Suid-Afrikaners wou gee nie.
Die sanksies het een doel gehad - om die SA regering te dwing om
burgerregte aan swart Suid-Afrikaners in Suid-Afrika te gee.
En in reaksie bou ons toe 9 atoombomme. En bere hulle diep waar net PW
en die generaal hulle kan streel.
En toe dwing die sanksies ons om burgerregte aan swart Suid-Afrikaners
te gee. En toe dismantel ons ons atoombomme.
Dit was fokken stupid, het apartheid nie verleng en bewaar nie en het
die land miljarde gekos.
"When in doubt, bou 'n bom."
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15889 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Mon, 22 June 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 18 Jun 1998 03:10:10 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:
baardjie afgeskeer het, sal jy agterkom jy is nie alwetend nie. Jy[/color]
> sal agterkom jy is nie die enigste een wat weet wat in die verlede
> gebeur het nie en wat almal gedink het nie.
> Trouens, jy sal dan agterkom dat daar niemand is wat regtig presies
> weet wat iemand anders dink nie en wat regtig in die verlede gebeur
> het nie.
> Jy sal ook agterkom 'n mens verloor ook iets van 'n mens se voorbarige
> houding.
>
> Maar moenie stress oor die dinge nie - dit gebeur vanself, sodra jy in
> die werklike lewe begin lewe.....>>
En mettertyd sal jy agterkom dat:
1. As jy argumenteer dat niemand weet wat "presies gebeur het nie",
dan praat jy in terme van jou eie argument kak as jy so duidelik
probeer aandui dat iets verkeerd is. Om n feit te betwyfel is
dieselfde soort ding as om dit as waar te probeer stel.
2. Dat jy hier twyfel uitspreek dat SA atoombomme ontwikkel het, dat
die druk op die vorige regering was dat swartmense burgerregte wou he
en dat sanksies die gevolg van die druk om burgerregte was.
Nou ou Pottie, die goed staan redelik seker.
Vertel gerus waar jy reken dis onwaar. In jou gryse en seniele ou
wysheid.
3. Dat jy n variasie van die ou leun-argument gebruik wat destyds
gelui het: 'Moenie kritiseer nie want die regering het baie meer
inligting as ons en hulle weet beter." Veral PW was goed met daai een.
N.S. As die res van jou feite ook so betroubaar is as die een dat ek
op universiteit is, dan is jy een van die groot ou kakpraters van jou
tyd.
|
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15891 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Mon, 22 June 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>> Die rede vir die ontwikkling van die atoombomme was vir dieselfde rede
>> as wat ander lande dit ontwikkel het - om te gebruik as 'n afskrik
>> middel indien ander lande te dreigend sou word - soos met sansksies, die
>> afsper van hawens ens. Om te sê dit was vir gebruik teen swart burgers
>> wat om stemreg aangdring het is plein &*^% stupid. Om dit voorte hou as
>> reaksie op stemreg eise is soos om 'n vlieg met 'n dinamiet kers te
>> dreig. Nie eers PW was so stupid nie - vat daai een soos jy wil :D
>
> Ja, ou Lou, ons vat daai een net soos jy dit
> bedoel het - verskonings, verskonings. En was
> die hele apartheidsbestel nie 'n poging om 'n
> vlieg met 'n dinamiet-kers te dreig nie. Uitein-
> delik, toe alle reggeskape Afrikaners al hulle
> hande begin was het van wat in Suid-Afrika aangaan,
> was daar 'n klomp los kanonne in jou land aan
> bewind, wat tesame met gewetenlose mense van
> verskillende agtergronde 'n skrikbewind gevoer
> het vir hulle eie doeleindes. Vaderdank dat
> hulle dade nou op die lappe kom, sodat Afrikaners
> kan sien wat aangegaan het.
> Toe gaan gooi hulle uiteindelik nog al die
> exstasy en heroin in die see, sê ons koerant
> vandag. Klomp ekstatiese visse vir so 'n rukkie,
> neem ek aan.
>
> Gloudina
Waar is die verskonings? Lyk my jy antwoord terwyl jy nou weer jou eie
agenda hier probeer inbring vir jou eie doeleindes. Ek het geantwoord op
Ferdi se stupid redenasie dat die ou regime *g* kernwapens teen
binnelandse opstand wou gebruik. Die ou stukkie retoriek wat jy hier
uitstal het NIKS met my post te doen gehad nie. Jy het dit terloops van
te vore byna woord vir woord tot kotsenswordens toe op die nuusgroep
aangehaal.
Cheers
Lou
|
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15893 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Mon, 22 June 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote:
>
> On Fri, 19 Jun 1998 09:25:13 +0200, lou wrote:
>
> rede
>> as wat ander lande dit ontwikkel het - om te gebruik as 'n afskrik
>> middel indien ander lande te dreigend sou word - soos met sansksies, die
>> afsper van hawens ens. Om te sê dit was vir gebruik teen swart burgers
>> wat om stemreg aangdring het is plein &*^% stupid. Om dit voorte hou as
>> reaksie op stemreg eise is soos om 'n vlieg met 'n dinamiet kers te
>> dreig. Nie eers PW was so stupid nie - vat daai een soos jy wil :D>>
>
> 1. Watter lande?
>
> Bedoel jy ons sou die VSA of Brittanje ge-"nuke" het, Lou?!!
Nee Ferdi moet nou nie al weer stupid wees nie. Dit is miskien net so
stupid soos jou idee dat hulle Soweto sou genuke het as die swart mense
opstandig geraak het?
Laat ek vir jou verduidelik. Kom ons gebruik ook nommertjies.
1) Daar was 'n dreiging van die buitewereld - deur die ou kernbommetjies
te bou het die SA regering duidelik laat wys dat hulle wel soos die VSA,
die VK, die USSR, China, Israel, Indië, Pakistan, Frankryk (sit ander by
as jy lus het) die afskrik middels het om indien daartoe gedryf die ou
bommetjies te laat afgaan.
2) Die VSA het van die bomme geweet. Onthou nog die hele lawaai oor die
ligflits in die middel van die oseaan wat opgetel is deur 'n VSA
sateliet, die effektieiteit van die VSA inligtings netwerk sou hulle ook
daaroor ingelig het.
3) Hulle kon ook die tegnologie aan een van die Weste se vyande verkoop
het in ruil vir (kies iets) as hulle te ver gedryf was. Dink jouself in
- Die Aia Tolla met so een van die nege bomme om die VSA mee te laat
bewe.
Cheers
Lou
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15897 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Tue, 23 June 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 23 Jun 1998 09:56:23 +0200, lou wrote:
gebou is as teenvoeter vir swart eise vir stemreg. My punt dat USA[/color]
> geweet het is in reaksie op jou'e dat PW hulle stilgebly het oor die
> bomme - onthou 'streel die ou bommetjies'?.>>
En my punt is steeds So What?
Die VSA het geweet en van die ergste sanksies teen ons ingstel. Dit
het hulle spoed nie vir 'n oomblik gebreek nie.
In elk geval Lou, die sanksies in die VSA het gekom van die federale
state en maatskappye en banke. En hulle kon nie 'n fok omgee of PW se
buitelandse sake vir die state dept gese het ons het atoombomme nie!
Lou, hulle het waarskynlik ook gevra: Ek wat gaan julle daarmee doen?
En as die antwoord was: "Op julle gooi as julle nie ophou met sanksies
nie."
Dan sou die Yanks sekerlik kon gesê het: "Rerig? Hoe gaan julle dit
hier kry? En doen dit en kyk wat maak ons met julle...."
>>[/color]
Raak kalm en sien die volgende:
1. NP regering handhaaf apartheid as basis vir sy eie mag en
bevoordeling van sy mense.
2. Die mense uitgesluit uit die mag en bevoordeling begin aandring om
ook te deel daarin.
3. Dit sou beteken die NP regering verloor mag en sy mense hul
bevoordeling.
4. Die wat nie deel in die mag en bevoordeling nie, begin
arbeidsoptrede en organiseer sanksies teen SA. Dit bedreig die
magshebbers se mag daadwerklik.
5. Die magshebbers raak toenemend militer in sy reaksie daarop en bou
in die proses atoombomme.
Amerika en ander twee keer laat dink het voor hulle tee SA opgetree het.[/color]
> Maar blykbaar verstaan jy dit nie?>>
Wat ek verstaan Lou, is dat as ek dreig om jou te moer as jy dit of
dat doen, dan moet ek jou KAN moer. Want as ek nie kan nie, gaan jy
dit vinnig raaksien. En dan is ek bleddie stupid om jou te dreig met
moer as jy nie doen soos ek wil he nie.
En wat ek wel verstaan, Lou, is dat Europa en Amerika nooit geskroom
het om sanksies teen ons in te stel nie. Sanksies wat die NP regering
op sy kniee gedwing het en hom gedwing het om burgerregte aan alle
Suid-Afrikaners te gee.
So wat was dit?
Het PW vergeet om aan die VSA en Europa te se hy het die bomme?
Of het hulle geweet en gegiggle oor sy dreigement om hulle te "moer"
as hulle nie maak soos hy se nie?
>>>[/color]
Wel mnr. Kenner Oor PW se Geheime Diplomasie, as dit gebruik is het
die Yanks hulle net mooi fokkol daaraanb gesteur, ne?
rose nie, alles is nie wonderlik met geen probleme nie. Ons is in die[/color]
> KAK??? :D Mooi so Ferdi, die pad na genesing het vir jou begin - jy is
> verby die ontkennings fase - het jou lank gevat maar die vordering is
> nou duidelik te bespeur!!! :D>>
A! Lou!
Jy stem dus saam dat die gemors waarin ons is spruit uit die feit dat
die vorige regering al sy geld gemors het op militere en doodmaak-
speletjies in 'n poging om vas te klou aan mag?
Dis nou 'n lekker "shift", ne?
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15898 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Tue, 23 June 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote:
>
> On Mon, 22 Jun 1998 09:56:53 +0200, lou wrote:
>
>
> > ligflits in die middel van die oseaan wat opgetel is deur 'n VSA
>> sateliet, die effektieiteit van die VSA inligtings netwerk sou hulle ook
>> daaroor ingelig het.>>>
>
> So what?
> Dit was steeds ons geld om n bom te bou terwyl die bedreiging vir die
> vorige regering n politieke een was!
> Probeer jy se die hele ding is nou OK en goed omdat Amerika daarvan
> "geweet het"?!!
Soos Nico sê - jy het die thread begin met 'n redenasie dat die bomme
gebou is as teenvoeter vir swart eise vir stemreg. My punt dat USA
geweet het is in reaksie op jou'e dat PW hulle stilgebly het oor die
bomme - onthou 'streel die ou bommetjies'?.
>
> verkoop
>> het in ruil vir (kies iets) as hulle te ver gedryf was. Dink jouself in
>> - Die Aia Tolla met so een van die nege bomme om die VSA mee te laat
>> bewe.>>>
>
> En sou dit dan die bedreiging weggevat het?! Met ander woorde as ons
> vir Iran die bomme gee dan sê Amerika vir die Suid-Afrikaanse
> swartmense hulle moet nou ophou om gelyke regte te vra?!!
>
> En dan hou die ANC/UDF en die PAC op?!!
>
> Get real!!
Get real se hy??? Die hele redenasie is oor JOU STUPID &^*^&% PUNT DAT
DIE BOMME GEBOU IS OM TE GEBRUIK IN REAKSIE OP SWART STEMREG EISE.
>
> Dink jy werklik dat as PW Europa en die VSA gedreig het dat hulle
> apartheid moet goedkeur anders gee hy bomme vir Iran, dan sou hulle
> dit gedoen het?!!
Nee man - die feit dat SA die bomme en die tegnologie gehad het sal
Amerika en ander twee keer laat dink het voor hulle tee SA opgetree het.
Maar blykbaar verstaan jy dit nie?
>
> En Lou, dit het op daai punt gekom! Dit die punt waar die NP regering
> in duie gestort het vanwee druk - veral druk uit die weste - en die
> opsie is nooit gebruik nie.
O ja. Die opsie is nooit gebruik nie? Hoe weet jy dat PW en kie dit nie
lig versluierde diplomatiese dreigemente gebruik het nie, Mnr Alwetend??
>
> Dit het vir die NP regering tot op die "point of no return" gekom,
> Lou.
> Toe MOES hulle al die aartsvyande uit die tronk laat, die SAKP en PAC
> ontban en AL hulle mag oorgee aan die mense.
>
> As die geld vir die 9 "PW Prozacs" eerder gebruik was om
> infrastruktuur op te bou, dan was ons vandag nie so in die kak nie.
Hoera Koos/Ferdi has seen the light!!! So dinge is nie net maanskyn en
rose nie, alles is nie wonderlik met geen probleme nie. Ons is in die
KAK??? :D Mooi so Ferdi, die pad na genesing het vir jou begin - jy is
verby die ontkennings fase - het jou lank gevat maar die vordering is
nou duidelik te bespeur!!! :D
Geniet die dag
Lou
|
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15900 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Tue, 23 June 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 22 Jun 1998 10:53:52 -0500, "IRQ0" wrote:
[/color]
>> 2. Dat jy hier twyfel uitspreek dat SA atoombomme ontwikkel het, dat
>> die druk op die vorige regering was dat swartmense burgerregte wou he
>> en dat sanksies die gevolg van die druk om burgerregte was.
>
> Nee ou ferdi, so maklik kom jy nie los nie. Die argument was dat kernwapens
> BINNELANDS gebruik sou word teen die bevolking. DIE BEVOLKING: Jy kan nie
> kernwapens teen net een rasgroep gebruik nie. Of het jy meer inligting
> nodig oor "fallout radius" ens ens?En nee, sanksies was nie die gevolg van
> druk van die burgers nie. Gaan lees weer 'n bietjie op oor hoe sanksies
> onstaan het. Dit was druk van die buiteland ou bees.>>
Ek het van die begin af dit 'n kern-element van my argument gemaak dat
dit ongelooflik stupid is is te dink jy kan atoombomme op 'n
binnelandse bevolking gebruik wat burgerregte eis.
Daar het ons nie 'n verskil nie.
Die vraag doem dan egter op: Vir gebruik teen wie is dit dan
ontwikkel?
Wie dink jy?
Oor sanksies. Sanksies is teen SA ingestel omdat SA 'n beleid van
apartheid gehad het. Apartheid was 'n politieke bestel wat burgerregte
aan swart Suid-Afrikaners ontse het.
Dit was waarom die alles gegaan het.
En die teenstand teen die vorige regering (en dus die bedreiging vir
die vorige regering) het gekom - van die jare 50 al - van mense wat
gese het ALLE Suid-Afrikaners moet dieselfde burgerregte he.
Sanksies teen SA was toevallig 'n produk van twee dinge:
1) Druk van anti-apartheidsgroepe, veral die ANC in die buiteland.
Hulle het deur die VN gewerk wat onder meer 'n kommissie teen
apartheid gehad het.
(Dis toevallig interressant dat die kommissie se baas ene Sean McBride
was. McBride se pa was een van die Ierse vryheidsvegters in die begin
van die eeu.....en een van die Iere wat aan Boere-kant geveg het in
die Anglo-Boere-oorlog.)
Later het die ANC bv in die VSA gewerk deur Amerikaanse politici te
"lobby".
Jy sal onthou dat Tutu en Alan Boesak nogal baie op Amerikaanse TV was
en sanksies teen SA bepleit het omdat die land sy mense burgerregte
ontse.
Jy sal in die verband waarskynlik ook onthou van mense soos Bobby
Kennedy se besoek aan SA - om hier solidariteit te kom betoon met die
swartmense wat nie burgerregte gehad het nie.
2) Mense in lande soos die VSA wat na SA gekyk het in terme van n
toenemende kritiese gees teen SA as gevolg van die beleid van
apartheid. En dan ekonomiese besluite geneem het in terme daarvan.
Bv. word daar gese dat toe PW sy "sulking" en woedende
Rubicon-toespraak gemaak het, het die MD van Chase Manhattan Bank
daarna gekyk.
Die woord was glo voor die toespraak wyd versprei dat die mense moet
kyk want belangrike aankondiginge gaan gedoen word.
Toe kom PW en sê goed soos "do your damnest!" en waai sy vinger vir
die wereld.
En Mandela bly in die tronk en swartmense bly uit die demokrasie.
Toe - so word gese - besluit die ou van Chase Manhatten "die spul gaan
dit nie maak nie" en weier om lenings voort te sit aan SA.
Maar lank voor dit reeds, waarom dink jy was daar sanksies teen ons?
Oor apartheid.
As ons nie apartheid gehad het nie, het ons nie ekonomiese sanksies en
wapen-boikotte, en sport-boikotte en olie-boikotte teen ons gehad nie.
En apartheid was die weerhouing van burgerregte aan swartmense.
Toe bou ons atoombomme.
|
|
|
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15909 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Wed, 24 June 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dan los ek maar vir jou die oorspronklike plasings hier sodat jy kan
sien dat ek geensinds jou feite of die falsheid van jou feite,
aangevat het nie, maar slegs die alwetende houding waarmee jy dit
uitgespreek het.
En jou antwoord onderstreep slegs die opmerking wat ek gehad het oor
die mentaliteit wat jy na buite laat bleik - die van 'n voortvarende
tweedejaar student wat dink hy het al die kennis en pag om die wereld
se probleme te kan oplos.
Met van jou oorspronklike feite stem ek nogal saam, maar jy verloor al
jou geloofwardigheid in die manier waarop jy dit stel en dfaroor
redeneer.
En ek dink nie ek is te ver verkeerd as ek sê dat niemand geweet het
wat presies in die ou Sa gebeur het nie. Netsoos niemand weet wat
presies nou gebeur nie. Allerminds 'n klein peanut soos jy.
Kom ek druk jou neus in die regte rigting ... gaan soek die ou
koerantmanne aan beide kante van die spektrum op en luister na wat
hulle te sê het. Daardie ouens het meer binne inligting gehad as baie
politici. Maar dit sal jou ook maar weer net 'n paar van die fasette
laat sie van wat regtig gebeur het.
On Mon, 22 Jun 1998 15:41:27 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Thu, 18 Jun 1998 03:10:10 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
> Potgieter) wrote:
>
> > baardjie afgeskeer het, sal jy agterkom jy is nie alwetend nie. Jy
>> sal agterkom jy is nie die enigste een wat weet wat in die verlede
>> gebeur het nie en wat almal gedink het nie.
>> Trouens, jy sal dan agterkom dat daar niemand is wat regtig presies
>> weet wat iemand anders dink nie en wat regtig in die verlede gebeur
>> het nie.
>> Jy sal ook agterkom 'n mens verloor ook iets van 'n mens se voorbarige
>> houding.
>>
>> Maar moenie stress oor die dinge nie - dit gebeur vanself, sodra jy in
>> die werklike lewe begin lewe.....>>
>
> En mettertyd sal jy agterkom dat:
>
> 1. As jy argumenteer dat niemand weet wat "presies gebeur het nie",
> dan praat jy in terme van jou eie argument kak as jy so duidelik
> probeer aandui dat iets verkeerd is. Om n feit te betwyfel is
> dieselfde soort ding as om dit as waar te probeer stel.
>
> 2. Dat jy hier twyfel uitspreek dat SA atoombomme ontwikkel het, dat
> die druk op die vorige regering was dat swartmense burgerregte wou he
> en dat sanksies die gevolg van die druk om burgerregte was.
>
> Nou ou Pottie, die goed staan redelik seker.
> Vertel gerus waar jy reken dis onwaar. In jou gryse en seniele ou
> wysheid.
>
> 3. Dat jy n variasie van die ou leun-argument gebruik wat destyds
> gelui het: 'Moenie kritiseer nie want die regering het baie meer
> inligting as ons en hulle weet beter." Veral PW was goed met daai een.
>
> N.S. As die res van jou feite ook so betroubaar is as die een dat ek
> op universiteit is, dan is jy een van die groot ou kakpraters van jou
> tyd.
>
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15910 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Wed, 24 June 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 23 Jun 1998 09:56:23 +0200, lou wrote:
>
>
> Lou, sorry om jou so ongeskik wakker te maak, maar die mense (die NP
> regering) wou nie stemreg aan swartmense gegee het nie want sou die
> swartmense hulle uit die regering uit gestem het. Soos in 1994 gebeur
> het.
Ferdi - bly by die punt aseblief. Kernwapens in reaksie op swartstemreg
eise onthou?
>
> > bomme - onthou 'streel die ou bommetjies'?.>>
>
> En my punt is steeds So What?
> Die VSA het geweet en van die ergste sanksies teen ons ingstel. Dit
> het hulle spoed nie vir 'n oomblik gebreek nie.
> In elk geval Lou, die sanksies in die VSA het gekom van die federale
> state en maatskappye en banke. En hulle kon nie 'n fok omgee of PW se
> buitelandse sake vir die state dept gese het ons het atoombomme nie!
>
> Lou, hulle het waarskynlik ook gevra: Ek wat gaan julle daarmee doen?
> En as die antwoord was: "Op julle gooi as julle nie ophou met sanksies
> nie."
> Dan sou die Yanks sekerlik kon gesê het: "Rerig? Hoe gaan julle dit
> hier kry? En doen dit en kyk wat maak ons met julle...."
Kyk na die punt wat ek reeds in die vorige post gemaak het. (wat jy
gesnip het)
>
> > DIE BOMME GEBOU IS OM TE GEBRUIK IN REAKSIE OP SWART STEMREG EISE. >>>
>
> Raak kalm en sien die volgende:
> 1. NP regering handhaaf apartheid as basis vir sy eie mag en
> bevoordeling van sy mense.
> 2. Die mense uitgesluit uit die mag en bevoordeling begin aandring om
> ook te deel daarin.
> 3. Dit sou beteken die NP regering verloor mag en sy mense hul
> bevoordeling.
> 4. Die wat nie deel in die mag en bevoordeling nie, begin
> arbeidsoptrede en organiseer sanksies teen SA. Dit bedreig die
> magshebbers se mag daadwerklik.
> 5. Die magshebbers raak toenemend militer in sy reaksie daarop en bou
> in die proses atoombomme.
So sonder omhaal van woorde - Sê jy dus die NP regering wou die
swartmense wat stem reg eis en al meer militant geraak het met kern
wapens dreig? Of dit selfs teen hulle inspan? :)
>
> > Amerika en ander twee keer laat dink het voor hulle tee SA opgetree het.
>> Maar blykbaar verstaan jy dit nie?>>
>
> Wat ek verstaan Lou, is dat as ek dreig om jou te moer as jy dit of
> dat doen, dan moet ek jou KAN moer. Want as ek nie kan nie, gaan jy
> dit vinnig raaksien. En dan is ek bleddie stupid om jou te dreig met
> moer as jy nie doen soos ek wil he nie.
> En wat ek wel verstaan, Lou, is dat Europa en Amerika nooit geskroom
> het om sanksies teen ons in te stel nie. Sanksies wat die NP regering
> op sy kniee gedwing het en hom gedwing het om burgerregte aan alle
> Suid-Afrikaners te gee.
>
> So wat was dit?
> Het PW vergeet om aan die VSA en Europa te se hy het die bomme?
> Of het hulle geweet en gegiggle oor sy dreigement om hulle te "moer"
> as hulle nie maak soos hy se nie?
Nee Ferdi soos ek reeds vrduidelik het (sug) is die bomme daar as
afskrik middel idien die buitewêreld toenemend na 'n militere opsie sou
geneig het. Wat jy nie verstaan nie (sug). Want PW het die bomme mos in
jou insiens gebou om Soweto te bombardeer.
>
> > lig versluierde diplomatiese dreigemente gebruik het nie, Mnr Alwetend??
>> >>>
>
> Wel mnr. Kenner Oor PW se Geheime Diplomasie, as dit gebruik is het
> die Yanks hulle net mooi fokkol daaraanb gesteur, ne?
Nee maar jy weet presies wat in die SA/Westerse diplomasie aangaan of
aangegaan het né?
>
> en
>> rose nie, alles is nie wonderlik met geen probleme nie. Ons is in die
>> KAK??? :D Mooi so Ferdi, die pad na genesing het vir jou begin - jy is
>> verby die ontkennings fase - het jou lank gevat maar die vordering is
>> nou duidelik te bespeur!!! :D>>
>
> A! Lou!
> Jy stem dus saam dat die gemors waarin ons is spruit uit die feit dat
> die vorige regering al sy geld gemors het op militere en doodmaak-
> speletjies in 'n poging om vas te klou aan mag?
>
> Dis nou 'n lekker "shift", ne?
Ek het nog nooit gestry dat die vorige regering biljoene gemors het om
onder andere soldate in Suid Wes te sit nie. Maar dat dinge in die land
uiters kak is sê ek lankal en dit word nie beter nie - jy het die shift
gemaak vanaf die Nuwe Utopiae SA tot die Kak Nuwe SA. :) Voel jy nie nou
al klaar beter nie? Nou vir die volgende stap ... agressie. Hmmm - moer
is 'n goeie uitdrukking daarvan. Werk daaraan :)
Cheers
Lou
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15961 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Tue, 30 June 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan N Potgieter skryf:
> Ferdi,
> Kom ons kyk dan nou nader na waar jy in die lewe inpas...is jy werklik
> joernalis? Waar? Vir hoe lank al? Waar het jy studeer?
Johan,
Ou Ferdi sal jou waarskynlik nie antwoord nie. Ongelukkig kry jy net
e-Beeld, en nie die ware Jakob nie. 'n Ou met die naam van Ferdi Greyling is
die redakteur van techno-Beeld, en behartig ook die Internet rubriek.
Onlangs het ek in Beeld 'n uitstekende resensie gelees oor Bram Fischer se
biografie, natuurlik gedoen die Ferdi. Dit was werklik goed. Die voetnota na
die resensie het gesê hy is 'n SENIOR redaksielid.
Maar as jy hom regtig wil leer ken, moet jy na rec.sport.rugby.union gaan.
Baie keer baklei hy met Lou, en so nou en dan met my, maar daar is niemand
wat die saak van SA Rugby so sterk stel soos Ferdi nie!
O, en hy het 'n tuisblad wat jy by Die Knoop kan kry.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA (e-mail: remove 'sukikaki.')
http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html
|
|
|
|
|
Re: Mengele in Afrika [boodskap #15976 is 'n antwoord op boodskap #15772] |
Wed, 01 July 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 27 Jun 1998 09:22:04 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> En verder: Bedoel jy ek het nie geweet wat om my gebeur het nie?
Volgens die nonsens wat jy kwytraak, kan 'n mens so 'n afleiding maak,
ja ....
> Soort
> van, ek moet vir ander mense gaan vra wat om my gebeur het?!
>
Nee, maar dit sal jou help om te besef daar was ook ander opinies wat
gegeld het en ander verwysingsraamwerke.
>
>
> Kom ek laat jou met n aanhaling deur Bram Fischer (weet jy wie hy
> was?) ou Pottie.
(Was dit nie die ou wat die koerant stalletjie daar onder op die punt
van Adderley straat gehad het nie. My pa het altyd by hom koerant
gekoop op pad kantoor toe....)
>
> "Die blanke bevolking van Suid-Afrika moet burgerregte deel met ander
> Suid-Afrikaners anders gaan geweld eie SA samelewing uiteindelik
> verswelg. En die regering moet die deel van die burgerregte met die
> mense onderhandel wat tans op Robbeneieland aangehou word. Dis al weg
> na n vreedsame oplossing."
>
> Kan jy raai wanneer hy dit gese het en wat met hom gebeur het?
Nee, jis, nou maak jy dit so moeilik .....
>
> By the way: Moenie vir ander mense se hulle weet niks en moet eerder
> stilbly as dit wat hulle se verskil met jou siening nie. Dis silly.
>
Ek sê nie jy moet stilbly nie, seun, ek wil maar net help dat jy moet
besef daar is meer as net jou standpunt in die wereld. Oopkop, dit
sal help. Kyk of jy 'n standpunt van beide kante kan redeneer.
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:41 UTC 2025
|