Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die tannie wat kolskote skiet en nie 'n nuusleser kan gebruik nie.
Re: Die tannie wat kolskote skiet en nie 'n nuusleser kan gebruik nie. [boodskap #15666] Di, 09 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
brynie...@TheOffice.net (Bryan) writes: > On Sun, 31 May 1998 09:34:23 +0200, lou wrote:
>
>> Jammer dat ek nou miskien onkundig klink Gloudina maar weet jy hoe om 'n
>> nuusleser te gebruik? Antwoord asseblief tog in die thread en moet nie
>> elke keer 'n nuwe een begin nie. Dit is heel irriterend as mens nou moet
>> gaan soek om te sien wat die konteks van die woorde was waarop jy
>> reageer.
>>
>> Dankie
>> Lou
>
> Ek stem heeltemal saam. Dit lyk asof 80% van die boodskappe op
> hierdie ngroep deur Gloudina gepos word omdat dit elke keer 'n nuwe
> artikel begin. As mens dit egter lees, besef jy dat dit eintlik maar
> net 'n opvolgartikel op 'n ander oorspronklike artikel was.
>
> ASSEBLIEF Gloudina, pos jou artikels op die korrekte manier, deur op
> "post follow up message" i.p.v. "post new message" te druk. Dit sal
> die struktuur van die nuusgroep se uitleg baie vergemaklik as mens dit
> lees en ook nie jou woorde (soos gewoonlik) uit konteks plaas nie.
>
> Bryan

Ag julle ou kla-balies en julle ou kekkelbekke,
wat nie eens die ander moontlikheid oorweeg
nie: dat ek wel die "post follow up message"-
knoppie druk, en dan die titel bo-aan uitvee
en 'n nuwe titel daar skryf. En van wanneer
is julle aangestel as die direkteure van die
nuusgroep. En besef julle dat julle klaery
heelwaarskynlik spruit uit die feit dat julle
'n nuusleser soos Netscape gebruik, waar die
threads as 'n werklike string verskyn. Op my
nuusleser gebeur dit nie. (Internet Explorer.)
In alle geval, om die stringe te behou, selfs
op Netscape, word later ook belaglik. Wanneer
die titel lui "Hierdie droewe land" en iemand
oor leermetodes vir kleuters praat.

Ja, ou Lou

Nou ek het 'n r ingesit waar daar in die
oorspronklike pos van "nuuslese" gepraat word.
Kom ons sien nou of dit vir julle in Netscape-
nuuslesers 'n nuwe draad begin. So iets tegnies
sal hopelik julle benepe klein breintjies vir
'n rukkie besig hou.

Die tannie wat weet hoe om 'n nuusleser te hanteer,
maar nie die nuusleser se slaaf is nie.
Re: Die tannie wat kolskote skiet en nie 'n nuusleser kan gebruik nie. [boodskap #15693 is 'n antwoord op boodskap #15666] Wo, 10 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
>
> Ja, ou Lou
>
> Nou ek het 'n r ingesit waar daar in die
> oorspronklike pos van "nuuslese" gepraat word.
> Kom ons sien nou of dit vir julle in Netscape-
> nuuslesers 'n nuwe draad begin. So iets tegnies
> sal hopelik julle benepe klein breintjies vir
> 'n rukkie besig hou.
>

O ja 'k het ook vergeet - mens kan deur 'n oordentlike nuusleser of
meeste ander deur slegs op die reference van vorige nommers in die
thread klik en dan kan jy die hele boodskap sien. Dis nou vir die van
julle wat so graag selektief aanhaal uit iemand anders se pos.

Kyk na die aangehaalde gedeelte uit 'n ander pos:
>>>> >>
Subject: Re: Corne Mulder se toespraak
Date: Tue, 09 Jun 1998 16:01:15 +0200
From: lou
Reply-To: x-archive=no
Organization: scott
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
References: 1 , 2
^^^^^^
Vorige onderwerp: Kyk na iets anders...
Volgende onderwerp: Re:Re: Ginger Spice girl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 11:58:15 MGT 2024