Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kultusse
Kultusse [boodskap #15002 is 'n antwoord op boodskap #15054] Vr, 22 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> Henri, wanneer jy die bostaande verklaar,
> laat jy jouself toe om "politiek" te maak
> van 'n vreeslike menslike tragedie. Want
> wanneer jy praat van grens-oorlo"e,
> Bloukrans en Umgundgundhlovo, dan praat
> jy terselfdertyd van wit invallers met
> gewere wat swartes kom doodskiet het. So
> eintlik is jy dom, Henri, om wat gebeur
> het met jou vrou se niggie te knoop aan
> die bestaan van wit aggressie van lank
> gelede. Dink fyner.
>
> Gloudina

Gloudina Bouwer.

"sizwe" behang hom met die smart van Jode soos 'n SS-kommandant hom tooi met
die goud uit hul tande.

Maar jy vat komplekse momente uit 'n komplekse geskiedenis wat wortel in die
val van Constantinopel en loop deur Johnny Clegg. Jy plet dit tot twee plat
woorde: "white aggression" en speld dit aan jou droë boesem vir jou
eendimensionele eweknieë om te prys. Jy abstraheer 'n karikatuur van
boosheid uit 'n komplekse gegewe en hou dit voor as die wese van 'n
tydsgewrig. 'n Tyd wat neerslag vind in plekname soos "Weenen".

"Ek veg vir die eer van die Afrikaner" verklaar jy sedig. Maar jy vertolk
die lydenstyd van 1837 - 1838 in Natal as 'n verskynsel van gewapende "wit"
invallers. Jy ignoreer die feit dat die "invallers" ook vlugtelinge was -
wat uit die Oosgrens moes vlug omdat omstandighede daar ondraaglik gemaak
is, essensieel omdat hulle deur die owerheid verhoed is om hulle te verdedig
teen swart invallers uit die Noorde en Ooste. Wat op hul beurt vlugtelinge
was voor
Shaka se moorddtogte in hul eie gebied. (En vergeet maar nie dat hulle in
die eerste plek in die Oosgrens was as vlugtelinge - sommige as ekonomiese
vlugtelinge, maar die meeste as politieke of godsdienstige vlugtelinge uit
Europa en van die Nederlandse bewind aan die Kaap.) Dat die druk op die
bevolkings aan weerskante van die Oosgrens groot was, en dat omstandighede
op die Oosgrens meer kompleks was as bloot 'n spul "aggressiewe boere" kan
jy bevestig deur te verwys na die nasionale selfmoord van die Xhosa tien
jaar nadat die Groot Trek reeds afgehandel was.

Maar jy vind dit dienstig om te "veg vir die eer van die Afrikaners" deur 'n
komplekse geskiedenis te reduseer tot 'n dunlipoordeel van "white
aggression".

Kom ons kyk na 'n paar ander wat dit doen - elders skryf jy:

> Ek vind dit baie treurig, of "sad"
> soos die Engelsman sê, dat daar
> mense soos Leendert in Pretoria sit
> en gif spoeg teen ander Afrikaners
> wat op die personeel van Beeld is.
> Ek kan verstaan as Afrikaners 'n
> bietjie bitter is teen Engelse
> "liberale" koerante, of teen koerante
> wat, in Engels, baie pro-ANC is omdat
> die personeel meestal nie-wit is en
> dus miskien 'n bietjie bevooroordeel
> is teen Afrikaner-sake. Maar as
> Afrikaners so sit en gif spoeg teen
> ander Afrikaners, dan is daar iets
> groots fout. Wat is die fout? Ek
> het 'n gevoel die fout is nie by
> "Beeld" nie.

Beeld het eers die skoene gelek van Vorster en Botha. Nou lek hy die skoene
van Mandela. Dit is waar die fout lê.

In die jare sewentig en tagtig, terwyl koerante soos Rapport en Die Burger
die regering konsekwent gedruk het, met kritiek en soms harde slae, in die
rigting van hervorming, het Beeld die konserwatiewe agterhoede gevorm. Saam
met FW de Klerk (onthou, in 1985 nog beskou as die "regtervleuel" van die NP
wat Botha se "rubicon"-toespraak gekelder het?) kliphard probeer om al wat
regse rassis is te sus dat die NP nog 'n tuiste vir hom het. Selde of ooit
was daar 'n kwiek van kritiek uit Beeld op die mees reaksionêre foute van
Vorster of Botha. Die kritiek wat daar was, was feitlik altyd nadat die
storie reeds
oopgeskiet is deur die ander koerante. Maar meesal was dit
verontskuldigings.

Toe dit begin duidelik word dat daar 'n nuwe bedeling kom, kry Beeld 'n
Damaskuservaring. En sedertdien kan die ANC weer niks verkeerd doen nie.
Beeld se rol t.o.v. die huidige regering tot dusver was presies wat dit was
t.o.v. die
vorige een. (Alhoewel, ek sien selfs hulle kan nie meer swyg oor sommige van
die meer totalitêre uitlatings wat ons van senior regeringsmense moet
aanhoor nie).

Maar Rapport en Die Burger het die onafhanklike rol as kritici van die
regering behou wat hulle in die vorige regering gehad het. (Ek kan die
beskuldigings onthou dat Rapport so "links-liberaal" was.)

Beeld het die idee van "politieke korrektheid" tot 'n fyn kuns ontwikkel.
Tevore was hulle "politiek korrek" in die paradigma van die NP, en hulle is
dit nou weer, in die paradigma van die ANC - miskien net nog meer.

Maar hierdie dinge gaan basies op die ou einde oor 'n perspektief van die
geskiedenis. Hermann Gilliomee skryf in hierdie maand se Insig 'n lang
artikel oor die herdenking van die verkiesingsoorwinning van die NP 50 jaar
gelede - en neem die gebeure sedertdien in oënskou.

Hy verklaar dat daar basies drie benaderings is tot die verlede - om "die
boek te probeer toemaak" op apartheid, om die vertolking van die nuwe
heersers klakkeloos te aanvaar, of om oop oë daarna te kyk en die betekenis
daarvan te probeer verstaan.

Ek dink daar is net twee benaderings moontlik: Een benadering is om so ver
moontlik die werklike gebeure - die "geskiedenis" - te probeer ken en
verstaan, ook vir die lig wat dit kan werp op waar ons vandag is. Hierdie
"Geskiedenis" -benadering is moeilik, want ons weet dat algehele
"objektiwiteit" nie moontlik is nie. Daarom vereis dit respek vir die
verskillende perspektiewe wat mense kan hê op die verlede, en gesprek om
gesamentlike perspektiewe te ontwikkel.

Die ander benadering is om die gebeure soos hulle plaasgevind het te vervorm
om te pas by die beeld wat ons graag van die verlede wil hê om ons agendas
van vandag te pas. Hier sê ons "objektiwiteit is nie moontlik nie - daarom
maak dit nie saak wat ons glo van die die verlede nie". Ons "emotional
reality" is die enigste realiteit wat geldig is. Hierdie mense maak van die
verlede 'n kultus wat geen funksie het behalwe om hul doelstellings van
vandag te ondersteun nie.

Ek dink daar is verskeie voorbeelde van die gebruik van die verlede as
kultusobjek - byvoorbeeld:

Dis sulke ouens wat verklaar dat, ten spyte daarvan dat aantoonbare bewyse
die moontlikheid uitskakel, ons moet aanvaar dat dit vir die Xhosa geldig is
om te glo dat Nonqawuse 'n spioen van die Britse Goewerneur Grey was, wat
haar mense oortuig het om al hul beeste keelaf te sny en hul oeste te
vernietig - en in groot getalle van honger te sterf. Ek het geen probleem
daarmee as die Xhosa dit glo nie - behalwe as ek 'n afstammeling van
Nonqawuse of van Grey is, en ek word nou daarvoor verkwalik.

Dis sulke ouens wat, soos "sizwe", ongegronde lasterstories op die NG plaas
en eis dat ons dit vir die waarheid moet aanvaar omdat dit sy "emotional
reality" uitmaak. Ek het vrede met sy "emotional reality", dit is sy goeie
reg - tot op die punt waar hy valse bewerings probeer afdwing, en van my eis
om daarvoor
verantwoordelikheid te aanvaar.

Onder Afrikaners het jy hierdie verskynsel veral gevind rondom die
herdenking van die Groot Trek in 1938 - waar jy letterlik 'n soort verering
kry van "vrome, godvresende voorvaders" wat nie 'n voet verkeerd gesit het
nie. Hierdie "kultusgeskiedenis" het ook lank die skoolhandboeke oorheers.
Jy kry dit nog onder sommige Afrikaners, en ek vermoed jy sal iets
hiervan optel in die webb-site van Fred Rundle wat Frikkie Potgieter
adverteer. Dit word dan ook dikwels ge-assosieer met 'n
rassemeerderwaardigheid en 'n minagting van elkeen wat nie lid van die
"in-groep" is nie - veral swartes.

In die "Nuwe Suid-Afrika", dink ek, kry jy twee tiepes kultusse van die
verlede.

Die een soort is die wat Gilliomee uitwys as die wat "die boek wil
toemaak". Ek weet nie of daar vreeslik baie van hulle is nie, maar ek het
nou die aand na 'n program geluister op een van die inbelstasies waarin die
omroeper angstig probeer het om "ons jongmense" te oortuig om "van die
verlede te vergeet - ons moet dink aan die toekoms". Sy poging was toe om 'n
"nuwe identiteit vir die Afrikaner" te skep sonder die "bagasie van die
verlede". Dit is 'n ontsettend gevaarlike situasie, wat opvoedkundig en
emosioneel geweldige skade kan berokken. Feuerstein het uit sy werk met Jode
uit Noord-Afrika en Oos-Europa gewys watter prys mense betaal as hulle
probeer om 'n "nuwe identiteit" te aanvaar sonder om die verlede daarin te
verwerk. Jy behoort dit ook te weet, want ek dink jy het self ervaring van
die gevolge van so 'n poging, en die koste wat dit op die ou end vir jou
meegebring het.

Die ander soort kultus wat Gilliomee uitwys, is die wat die ANC se weergawe
van die geskiedenis klakkeloos aanvaar. Die weergawe wat daarop gemik is om
vir die ANC te doen wat 1938 vir die Afrikaner gedoen het. Om die ANC se
helde as
smetteloos voor te hou, en hul teenstanders as bodemloos boos. Dit is waarop
die WVK ingestel is en dit is waaraan Beeld hom skuldig maak wanneer Tim du
Plessis die "emotional reality" verkondig van "Afrikaners = Nazis", net
soos "sizwe" dit doen. Dit is wat jy op Afrikaners probeer afdwing wanneer
jy die ganse Groot Trek abstraheer tot "white aggression". Gilliomee wys
daarop dat die doel van hierdie benadering is om skuldgevoelens (wat geldig
mag wees) op ongeldige wyse te manipuleer ten einde minderheidsgroepe
polities te neutraliseer. Hierdie benadering voed rassehaat teen Afrikaners.

Maar daar is 'n verskil tussen 1938 vir die Afrikaner en 1998 vir die ANC.
In 1938 was daar nie Dingaans, Silkaatse, Retiefs en Maritze wat nog gelewe
het om eensydige perspektiewe op die geskiedenis reg te stel nie. In 1998 is
ek en duisende soos ek daar wat kan sê: "Ek was daar. Dit was nie so nie,
dit was so." Of: "Maar dit is nie al wat gebeur het nie - die volgende is
ook waar".

Jy sien, Gloudina: 'n Subjektiewe beeld van die verlede kan slegs moreel
geldig wees as ek toegee dat die ander ou ook geregtig is op sy eie
subjektiewe beeld van die verlede.

Maar jy en "sizwe" wil jul brood aan altwee kante gebotter hê. Julle wil hê
dat ek jul subjektiewe "emotional reality" respekteer. Ek is heeltemal
bereid om dit te doen. Maar julle weier om toe te gee dat ek dan ook die reg
het op my eie subjektiewe "emotional reality", en dat julle dit op julle
beurt moet respekteer. Dan mag julle nie eis dat ek _julle_ subjektiewe
weergawe van die verlede my eie maak nie.

Maar dit is presies wat julle eis as "sizwe" my van revisionisme beskuldig
en as jy vir Henri "dom" noem omdat hy betekenis gee aan 'n familietragedie
binne 'n geskiedenisperspektief wat vir hom geldig is. (Die konsep van
historiese revisionisme het, per slot van rekening, net betekenis binne 'n
paradigma wat toelaat vir slegs een
waargawe van die geskiedenis.)

Daar is twee moontlike maniere om aan hierdie probleem te ontsnap. Een is om
die fiksie van 'n enkele "objektiewe" geskiedenis te handhaaf, en te baklei
"oor wat regtig gebeur het". Ervaring leer ons dat daar nie veel sukses met
hierdie werkwyse verwag kan word nie. Die ander moontlikheid is om 'n
gemeenskaplike betekenis aan die geskiedenis te gee deur onderhandeling - om
tot 'n verstandhouding van "negotiated meaning" te kom deur insig in mekaar
se perspektiewe te ontwikkel.

Hierdie weg vereis in die eerste plek onderlinge respek vir mekaar (of ten
minste 'n basiese erkenning dat die ander 'n reg het op sy eie perspektief)
en in die tweede plek geduld. As die WVK hierdie funksie kon vervul om 'n
gemeenskaplike "negotiated meaning" van die verlede te ontwikkel sou sy
bestaan oor en oor geregverdig wees. Maar hy kan dit nie doen nie. Want,
soos Gilliomee uitwys, die WVK bestaan volledig binne die paradigma van die
ANC se perspektief op die geskiedenis - hy is vasgevang in die
voorveronderstelling dat die verlede gekenmerk word deur 'n bose span
"apartheidsvarke" aan die "wit" kant en 'n troep edele ridders vir reg en
geregtigheid aan die "swart" kant. Binne die WVK-proses is daar dus geen
moontlikheid vir dialoog om betekenis te onderhandel nie. Die kultus van
edele ridders uit die struggle moet afgeforseer word op die ander party.

Die probleem wat nou ontstaan is dit. Die groep mense, onder Afrikaners, wat
bereid is om die taak te aanvaar om 'n geskiedenisbeeld te onderhandel wat
met ander partye in die land gedeel word is besig om vinnig minder te word.

Die mag en geweld waarmee die ANC, die WVK en jy en "sizwe" julle eensydige,
venynige (en subjektiewe) propagandabeeld van Afrikaners afdwing veroorsaak
dat al meer Afrikaners hul toevlug neem tot hul eie kultusbeeld van die
Afrikaner - net soos in 1938, maar 'n veel gevaarliker een.

Dit is besig om 'n atmosfeer te kweek wat niks anders sal voortbring as
neo-nazis en ander rassehaters nie. Ek eis as ek sien hoe 'n perspektief van
rassehaat besig is om hand oor hand toe te neem onder die geslag Afrikaners
wat werksafbakening, afsonderlike geriewe, die verbod op gemengde huwelike,
die groepsgebiedewet ens. _afgeskaf_ het.

Dat dit besig is om te ontwikkel verby 'n kultus van die verlede tot 'n
religieuse kultus van rassemeerderwaardigheid wat letterlik 'n godsdiens
word. Hulle is besig om al sterker bande te smee met die neo-nazis in Europa
en Noord-Amerika en met die rassistiese ketterreligieë wat
rassemeerderwaardigheid as geloofsbelydenis huldig.

Om net een rede - daar vind hulle aanvaarding van die kultusbeeld wat hulle
van hulself ontwikkel, omdat die Nuwe Suid-Afrika geen toleransie het vir
hul reg om betekenis te
gee aan hul eie verlede nie.

Ek herhaal - hierdie reaksionêre groep is besig om vinnig groter te word.

Jy met jou haat en snedigheid, Gloudina, "sizwe" met sy leuens, die WVK met
sy partydigheid en Beeld met sy doelbewuste kweek van 'n skuldkultuur is
besig om 'n voorspelling te skep wat homself gaan bewaarheid. Julle is besig
om 'n wig in te dryf om 'n kloof te sper juis terwyl julle beweer dat julle
die verwydering wil ophef.

Julle maak honende opmerkings oor mense wat wil hê almal moet "vergewe en
vergeet" (iets wat ek hoegenaamd nie voorstaan nie - inteendeel) terwyl dit
juis julle is wat wil hê ons moet selektief vergeet,sodat julle ongehinderd
jul kultus van Afrikanerboosheid kan beoefen. Wee die een wat opstaan en
daarop wys dat daar ook ander waarhede is as die wat julle verkondig - die
word uitgekryt vir "apartheidsvarke" wat "nazis verdedig".

Want dit gaan, per slot van rekening nie vir jou oor "die eer van die
Afrikaner" ('n brose konsep op sy beste) nie, nie waar nie, Gloudina? Dit
gaan vir jou tog maar net om jouself teenoor jouself te kan verantwoord in
die laaste van jou dae.

En vir "sizwe" gaan dit, per slot van rekening, nie oor "rekonsiliasie" nie,
maar oor die manipulasie van skuldgevoelens ten einde Afrikaners polities te
neutraliseer.

Ek is net jammer dat julle dit doelbewus doen ten koste van nie net
Afrikaners nie, maar ten koste van elkeen wat 'n belang by hierdie land. die
polarisering wat hier ontstaan sal vir niemand tot heil wees nie.

Geniet die geselskap van die "sizwes" - mettertyd sal jy tevrede moet wees
met geen geselskap behalwe jou eie nie.

Leendert
Re: Kultusse [boodskap #15053 is 'n antwoord op boodskap #15002] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Is Beeld en die Burger nie uitgawes
> van dieselfde maatskappy (Naspers?)
> nie. As "Beeld" dus sover "links" is,
> is dit nie met vooropgesette plan
> van Naspers om die hele spektrum te
> dek nie?

Net 'n ander perspektief - Die Burger is 'n Wes-Kaapse koerant, waar die NP
aan bewind is; Beeld is 'n noordelike koerant, waar die ANC aan bewind is.
Miskien sê dit iets oor hulle sentimente.

Ek lees Beeld daagliks, en hy rapporteer wyd oor moord, taxigeweld,
korrupsie, en wat nog. Ek dink nie dit verskil veel van Die Burger nie. Die
verskil kom by die politieke kommentaar, en dit is waar Tim du Plessis in
die prentjie kom.

Verlede week skryf hy na aanleiding van die SARFU sage:

"Jy kan politieke mag, wat die ANC/NSC in oorvloed het, net effektief beveg
as jy self politieke mag het."

Ek dog ons het 'n Grondwet wat individue/groepe/instansies beskerm teen
ongrondwetlike optrede van regeringskant. Dit het my genoop om 'n brief aan
Beeld te skryf om te verneem of die pers genoeg politieke mag het om
weerstand te bied die dag as die regering sou besluit om op soortgelyke
onbehoorlike wyse in hulle sake sou inmeng.

Interessant genoeg, is Tim du Plessis einde verlede jaar aangestel as
redakteur van Die Burger. Ek het hom op die radio hoor sê dat hy baie hou
van die Kaap, maar hy het nie die aanstelling aanvaar nie. Hoekom nie? Wel,
in Beeld het hy lank 'n vete gevoer teen Hernus Kriel, toe nog Wes-Kaapse
premier, en gesien in die lig van Die Burger se rol en sentimente, sou hy in
'n onuithoudbare posisie gewees het. Ook maar net dapper as dit hom pas.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Kultusse [boodskap #15054 is 'n antwoord op boodskap #15002] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum heeft geschreven...

> van 1837 - 1838 in Natal

> En vergeet maar nie dat hulle in
> die eerste plek in die Oosgrens was as vlugtelinge - sommige as ekonomiese
> vlugtelinge, maar die meeste as politieke of godsdienstige vlugtelinge uit
> Europa en van die Nederlandse bewind aan die Kaap.

Ik denk dat je het Engelse bewind bedoelt (de reden voor de Grote Trek);
tegen 1838 voerden de Nederlanders al bijna een kwart eeuw geen bewind meer
over de kaapkolonie; de Engelsen hadden op het Congres van Wenen in 1815
bedongen dat deze definitief in hun handen kwam (we kregen er toen overigens
(voor korte tijd) dat stelletje lastpakken ten zuiden van de grens bij ;-).

Groeten,
Arthur
Re: Kultusse [boodskap #15055 is 'n antwoord op boodskap #15054] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> "sizwe" behang hom met die smart van Jode soos 'n SS-kommandant hom tooi met
> die goud uit hul tande.
>
> Maar jy vat komplekse momente uit 'n komplekse geskiedenis wat wortel in die
> val van Constantinopel en loop deur Johnny Clegg. Jy plet dit tot twee plat
> woorde: "white aggression" en speld dit aan jou droë boesem vir jou
> eendimensionele eweknieë om te prys. Jy abstraheer 'n karikatuur van
> boosheid uit 'n komplekse gegewe en hou dit voor as die wese van 'n
> tydsgewrig.

Leendert, tot jy ophou om die meerder-
warige arrogante neerbuigende taal
teenoor ander te gebruik, sal jy niks
verder kom nie. Ek assosieer jou en
jou aanhoudende opmerkings oor my
persoon as nog 'n voorbeeld van 'n mens
wat sy idees op ander wil afdwing deur
geweld.

> "Ek veg vir die eer van die Afrikaner" verklaar jy sedig.

Ja, ek veg teen mense soos jy wat sê dat
ek myself nie 'n Afrikaner kan noem nie,
omdat ek "anders" is as jy. Ek veg vir 'n
beeld van die Afrikaner wat respek kan
afdwing in die wereld. En in die proses
moet Afrikaners soos ek ons dissosieer
van die apartheidsvarke (wat in baie
gevalle nie eens Afrikaners was nie.)


> die lydenstyd van 1837 - 1838 in Natal

En is die Voortrekkers nou die enigste
wat gely het? Hier kom die temerige
"Boere-agenda" weer. "Weenen" word
beween. Jy is maar net besig om so
onder die tafel te sê die Voortrekkers
was die hoofspelers. Net hulle trane
het getel.

Nou kom jy nog hooghartig en vertel vir my van die koste
wat ek moes betaal deur 'n nuwe identiteit te aanvaar
sonder om die verlede daarin te verwerk. Wat weet jy van
my, Leendert. Hoekom vind jy dit nodig om vir my oor en
oor aan te val. Wat hinder daar in jou eie boesem? Ek is
trots om myself Afrikaner te noem. Ek dank die Vader dat
die dae oor is dat Afrikaners vreeslike moorddadige dinge
gedoen en veroorsaak het. En ek bid vir die toekoms. En
ek glo in die toekoms van SA. Jy is net te blind om te
sien dat dit mense soos ek is wat veg vir die voortbestaan
van die Afrikaner in SA as iets betekenisvol. Dit is jy
wat dinge verwring en byvoorbeeld sê dat Beeld preek dat
Afrikaner en Nazi ekwivalent is. Jy lieg Leendert. Jy
lieg. En dis die soort gepraat van jou wat mense verhoed
om "negotiated meaning" in hulle menslike omgang te
ondervind. Solank jy mense soos ek beskuldig dat ons
venynige propagandabeelde van Afrikaners verkondig, solank
verhoed jy baie mense om 'n volledige beeld van die
Afrikaner te sien. Ek Leendert, is ook 'n Afrikaner, en
jy kan nie vir my voorskryf hoe ek moet dink nie.

Gloudina
Re: Kultusse [boodskap #15056 is 'n antwoord op boodskap #15054] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
GALJOEN writes:

> Die burger se kenmerk is nie krities, soos jy se nie,
> eerder dat hy by die NP staan,
> "come hell or high water", selfs al moet die Burger kies tussen die
> ondergang van die land en skade aan die NP,

Mag iemand wat nog Burger nog Beeld
gereeld lees, 'n stuiwer in die armbeurs
gooi, en selfs lyk asof sy vir "Die
Burger" opkom. Oor die hele wereld
is meeste koerante verbind aan 'n
sekere denkrigting, en hulle maak
geen geheim daarvan nie. Moet dus
nie die Burger kwalik neem omdat
hulle pro-NP is nie. Dit het 'n
funksie om te vervul.

Is Beeld en die Burger nie uitgawes
van dieselfde maatskappy (Naspers?)
nie. As "Beeld" dus sover "links" is,
is dit nie met vooropgesette plan
van Naspers om die hele spektrum te
dek nie?
En is dit nie die werk van
die intelligente leser om dit in
aanmerking te neem wanneer hy sy
besluite wil neem oor wat hy gaan
glo en doen nie. Hier in Kanada is
ons baie sensitief vir wie die
eienaar van 'n koerant is, want ons
weet dis daar waar die manipulasie
begin.

Gloudina
Re: Kultusse [boodskap #15057 is 'n antwoord op boodskap #15054] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in message ...
> Leendert van Oostrum heeft geschreven...
>
>> van 1837 - 1838 in Natal
>
>> En vergeet maar nie dat hulle in
>> die eerste plek in die Oosgrens was as vlugtelinge - sommige as ekonomiese
>> vlugtelinge, maar die meeste as politieke of godsdienstige vlugtelinge uit
>> Europa en van die Nederlandse bewind aan die Kaap.
>
> Ik denk dat je het Engelse bewind bedoelt (de reden voor de Grote Trek);

Nee, ek bedoel die Nederlandse bewind. Die Groot Trek het hoofsaaklik in die
Oosgrens sy oorsprong gehad. Die mense het daarvandaan getrek na die Noorde.

> tegen 1838 voerden de Nederlanders al bijna een kwart eeuw geen bewind meer
> over de kaapkolonie;

Teen die tyd van die eerste Briste Anneksasie (1780) was die Oosgrens reeds
bewoon deur boere. Om die waarheid te sê, die republieke Swellendam en
Graaf-Reinet het toe reeds bestaan - uitgeroep weens die wanadministrasie
van die Kaap deur Nederland.

> de Engelsen hadden op het Congres van Wenen in 1815
> bedongen dat deze definitief in hun handen kwam

Ja. Die Nederlanders het ons deur die geskiedenis maar telkens vir die wolwe
gegooi.

Groete, Leendert
Re: Kultusse [boodskap #15058 is 'n antwoord op boodskap #15054] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote:

>
> Maar Rapport en Die Burger het die onafhanklike rol as kritici van die
> regering behou wat hulle in die vorige regering gehad het. (Ek kan die
> beskuldigings onthou dat Rapport so "links-liberaal" was.)
>

Leendert ek het respek vir jou skrywe (as mens na al die gemors en
beledigings
op die NG kyk), maar wragtie, die Afrikaanse koerante was maar nog altyd
'n bietjie
agter die klip en konserwatief wat politiese sake betref.

Toe ek na baie jare in SA kom kuier laas Des, was die Burger nog nes
altyd,
'n dinosourus wat in 'n tydsgroef vasgehaak het. NIKS verander nie!
Die burger se kenmerk is nie krities, soos jy se nie,
eerder dat hy by die NP staan,
"come hell or high water", selfs al moet die Burger kies tussen die
ondergang van die land en skade aan die NP, sal hy die NP kies.
Dit was en is nog altyd sy alfa en omega, om die NP "op te prop".
Verder het hy in 'n tydgroef vasgehaak, die
"ANC-Kommunistiese-alliansie"
tydgroef. As die Buiger die toeriste-industrie in sy moer in stuur,
almal paranoies maak, die Rand laat daal en mense laat immigreer,
sal hy nie 'n oog knip nie, solank die NP net baat vind by sy
"dis alles die kaffers se skuld - stem tog NP" stories.
Dit is 'n goeie koerant vir sport en kultuur. Dis al.
Ek vind geen verantwoordelikheid by hulle nie.

Vriendelike groete.
Re: Kultusse [boodskap #15101 is 'n antwoord op boodskap #15054] Sa, 23 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
GALJOEN wrote in message ...

> die Afrikaanse koerante was maar nog altyd
> 'n bietjie
> agter die klip en konserwatief wat politiese sake betref.

Haai Galjoen!

Wel, ja. Ek dink baie mense sal nie met jou saamstem dat "konservatief"
noodwendig "agter die klip" is nie. Veral in die NSA sien ons duidelik hoe
"agter die klip" sommige van die voorste "liberale" kan wees.

> Toe ek na baie jare in SA kom kuier laas Des, was die Burger nog nes
> altyd,
> 'n dinosourus wat in 'n tydsgroef vasgehaak het. NIKS verander nie!

Maar dan stem ons mos saam :-) My standpunt was juis dat Die Burger die
huidige regering kritiseer, en dit met die vorige ook gedoen het. Hy het dus
nie verander nie.

> Die burger se kenmerk is nie krities, soos jy se nie,
> eerder dat hy by die NP staan,
> "come hell or high water",

Hmm.... hieroor moet ons miskien maar verskil.

> selfs al moet die Burger kies tussen die
> ondergang van die land en skade aan die NP, sal hy die NP kies.
> Dit was en is nog altyd sy alfa en omega, om die NP "op te prop".
> Verder het hy in 'n tydgroef vasgehaak, die
> "ANC-Kommunistiese-alliansie"
> tydgroef. As die Buiger die toeriste-industrie in sy moer in stuur,
> almal paranoies maak, die Rand laat daal en mense laat immigreer,
> sal hy nie 'n oog knip nie,

'n Rubriekskrywer in The Star skryf gister hoe sy die tweede keer in twee
weke (in Durban en Johannesburg onderskeidelik) op straat ge"mug" is. Haar
dogter uit die VSA vra oor die foon hoe dit met haar gaan - nee, goed, sê
sy. "Wel," sê die dogter: "jy sit daar met 'n gebreekte hand [uit die eerste
aanval] en 'n blougekneusde nek [tweede aanval] en jy sê dit gaan goed - dis
sieklik!"

Die rubriekskrywer skryf dis toe dat sy besef: ja, dis inderdaad 'n siek
situasie.

Ek neem aan dat, volgens jou, The Star hiermee "die toeriste-industrie in sy
moer in stuur, almal paranoies maak, die Rand laat daal en mense laat
immigreer".

Nee, Gajoen. Dis nie Die Burger wat die dinge doen waaroor hy rapporteer nie
. Selfs Beeld, as jy gister se hoofberig lees, neem nou die regering kwalik
omdat hy geen wil toon om die misdaad en geweld onder beheer te bring nie.
(Onthou, gedurende Codesa. Mandela het gesê De Klerk kan die geweld in Natal
stopsit net wanneer hy wil - hy het die mag om dit te doen?)

> solank die NP net baat vind by sy
> "dis alles die kaffers se skuld - stem tog NP" stories.
> Dit is 'n goeie koerant vir sport en kultuur. Dis al.
> Ek vind geen verantwoordelikheid by hulle nie.

Ek weer, vind dit moeilik om te dink dat daar enige verantwoordelikheid
skuil agter jou suggestie dat Die Burger die toestand in die land moet
toesmeer nie.

En ek kan jou verseker Die Burger het weinig te doen met die daling van die
Rand. Net gister moes M'Beki terugkrabbel en verklaar dat die outonomie van
die Reserwebank veilig is onder die ANC-regering. Want die derde in bevel
van die ANC het verlede week gedreig dat die outonomie van die Reserwebank
weggeneem moet word en die gevolg was dat die Rand weer 'n nuwe
rekordlaagtepunt teen die Dollar bereik het.

Stel jy voor dat Die Burger die uitlatings van sulke senior regeringslede
moet verwyg as dit die Rand kan laat daal? Of die moorde en verkragtings
ingeval dit toerisme mag skaad?

Groete, Leendert
Re: Kultusse [boodskap #15102 is 'n antwoord op boodskap #15054] Sa, 23 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> "sizwe" behang hom met die smart van Jode soos 'n SS-kommandant hom tooi met
>> die goud uit hul tande.
>>
>> Maar jy vat komplekse momente uit 'n komplekse geskiedenis wat wortel in die
>> val van Constantinopel en loop deur Johnny Clegg. Jy plet dit tot twee plat
>> woorde: "white aggression" en speld dit aan jou droë boesem vir jou
>> eendimensionele eweknieë om te prys. Jy abstraheer 'n karikatuur van
>> boosheid uit 'n komplekse gegewe en hou dit voor as die wese van 'n
>> tydsgewrig.
>
> Leendert, tot jy ophou om die meerder-
> warige arrogante neerbuigende taal
> teenoor ander te gebruik, sal jy niks
> verder kom nie. Ek assosieer jou en
> jou aanhoudende opmerkings oor my
> persoon as nog 'n voorbeeld van 'n mens
> wat sy idees op ander wil afdwing deur
> geweld.

Ek vind die feit dat jy enige deel van die stuk hierbo kan vertolk as 'n
aanmerking op jou persoon besonder vreemd - veral vir 'n letterkundige.

>
>> "Ek veg vir die eer van die Afrikaner" verklaar jy sedig.
>
> Ja, ek veg teen mense soos jy wat sê dat
> ek myself nie 'n Afrikaner kan noem nie,
> omdat ek "anders" is as jy.

Gloudina, jy is 'n Afrikaner en sal dit tot jou sterwensdag bly, ongeag of
jy dit wil wees of nie, en of ek jou as sodanig wil erken of nie.

Dieselfde geld vir Barend Strydom (seker die naaste ding aan 'n Hitler wat
ons kan wys).

> Ek veg vir 'n
> beeld van die Afrikaner wat respek kan
> afdwing in die wereld. En in die proses
> moet Afrikaners soos ek ons dissosieer
> van die apartheidsvarke

Dit is jou goeie reg om jou te dissosieer van wie jy ookal wil.

Maar dit gee jou geen reg om links en regs leuens te verkondig oor en
etikette te hang aan ander nie - ook nie t.o.v. die van wie jy jou wil
dissosieer nie.

>> die lydenstyd van 1837 - 1838 in Natal
>
> En is die Voortrekkers nou die enigste
> wat gely het? Hier kom die temerige
> "Boere-agenda" weer. "Weenen" word
> beween. Jy is maar net besig om so
> onder die tafel te sê die Voortrekkers
> was die hoofspelers. Net hulle trane
> het getel.

Ek beskou hierdie uiteensetting van wat ek gesê het as 'n moedswillige
wanvoorstelling. Nog 'n poging om dialoog te smoor.

>
>
> Nou kom jy nog hooghartig en vertel vir my van die koste
> wat ek moes betaal deur 'n nuwe identiteit te aanvaar
> sonder om die verlede daarin te verwerk. Wat weet jy van
> my, Leendert.

Net wat ek in hierdie nuusgroep lees.

> Hoekom vind jy dit nodig om vir my oor en
> oor aan te val.

Ek vind dit nodig om jou in eie munt terug te betaal vir die aanvalle wat jy
sonder ophou op my loods.

> Wat hinder daar in jou eie boesem? Ek is
> trots om myself Afrikaner te noem. Ek dank die Vader dat
> die dae oor is dat Afrikaners vreeslike moorddadige dinge
> gedoen en veroorsaak het.

My vrees is dat jy verkeerd is as jy dink dat daardie dae oor is. Ek vrees
dat jou voortdurende stroom leuens 'n klein deel uitmaak van dit wat sal
veroorsaak dat die toekoms veel erger sal wees as die verlede - vir almal.

> En ek bid vir die toekoms. En
> ek glo in die toekoms van SA. Jy is net te blind om te
> sien dat dit mense soos ek is wat veg vir die voortbestaan
> van die Afrikaner in SA as iets betekenisvol.

Ek glo dat jy dit wil doen. Ek wys jou daarop dat jy dit nie kan doen met
leuens en haatspraak nie.

> Dit is jy
> wat dinge verwring en byvoorbeeld sê dat Beeld preek dat
> Afrikaner en Nazi ekwivalent is. Jy lieg Leendert. Jy
> lieg.

Nee, Gloudina. Dit is geen leuen nie. Jou vriend Ferdi het woordeliks op
hierdie nuusgroep 'n rubriek uit Beeld (19 Jan 97) geplaas waarin Tim du
Plessis
(adjunk-redakteur van Beeld) presies dit doen. Ek wonder dus wat jou beweeg
om so hartstogtelik te skreeu dat ek lieg.

> En dis die soort gepraat van jou wat mense verhoed
> om "negotiated meaning" in hulle menslike omgang te
> ondervind. Solank jy mense soos ek beskuldig dat ons
> venynige propagandabeelde van Afrikaners verkondig, solank
> verhoed jy baie mense om 'n volledige beeld van die
> Afrikaner te sien.

Hoe volledig is die beeld wat jy self van die Afrikaner het, Gloudina?

> Ek Leendert, is ook 'n Afrikaner, en
> jy kan nie vir my voorskryf hoe ek moet dink nie.

Nee. Ek sal nie vir jou voorskryf wat jy moet dink nie, en ook nie wat jy
moet sê nie.

Maar ek sal jou leuens ontmasker vir wat hulle is.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Kultusse [boodskap #15129 is 'n antwoord op boodskap #15054] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> "sizwe" behang hom met die smart van Jode soos 'n SS-kommandant hom tooi met
>> die goud uit hul tande.

>> Maar jy vat komplekse momente uit 'n komplekse geskiedenis wat wortel in die
>> val van Constantinopel en loop deur Johnny Clegg. Jy plet dit tot twee plat
>> woorde: "white aggression" en speld dit aan jou droë boesem vir jou
>> eendimensionele eweknieë om te prys. Jy abstraheer 'n karikatuur van
>> boosheid uit 'n komplekse gegewe en hou dit voor as die wese van 'n
>> tydsgewrig.

> Leendert, tot jy ophou om die meerder-
> warige arrogante neerbuigende taal
> teenoor ander te gebruik, sal jy niks
> verder kom nie.

Skuus!

Ek kon seker, in die idioom wat "sizwe" en Thomas verkies (en Ferdi, soos ek
onthou), iets oorspronkliks opgedis het - soos "fokken teef".

Maar ek hou daarvan om die vrymoedigheid te hê om my kinders te laat lees
wat ek hier skryf en synde iets aan die konserwatiewe kant volg ek die
voorbeeld van Cato die ouere (circa 200 vC) wat hom weerhou het van kru taal
in die teenwoordigheid van sy kinders en die Vestaalse maagde :-)

Vriendelike groete, Leendert
Re: Kultusse [boodskap #15168 is 'n antwoord op boodskap #15054] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 May 1998 22:50:41 -0600, "Henri Burger"
wrote:
> in Beeld het hy lank 'n vete gevoer teen Hernus Kriel, toe nog Wes-Kaapse
> premier, en gesien in die lig van Die Burger se rol en sentimente, sou hy in

Hier het ek iets gemis - wie is nou premier van die Kaap?
Re: Kultusse [boodskap #15169 is 'n antwoord op boodskap #15054] Di, 26 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter skryf:

> Hier het ek iets gemis - wie is nou premier van die Kaap?

Johan,

Hernus het so 'n maand gelede bedank. Hulle het 'n bruin leier gekies, maar
hy is so 'n vaalseun dat ek nou om die dood nie sy naam kan onthou nie. Dis
lagwekkend. Die Nasionale Party is nou in elk geval so 'n vaal party, dat
dit seker ook nie snaaks is nie. Hulle is nou besig om totaal uitmekaar te
val - in 'n tussenverkiesing in die Kaap verlede week het hulle 22 stemme
gekry!

As jy my vra, is hulle doelbewus besig om hulle self te laat verdwyn. Ek
meen, hoe anders kan 'n mens dit interpreteer as hulle 'n hoofseun as
hoofleier kies?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Kultusse [boodskap #15212 is 'n antwoord op boodskap #15054] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

>
> As jy my vra, is hulle doelbewus besig om hulle self te laat verdwyn. Ek
> meen, hoe anders kan 'n mens dit interpreteer as hulle 'n hoofseun as
> hoofleier kies?

Wat bedoel jy met die "hoofseun"?
Is hy nog op skool?
Andersinds maak hoofseuns van skole
geweldige goeie leiers.

Gloudina
Re: Kultusse [boodskap #15256 is 'n antwoord op boodskap #15054] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 May 1998 20:30:07 -0600, "Henri Burger"
wrote:

> Nee, Gloudina, hy is nie meer op skool nie, maar sy statuur is van so 'n
> aard dat dit vergelykbaar is met 'n skoolleier wat hom op die politieke
> terrien begewe. (Dit werk min of meer dieselfde as vergelykings in 'n
> haiku!)

En die arme seun het nie eers die statuur van 'n studente (politieke)
leier nie. Hy lyk nog onvolwasse....
Re: Kultusse [boodskap #15449 is 'n antwoord op boodskap #15054] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 28 May 1998 03:34:51 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:
>
> En die arme seun het nie eers die statuur van 'n studente (politieke)
> leier nie. Hy lyk nog onvolwasse....

HY vergelyk goed in statuur met daai nuwe lat wat as Eerste Minister
van Rusland aangestel is. Ek dink hulle is saam net-net 50.

Bryan
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Vorige onderwerp: Re: Gloudinakins
Volgende onderwerp: OPINIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 09:41:53 MGT 2024