Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die nooientjie van Zeerust
Die nooientjie van Zeerust [boodskap #15386] So, 31 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Op populêre aanvraag:

Ek ken 'n nooientjie van Zeerust,
sy lyk soos 'n skaap wat geskeer is.
Sy't haar hare gekam,
By 'n kersie se vlam,
nou lyk sy soos 'n hen wat verveer is.

Haar pa se naam is oom Stoffel,
sy gesig is so plat soos 'n troffel.
Sy hare is rooi,
sy gesig is geplooi,
en sy asem ruik altyd na knoffel.

Jy moet jou met haar nie bemoei nie,
want jy weet nie hoe goed sy kan stoei nie.
Een aand voor die deur,
het ek haar probeer,
en die groen gras sal nooit weer daar groei nie!

As julle die wysie wil leer, moet julle een naweek saam gaan Olifants toe.
Genoeg rooiwyn is 'n voorvereiste.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Die nooientjie van Zeerust [boodskap #15387 is 'n antwoord op boodskap #15386] So, 31 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal dan die rooiwyn saambring :-).
Hilda.
Re: Die nooientjie van Zeerust [boodskap #15388 is 'n antwoord op boodskap #15386] So, 31 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> As julle die wysie wil leer, moet julle een naweek saam gaan Olifants toe.
> Genoeg rooiwyn is 'n voorvereiste.
>
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>

Voor ek my daarnatoe waag, vertel my eers
wat jy bedoel met "Olifants." Is dit die
Olifantsrivier of Olifantshoek, of 'n
plek in die Wildtuin? Beskryf dit vir my.
In besonderhede.

Gloudina
Re: Die nooientjie van Zeerust [boodskap #15435 is 'n antwoord op boodskap #15386] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Voor ek my daarnatoe waag, vertel my eers
> wat jy bedoel met "Olifants." Is dit die
> Olifantsrivier of Olifantshoek, of 'n
> plek in die Wildtuin? Beskryf dit vir my.
> In besonderhede.

Dis eintlik 'n plaas op die Olifantsrivier naby Phalaborwa. Behoort aan
vriende van ons, wat dit op 99jaar huurpag van die staat huur, maar nie self
daar woon nie. Ons gaan kuier vantyd tot tyd daar as die lewe hier in ons
'stad' te veel word.

Hou maar die tema van die hardekoolvuur dop, ek sal meer laat val - sommige
werklik, ander fiksie.

Groete

Henri
Vorige onderwerp: Gryp-'n-huisvrou
Volgende onderwerp: Re: Camille Paglia en pornografie Miaaauuuuwww??
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 16:12:07 MGT 2024