Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gryp-'n-huisvrou
Gryp-'n-huisvrou [boodskap #15398] So, 31 Mei 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Terwyl Jopie nou navraag doen oor prostitusie en so aan, dink ek die
volgende storie uit die pers sal van pas wees.

Een ou hier in SA het die briljante idee gekry om advertensies te plaas vir
vervelige huisvrouens om hulle telefoonnommers vir hom te stuur. Dan plaas
hy 'n advertensie onder 'Dienste' in koerante. Hy noem dit
'Gryp-'n-Huisvrou'. 'n Man wat nou so 'n behoefte het, skakel hom dan,
betaal hom R250, en dan kry die ou 'n lys met 20 name. Heel vindingryk, sou
ek sê.

Dieselfde ou het 'n ander diens bedryf, waar hy eensame mense aan mekaar
voorstel, op min of meer dieselfde manier. Nou onlangs gaan daar toe fout op
sy rekenaar, en die 'eensames' beland op die 'gryp' lys.

Die land is woedend. Ouetehuise se telefone lui onophoudelik, selfs in die
middel van die nag.

Soos een vrou dit gestel het 'Syt gehoop op vriendskap, nou hoor sy net van
mans met broeke vol planne!'

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Re: Saamstaan
Volgende onderwerp: Die nooientjie van Zeerust
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 07:53:43 MGT 2024