| masjiengeweer [boodskap #153674] |
Do., 26 November 2026 09:31 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27243 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
masjiengeweer
Afbreking: ma•sjien•ge•weer
Samestelling: masjien + geweer
Selfstandige naamwoord: masjiengeweer
Meervoud: masjiengewere
Verkleinwoord: masjiengeweertjie
Meervoud van verkleining: masjiengeweertjies
Betekenis:
• 'n Vuurwapen wat skote agtermekaar afvuur solank as wat die sneller ingehou word.
Gebruik:
• Die soldate het treinwa se deure oopgemaak en die gevangenes daarbinne met 'n masjiengeweer afgemaai.
Hiponiem:
• handmasjiengeweer
• submasjiengeweer
Afgelei:
• masjiengeweernes
• masjiengeweervuur
• masjiengeweerskutter
Afkorting:
• MG
Vertaling:
Engels: machine gun
Nederlands: machinegeweer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|