Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » frommel
frommel [boodskap #153660] Di., 24 November 2026 12:06
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
frommel
Afbreking: from•mel


Werkwoord: frommel
Verlede tyd: het gefrommel
Teenwoordige deelwoord: frommelend, frommelende
Verlede deelwoord: gefrommelde

Betekenis:
• Om iets te kreukel deur dit saam te druk.
• Om iets te verkrummel deur dit tussen die vingers te vryf.

Gebruik:
• Jou klere frommel as jy so lelik sit.
• Die kok het die botter oor die deeg gefrommel.

Sinoniem:
• kreukel
• plooi
• rimpel

Antoniem:
• gladstryk

Hiponiem:
• ineenfrommel
• inmekaarfrommel
• opfrommel
• saamfrommel

Afgelei:
• frommeling
• verfrommel

Vertaling:
Engels: to crumple, crease, scrunch
Nederlands: frommelen


Selfstandige naamwoord: frommel
Meervoud: frommels
Verkleinwoord: frommeltjie
Meervoud van verkleining: frommeltjies

Betekenis:
• 'n Plooi of kreukel.

Gebruik:
• Sy stryk die frommels uit.

Afgelei:
• frommeloor
• frommelplooi
• frommelwerk

Vertaling:
Engels: crease, crumple
Nederlands: frommel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: topaas
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Nov. 24 12:17:40 UTC 2026