| lewensasem [boodskap #153527] |
Wo., 11 November 2026 07:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27097 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
lewensasem
Afbreking: le•wens•a•sem
Samestelling: lewens + asem
Selfstandige naamwoord: lewensasem
Meervoud: lewensasems
Betekenis:
• (digterlik) Dit wat iemand lewe gee en aan die lewe hou.
Gebruik:
• Hy het sy laaste lewensasem uitgeblaas.
• Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. [Genesis 2:7]
Wisselvorm:
• lewensadem (verouderd)
Sinoniem:
• lewensgees
• lewenskrag
Vertaling:
Engels: breath of life, life force
Nederlands: levensadem, levensgeest
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|